{"id":255671,"date":"2024-01-19T01:40:09","date_gmt":"2024-01-19T01:40:09","guid":{"rendered":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/%wlc-article-category%\/die-verwoesting-van-jerusalem\/"},"modified":"2026-01-28T14:01:10","modified_gmt":"2026-01-28T14:01:10","slug":"die-verwoesting-van-jerusalem","status":"publish","type":"wlc-article","link":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/articles\/profesie-wat-gerig-is-op-die-endtyd\/die-verwoesting-van-jerusalem\/","title":{"rendered":"Die Verwoesting van Jerusalem"},"content":{"rendered":"<table align=\"center\" bgcolor=\"#ffffff\" border=\"1\" bordercolor=\"#000000\" height=\"44\" style=\"border-collapse:collapse;border:undefined;\" width=\"100%\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"100%\">\n<p class=\"indenttext\" style=\"text-align:justify\">Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks gese\u00ebn deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels\/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self en soek dit waar dit ookal gevind mag word.<\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Die Verwoesting van Jerusalem\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/staging.worldslastchance.com\/2026\/01\/destruction-of-jerusalem-afrikaans.png\" style=\"width: 720px; height: 458px;\"><\/p>\n<p>Die 24ste hoofstuk van Matth\u00e9\u00fcs is een van die mees mishandelde gedeeltes in die Bybel. Premillennialiste het hierdie hoofstuk gebruik as `n springplank vir alle soorte valse leerstelings en wilde spekulasies. In hierdie artikel sal ons die konteks van die hoofstuk ondersoek en na sy toepassing tot die verwoesting van Jerusalem in 70 n.C. kyk.<\/p>\n<p>Voor Sy kruisiging, het onse Here in die tempel gegaan en die inwoners daarvan as die \u201cseuns van diegene wie die profete vermoor het,\u201d \u201caddergeslag,\u201d en diegene wie bestem is vir \u201cdie verdoemenis in die hel, tereggewys.\u201d (Matt.23:31,33). Hy het sy snydende teregwysing be\u00ebindig met hierdie woorde: Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig di\u00e9 wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaar maak, nes `n hen haar kuikens onder die vlerk bymekaarmaak, en julle wou nie! Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat! Want Ek s\u00ea vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal s\u00ea: \u201cGese\u00ebnd is Hy wat kom in die Naam van die Here!\u201d (Matt. 23:37-39).<\/p>\n<p>Toe Yahushua die tempel verlaat, \u201chet Sy dissipels na Hom gekom om Hom die geboue van die tempel te wys.\u201d (Matt. 24:1). En terwyl Hy na Herodus se tempel staar, vertel Yahushua die dissipels dat die dag sou kom wanneer \u201cnie een klip op die ander gelaat word wat nie afgebreek sal word nie\u201d (Matt.24:2). Nadat hulle die Kidron vallei oorgesteek het, het Yahushua en Sy dissipels op die Olyfberg gaan sit, kom die dissipels alleen na Hom en s\u00ea: \u201cwanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van U koms en van die voleinding van die w\u00eareld?\u201d (Matt. 24:3).<\/p>\n<p>Die vernietiging van die tempel was so `n sigbare gebeurtenis dat die dissipels net daaraan kon dink wat sal gebeur in verband met die tweede koms van Christus. Yahushua het hul misverstand reggestel en hul vrae die een na die ander beantwoord. Eerstens deel Hy hulle mee omtrent die verskeie tekens wat gegee sou word voor die verwoesting van die tempel. Tweedens verduidelik Yahushua dat daar nie tekens voor Sy terugkoms aan die einde van die w\u00eareld sal wees nie. Die gebeure beskryf in Matth\u00e9\u00fcs 24 is ook opgeteken in Markus 13:1-37 en Lukas 21:5-36.<\/p>\n<h3><b>Sleutel Vir Die Diskoers<\/b><\/h3>\n<p>Dit is my siening dat alles waarvan in Matth\u00e9\u00fcs 24:4-35 gepraat word, verwant is aan die verwoesting van Jerusalem, en dat die res van die hoofstuk handel oor die wederkoms van Christus. Na die verduideliking van al die tekens wat sou gebeur voor die verwoesting van Jerusalem en die tempel, het Yahushua ges\u00ea: \u201cVoorwaar, Ek s\u00ea vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan, voordat al hierdie dinge nie gebeur het nie.