{"id":255835,"date":"2024-08-19T02:54:30","date_gmt":"2024-08-19T02:54:30","guid":{"rendered":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/%wlc-article-category%\/yahuwah-se-woord-is-lewend-betroubaar\/"},"modified":"2026-01-28T14:09:22","modified_gmt":"2026-01-28T14:09:22","slug":"yahuwah-se-woord-is-lewend-betroubaar","status":"publish","type":"wlc-article","link":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/articles\/bybelse-geloof\/yahuwah-se-woord-is-lewend-betroubaar\/","title":{"rendered":"Yahuwah se Woord is Lewend &#038; Betroubaar"},"content":{"rendered":"<table align=\"center\" border=\"1\" cellpadding=\"1\" cellspacing=\"0\" style=\"margin-left: 10px\" width=\"700\">\n<tbody>\n<tr>\n<td style=\"text-align: justify; padding: 7px; background-color: #F7F7BB\">Ons het, die Name van die Vader en Seun, in die Skrifte aangehaal, op die WLC webtuiste, herstel soos hulle oorspronklik geskryf was deur die ge\u00efnspireerde skrywers van die Bybel. Kliek hier om die Restored Names Version (RNV) van die Skrifte af te laai. Die RNV is `n nie-WLC bron. \u2013 WLC Span<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/staging.worldslastchance.com\/2026\/01\/yahuwahs-word-is-alive-dependable-afrikaans.png\" style=\"width: 720px; height: 457px;\"><\/p>\n<p>Is die Bybel perfek? Die boodskap van die Bybel is perfek. Die vertalings van die Bybel is nie perfek nie maar dit maak nie die Bybel foutief nie.<\/p>\n<p>Die Bybel bevat baie skynbare foute en inkonsekwenthede. Maar, die Bybel openbaar net so `n Heiland waaraan elke mensehart behoefte aan het. Hoe kan `n onge\u00efnspireerde boek al die beginsels bevat wat so volmaak aangepas is by die verlangens en begeertes van `n afvallige w\u00eareld?<\/p>\n<p>Die volgende is sewe redes waarom ons oortuig is dat die Bybel die enigste bron van waarheid is:<\/p>\n<ul>\n<li><b>Bewyse van Interne Konsekwenthede<\/b>. Die Bybel bestaan uit 66 verskillende boeke deur 37 skrywers oor `n tydperk van 1,500 jaar op drie verskillende kontinente geskryf. Klaarblyklik die mees omstrede en wisselvalligste onderwerp in die hele mense geskiedenis is <i>\u201cIs daar `n ho\u00ebr mag\u201d?<\/i> Kom ons kies `n ander onderwerp wat nie so kontroversie\u00ebl is nie, soos byvoorbeeld kos. Kies nou 37 verskillende skrywers van die VSA uit om hulle gedagtes en idees omtrent voedsel saam te stel. Dink jy as ons al hul geskrifte saamgestel het daar eenstemmigheid sou wees? Een skrywer mag s\u00ea die beste voedsel is rou vleis, die ander rou blaar groentes, die ander vrugte. Indien daar nie harmonie is tussen 37 kontempor\u00eare skrywers wie almal van dieselfde agtergrond kom om saam te stem oor iets so eenvoudig soos voedsel nie, skiet jou dit nie te binne as ongelooflik dat 37 verskillende skrywers oor `n tydperk van 1,500 jaar oor 3 kontinente heen van `n menigte kulture van verskeie verskillende sosio-ekonomiese agtergronde kon skryf oor die mees omstrede onderwerp in die geskiedenis en steeds in harmonie wees.<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li><b>Bewyse van Geskiedenis.<\/b> Alle ware en egte geskiedenis bevestig en ondersteun die Bybel verslag.<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li><b>Getuienis van Argeologie. <\/b>US News staaf dat daar nooit `n enkele bewys was van argeologie in die geskiedenis van wat die Bybel ges\u00ea het, gekontrasteer het nie.<\/li>\n<li><b>Getuienis van die Wetenskap.<\/b> Alle egte wetenskap stem ooreen met die Bybel. Feitlik al die groot wetenskaplikes in die geskiedenis was Bybel gelowige Kinders van Yahuwah. Daar is geen teenstrydigheid tussen ware wetenskap en die Bybel nie.<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li><b>Getuienis van Betreklikheid<\/b>: Die Bybel het in 1,500 v.C, begin. Toe mense hierdie boek opgeneem het in ondersoek vir die waarheid het hulle gekry waarna hulle gesoek het. Al hul behoeftes is vervul. Die Bybel was relevant in die tyd van Moses, dit was relevant in die tyd van Yahushua en is net so relevant vir vandag. Dit is ongelooflik dat `n boek so duidelik kan spreek met `n moderne generasie.<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li><b>Die Getuienis van `n Veranderde Lewe. <\/b>Enige kind van Yahuwah wat jy ontmoet wat hul lewens aan Yahushua oorgegee het sal jou vertel dat hul lewens verander het toe hulle begin het om die Bybel te lees. Die dronkaard sal jou vertel dat hy `n sober mens geword het, die skelm het `n eerlike man geword. Die Bybel het die mag om die lewe en harte van mense te verander.