{"id":255829,"date":"2024-08-19T02:56:01","date_gmt":"2024-08-19T02:56:01","guid":{"rendered":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/%wlc-article-category%\/verheerliking-van-yahuwah-se-naam-in-ons-beproewinge\/"},"modified":"2026-01-28T14:08:49","modified_gmt":"2026-01-28T14:08:49","slug":"verheerliking-van-yahuwah-se-naam-in-ons-beproewinge","status":"publish","type":"wlc-article","link":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/articles\/geloof-wat-geleef-word\/verheerliking-van-yahuwah-se-naam-in-ons-beproewinge\/","title":{"rendered":"Verheerliking van Yahuwah se Naam In Ons Beproewinge"},"content":{"rendered":"<table align=\"center\" bgcolor=\"#ffffff\" border=\"1\" bordercolor=\"#000000\" height=\"44\" style=\"border-collapse:collapse;border:undefined;\" width=\"100%\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"100%\">\n<p class=\"indenttext\" style=\"text-align:justify\">Hierdie is `n nie &#8211; WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks gese\u00ebn deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels\/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self en soek dit waar dit ookal gevind mag word.<\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/staging.worldslastchance.com\/2026\/01\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions-afrikaans.png\" style=\"width: 720px; height: 457px;\"><\/p>\n<p>Die eerste hoofstuk van Job doen verslag oor hoe Job, een oggend ontwaak het as die rykste man in die Ooste, en tot armoede gebring was teen sononder. In die m\u00f4re het hy 1,000 stuks vee gehad en 500 muil esellinne; teen die aand, niks. In die oggend, het hy 7,000 skaap en 3,000 kamele besit; teen die aand, was alles gedood of gesteel. In die oggend het hy sewe seuns en drie dogters gehad; teen die aand, was hy kinderloos. In die oggend, het hy baie knegte gehad; teen die aand, net vier \u2013 almal van hulle wie vreeslike nuus na hom gebring het aangaande die vernietiging van sy groot boedel.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/tissot-job-and-his-friends.jpg\" style=\"width: 720px; height: 507px;\"><\/p>\n<p>Verbeel jou om in Job se posisie te wees, geliefde een. Hoe sal jy optree? Wat as `n vloed, `n vuur, `n tornado, of enige ander verwoestende mag deur Yahuwah gestuur, jou in armoede en kinderloos laat teen die tyd dat jy vandag vanuit die kerk, terugkeer huis-toe?<\/p>\n<p>Hierdie hoofstuk bespreek Job se onmiddelike respons tot sy einste beproewing. Eerstens, het hy met droefheid gereageer. Ons lees in vers 20: \u201cToe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval.\u201d Hierdie optrede was `n sigbare uitdrukking van hartseer. Neem notisie dat dit nie verkeerd was om te rou wanneer Yahuwah beproewinge in ons lewens stuur nie. Daar is `n tyd vir alles \u2013 ook `n tyd om te ween! Wanneer beproewing kom, het ons nie nodig om te dink dat ons nie kan huil nie, \u00f3f dat ons mag sterk wees vir die onthalwe van diegene rondom ons nie. Job het rou bedryf, en so mag ons. In ons weemoed, mag ons ween! Maar ons moet Yahuwah nie in dwaasheid blameer nie!<\/p>\n<p>Tweedens, Job het reageer in sy beproewing deur Yahuwah te aanbid. Ons lees in vers 20 dat, deur sy mantel te skeur en sy hoof te skeer, \u201cin aanbidding op die grond neergeval.\u201d Hierdie sinsnedes weergee sy postuur en houding in aanbidding. Hy het met sy aangesig na die grond gel\u00ea, `n posisie wat die nederigheid van `n mens wys wie sy hulpeloosheid besef en alleenlik steun op Yahuwah.<\/p>\n<p>Tweedens, bely Job, soos ons in vers 21 lees: \u201cNaak het ek uit my moeder skoot gekom en naak sal ek daarheen terugkeer, Yahuwah het gegee en Yahuwah het geneem: die Naam van Yahuwah sy geloofd!