\u201d (Matt. 24:34). Yahushua het Sy volgelinge gewaarsku dat Jerusalem verwoes sou word binne-in hul eie generasie.<\/p>\n<p><b>Joseph Henry Thayer <\/b>omskryf die Griekse woord vir \u201cgenerasie\u201d as \u201c1. a &#8216;n verwekking, geboorte, oorsprong 2. passief, dit wat verwek is, mans van dieselfde stam, &#8216;n familie die verskeie range in &#8216;n natuurlike afkoms, die opeenvolgende lede van &#8216;n genealogie b. metaaf. &#8216;n ras van mans wat baie soos mekaar is in gawes, strewes, karakter; en veral in &#8216;n slegte sin &#8216;n perverse ras 3. die hele menigte van mans wat op dieselfde tyd leef: Matt. xxiv. 34; Mark. xiii. 30; Luk. i. 48 xxi. 32 4. &#8216;n ouderdom (d.w.s. die tyd wat gewoonlik deur elke opeenvolgende geslag beset word), die tydperk van 30 tot 33 jaar&#8221; (<i>Greek-English Lexicon Of The New Testament<\/i>).<\/p>\n<p><b>W. E. Vine<\/b> s\u00ea die woord is &#8220;verbind met ginomai, om te word, beteken hoofsaaklik &#8216;n verwekking of geboorte; dan dit wat verwek is, &#8216;n familie; of opeenvolgende lede van &#8216;n geslagsregister of van &#8216;n ras van mense, wat soortgelyke eienskappe, strewes, ens. besit, (van &#8216;n slegte karakter) of die hele menigte mense wat op dieselfde tyd leef, Matt. 24:34; Markus 13:30; Lukas 1:48; 21:32 Oorgedra van mense na die tyd waarin hulle geleef het, het die woord &#8216;n era beteken, d.w.s. &#8216;n tydperk wat gewoonlik deur elke opeenvolgende geslag beset word, s\u00ea maar, van dertig of veertig jaar&#8221; (<i>Vine&#8217;s Expository Dictionary Of Biblical Words<\/i>).<\/p>\n<p>`n Generasie is `n periode iewers tussen dertig en veertig jaar. Yahushua het die Olyfberg saligsprekinge om en by in 30 n.C. gegee; Jerusalem was deur Titus, die Romeinse generaal, in 70 n.C. vernietig.<\/p>\n<h3><b>Flavius Josephus<\/b><\/h3>\n<p>In hierdie artikel sal ons lang aanhalings uit die eerste eeuse historikus Flavius Josephus, `n Joodse priester aanhaal, wie `n opstand teen die Romeinse verdrukking in Galil\u00e9a gelei het. Hy was deur die Romeine in die val van Yotapata in 67 n.C. gevange geneem en as gevangene in Caesar\u00e9a aangehou tot 69 n.C. En het na Jerusalem teruggekeer in 70 n.C. saammet Titus, en `n ooggetuie geword van die finale beleg van Jerusalem. Josephus het `n Romeinse burger geword deur Vespasian. `n Uitnemende bibliografie van Josephus deur Steve Mason, het onlangs in <i>Biblical Archaeology Review<\/i> (September\/Oktober 1997, pp. 58-69 verskyn.<\/p>\n<p>Laat ons nou die tekens ondersoek wat Yahushua ges\u00ea het sou verskyn voor die vernietiging van Jerusalem.<\/p>\n<h3><b>Valse Christusse<\/b><\/h3>\n<p>Yahushua het Sy dissipels gewaarsku dat: \u201cbaie sal onder my Naam kom en s\u00ea: Ek is die Christus, en hulle sal baie mense mislei. Nes voorspel, het baie valse profete verskyn.<\/p>\n<p>Josephus maak daarop aanspraak dat, \u201c`n Egiptiese profeet wat die Jode meer skade aangedoen het as die vorige, want hy was `n bedrie\u00ebr, en het voorgegee om ook `n profeet te wees, wie dertig duisend manne bymekaar gekry het wat deur hom mislei was; vir hulle het hy in die woestyn rondgelei na die Olyfberg, en gereed was om Jerusalem met mag vanaf hierdie plek in te val.\u201d (<i>The Wars Of The Jews,<\/i> 2:13:5)<\/p>\n<p>Josephus het ook geskryf: \u201cTerwyl Fadus goewerneur van Jud\u00e9a was, het dit gebeur, dat `n sekere towenaar, by name Theudas, `n groot gedeelte van die volk oorreed het om hul pogings met hulle op te neem, en hom na die rivier gevolg, omdat hy vir hulle vertel het hy `n profeet is, en dat hy, op sy eie bevel, die rivier sal skei, en hulle `n maklike deurgang daaroor bied; en baie was deur sy woorde mislei.\u201d (<i>The Antiquities Of The Jews,<\/i> 20:5:1).