<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li><b>Die getuienis van profesie.<\/b> Profesie is die voorspelling van die toekoms; verkondiging voor dit gebeur. Om die toekoms reg te voorspel moet jy weet wat sal gebeur voor dit plaasvind. Een derde van die Bybel bevat spesifieke profesie\u00eb wat alreeds vervul is. Wie ookal hierdie boek ge\u00efnspireer het, het nie net die verlede en die hede geken nie, maar het die toekoms ook geken.<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: center;\"><b><img decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/getting-wiser-every-day.jpg\" style=\"width: 720px; height: 481px;\"><\/b><\/p>\n<h3><b>Inspirasie van die Skrifte<\/b><\/h3>\n<p><b>1. Na watter naam of titel het Yahushua en heilige manne van Yahuwah verwys in hul gesprekke van die gewyde geskrifte van die Ou Testament, die Bybel in hul dae? <\/b><\/p>\n<p>&#8220;Yahushua s\u00ea vir hulle: Het julle nooit die <b><i>Skrifte<\/i><\/b> gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het `n hoeksteen geword?\u201d Matth\u00e9\u00fcs 21:42. \u201cDaarom staan dit ook in die <b><i>Skrif<\/i><\/b>, Ek l\u00ea in Sion `n uitverkore kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaamd staan nie.\u201d 1 Petrus 2:6. \u201cNogtans sal ek jou te kenne gee wat geskrywe is in die <b><i>boek<\/i><\/b> van die waarheid.\u201d Dani\u00ebl 10:21. \u201cMaar Yahushua antwoord en s\u00ea vir hom: Daar is geskrywe, die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke <b><i>woord van Yahuwah<\/i><\/b>.\u201d Lukas 4:4. \u201cMaar Hy antwoord en s\u00ea vir hulle: My moeder en my broers is die wat die <b><i>woord van Yahuwah<\/i><\/b> hoor en dit doen.\u201d Lukas 8:21. \u201cMaar in dieselfde nag kom die <b><i>woord van Yahuwah<\/i><\/b> tot Natan en s\u00ea:\u201d 1 Kronieke 17:3. \u201cElke <b><i>woord van Eloah<\/i><\/b> is gelouter; Hy is `n skild vir die wat by Hom skuil.\u201d Spreuke 30:5.<\/p>\n<p><b>Antwoord:<\/b> Hulle almal verwys na die heilige geskrifte as die \u201cSkrifte,\u201d die \u201cwoord van Yahuwah,\u201d of die \u201cwoord van Elohim\/Eloah.\u201d<\/p>\n<p><b>2. Hoe was die Skrifte ingegee?<\/b><\/p>\n<p><i>\u201cDie hele skrif is deur Yahuwah ingegee.\u201d <\/i>2 Timoth\u00e9\u00fcs 3:16.<\/p>\n<p><b>Antwoord:<\/b> Deur Goddelike ingewing of leiding.<\/p>\n<p>Heilige Skrifte kom na ons in drie stappe van Yahuwah Homself. \u201cDie Openbaring van Yahushua, die Gesalfde, <i>wat Yahuwah Hom gegee het<\/i> om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat <i>Hy <\/i>[Yahushua] deur die sending van sy engel aan sy dienskneg <i>Johannes<\/i> te kenne gegee het: wat getuig het van die woord van Yahuwah \u2026 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor.\u201d Openbaring 1:1-3.<\/p>\n<p><b>3. Deur watter agentskap het gewyde manne van Yahuwah vir Hom gespreek? <\/b><\/p>\n<p>\u201cWant geen profesie is ooit deur die wil van die mens voortgebring nie, maar, <i>deur die Heilige Gees gedrywe<\/i>, het die heilige mense van Yahuwah gespreek.\u201d 2 Petrus 1:21.<\/p>\n<p>\u201cDie Gees van Yahuwah spreek in my, en sy woord is op my tong.\u201d 2 Samuel 23:2.<\/p>\n<p>\u201cEn hulle het nagespeur op watter en hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het. . .\u201d 1 Petrus 1:11.<\/p>\n<p><b>Antwoord:<\/b>Deur die Heilige Gees &#8211; Die Gees van Yahuwah en Yahushua, Sy enig-gebore Seun. \u201cJulle is egter nie in die vlees nie, maar in die gees, as naamlik die <i>Gees van Yahuwah<\/i> in julle woon. Maar as iemand die <i>Gees van Christus<\/i> nie het nie, die behoort nie aan Hom nie.\u201d Romeine 8:9. \u201cEn omdat julle kinders is, het Yahuwah die <i>Gees van sy Seun<\/i> in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba Vader!\u201d Galasi\u00ebrs 4:6.<\/p>\n<p><b>4. Wie, dan, het deur die manne gespreek? <\/b><\/p>\n<p>\u201cNadat <i>Yahuwah<\/i> baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in die laaste dae tot ons gespreek <i>deur die Seun<\/i> wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die w\u00eareld gemaak het.\u201d Hebre\u00ebrs 1:1-2.<\/p>\n<p><b>Antwoord:<\/b> Die Gees van Yah.<\/p>\n<h3><b>Die Bybel Gee Ware Kennis Uit<\/b><\/h3>\n<p><b>5. Waarom was die Skrifte geskrywe? <\/b><\/p>\n<p>\u201cWant alles wat tevore geskrywe is, is tot ons <i>lering tevore geskrywe<\/i>, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan h\u00ea.\u201d Romeine 15:4. \u201cMaar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe <i>as`n waarskuwing aan<\/i> <i>ons<\/i> wat aan die einde van die eeue gekom het.