\u201d Deur hierdie woorde, het Job aangedui dat hy sy lyding gedienstig dra. Veral uit hierdie belydenis van Job, moet ons `n les leer. Laat ons dit verder bestudeer om dit ons eie te maak in ons eie tye van beproewing.<\/p>\n<h3><b>BELY YAHUWAH SE SOEWEREINE MAG<\/b><\/h3>\n<p>Die kern van Job se belydenis is dit: \u201cYahuwah het gegee, en Yahuwah het geneem.\u201d Job het erken dat wat hom oorgekom het die werk van Yahuwah is, wat die soewereine mag van Yahuwah vertoon.<\/p>\n<p>Op hierdie respons mag ons s\u00ea, \u201cNee, Job, jy is verkeerd; dit is nie soveel die werk van Yahuwah as die werk van Satan nie.\u201d<\/p>\n<p>Eintlik, ondersoek die hoofstuk Satan se rol in Job se beproewing. Ons leer dat die seuns van Yahuwah, verwysend na die engele, voor Yahuwah in die hemel verskyn het. Hulle het byeengekom om Yahuwah te aanbid en opdragte van Hom te ontvang, wat hulle toe moes uitvoer. Maar, saam met die goeie engele, het Satan ook in die hemel verskyn. Voor die dood van Christus, was Satan toegelaat om die teenwoordigheid van Yahuwah se heerlikheid in te gaan.<\/p>\n<p>Yahuwah het Satan opgemerk en hom aangespreek. Wetend dat Satan se doel was om Yahuwah se koninkryk te verwoes, Yahuwah se ganse werke om ver te werp, en homself as die ware mag van die heelal te vestig, het Yahuwah Satan gevra, \u201cHet jy ag gegee op My kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: `n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.\u201d (Vers 8). Dit was asof Yahuwah Satan gevra het, \u201cIndien jy werklik glo om My koninkryk te kan omverwerp, Satan, het jy opgelet dat Job `n getroue kind en burger is?\u201d<\/p>\n<p>In respons, erken Satan sy onmagtigheid om Job weg te keer van Yahuwah. Omdat Yahuwah aan Job soveel groot rykdom gegee het, het Satan geredeneer dat Job getrou sal bly. Inderdaad het hy die motief agter Job se liefde en gehoorsaamheid bevraagteken, dat Job enigeen wie hom voorspoedig en tevrede sou maak, sal dien.<\/p>\n<p>Yahuwah het dit as `n uitdaging gesien. Indien Job Yahuwah dien nie in die mag wat Yahuwah hom gegee het as `n herbore seun nie maar net omdat Yahuwah hom ryk en gelukkig gemaak het, dan was Job nie net inderdaad `n getroue kind en inwoner na alles nie. Daarom, sou Yahuwah aan Satan demonstreer dat sy (Satan) se argument verkeerd was. Sedert Satan geargumenteer het dat Job Yahuwah dien omdat Yahuwah aan Job rykdomme gegee het, het Yahuwah Satan toegelaat om Job se hele besittings van hom weg te neem.<\/p>\n<p>In `n mate, dan, was Job se beproewing die werk van Satan. Dit was Satan se idee dat Job beproef moes word soos hy was. Dit was ook Satan se werk omdat hy die mag gegee was om dit te kan doen \u2013 hoewel onderwerp aan die mag en wil van Yahuwah. So mag ons aan Job s\u00ea, jy is verkeerd! Jy is verkeerd om te s\u00ea dat Yahuwah gegee het, en Yahuwah het geneem! En ons mag s\u00ea, wanneer beproewinge ons oorval: Yahuwah het dit nie gestuur nie!<\/p>\n<p>Maar ons sou verkeerd wees. Job is reg. Job erken dat Yahuwah die hoof oorsaak van alles is wat gebeur. Hy het nie nodig om die hoekoms en die waaroms van sy lyding te verstaan, om hierdie toepassings te maak nie. Hy het nie nodig gehad om bewus te wees van die gesprekke tussen Yahuwah in die hemel nie. Hy het nie nodig gehad om te verstaan dat Yahuwah die enigste soewerein is wie alles wat Hy beslis het, volbring soos in Sy raadsbesluit! Want niks kom na ons behalwe wat Yahuwah besluit en stuur nie, beide Job en ons kan die soewereine mag van Yahuwah bevestig: \u201cYahuwah het gegee, en Yahuwah het geneem.\u201d<\/p>\n<p>Dalk kom die eerste deel van Job se belydenis maklik na ons toe: \u201cYahuwah het gegee.