<\/p>\n<h3><b>Oorlo\u00eb en Gerugte van Oorlo\u00eb <\/b><\/h3>\n<p>Die dissipels was gewaarsku dat hulle sou \u201choor van gerugte van oorlo\u00eb,\u201d maar Yahushua het hulle vertel, \u201cPasop, moenie verskrik word nie\u201d (Matt. 24:6). As daar deesdae elke keer net `n klapper in Jerusalem afgaan, sal een of ander prediker begin sweet en sy gemeente vertel dat die einde van die w\u00eareld op hande is \u2014 jy sal dink dat die Midde-Ooste nooit konflik voorheen ondervind het nie. Dit is moeilik om `n prentjie te vorm wat baie moeiliker was as net voor die verwoesting van Jerusalem. <b><\/b><\/p>\n<p><b>Tacitus<\/b>,`n Romeinse historikus, s\u00ea dit van hierdie tydperk: \u201cDie geskiedenis waarin ek gaan is di\u00e9 van `n periode ryk in rampe, vreeslik met oorlo\u00eb, verskeur deur burger onluste, verskriklik selfs in vrede. Vier keisers is deur die swaard gedood; daar was drie burger oorlo\u00eb, meer vreemde oorlo\u00eb, en dikwels albei in dieselfde tyd.\u201d (<i>The Histories<\/i>, 1:2).<\/p>\n<p>Josephus praat van `n dag waarin \u201cdie mense van Caesar\u00e9a die Jode verslaan het dat daar dieselfde dag en uur onder hulle [toe die soldate oorval was], wat mens dink teweeggebring was deur die Voorsieninigheid; soveel so dat in een uur se tyd meer as twintig duisend Jode vermoor was, en die hele Caesar\u00e9a van Joodse inwoners geledig was.\u201d (<i>Wars<\/i>, 2:18:1).<\/p>\n<h3><b>Hongersnood en Pessiektes<\/b><\/h3>\n<p>Die verwoesting van Jerusalem sou voorafgegaan word deur `n tyd van \u201chongersnood en pessiektes\u201d (Matt. 24:7). Jy het nie nodig om die bladsy van die Nuwe Testament te verlaat om die vervulling hiervan te sien nie. Lukas, wie deur die inspirasie van die Heilige Gees skryf, het aangeteken dat, \u201cEn in di\u00e9 dae het daar profete van Jerusalem na Antiochi\u00eb afgekom. En een van hulle met die naam \u00c1gabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar `n groot hongersnood oor die hele w\u00eareld sou kom, wat ook gekom het onder Claudius.\u201d (Handelinge 11:27-28).<\/p>\n<p>Josephus vertel van koningin Helena se hulpverlenings poging vir Jerusalem. \u201cHaar koms was `n groot verligting vir die volk in Jerusalem; want `n hongersnood het hulle in daardie tyd onderdruk, en vele mense het gesterf weens behoefte aan voorsiening van voedsel vir almal, koningin Helena het sommige van haar dienaars na Alexandri\u00eb gestuur, met geld, om `n groot hoeveelheid graan te koop, met andere na Cyprus, om `n vrag dro\u00eb vye in te voer\u201d (<i>Antiquities<\/i>, 20:2:5). Tacitus skryf: \u201cBaie voorbodes het tydens die jaar plaasgevind. Vreemde vo\u00ebls het hul plek ingeneem in die Kapiteel; huise het ingetuimel deur herhaalde aardskokke, en, namate die paniek versprei het, was die swakkeres vertrap in die stormloop van die menigte. `n Tekort aan graan, en, die hongersnood wat gevolg het, was beskou as `n bonatuurlike waarskuwing.\u201d (<i>The Annals of Imperial Rome<\/i>, 12:43). Pessiektes het gewoonlik in tydperke van hongersnood vergesel.<\/p>\n<h3><b>Aardbewings<\/b><\/h3>\n<p>Saammet die deurmekaarspul wat deur die hongersnood en pessiektes gekom het, het ons Here ges\u00ea dat die groot aardbewing die gebiede sou skud voor die beleg van Jerusalem (Matt. 24:7).<\/p>\n<p><b>J. Marcellus Kik<\/b> het ges\u00ea, \u201cEn van aardbewings, word baie genoem deur skrywers tydens `n periode net tot 70 n.C. Daar was aardbewings in Kreta, Smyrna, Miletus, Samos, Laodic\u00e9a Hieropolis Kolosse, Kampani\u00eb, Rome, en Jud\u00e9a. Dit is interessant om op te let dat die stad van Pompeii was grootliks beskadig deur `n aardbewing wat op 5 Februarie 63 n.C. plaasgevind het. (<i>An Eschatology Of Victory,<\/i> p. 93).<\/p>\n<h3><b>Vreeslike Gebeure Uit die Hemel<\/b><\/h3>\n<p>In Lukas se verslag oor die Olyfberg predikasies gee hy die waarskuwing van Christus \u201cen daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom.\u201d (Lukas 21:11).