\u201d 1 Korinth\u00ed\u00ebrs 10: 11 \u201cDie hele Skrif is deur Yahuwah ingegee en is <i>nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid<\/i>, sodat die mens van Yahuwah <i>volkome kan wees vir elke goeie werk, volkome toegerus<\/i>. 2 Tim\u00f3th\u00e9\u00fcs 3:16, 17.<\/p>\n<p><b>Antwoord:<\/b><\/p>\n<p>A. Vir ons lering<\/p>\n<p>B. Waarskuwing aan ons<\/p>\n<p>C. Vir leerstelling<\/p>\n<p>D. Vir weerlegging<\/p>\n<p>E. Vir teregwysing<\/p>\n<p>F. Onderwysing in geregtigheid<\/p>\n<p>G. Om volkome te wees<\/p>\n<p>H. Om volkome toegerus te wees vir elke goeie werk.<\/p>\n<p><b>6. Wat is Yahuwah se ontwerp in ons dat Sy woord vir ons sal wees in hierdie w\u00eareld van duisternis, sonde, en dood? <\/b><\/p>\n<p>\u201cU woord is `n <i>lamp<\/i> vir my voet en `n <i>lig<\/i> vir my pad?\u201d Psalm 119:105. \u201cWant die gebod is `n lamp en die onderwysing `n lig en die teregwysinge van die tug `n weg tot die lewe.\u201d Spreuke 6:23.<\/p>\n<p><b>Antwoord:<\/b> Sy woord sal wees `n lamp vir ons voete en `n lig vir ons pad.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/ErIYT2gf-bible.jpg\" style=\"width: 720px; height: 480px;\"><\/p>\n<p><b>7. Watter drie algemene afdelings het Yahushua na verwys in die geskifte van die Ou Testament? <\/b><\/p>\n<p>&#8221; \u201cEn Hy s\u00ea vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gepreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in <i>die wet van Moses<\/i> en <i>die profete<\/i> en <i>die psalms<\/i>, vervul moet word.\u201d Lukas 24 :44.<\/p>\n<p><b>Antwoord:<\/b><\/p>\n<p>A. Die Wet van Moses<\/p>\n<p>B. Die Profete<\/p>\n<p>C. Die Psalms<\/p>\n<p>\u201cDie wet van Moses\u201d was `n algemene Joodse term vir die eerste vyf boeke van die Ou Testament. In \u201cdie profete\u201d hulle het Jesaja, Jeremia, Es\u00e9gi\u00ebl, en die twaalf kleiner profete ingesluit, ook Joshua, Rigters, 1 en 2 Samuel, en 1 en 2 Konings. \u201cDie Psalms\u201d insluitende al die oorblywende boeke.<\/p>\n<p>Yahushua het ook ges\u00ea:<\/p>\n<p>\u201cDie wet en die profete was <b>tot op Johannes<\/b>; van toe af was die evangelie van Yahuwah verkondig, en elkeen dring met geweld daarin. Lukas 16:16<\/p>\n<p>Die geskrifte van die apostels was ook erken as deel van die Skrifte.<\/p>\n<p>2 Petrus 3:15-16 s\u00ea: \u201cSoos die geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskrywe het, net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaardige mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf.\u201d<\/p>\n<p>Hier neem Petrus die Apostel Paulus se geskrifte in ag as deel van die Skrifte, en ongetwyfeld voel hy dieselfde omtrent die geskrifte van ander apostels.<\/p>\n<p><b>8. Op watter bewys het Yahushua Sy Messiasskap gebaseer? <\/b><\/p>\n<p>\u201cEn Hy het begin van <i>Moses<\/i> en <i>al die profete<\/i> af en vir hulle uitgel\u00ea <i>in al die Skrifte<\/i> die dinge wat op Hom betrekking het. Lukas 24:27<\/p>\n<p><b>Antwoord:<\/b> Ou Testamentiese profesies<\/p>\n<p>Baie van die skoonheid en diepte van goddelike waarheid is verlore vir diegene wie net die Nuwe Testament lees. Yahushua het in besonder verwys na die Ou Testament profesies as bewys van Sy Messiasskap. Toe Yahushua van die Skrifte praat, het Hy die Ou Testament bedoel, want die Nuwe Testament was nog nie geskryf nie. Die verwysings in die Nuwe Testament na die woord, \u201cSkrifte,\u201d verwys na die Ou Testament.<\/p>\n<p>Oordink die volgende skrifte vir verdere ondersoek omtrent Yahushua: Genesis 3:15; 22:18; 26:4; 49:10; Num\u00e9ri 21:9; Deuteron\u00f3mium 18:15; Psalm 16:9-10; 22:1-31;132:11; Jesaja 7:14;9:6; 40:10-11; 50:6; 53:1-12; Jeremia 23:5; 33:14-15; Es\u00e9gi\u00ebl 34:23; 37:25; Dani\u00ebl 9:24; Miga 7:20; Mal\u00e9agi 3:1;4:2; Lukas 24:45; Johannes 1:45.<\/p>\n<p>Daar is meer as 250 direkte aanhalings uit die Ou Testament in die Nuwe Testament. Mens sal vind dat daar volle harmonie is tussen die Ou en Nuwe Testamente. Hulle is `n eenheid, wat tesame staan of val. Die Ou Testament is die fondasie vir die Nuwe.<\/p>\n<p><b>9. Wat word Yahuwah in die Skrifte genoem? <\/b><\/p>\n<p>\u201cHy is \u2026 <b><i>`n Eloah van trou<\/i><\/b>.\u201d Deuter\u00f3nomium 32:4. \u201cYahushua antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.\u201d Johannes 14:6 \u201cIn die hoop van die ewige lewe wat Yahuwah, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het\u201d Titus 1:2. \u201cSodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat Yahuwah sou lieg\u201d Hebre\u00ebrs 6:18.