\u201d Soms kyk ons hierdie feit mis: alle dinge kom van Yahuwah, maar ons klop ons self op die skouer met die mag om rykdom te versamel, ons huise te bou, en ons kinders op te voed. Maar, Yahuwah herinner ons dikwels dat ons ganse liggaamlike en geestelike arbeid word bereik deur Yahuwah se mag. Ons kinders is gawes van Yahuwah, en ons bronne is se\u00ebninge van Hom. Alhoewel ons besittings bekom deur harde werk, is die krag om so te maak en die se\u00ebninge op ons pogings afkomstig van Yahuwah. Yahuwah voorsien alle dinge.<\/p>\n<p>Die teks leer ons nou dat dit wat goed is om te gee, is ook, en altyd waar, goed om geneem te word. \u201cYahuwah het geneem.\u201d Yahuwah gee aan Sy volk volgens Sy doel en raadsbesluit,`n demonstrasie van Sy soewereine mag en liefde. Wanneer Hy ons geliefdes of ons besittings wegneem, wat ook in lyn is met Sy doel en raadsbesluite; demonstreer dit ook Sy soewereine mag en manifesteer dit Sy liefde vir Sy volk in Christus.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/portrait-one-sad-man.jpg\" style=\"width: 720px; height: 480px;\"><\/p>\n<p>Geliefde, moet nooit s\u00ea, dat Yahuwah gegee en Satan geneem het nie! Yahuwah het dit my bestem om my besittings en geliefdes te behou, maar `n mag groter as Yahuwah het hulle geneem! Instede daarvan, bely die soewereine mag van Yahuwah! Hy alleen is God! Hy kan doen soos Hy behaag! En Hy sal optree in alle dinge om Sy naam te verheerlik!<\/p>\n<p>Maar waarom neem Hy dit? Waarom neem Hy wat so kosbaar is vir ons? Hy maak so in Sy liefde!<\/p>\n<h3><b>VERTROUE IN YAHUWAH SE GETROUE LIEFDE<\/b><\/h3>\n<p>Job het geglo in Yahuwah se getroue liefde. Hy het verstaan dat die beproewinge wat Yahuwah gestuur het in liefde gedoen was.<\/p>\n<p>Satan het tydens hierdie beproewinge Job laat glo dat Yahuwah hom haat. Hy het dit eerste gedoen deur hierdie beproewinge op hom te stuur op die eerste dag van die week. Ons lei af dat dit die eerste dag van die week was omdat ons vertel is dat Job se kinders fees gevier het in die huis van die oudste broer en dat elke broer hierdie fees aangebied het tydens die begin van die nuwe week. Die fees het `n weeklikse siklus gevolg, en hierdie siklus was nuut begin. Nou, teen die einde van elke siklus, word ons meegedeel dat Job vir al sy kinders geoffer het. Of in die nag te vore van hierdie dag waarin Job sy rampe deurgemaak het, het hy vuuroffers en soenoffers gebring, deelgeneem aan die gawe van genade, en met hernude versekering van Yahuwah se liefde en goedertierenheid, vir hom en sy kinders, weggegaan. Satan het hierdie tydsberekening van gebeure gebruik in `n poging om Job te laat bevraagteken aangaande Yahuwah se liefde. Nes asof ek en jy die mees vertroostende preek geluister het, aan Yahuwah se tafel ge\u00ebet het, en opnuut die vergifnis van ons sondes besef het, net om huiswaarts te keer en uit te vind dat groot onheil ons getref het \u2013 met Satan wat wou h\u00ea ons moet vra, watter soort liefde is dit di\u00e9?<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/sad-black-man.jpg\" style=\"width: 720px; height: 480px;\"><\/p>\n<p>In die tweede plek, neem notisie dat terwyl die kamele, osse, en donkies gesteel was, was die skape vernietig in `n ander manier \u2013 deur vuur van Yahuwah uit die hemel afkomstig en hulle verteer het. Hierdie skape was die diere wat Job hoofsaaklik gebruik het vir offer doeleindes aan Yahuwah. Dus het Yahuwah hulle vernietig deur `n handeling van oordeel! Onthou, wanneer vuur vanuit die hemel kom in die Skrifte, dui dit op die oordeel van Yahuwah. Onthou die vuur en swawel van Yahuwah wat oor Sodom en Gommora gere\u00ebn het. Verstaan tog dat Yahuwah vuur uit die hemel sal stuur op die oordeelsdag om hierdie w\u00eareld en al sy booshede tot niet te maak. Nou wil Satan h\u00ea dat Job moes vra \u201cHoekom het Yahuwah my veroordeel deur my skape te verbrand? Haat Hy my offerandes?