<\/p>\n<p>Een nag toe \u201cdaar `n onheilspellende storm in die nag uitgebreek het, met vreeslike geweld, en baie sterk winde, met geweldige stortre\u00ebns, met voortdurende weerligte, vreeslike donderweer, en ongelooflike konkusies en verskuiwings van die aarde, wat in `n aardbewing is. Hierdie dinge was `n manifestasie wat dui dat een of ander verwoesting oor die mense sou kom, toe die stelsel van die w\u00eareld in hierdie wanorde geplaas is; en enigeen sou raai dat hierdie wonders een of ander groot ramp sou voorafgaan wat aan komme is.\u201d (<i>Wars<\/i>, 4:4:5).<\/p>\n<p>Op `n ander geleentheid het Josephus geskryf: \u201cEn was daar `n ster wat soos `n swaard lyk, wat oor die stad gestaan het, en `n komeet wat die hele jaar oor die stad gehang het. So ook, voor die Jode se rebellie het so `n helder lig rondom die altaar en die gewyde huis geskyn, dat dit gelyk het soos helder dag; die lig wat vir `n half uur vertoef het, boonop was die oos hek van die binne [hof van die] tempel, met koper en yster beslaan, en baie swaar, en beswaarlik deur twintig man toegemaak moes word, en gerus het op `n basis van yster, en boute besit wat diep in die stewige vloer gepas is, was gesien dat dit op sy eie oopswaai omtrent die sesde uur van die nag.\u201d (<i>Wars<\/i>, 4:4:5).<\/p>\n<h3><b>Evangelie Verkondig Aan Alle Nasies<\/b><\/h3>\n<p>Voor die verwoesting van Jerusalem \u201chierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele w\u00eareld tot `n getuienis vir al die nasies\u201d (Matt.24:14). Dit het in die eerste eeu plaasgevind. Paulus het aan die heiliges in Kolosse geskryf en gepraat van die evangelie \u201cwat verkondig was aan die ganse mensdom onder die hemel\u201d (Kol. 1:23).<\/p>\n<p class=\"indenttext\">\u201cTradisie skryf die volgende velde aan die verskeie apostels en evangeliste toe: Van Andr\u00e9as was ges\u00ea dat hy in Scythia gearbei het; dus het die Russe hom as hul apostel aanbid. Fillip het sy laaste jare in Hierapolis in Phrygia spandeer. Bartholom\u00e9\u00fcs was van ges\u00ea om die evangelie volgens Matth\u00e9\u00fcs in Indi\u00eb te verkondig. Die tradisie aangaande Matth\u00e9\u00fcs is eerder verward. Van hom word ges\u00ea dat hy aan sy eie mense gepreek het, en daarna in vreemde lande. Jakobus Alf\u00e9\u00fcs het volgens oorlewering in Egipte en Brittanje ge\u00ebvangeliseer; terwyl ander verslae hom met Persi\u00eb en Babiloni\u00eb verbind. Van die evangelis Johannes Markus was ges\u00ea dat hy gevind was in die kerk in Alexandri\u00eb.\u201d (Lars P. Qualben, <i>History Of The Christian Church<\/i>)<\/p>\n<h3><b>Staan Voor Konings En Heersers<\/b><\/h3>\n<p>Yahushua het die apostels meegedeel \u201cwees julle vir julleself op jul hoede, want hulle sal julle oorlewer aan regbanke, en in die sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings gebring word om My ontwil, vir hulle tot `n getuienis.\u201d (Markus 13:9).<\/p>\n<p>Jy het nie nodig om die bladsye van die Nuwe Testament te verlaat om die vervulling van die profesie te sien nie.<\/p>\n<p>Petrus en Johannes was voor die Sanhedrin gebring (Handelinge 4). Stefanus was gestenig om tot die dood toe deur bose Joodse bende (Handelinge 7:54-60). Herodus Agrippa \u201chet Jakobus, die broer van Johannes met die swaard omgebring. En toe hy sien dat dit die Jode welgevallig was, het hy verder ook Petrus in hegtenis geneem.\u201d (Handelinge 12:2).<\/p>\n<p>Paulus is voor Gallio, goewerneur van Achaje gedaag (Handelinge 18:12), Felix, `n Romeinse goewerneur (Handelinge 24), en Koning Agrippa (Handelinge 25). Paulus was eintlik toegelaat om sy saak voor Caesar homself te stel.<\/p>\n<p>Onse Here het die verwoesting van Jerusalem voorspel in die 24 ste hoofstuk van Matth\u00e9\u00fcs. In `n ander artikel het ons die opset van die Olyfberg saligsprekinge bespreek en die tekens in Matth\u00e9\u00fcs 24 gesien wat plaas sou vind binne-in die generasie (Matt. 24:36). Ons wil voortgaan om die tekens te ondersoek gegee voor die verwoesting van die stad in 70 n. C.<\/p>\n<h3><b>Gruwels In Die Heiligdom<\/b><\/h3>\n<p>Yahushua het ook die dissipels gewaarsku, dat, \u201cWanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Dani\u00ebl, sien staan in die heiligdom \u2013 laat hy wat lees, oplet \u2013 dan moet die wat in die berge is vlug;\u201d (Matt. 24:15-16).