<\/p>\n<p><b>Antwoord:<\/b> Eloah van Waarheid<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/Mk7KliA7-bible-study.jpg\" style=\"width: 720px; height: 481px;\"><\/p>\n<h3><b>Yahuwah se Woord Moet `n Deel van Ons Word <\/b><\/h3>\n<p><b>10. Daarom, wat, moet die karakter van Sy Woord wees? <\/b><\/p>\n<p><i> <\/i>\u201cHeilig hulle deur U woord<i>, U woord is waarheid\u201d <\/i>Johannes 17:17.<\/p>\n<p><b>Antwoord:<\/b> Sy woord is waarheid.<\/p>\n<p><b>11. Tot op watter mate het Yahuwah Sy Woord vergroot? <\/b><\/p>\n<p>\u201cWant U het <i>vanwe\u00eb U ganse Naam u toeseggings groot gemaak<\/i>.\u201d Psalm 138:2.<\/p>\n<p><b>Antwoord:<\/b> Bo Sy Naam.<\/p>\n<p>Mens se naam staan vir sy karakter. Dit is dieselfde met Yahuwah. Wanneer Yahuwah Sy woord bo Sy naam plaas, word Sy karakter die fondasie van Sy woord se belofte dat Sy woord vervul sal word. (Hebre\u00ebrs 6:13, 14.)<\/p>\n<p><b>12. Watter bewys het ons dat Yahushua Sy oortuiging en geloof in die Skrifte uitdruk?<\/b><\/p>\n<p>\u201cMaar Hy antwoord en s\u00ea: <b><i>Daar is geskrywe<\/i><\/b>: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie . . . <b><i>Daar is ook geskrywe<\/i><\/b>: Jy mag Yahuwah jou Eloah nie versoek nie . . . <b><i>want daar is geskrywe<\/i><\/b>: Yahuwah jou Eloah moet jy aanbid en Hom alleen dien.\u201d Matth\u00e9\u00fcs 4:4, 7, 10.<\/p>\n<p><b>Antwoord. <\/b>Dit is Sy gewoonte om die Skrifte aan te haal as die finale gesag in alle situasies waarin Hy Homself bevind.<\/p>\n<h3><b>Die Vaste Woord van Die Profesie.<\/b><\/h3>\n<p><b>13. Wat het Yahushua in die Skrifte ingesluit om ons te help om vertroue op te bou in sy goddelike inspirasie? <\/b><\/p>\n<p>\u201cKyk, die vorige dinge het gekom, en nuwe dinge verkondig Ek; voordat hulle uitspruit, laat Ek julle dit hoor.\u201d Jesaja 42:9. \u201cDink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek Yahuwah is, en daar is geen ander nie; Ek is Yahuwah, en daar is niemand soos Ek nie; <i>wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie<\/i>; wat s\u00ea: My raad sal bestaan, en al wat My behaag, sal Ek doen.\u201d Jesaja 46:9 \u201cVan nou af s\u00ea Ek dit vir julle voordat dit gebeur, sodat wanneer dit gebeur, julle kan glo dat dit Ek is.\u201d Johannes 14:29.<\/p>\n<p><b>Antwoord:<\/b> Bybel profesies. Neem notisie van die volgende voorbeelde van vervulde Bybel profesies:<\/p>\n<p><b>A. TIRUS<\/b>: `n florerende maritieme hawe van die antieke Fenesi\u00ebrs. Hierdie groot, ryk stad was boos in die aangesig van Yahuwah en Hy het `n voorspelling gemaak oor die verdoemenis van hierdie stad. In Es\u00e9g\u00ed\u00ebl 26:7-14 het Yahuwah ses dinge voorspel oor wat met Tirus sou gebeur:<\/p>\n<p>1. Hy sal Nebukadn\u00e9sser, koning van Babilon teen Tirus bring.<\/p>\n<p>2. Baie mense van Tirus sou sterf.<\/p>\n<p>3. Die ru\u00efnes van die stad sal in die see gegooi word.<\/p>\n<p>4. Die stad se area sal vrygestroop word van rommel, soos die bokant van `n rots.<\/p>\n<p>5. Vissermanne sal die omgewing gebruik om nette te droog.<\/p>\n<p>6. Dit sal nooit herbou word nie.<\/p>\n<p>Die ou stad was vry van rommel geskraap soos `n rots en Alexander het met sy troepe opmarsjeer na die eiland en die nuwe Tirus verower. Deesdae is dit algemeen om te sien hoe vissers hul nette uitsprei waar die ou stad eens was. Drie pogings is aangewend om die stad weer op te bou, maar dit het misluk. Es\u00e9gi\u00ebl 26:14 s\u00ea: \u201cJa, Ek sal jou `n kaal rots maak, `n droogmaakplek van nette sal jy wees en nooit herbou word nie; want Ek, Yahuwah het dit ges\u00ea, spreek die Skepper Yahuwah.\u201d Hierdie merkwaardige voorspelling was in elke detail vervul.<\/p>\n<p><b>B.<\/b> <b>EGIPTE. <\/b> Verseker het Egipte `n roemryke verlede gehad. Maar wat van vandag? Yahuwah se woord teken `n voorspelling aan.<\/p>\n<p>In antieke tye was Egipte beroemd vir haar voorsiening van Papirus, of papier aan die w\u00eareld. Die Papirus riet het weelderig langs die Nyl Rivier en ander waterwe\u00eb gegroei. Maar, Yahuwah het voorspel dat die papier riet langs die strome en riviere tot niet sou raak en verdwyn, en nie meer in die land van Egipte sal wees nie. En selfs hierdie kleine detail is vervul. \u201c<i>Die weivelde van die Nyl, by die mond van die Nyl en elke saailand van die Nyl sal verdor, verwaai en nie meer wees nie.<\/i>\u201d Jesaja 19:7.<\/p>\n<p><b>C.<\/b> <b>BABILON.<\/b> Die grootste stad van die antieke w\u00eareld, word dikwels van gepraat as die goue stad van `n goue eeu. Jeremia se profesie teenoor Babilon was:<\/p>\n<p>\u201cEn hulle sal uit jou geen klip neem vir `n hoek of `n klip vir fondamente nie, <i>want jy sal ewige wildernisse wees<\/i>, spreek Yahuwah.