\u201d<\/p>\n<p>In die derde plek, is almal Job se kinders tot niet gemaak. Job het ook van die verbond geweet. Alhoewel Job dit nie so duidelik soos ons mag verstaan het nie, het hy besef dat Yahuwah se verbond regdeur die generasies strek. Teen hierdie tyd, moes Job gedink het, \u201cYahuwah het geen verbond met my nie. Hy het dit sommerso vernietig.\u201d In soortgelyke wyses, rig Satan ons aandag na die rampe wat Yahuwah in ons lewens stuur en probeer ons laat dink dat Yahuwah ons haat.<\/p>\n<p>Tot op `n seker mate, laat Job ons verstaan van die getroue liefde van Yahuwah. Deur die naam Yahuwah te gebruik, dui Job aan dat sy beproewinge oorspronklik van sy persoonlike God, die enigste God is. Hierdie beproewinge het nie hul oorsprong van die god van die Chalde\u00ebrs of die afgode van die Sabe\u00ebrs nie; dit het van Yahuwah gekom, die God wie lief was vir Job! Verder, deur die naam van Yahuwah aan te roep, het Job gedemonstreer dat hy Yahuwah se standvastige liefde herken het. In hierdie konteks, verskil die werk van Yahuwah in die beproewinge gestuur grootliks met Satan se rol daarin. Dit is belangrik om te onthou dat versoekings en beproewinge basies dieselfde is, wat uit dieselfde omstandighede opkom. Maar, Satan bewerk hierdie omstandighede as versoekinge om Yahuwah se genade in ons te ondermyn en haat in ons te bewerkstellig. Daarenteen gebruik Yahuwah dieselfde omstandighede as beproewinge om ons geloof en goddelikheid te versterk met oorsprong in Sy liefde vir ons.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/a-young-woman-meditates-in-the-mountains.jpg\" style=\"margin-left: 10px; margin-right: 10px; float: left; width: 400px; height: 600px;\">Die beproewinge wat Yahuwah aan Sy volk stuur, vloei altyd uit Sy liefde. Hy het geen ander motief deur beproewinge na ons te stuur nie. Deur hierdie beproewinge, berei Hy ons voor vir `n plek in sy heerlikheid! Beproewinge en lyding, kom slegs oor Yahuwah se kinders \u2013 hulle is `n genade gawe vir sondaars soos ons, wat die dood van Christus aan die kruis vereis het om dit vir ons te verdien.<\/p>\n<p>So ook is Job se perspektief. Daar is nie eens `n beduidenis in die teks dat Job die moontlikheid oordink het dat Yahuwah hom nou mag haat nie, of dat Yahuwah van hom weggedraai het, of dat Yahuwah se liefde in die verlede net geveinsd was nie. As Job inderwaarheid selfs geglo het dat Yahuwah hom haat, sou hy Yahuwah valslik beskuldig het! Maar hy het dit nie gedoen nie. Deur te s\u00ea, \u201cYahuwah het gegee, en Yahuwah het geneem,\u201d Bedoel Job om te s\u00ea, \u201cYahuwah het dit in Sy liefde gedoen. Hy het my lief!\u201d<\/p>\n<p>Ons belydenis moet dieselfde wees in ons beproewinge. Yahuwah is onveranderlik. Hy het alreeds Sy liefde vir Sy kerk gewys deur Christus te stuur om aan die kruis vir ons te sterf. Yahuwah sal nooit die kerk haat nie! Hy het ook Sy liefde vir elkeen van Sy kinders getoon deur die voordele van verlossing in ons harte te bewerkstellig deur die Gees van Christus. Yahuwah sal ons nooit haat nie! Alles wat Hy stuur is gedoen in liefde. Hy stuur selfs gruwelike beproewinge in liefde. In liefde, korrigeer Hy ons, tug, verfyn, en reinig ons, nes goud deur vuur gelouter word. Maar altyd, in liefde.<\/p>\n<p>Sal jy dit glo? Sal jy dit bely indien jy tuiskom van die kerk vanaand om te vind dat jou besittings gesteel is en jou geliefdes dood? Deur die mag van Christus en met die ware kennis van Yahuwah, kan ons! En deur so te doen, kan ons ook glo in Yahuwah se groot wysheid.