<\/p>\n<p>Josephus, `n eerste eeuse historikus, praat oor die treurige toestand waarin die tempel verval het voor die aankoms van die Romeinse generaal, Titus. \u201cEn nou, toe die menigte vergader vir `n byeenkoms, en almal was verontwaardig oor hierdie manne se beslaglegging op die heiligdom, oor hulle roof en moorde, maar hulle aanvalle op hulle was nog nie begin nie. Agnus het tussen hulle gestaan \u200b\u200ben sy o\u00eb gereeld na die tempel gewerp, en met &#8216;n vloed van trane in sy o\u00eb het hy ges\u00ea: \u00b4Vir seker sou dit goed vir my gewees het om te sterf voordat ek die huis van Yahuwah vol van soveel gruwels gesien het, of hierdie heilige plekke wat nie ingegaan moes word nie, sommer netso betree word, gevul met voete van hierdie bloedvergietende skurke.\u2019\u201d (<i>The Wars Of The Jews,<\/i> 4:3:10).<\/p>\n<p>Voor die verwoesting van Jerusalem het die tempel `n vergader plek vir bose manne geword. Yahushua het die dissipels beopdrag dat wanneer hulle sulke \u201cgruwels van verwoesting\u201d sien, moet hulle \u201cvlug na die berge.\u201d Hierdie gedeelte verwys nie na enige toekomstige terugkeer van ons Here nie. Wanneer hierdie \u201cgruwel van verwoesting\u201d plaasvind, moes hulle in Jud\u00e9a vlug na die berge\u2014nie mense wat deesdae in Amerika woon nie!<\/p>\n<h3><b>Jerusalem Omsingel<\/b><\/h3>\n<p>In Lukas se verslag oor die bergrede, het Yahushua ook sy dissipels vertel dat \u201cwanneer julle Jerusalem deur le\u00ebrs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is. Dan moet di\u00e9 wat in Jud\u00e9a is, na die berge vlug; en die wat in die stad is, moet uitgaan; en die wat in die buitewyke is, moet nie daar inkom nie.\u201d (Lukas 21:20-21).<\/p>\n<p>Hier word die dissipels gewaarsku dat as die Romeinse magte na Jerusalem optrek moes hulle vlug vir hul lewens. Christene het genoegsame waarskuwing gekry omtrent die komende inval. Josephus het ges\u00ea, \u201cEn nou het Vespasian al die plekke rondom Jerusalem versterk, en vestings in Jericho en Adida opgerig, en garisoene in beide geplaas. En nou het die oorlog deur die hele berglande gegaan, en die hele plein gedeeltes ook, diegene wie in Jerusalem was, was ontneem van hul vryheid om uit die stad te gaan; Nou toe Vespasian na Caesar\u00e9a teruggegaan het, en gereed gemaak het, om met sy hele magte na Jerusalem op te mars, was Hy ingelig dat Nero dood was. Daarom het Vespasian sy ekspedisie teenoor Jerusalem vir eers uitgestel, en het gewag of die keiserryk na die dood van Nero die Romeinse keiser verplaas sou word weens die onstabiele toestand waarin dit was, en om nie met die ekspedisie teen die Jode voort te gaan nie.\u201d (<i>The Wars Of The Jews,<\/i> 4:9:1, 2).<\/p>\n<p>Toe die legioene van Rome finaal in Jerusalem aankom het hulle laer opgeslaan teen die Olyfberg (<i>The Wars Of The Jews, 5:2:3<\/i>). Onmiddelik n\u00e1 sy aankoms was `n skans rondom Jerusalem opgestel. `n Nege myl lange muur was in drie dae opgerig wat die stad geheel en al omsluit het. (<i>The Wars Of The Jews, <\/i>5:12:2).<\/p>\n<h3><b>Groot Verdrukking<\/b><\/h3>\n<p>Yahushua het sy dissipels gewaarsku dat wanneer die Romeinse le\u00ebrs arriveer, moet diegene wie in Judea is vlug na die berge en \u201cwie op die dak is, moet nie afkom en iets uit die huis neem nie; en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie. Maar we\u00eb die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae. En bid dat jou vlug nie in die winter en op die Sabbat mag plaasvind nie. Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die w\u00eareld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.\u201d (Matt. 24:17-21).