\u201d Jer. 51:26. \u201cEn Babel sal kliphope word, `n l\u00eaplek van jakkalse, `n voorwerp van verbasing en bespotting sonder inwoner.\u201d Jer. 51:37<\/p>\n<p>Maar die profesie is steeds meer beslis in die boek van Jesaja 13:20,<i>21 \u201cMense sal daar tot in ewigheid nie woon nie, en dit sal van geslag tot geslag nie bewoon word nie,<\/i> en die Arabier sal daar geen tent opslaan nie, en geen herders sal hul vee daar laat l\u00ea en rus nie. Maar daar sal boskatte l\u00ea, en hulle huise sal vol uile wees, en volstruise sal daar hou, en veldduiwels sal daar rondspring.\u201d Jesaja 13:20-21. Die magtige paleise en hangende tuine van Babilon is maar net `n herinnering, maar die Arabiere woon steeds in hul tente.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/digital-bible.jpg\" style=\"width: 720px; height: 480px;\"><\/p>\n<p><b>14. Is die openbaringe van die wetenskap en die ondervinding van die lewe in harmonie met die getuienis van die Skrifte? <\/b><\/p>\n<p><b>Antwoord: <\/b> Ja. Hier is `n paar feite oor die natuurlike w\u00eareld wat bevestig is deur wetenskap:<\/p>\n<p><b>A.<\/b> \u201cWant H\u00fd sien tot by die eindes van die aarde; toe Hy vir die wind die gewig bepaal.\u201d Job 28:24,25.<\/p>\n<p>Galileo, (1564-1642) was die eerste om te bevestig dat lug gewig het.<\/p>\n<p><b>B<\/b>. \u201cWie het die waters met die holte van Sy hand afgemeet, en van die hemele met `n span die maat geneem, en in `n drieling die stof van die aarde opgevang, en die berge geweeg met `n weegtoestel en die heuwels met `n weegskaal?\u201d Jesaja 40:12.<\/p>\n<p>Net in onlangse jare was dit besef hoe belangrik die proporsies en ewewig van die landmassas en oseane op die oppervlakte van die aarde is.<\/p>\n<p><b>C.<\/b> \u201cHulle [die hemele en die aarde] sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos `n kleed verslyt.\u201d Hebre\u00ebrs 1:11.<\/p>\n<p>Eers in die twintigste eeu was die progressiewe veroudering en disintegrasie van materie deur radioaktiwiteit ontdek. Die natuur gaan agteruit. \u201cDie afwaartse neiging is maklik, terwyl die opwaartse \u00f3f moeilik of onmoontlik is.\u201d- Sir James H. Jeans, The Universe Around Us, bladsy 306.<\/p>\n<p><b>D.<\/b> \u201cWant die siel van alle vlees is sy bloed.\u201d Lev\u00edtikus 17:14<\/p>\n<p>Die sirkulasie en funksie van die bloed was deur William Harvey in 1615 ontdek.<\/p>\n<p>&#8220;Profesie en wonderwerke bevestig die woord; wetenskap en openbaring is mede-getuienisse tot dieselfde [Skepper Yahuwah]; astronomie gee aanduiding van Sy ewigheid, onmeetlikheid, oneindigheid, natuurlike filosofie spreek van Sy alwetendheid, almag, alomteenwoordigheid; fisiologie stel voor Sy wysheid en goedertierenheid die begin van lewe, van bewustheid, van intelligensie en van gewete, wat wonderwerke is wat nie toegeskryf kan word sonder Almagtigheid nie, en is veronderstel om beide die ate\u00efsme en pante\u00efsme ewe onmoontlik te maak. Terwyl die hart van die mens en die geskiedenis van die mens verenig om te erken aan die behoefte en verlange ooit vervul behalwe deur \u2026 [Yahushua].\u201d Arthur T. Pierson, Many Infallible Proofs, bl. 19.<\/p>\n<p><b>15. Is daar gesondheidsbeginsels in die Bybel wat deesdae gevolg kan word? <\/b><\/p>\n<p><b>Antwoord:<\/b> Ja. \u201cSodat die mense op aarde U weg kan ken, onder al die nasies U heil.\u201d Psalm 67:3 \u201cGeliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan.\u201d 3 Johannes 2.<\/p>\n<p><b>A.<\/b> Vryheid van ongesteldhede en siektes deur GEHOORSAAMHEID: Exodus 15:26<\/p>\n<p><b>B.<\/b> Eet geen vet of bloed nie: Lev\u00edtikus 3:17; 7:23, 26; 17:10-14<\/p>\n<p><b>C. <\/b>`n onderskeid tussen die rein en onrein Lev. 11:2-11<\/p>\n<p><b>D. <\/b>`n Waarskuwing teen oormaat soetgoed: Spreuke 25:16,27<\/p>\n<p><b>E. <\/b>VRAATSUG of Ooretery is skadelik: Spreuke 23:2; Prediker 10:17<\/p>\n<p><b>F.<\/b> HIG\u00cd\u00cbNE &#8211; Was van die liggaam en kleure om kieme te beheer: Lev\u00edtikus 15:2-11<\/p>\n<p><b>G.<\/b> ARBEID &#8211; Belangrikheid van werk: Exodus 20:9, 1 Tim\u00f3th\u00e9\u00fcs 5:8<\/p>\n<p><b>H.<\/b> RUS &#8211; Ons liggamme het behoefte aan behoorlike rus: Markus 6:31<\/p>\n<p><b>I.<\/b> MORALITEIT &#8211; Morele lewenswyse voorkom seksuele siektes soos VIGS epidemie, aborsies ens: 1 Korinth\u00ed\u00ebrs 3:17; 6:19; 10:8.; Spreuke 5:1-12<\/p>\n<p><b>J.<\/b> Menslike liggaams afval moet begrawe word: Deuter\u00f3nomium 23:12,13<\/p>\n<p><b>K.