<\/p>\n<h3><b>GELOOF IN YAHUWAH SE GROOT WYSHEID<\/b><\/h3>\n<p>Yahuwah se wysheid is Sy mag om alles wat gebeur te beheer sodat Hy Sy doel kan bereik. Sy doel, soos ons weet, is die heerlikheid van Sy naam in die verlossing van Sy kerk. Wanneer Yahuwah beproewinge in ons lewens stuur, is een van twee dinge waar: of Yahuwah het totaal en al vergeet van Sy doel, deur dit in gevaar te stel, OF alles wat met ons in die lewe gebeur, insluitende ons beproewinge, dien daardie doel. Watter een dink jy is dit, geliefdes? Sal Yahuwah ooit Sy eie doelwit in gevaarstel? Nie ons God nie; Hy is `n wyse God.<\/p>\n<p>Ons teks dui in twee wyses aan dat Job in Yahuwah geglo het as `n wyse God. Eerstens, lees ons, \u201cBy dit alles het Job nie gesondig en aan Yahuwah niks ongerymds toegeskrywe nie.\u201d Letterlik, \u201cnie Yahuwah met dwaasheid toegeskrywe nie.\u201d Dit beteken dat Job nie ges\u00ea het, \u201cHy is `n dwaas.\u201d Hy het nie dwaasheid aan Yahuwah toegedig nie. Omdat die Gees ons aandag vestig in die teks wat Job NIE gedoen het NIE, dink ons onmiddelik aan wat hy GEDOEN het \u2013 hy het die wysheid van Yahuwah erken.<\/p>\n<p>Tweedens, om te wys dat Job in Yahuwah se wysheid geglo het, lees ons: \u201cNaak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. \u201cHier, beteken \u201cdaarheen\u201d \u201cweer terug na daardie plek.\u201d Natuurlik, impliseer Job nie dat hy wil terugkeer na sy moeder skoot; eerder, bedoel hy terugkeer na die stof van die aarde. Job het in gedagte gehad die woorde wat Yahuwah aan Adam gespreek het: \u201cStof is jy en tot stof sal jy terugkeer.\u201d<\/p>\n<p>Deur hierdie woorde \u2013 \u201cNaak kom ek uit my moeder skoot, en naak sal ek daarheen terug keer\u201d \u2013 Job het sy gevoelens van onwaardigheid aangaande die besittings wat hy voorheen gehad het oorgedra. Hy het die w\u00eareld met niks ingekom nie en kon niks van Yahuwah bekom nie. Almal Job se kinders en rykdom hoort aan Yahuwah. Nou het Yahuwah hulle weggeneem in Sy soewereine beheer.<\/p>\n<p>Maar met hierdie woorde, erken Job ook Yahuwah se wysheid. \u201cNaak het ek gekom,\u201d s\u00ea hy. Hy het naak gekom om Yahuwah te dien, nie homself nie! Omdat hy gekom het om Yahuwah te dien, het hy nie nodig om met besittings gebore te word nie. Yahuwah het Job daagliks voorsien met besittings nodig vir sy diens. En met sy dood, sou hy nie besittings nodig h\u00ea nie. Dus, het Job besef dat Yahuwah se verwydering van sy besittings `n voorbereiding is vir die dag van sy dood. Ons moet nie noodwendig tot die slotsom kom dat Job geglo het sy sterfdag naby was nie. Hy het bewus gebly van daardie dag en Yahuwah se neem van sy besittings beskou in die lig daarvan.<\/p>\n<p>Erken ons Yahuwah se wysheid in ons beproewinge? Hoe maklik is dit om Yahuwah te beskuldig van dwaasheid? Ons s\u00ea: \u201cHoe kon Yahuwah dit doen? Al my planne verniet. Ek verstaan nie hoe Hy kan verwag ek Hom nou moet dien nie.\u201d Of ons houding impliseer dat Yahuwah ons nie goed behandel het nie. Maar, Job leer ons om die wysheid van Yahuwah te erken. Alles wat met ons gebeur vind plaas met die doel van ons dood, ons eintlike verheerliking, en Yahuwah se glorie!<\/p>\n<p>Kan jy die wysheid van Yahuwah erken? Begryp jy die openbaring van Sy wysheid om Sy volk te verlos deur Christus? Dan, sal jy ook erken dat alles wat met ons gebeur in liefde die wysheid van Yahuwah illustreer.<\/p>\n<p>Wanneer jy te staan kom voor beproewings, as ons Yahuwah se mag, liefde, en wysheid bely, sal ons voorbereid wees om te verkondig wat Job volgende geuiter het: \u201cdie naam van Yahuwah sy geloofd!\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/the-silhouette-on-the-top-of-the-mountain.jpg\" style=\"width: 720px; height: 479px;\"><\/p>\n<h3><\/h3>\n<p><b>VERLANGE DAT YAHUWAH SE NAAM GELOOF WORD<\/b><\/p>\n<\/p>\n<p>Yahuwah verheerlik altyd Sy naam deur menslike wesens te maak dat hulle Hom liefhet, verhoog, en dien. Job se verlange, soos aangedui in die teks, was daarvoor om Job en die vier knegte wat voor hom gestaan het \u2013 wie sulke groot rampe gesien en beleef het \u2013 te bemagtig om niks meer te s\u00ea as: \u201cdie naam van Yahuwah sy geloofd!