<\/p>\n<p>Dit is verbassend hoe baie mense probeer deesdae hierdie woorde toepas op `n toekomstige terugkeer van ons Here! Watter moontlike verskil sou dit maak as Yahushua op `n Saterdag of Sondag terugkeer? Watter verskil sou dit maak as Hy kom in die winter of somer? Maar, as jy sou vlug van `n invallende weermag sou dit `n groot mate van verskil gemaak het, want die poorte van die stad sou op die Sabbat dag gesluit wees sodat niemand kon ontsnap nie. Vlug van `n aanvallende weermag sou baie gemakliker gewees het indien jy nie`n moeder was wat soog nie.<\/p>\n<p>Soms onderskat mense die felheid van die aanval op Jerusalem. Josephus vertel hoe die Romeinse soldate \u201cin getalle in die lane van die stad ingegaan het, met hul swaarde getrek, diegene verslaan het wat hulle ingehaal het, genadeloos, en die huise aan die brand gesteek het met en elke siel daarbinne, en `n groot menigte van die res dood agtergelaat het; en die bo vertrekke gevul met die dooie lyke, van hulle wat omgekom het weens hongersnood; hulle het die gesig met afsku aanskou, en het uitgegaan sonder om enigiets aan te raak. Maar alhoewel hulle die medelye vir diegene gehad het wat so verwoes is, het hulle tog nie dieselfde vir diegene wie nog geleef het, gehad nie, maar hulle het elkeen met wie hulle in kontak gekom het agternagesit, en die einste lane met hul dooie liggamme opgehoop, en die hele stad laat afloop met hul bloed, tot so `n mate dat die vure van baie huise deur hierdie mense se bloed geblus was.\u201d (<i>The Wars Of The Jews, <\/i>6:8:5).<\/p>\n<p>Meer as een miljoen Jode het gesterf in die verwoesting van Jerusalem\u201497,000 ander was in ballingskap weggevoer as slawe!<\/p>\n<h3><b>Die Sterre Sal Val Uit Die Hemel<\/b><\/h3>\n<p>\u201cOnmiddelik na die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy lig nie gee nie; die sterre sal uit die hemel val, en die magte van die hemele sal geskud word\u201d (Matt. 24:29). Premillenialiste sal hierdie gedeelte dikwels gebruik om \u201cbewys\u201d te lewer dat Matth\u00e9\u00fcs 24 praat van die wederkoms van Christus instede van die verwoesting van die heilige stad. Hulle sal dikwels s\u00ea, \u201cKyk net in die nag na buite\u2014die sterre is ook nou nog steeds in die hemele.\u201d<\/p>\n<p>Vir diegene onbekend met die profetiese taal sal die premillenialiste soms oortuigend klink. Maar, `n kort reis deur die Ou Testament sal wys hoe soortgelyke taal gebruik was om die val van monarge en nasies te beskryf. Kyk na die voorbeelde van Yahuwah se regverdige oordele en sien hoe Hy die val van nasionale leiers beskryf het:<\/p>\n<ul>\n<li>Babilon (Jes. 13:10, 13)<\/li>\n<li>Edom (Jes. 34:4-6)<\/li>\n<li>Die Volke (Jes. 51:5-6)<\/li>\n<li>Juda (Jer. 4:1-6, 23-28)<\/li>\n<li>Egipte (Es\u00e9g. 32:7-8)<\/li>\n<li>Die Nasies (Jo\u00ebl 3:15-16)<\/li>\n<li>Nineve (Nah. 1:1-5)<\/li>\n<li>Israel (Amos 8:1-2, 9)<\/li>\n<\/ul>\n<h3><b>Die Teken van die Seun van die Mens<\/b><\/h3>\n<p>In Matth\u00e9\u00fcs 24:30, s\u00ea Yahushua, \u201cEn dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.\u201d<\/p>\n<p>Let asseblief op dat Yahushua nie ges\u00ea het, \u201cEn dan sal die Seun van die mens in die hemel\u201d of \u201cdan sal die teken verskyn in die hemel(e) van die Seun van die mens.\u201d Die frase is letterlik: \u201cEn dan sal verskyn die teken van die Seun van die mens in die hemel\u201d (<i>Berry&#8217;s Interlinear<\/i>). Die frase \u201cin die hemel\u201d dui die lokaliteit van die Seun van die mens aan, nie die lokaliteit van die teken nie.<\/p>\n<p>Die verwoesting van Jerusalem dien self as `n teken van die feit dat die Seun van die mens heers in die hemel, want dit was die vervulling van die voorspelling (cf. Deut. 18:20-22).<\/p>\n<h3><b>Een Steen Nie Op `n Ander Nie<\/b><\/h3>\n<p>Reg aan die begin van die Olyfberg predikasie, onderwyl gekyk word na die tempel, het Yahushua ges\u00ea, \u201cSien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek s\u00ea vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.\u201d (Matt. 24:2).