<\/b> KWARANTYN om aansteeklike siektes te beheer: Lev\u00edtikus 13:46; Num\u00e9ri 5:1-4<\/p>\n<p><b>L.<\/b> Sterilisasie: Num\u00e9ri 31:22,23<\/p>\n<p><b>M.<\/b> Vrolike hart &#8211; Die gesondheids voordele van `n positiewe houding: Spreuke 17:22; 1 Tim\u00f3th\u00e9\u00fcs 6:6<\/p>\n<p><b>N.<\/b> Om andere lief te h\u00ea en te help &#8211; Matth\u00e9\u00fcs 25:34-40; Exodus 23:4,5,9,25<\/p>\n<p><b>O.<\/b> Haat en nyd vernietig gesondheid: Lev\u00edtikus 19:17,18; Spreuke 15:17<\/p>\n<h3><b>Skeppende Mag van die Woord<\/b><\/h3>\n<p><b>16. Deur watter agentskap het Yahuwah die hemele geskep? <\/b><\/p>\n<p><i>Deur die Woord van Yahuwah <\/i>is die hemele gemaak en deur <i>die Gees van Sy mond hulle hele leer\u2026. <\/i>Want<i> Hy het gespreek <\/i>en dit was<i>,<\/i> <i>H\u00fd het gebied<\/i> en dit staan.\u201d Psalm 33:6-9.<\/p>\n<p><b>Antwoord:<\/b> Deur Sy Woord.<\/p>\n<p><b>17. Watter verandering word teweeggebring in een wat in Yahushua is? <\/b><\/p>\n<p>\u201cDaarom, as iemand in Yahushua is, <i>is hy `n nuwe skepsel<\/i> [letterlik, \u201c`<i>n nuwe skepping<\/i>\u201d]: die ou dinge het verbygegaan, kyk, <i>dit het alles nuut geword.<\/i> 2 Korinthi\u00ebrs 5:17. <i> <\/i><\/p>\n<p><b>Antwoord:<\/b> Hy is `n nuwe skepsel en alle dinge het nuut geword.<\/p>\n<p><b><img decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/man-reading-bible.jpg\" style=\"margin-left: 10px; margin-right: 10px; float: right; width: 450px; height: 675px;\">18. Hoe getuig die hemelse getuie tot die Bybel se openbaring van Yahuwah en Sy gesag? <\/b><\/p>\n<p>\u201cDie hemele vertel die eer van Yahuwah, en die uitspansel verkondig die werk van Sy hande.\u201d Psalm 19:1.<\/p>\n<p><b>Antwoord:<\/b> Alles wys met oorweldigende krag na `n definitiewe gebeurtenis, of reeks gebeure, of skepping op een of ander tyd of tye, nie oneindig ver-af nie. Die heelal kon nie sommer net so bestaan het uit teenwoordige bestandele nie, en n\u00f3g kon dit nie altyd dieselfde wees soos nou nie.<\/p>\n<p><b>19. Watter getuienis gee alle geskape dinge aan hul Maker en aan die waarheid van die Bybel verslag? <\/b><\/p>\n<p>Want sy onsigbare dinge kan in van die skepping van die w\u00eareld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie.\u201d Romeine 1:20.<\/p>\n<p><b>Antwoord:<\/b> Elke menslike ontdekking lyk of dit gemaak is net vir die doel van bevestiging meer en meer sterker vir die waarhede wat in die Heilige Skrifte vervat is.<\/p>\n<p>\u201cWetenskap word genoop om die idee van skeppende mag te aanvaar.\u201d-Lord Kelvin, aangehaal deur Bernard Heywood, This Is Our Faith, bladsy 36.<\/p>\n<p>\u201cIn ons ondersoek van natuurlike dinge is ons besig om die idees van die Skepper te nader, deur sy konsepsies te lees, `n stelsel te interpreteer wat Syne is, en nie ons s `n nie.\u201d -1ouls J.R. Agassiz, Methods of Study in Natural History, 19<sup>de <\/sup>uitg., bladsy 14.<\/p>\n<p><b>Gereinig en deur Sy Woord Bewaar<\/b><\/p>\n<p><b>20. Aan `n w\u00eareld wat vervreemd is van Yahuwah deur ongehoorsaamheid aan Sy woord, watter versekering bring die Bybel aan ons? <\/b><\/p>\n<p>\u201cWant ek skaam my nie oor die evangelie van die Gesalfde nie: want dit is `n krag van Yahuwah tot redding van elkeen wie glo.\u201d Romeine 1:16.<\/p>\n<p><b>Antwoord:<\/b> Genade en Krag om Yahuwah te gehoorsaam.<\/p>\n<p>\u201cDie Bybel vind ons waar ons is, en, indien toegelaat, neem dit ons waar ons veronderstel is om te gaan\u2026. Wat die Bybel belowe is fantasties nie fabel nie\u201d -Raymond Irving Lindquist, \u201cThe Word of God,\u201d Theology Today, deel 3, No. 2, bl. 158.<\/p>\n<p>Die menigtes gaan na die Bybel, nie vir kennis nie, maar vir krag; hulle gaan om hul <b><u>sin<\/u><\/b> vir geestelike werklikhede te vernuwe, en om weer die wonderlike visioen te vang. Hierdie boek gaan verby die klassieke en word vir die mens `n woord van Yahuwah, want dit uiter daardie uiteindelike waarhede wat aan die lewe waarde gee. D\u00edt is die waarhede waarop ons geloof rus, wat troos aan ons harte bring, en brandend die vure van hoop, hou.<\/p>\n<p><b>21. Watter transformasie word deur die woord moontlik gemaak?\u2019<\/b><\/p>\n<p>\u201cWant julle is <u>wedergebore<\/u>, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende Woord van Yahuwah wat tot in ewigheid bly.\u201d 1 Petrus 1:23.<\/p>\n<p><b>Antwoord:<\/b> Om weer gebore te word.<\/p>\n<p><b>22. Hoe se\u00ebn die woord die veranderde lewe? <\/b><\/p>\n<p><b>A<\/b>. Dit gee insig. \u201cDie opening van U woorde gee lig, dit maak die eenvoudiges verstandig.