\u201d is goed in alle werke en we\u00eb!<\/p>\n<p>Geliefdes, laat elke man, vrou, en kind wat hoor van hierdie rampe vandag s\u00ea, \u201cdie naam van Yahuwah sy geloofd!\u201d Koester hierdie God! Val op jou knie\u00eb op die grond en aanbid Hom! En wanneer soortgelyke rampe jou tref, sing van Sy grootheid! Vertel andere wie kom om jou te vertroos, \u201cEk sal nie Sy motiewe en Sy we\u00eb bevraagteken nie; ek sal eenvoudig maar net alle heerlikheid aan Hom toedig.\u201d<\/p>\n<p>Deur hierdie volle belydenis te maak, veral in sy verlange dat Yahuwah se naam geloof word, het Job die volhoudende genade wat Yahuwah voortdurend offer aan Sy volk, gedemonstreer. Hier sien ons dat Yahuwah met beslistheid Satan se planne gedwarsboom het. Satan het ges\u00ea, \u201cwaarlik, hy sal U in u aangesig <i>vloek<\/i>. (vers 11oorspronklik <i>vloek<\/i>&#8211; nie <i>se\u00ebn<\/i> soos in Ou Vertaling nie) Hy het die detail van Job se beproewing gedirigeer om Job te kry om Yahuwah se mag, liefde, en wysheid, te bevraagteken, en uiteindelik te lei om Yahuwah te vervloek. Maar, v\u00e9r daarvan om Yahuwah te vervloek, het Job uitgeroep, \u201cGeloofd sy die naam van Yahuwah!\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/silhouette-of-woman-praying.jpg\" style=\"width: 720px; height: 480px;\"><\/p>\n<p>Hierin is die troos vir ons beproewinge. Wonder jy vooraf, hoe jy ooit Yahuwah se naam tydens `n toekomstige beproewing sal verheerlik? Vertrou op Yahuwah \u2013 Sy genade sal ons bemagtig om so te doen! Of het jy Yahuwah se naam verheerlik in beproewinge in die verlede? Sy genade was vergroot. Om daardie genade te beleef, moet ons Sy soewereine mag, getroue geloof, en groot wysheid erken. Deur Sy mag, liefde, en wysheid, bewaar en bemagtig Hy ons om Sy naam te verheerlik! In tye van beproewing, mag Yahuwah se kinders Hom soms beskuldig van dwaasheid. Dan, openbaar Hy Sy mag, wysheid, en liefde deur Sy kinders te lei na bekering en opregte berou vir die sondes, deur ons te wys dat wat Hy gedoen het tot ons eie voordeel was.<\/p>\n<p>Want Yahuwah sal se\u00ebvier! In die stryd tussen Yahuwah en Satan, sal Yahuwah voortdurend oorwinning behaal! Ons mag oorwinning in ons beproewinge ondervind en demonstreer deur Yahuwah se naam te verheerlik! Wanneer ons Yahuwah se liefde vir ons in Christus erken en vir genade bid om Yahuwah se naam te verheerlik in ons beproewinge, sal Hy ons bemagtig om soos Job te s\u00ea, \u201cGeloofd sy die naam van Yahuwah.\u201d Amen.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/ive-made-it.jpg\" style=\"width: 720px; height: 480px;\"><\/p>\n<hr>\n<p>Hierdie is `n nie-WLC artikel deur Doug Kuiper.<\/p>\n<p>Ons het al die paganistiese name van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun vervang soos dit oorspronklik deur die ge\u00efnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is \u2013 WLC Span<\/p>\n","protected":false},"featured_media":255828,"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":[],"class_list":["post-255829","wlc-article","type-wlc-article","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","wlc-article-category-geloof-wat-geleef-word","wlc-content-directory-faith-victory"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v26.7 - https:\/\/yoast.com\/wordpress\/plugins\/seo\/ -->\n<title>Verheerliking van Yahuwah se Naam In Ons Beproewinge - Worlds Last Chance<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"How can we bless Yahuwah in our afflictions?