<\/p>\n<p>Titus, die Romeinse generaal, wou nie die tempel verwoes nie. In `n toespraak aan die Joodse verdedigers van die stad het hy ges\u00ea, \u201cEk versoek my eie weermag, en die Jode wat nou met my is, en selfs aan julleself, dat ek julle nie forseer om julle tempel te verontreinig nie; en as julle nie die plek verander waarin julle sal veg nie, sal geen Romein n\u00f3g naby julle heiligdom kom, of `n skans teen dit opslaan nie; nee, ek sal poog om julle hele huis te bewaar, of julle nou wil of nie.\u201d (<i>The Wars Of The Jews,<\/i> 6:2:4).<\/p>\n<p>Maar nadat die stad ingeneem was, het hy \u201cdie bevel gegee dat hulle nou die hele stad en die tempel kon afbreek, behalwe die res van die muur, dit was so deeglik gelyk met die grond gedoen deur diegene wat dit tot op die fondasie uitgegrou het, dat daar niks oorgelaat is om hulle wie daarheen gekom het te laat glo dit nooit bewoon was nie.\u201d (<i>The Wars Of The Jews, <\/i>7:1:1). Waarlik, het die woorde van die profeet waar geword, \u201cDaarom sal Sion om julle ontwil soos `n land omgeploeg en Jerusalem puinhope word en die tempel berg bosrante.\u201d (Miga 3:12).<\/p>\n<h3><b>Beduidende kontraste<\/b><\/h3>\n<p>Teken op teken was gegee sodat die dissipels vooraf sou weet omtrent die verwoesting van Jerusalem. Waarskuwings was gegee sodat die mense kon vlug tydens daardie abnormale tye toe `n beperkte, lokale oordeel van Yahuwah oor Jerusalem sou val.<\/p>\n<p>Ons staar nou na die finale terugkeer van Yahuwah onse Here, \u201cmaar van daardie dag en uur weet niemand nie, nee, nie eens die engele van die hemel nie, maar My Vader alleen\u201d (Matt. 24:26). Yahushua sal tydens normale tye terugkom en sonder vooraf waarskuwing. Instede van`n beperkte oordeel oor `n rebelse nasie, \u201cen voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei.\u201d (Matt. 25:32).<\/p>\n<hr>\n<p>Hierdie is `n nie-WLC artikel deur David Padfield.<\/p>\n<p>Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verderaan, het ons uit die Skrifte aangehaal al die name van die Vader en Seun, vervang soos dit oorspronklik deur die ge\u00efnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is \u2013 WLC Span<\/p>\n","protected":false},"featured_media":255670,"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":[],"class_list":["post-255671","wlc-article","type-wlc-article","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","wlc-article-category-profesie-wat-gerig-is-op-die-endtyd","wlc-content-directory-olivet-discourse"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v26.7 - https:\/\/yoast.com\/wordpress\/plugins\/seo\/ -->\n<title>Die Verwoesting van Jerusalem - Worlds Last Chance<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"The 24th chapter of Matthew is one of the most abused passages in the Bible. Premillennialists use this chapter as a springboard for all sorts of error.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-destruction-of-jerusalem\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die Verwoesting van Jerusalem - Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"The 24th chapter of Matthew is one of the most abused passages in the Bible. Premillennialists use this chapter as a springboard for all sorts of error.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-destruction-of-jerusalem\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-01-28T14:01:10+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/staging.worldslastchance.com\/2026\/01\/destruction-of-jerusalem-afrikaans.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"814\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"21 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-destruction-of-jerusalem\/\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-destruction-of-jerusalem\/\",\"name\":\"Die Verwoesting van Jerusalem - Worlds Last Chance\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-destruction-of-jerusalem\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-destruction-of-jerusalem\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/destruction-of-jerusalem-afrikaans.png\",\"datePublished\":\"2024-01-19T01:40:09+00:00\",\"dateModified\":\"2026-01-28T14:01:10+00:00\",\"description\":\"The 24th chapter of Matthew is one of the most abused passages in the Bible. Premillennialists use this chapter as a springboard for all sorts of error.