\u201d Psalm 119:130.<\/p>\n<p><b>B.<\/b> Dit weerhou van sonde. \u201cEk het U woord in my hart geb\u00eare, dat ek teen U nie sal sondig nie.\u201d Vers 11.<\/p>\n<p><b>C.<\/b> Dit gee leiding op die lewenspad. \u201cU woord is `n lamp vir my voet, en `n lig vir my pad.\u201d Vers 105.<\/p>\n<p><b>D.<\/b> Is opbouend. \u201cEn nou, broeders, dra Ek julle op aan Yahuwah en aan die woord van sy genade, wat magtig is om julle op te bou en julle `n erfdeel te gee onder al die geheiligdes.\u201d Handelinge 20:32.<\/p>\n<p><b>E. <\/b>Dit gee hoop. \u201cWant alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan h\u00ea.\u201d Romeine 15:4.<\/p>\n<h3><b> <img decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/young-girl-with-bible.jpg\" style=\"margin-left: 10px; margin-right: 10px; float: left; width: 450px; height: 674px;\">Yahuwah se Woord (`n beveiliging)<\/b><\/h3>\n<p><b>23. Omdat dit gevaarlik is om ons oortuiging te baseer op een vers van die Skrifte, wat moet ons doen? <\/b><br \/>\n\u201cVir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is? Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, re\u00ebl op re\u00ebl, re\u00ebl op re\u00ebl, hier `n bietjie, daar `n bietjie.\u201d Jesaja 28:9-10.<\/p>\n<p>\u201cDaarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met die wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.\u201d 1 Korinthi\u00ebrs 2:13.<\/p>\n<p><b>Antwoord:<\/b> Ons moet skrifte met skrifte vergelyk voordat ons ons geloof vorm.<\/p>\n<p><b>24. Hoe belangrik is dit om te bid vir die leiding van die Vader se heilige Gees alvorens ons die Bybel studeer? <\/b><br \/>\n\u201cmaar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle ges\u00ea het.\u201d Johannes 14:26<\/p>\n<p>\u201cMaar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.\u201d Johannes 16:13. [1 Korinthi\u00ebrs 2:10, 14; Romeine 8:14]<\/p>\n<p><b>Antwoord:<\/b> Die bediening van die Heilige Gees is duidelik gespesifiseer in die woorde van [Yahushua]: en as Hy kom sal Hy die w\u00eareld oortuig van sonde en van geregtigheid, en van oordeel.\u201d Johannes 16:8. Dit is die Heilige Gees wat oortuig van sonde. Indien die sondaar optree volgens die invloed van die Heilige Gees, sal hy tot bekering gebring word en opgewek word tot die gehoorsaamheid van die goddelike vereistes.<\/p>\n<p>Aan die bekeerde sondaar, wie honger en dors na geregtigheid, maak die Heilige Gees die Lam van Yahuwah bekend wat die sonde van die w\u00eareld wegneem. \u201cHy sal My ontvang, en sal dit aan julle wys,\u201d [Yahushua] het ges\u00ea. \u201cHy sal julle alle dinge leer, en alle dinge bring dat julle onthou, wat ookal Ek aan julle vertel het.\u201d Johannes 16:14; 14:26. <i>Handelinge van die Apostels<\/i>, bladsy 52.<\/p>\n<p><b>25. Is dit veilig om iemand anders se oortuiging te aanvaar oor wat die waarheid behels? <\/b><br \/>\n\u201cSo s\u00ea Yahuwah: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van Yahuwah afwyk.\u201d Jeremia 17:5 (lees ook, Handelinge 17:11; Jesaja 30:1<\/p>\n<p><b>Antwoord:<\/b> Nee. Ons moet studeer om vir onsself goedgekeur te toon.<\/p>\n<p><b>Is jy dankbaar aan Yahuwah dat jy met vertroue kan steun op Sy woord vir jou lewe?<\/b><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><b><img decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/a-bible-for-you.jpg\" style=\"width: 720px; height: 479px;\"><\/b><\/p>\n","protected":false},"featured_media":255834,"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":[],"class_list":["post-255835","wlc-article","type-wlc-article","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","wlc-article-category-bybelse-geloof","wlc-content-directory-bible"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v26.7 - https:\/\/yoast.com\/wordpress\/plugins\/seo\/ -->\n<title>Yahuwah se Woord is Lewend &amp; Betroubaar - Worlds Last Chance<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"The Bible is ALIVE and TRUSTWORTHY!\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/yahuwahs-word-is-alive-dependable\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Yahuwah se Woord is Lewend &amp; Betroubaar - Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"The Bible is ALIVE and TRUSTWORTHY!\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/yahuwahs-word-is-alive-dependable\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-01-28T14:09:22+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/staging.worldslastchance.com\/2026\/01\/yahuwahs-word-is-alive-dependable-afrikaans.