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Verheerliking van Yahuwah se Naam In Ons Beproewinge - Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"How can we bless Yahuwah in our afflictions?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-01-28T14:08:49+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/staging.worldslastchance.com\/2026\/01\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions-afrikaans.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1034\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"656\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"18 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions\/\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions\/\",\"name\":\"Verheerliking van Yahuwah se Naam In Ons Beproewinge - Worlds Last Chance\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions-afrikaans.png\",\"datePublished\":\"2024-08-19T02:56:01+00:00\",\"dateModified\":\"2026-01-28T14:08:49+00:00\",\"description\":\"How can we bless Yahuwah in our afflictions?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions-afrikaans.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions-afrikaans.png\",\"width\":1034,\"height\":656},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Articles\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Verheerliking van Yahuwah se Naam In Ons Beproewinge\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/\",\"name\":\"Worlds Last Chance\",\"description\":\"\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Verheerliking van Yahuwah se Naam In Ons Beproewinge - Worlds Last Chance","description":"How can we bless Yahuwah in our afflictions?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Verheerliking van Yahuwah se Naam In Ons Beproewinge - Worlds Last Chance","og_description":"How can we bless Yahuwah in our afflictions?","og_url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions\/","og_site_name":"Worlds Last Chance","article_modified_time":"2026-01-28T14:08:49+00:00","og_image":[{"width":1034,"height":656,"url":"https:\/\/s3.amazonaws.com\/staging.worldslastchance.com\/2026\/01\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions-afrikaans.png","type":"image\/png"}],"twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Est. reading time":"18 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions\/","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions\/","name":"Verheerliking van Yahuwah se Naam In Ons Beproewinge - Worlds Last Chance","isPartOf":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions-afrikaans.png","datePublished":"2024-08-19T02:56:01+00:00","dateModified":"2026-01-28T14:08:49+00:00","description":"How can we bless Yahuwah in our afflictions?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions\/#primaryimage","url":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions-afrikaans.png","contentUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions-afrikaans.png","width":1034,"height":656},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/blessing-yahuwahs-name-in-our-afflictions\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Articles","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Verheerliking van Yahuwah se Naam In Ons Beproewinge"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/","name":"Worlds Last Chance","description":"","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article\/255829","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article"}],"about":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/wlc-article"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=255829"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/255828"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=255829"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}