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-destruction-of-jerusalem\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-destruction-of-jerusalem\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-destruction-of-jerusalem\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/destruction-of-jerusalem-afrikaans.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/destruction-of-jerusalem-afrikaans.png\",\"width\":1280,\"height\":814},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-destruction-of-jerusalem\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Articles\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Die Verwoesting van Jerusalem\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/\",\"name\":\"Worlds Last Chance\",\"description\":\"\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die Verwoesting van Jerusalem - Worlds Last Chance","description":"The 24th chapter of Matthew is one of the most abused passages in the Bible. Premillennialists use this chapter as a springboard for all sorts of error.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-destruction-of-jerusalem\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die Verwoesting van Jerusalem - Worlds Last Chance","og_description":"The 24th chapter of Matthew is one of the most abused passages in the Bible. Premillennialists use this chapter as a springboard for all sorts of error.","og_url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-destruction-of-jerusalem\/","og_site_name":"Worlds Last Chance","article_modified_time":"2026-01-28T14:01:10+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":814,"url":"https:\/\/s3.amazonaws.com\/staging.worldslastchance.com\/2026\/01\/destruction-of-jerusalem-afrikaans.png","type":"image\/png"}],"twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Est. reading time":"21 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-destruction-of-jerusalem\/","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-destruction-of-jerusalem\/","name":"Die Verwoesting van Jerusalem - Worlds Last Chance","isPartOf":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-destruction-of-jerusalem\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-destruction-of-jerusalem\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/destruction-of-jerusalem-afrikaans.png","datePublished":"2024-01-19T01:40:09+00:00","dateModified":"2026-01-28T14:01:10+00:00","description":"The 24th chapter of Matthew is one of the most abused passages in the Bible. Premillennialists use this chapter as a springboard for all sorts of error.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-destruction-of-jerusalem\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-destruction-of-jerusalem\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-destruction-of-jerusalem\/#primaryimage","url":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/destruction-of-jerusalem-afrikaans.png","contentUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/destruction-of-jerusalem-afrikaans.png","width":1280,"height":814},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-destruction-of-jerusalem\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Articles","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Die Verwoesting van Jerusalem"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/","name":"Worlds Last Chance","description":"","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article\/255671","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article"}],"about":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/wlc-article"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=255671"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/255670"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=255671"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}