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1034\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"656\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"22 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/yahuwahs-word-is-alive-dependable\/\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/yahuwahs-word-is-alive-dependable\/\",\"name\":\"Yahuwah se Woord is Lewend & Betroubaar - Worlds Last Chance\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/yahuwahs-word-is-alive-dependable\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/yahuwahs-word-is-alive-dependable\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/yahuwahs-word-is-alive-dependable-afrikaans.png\",\"datePublished\":\"2024-08-19T02:54:30+00:00\",\"dateModified\":\"2026-01-28T14:09:22+00:00\",\"description\":\"The Bible is ALIVE and TRUSTWORTHY!\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/yahuwahs-word-is-alive-dependable\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/yahuwahs-word-is-alive-dependable\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/yahuwahs-word-is-alive-dependable\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/yahuwahs-word-is-alive-dependable-afrikaans.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/yahuwahs-word-is-alive-dependable-afrikaans.png\",\"width\":1034,\"height\":656},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/yahuwahs-word-is-alive-dependable\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Articles\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Yahuwah se Woord is Lewend &#038; Betroubaar\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/\",\"name\":\"Worlds Last Chance\",\"description\":\"\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Yahuwah se Woord is Lewend & Betroubaar - Worlds Last Chance","description":"The Bible is ALIVE and TRUSTWORTHY!","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/yahuwahs-word-is-alive-dependable\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Yahuwah se Woord is Lewend & Betroubaar - Worlds Last Chance","og_description":"The Bible is ALIVE and TRUSTWORTHY!","og_url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/yahuwahs-word-is-alive-dependable\/","og_site_name":"Worlds Last Chance","article_modified_time":"2026-01-28T14:09:22+00:00","og_image":[{"width":1034,"height":656,"url":"https:\/\/s3.amazonaws.com\/staging.worldslastchance.com\/2026\/01\/yahuwahs-word-is-alive-dependable-afrikaans.png","type":"image\/png"}],"twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Est. reading time":"22 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/yahuwahs-word-is-alive-dependable\/","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/yahuwahs-word-is-alive-dependable\/","name":"Yahuwah se Woord is Lewend & Betroubaar - Worlds Last Chance","isPartOf":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/yahuwahs-word-is-alive-dependable\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/yahuwahs-word-is-alive-dependable\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/yahuwahs-word-is-alive-dependable-afrikaans.png","datePublished":"2024-08-19T02:54:30+00:00","dateModified":"2026-01-28T14:09:22+00:00","description":"The Bible is ALIVE and TRUSTWORTHY!","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/yahuwahs-word-is-alive-dependable\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/yahuwahs-word-is-alive-dependable\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/yahuwahs-word-is-alive-dependable\/#primaryimage","url":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/yahuwahs-word-is-alive-dependable-afrikaans.png","contentUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/yahuwahs-word-is-alive-dependable-afrikaans.png","width":1034,"height":656},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/yahuwahs-word-is-alive-dependable\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Articles","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Yahuwah se Woord is Lewend &#038; Betroubaar"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/","name":"Worlds Last Chance","description":"","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article\/255835","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article"}],"about":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/wlc-article"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=255835"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/255834"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=255835"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}