{"id":255588,"date":"2023-11-02T04:21:35","date_gmt":"2023-11-02T04:21:35","guid":{"rendered":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/%wlc-article-category%\/die-geval-vir-nero-caesar-as-die-dier-van-openbaring\/"},"modified":"2026-01-28T13:53:40","modified_gmt":"2026-01-28T13:53:40","slug":"die-geval-vir-nero-caesar-as-die-dier-van-openbaring","status":"publish","type":"wlc-article","link":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/articles\/profesie-wat-gerig-is-op-die-endtyd\/die-geval-vir-nero-caesar-as-die-dier-van-openbaring\/","title":{"rendered":"Die Geval vir Nero Caesar as die Dier van Openbaring"},"content":{"rendered":"<table align=\"center\" bgcolor=\"#ffffff\" border=\"1\" bordercolor=\"#000000\" height=\"44\" style=\"border-collapse:collapse;border:undefined;\" width=\"100%\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"100%\">\n<p class=\"indenttext\" style=\"text-align:justify\">Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks gese\u00ebn deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels\/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word.<\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/satanic-pentagram-sign-on-a-leather-jacket.jpg\" style=\"margin-left: 10px; margin-right: 10px; float: right; width: 350px; height: 234px;\">Die dier genoem in die Boek van Openbaring het baie aandag van die Christene versamel. Spekulasie is volop aangaande die identiteit van hierdie bose skepsel wie oorlog voer teen Yahuwah en Sy heiliges. Die meeste Christene veronderstel maar net dat wie ookal Die Dier is, hy een of ander toekomstige persoon of identiteit is wat op Aarde sal regeer vir 7 jaar voor die wederkoms van Christus, en dat hy die getal 666 op hul voorhoofde en hande sal sit en almal sal verhoed wie nie daardie 666 het nie, om te koop en te verkoop. Daar word ook veronderstel dat \u201cDie Anti Chris\u201d en Die Dier twee titels van dieselfde entiteit is. Regdeur die kerk geskiedenis, was verskeie kandidade al voorgestel as Die Dier\/Die Anti-Chris vanaf Adolf Hitler, Die Pous, Ronald Reagan, en selfs Barack Obama!<\/p>\n<p>Maar wat daarvan indien die vermoede agter die hele spekulasie vals is? Wat daarvan indien Die Dier hoegenaamd nie `n toekomstige moet-nog-kom figuur is nie? Wat daarvan indien hy `n eerste-eeuse dier was wie alreeds gekom en gegaan het? In hierdie dokument, stel ek voor dat Die Dier beskryf in Openbaring die eerste-eeuse keiser Nero Caesar was. Ek sal drie interpretatiewe sleutels verduidelik wat my gelei het om so te dink dat Openbaring `n eerste-eeuse figuur in die eerste plek beskryf. Dan sal ek die bewyse voorl\u00ea wat veral wys na Nero Caesar as passend vir die beskrywing van Die Dier.<\/p>\n<h3><b>Interpretatiewe Sleutel #1: \u201cWat GOU MOET Gebeur\u201d<\/b><\/h3>\n<p>Die eerste bewysstuk wat wys na die eerste-eeuse figuur, Die Dier van Openbaring, is te vinde in die heel eerste vers van die boek van Openbaring. Die boek begin met hierdie woorde; <i>\u201cDie openbaring van Yahushua Christus, wat Yahuwah Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat <b><u>gou<\/u><\/b> moet gebeur, en dat Hy deur die sending van Sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het.\u201d<\/i> (Openbaring 1:1, klem myne) Johannes het ges\u00ea dat Yahushua dinge aan hom bekendgemaak het wat <b><u>GOU<\/u><\/b> moet gebeur.<\/p>\n<p>Soos Keith Mathison van Ligonier Ministries skryf, <i>\u201c\u2026die boek self dui aan wanneer die meeste profesi\u00eb ten minste vervul sou word. In beide die eerste en laaste hoofstukke, vertel Johannes sy eerste-eeuse lesers dat die dinge bekend gemaak in die boek \u201cgou moet gebeur\u201d (1:1, 22:6) en dat \u201cdie tyd is naby\u201d (1:3; 22:10). Hierdie stellings is veralgemenings, so vereis hulle dat elke gebeurtenis geprofeteer in die boek moet vervul word in die eerste eeu, maar die veralgemeninge voorsien ons met `n \u201calgemene\u201d idee van hoe ons die boek moet verstaan. xviii Die meeste van Johannes se profesie bevat iets wat moes gebeur in sy eie dag.\u201d<\/i><sup>5<\/sup><\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/female-hand-holding-clock.jpg\" style=\"margin-left: 10px; margin-right: 10px; float: left; width: 300px; height: 440px;\">Dit is meer as onwaarskynlik om te dink dat Johannes hom verbeel het dat die oorgrote meerderheid van sy boek profeteer gebeure wat nie sou plaasvind vir `n duisend jaar nie, nogtans vertel hy sy lesers dat hulle \u201cbinnekort,\u201d \u201cgou,\u201d en \u201cvinnig\u201d sou gebeur. In watter sin kan enigeen hom verbeel dat 2000+ jare, in enige sin, \u201cvinnig\u201d is? `n Eenvoudige lees van die teks stel voor dat Johannes verwag dat die dinge wat hy geprofeteer het sou plaasvind binne `n kort tyd. In vers 3, gaan Johannes voort om die nabyheid van die gebeure te herhaal deur te s\u00ea, <i>\u201cSalig is hy wat die woorde van hierdie profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want<\/i> <b><i>die tyd is naby.\u201d <\/i><\/b><\/p>\n<p>Dit is selfs meer waarskynlik wanneer ons kyk na `n stelling wat die apostels gemaak het in een van sy sendbriewe; \u201c<i>KINDERS, <b><u>dit is die laaste uur<\/u><\/b>, en soos julle gehoor het <b><u>dat die Antichris kom<\/u><\/b>, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.\u201d<\/i> (1 Johannes 2:18,) Johannes s\u00ea dat hy en sy lesers leef in \u201cdie laaste uur.\u201d Sy lesers het gehoor dat \u201cdie antichrist kom,\u201d en hy s\u00ea selfs nou, het baie antichriste gekom, en dit is hoe hulle weet dis die laaste uur. Die grammatika \u201cdie laaste uur\u201d dui daarop dat Johannes gedink het dat die einde naby was, nie duisende jaar in die toekoms nie.<sup>6<\/sup> As mens dan boonop glo dat \u201cDie Antichris\u201d en Die Dier van Openbaring dieselfde is, dan is hierdie taal van nabyheid verbind aan Johannes se stelling van die koms van Die Anti-Chris, wat `n verdere waardigheid verleen aan `n eerste-eeuse figuur van Openbaring se Dier.<\/p>\n<p>Met Johannes se woorde, \u201cOns is in die laaste uur,\u201d \u201cYahushua het dinge aan my geopenbaar wat gou moet gebeur,\u201d en, \u201cdie tyd is naby,\u201d sou sy profesie vir duisende jare onvervuld verbygaan. Ek vind dit hoogs onwaarskynlik.<\/p>\n<h3><b>Interpretatiewe Sleutel #2: \u201cBereken die Getal.\u201d <\/b><\/h3>\n<p><i>Boonop het ons die feit dat Johannes sy lesers meedeel om die getal van die dier te bereken. Hy s\u00ea, \u201cLaat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van `n mens; en sy getal is seshonderd-ses-en-sestig.\u201d (Openbaring 13:18). <\/i>Nes Hank Hanegraaff dit in sy boek<i>, The Apocalypse Code; <\/i>stel <i><\/i><\/p>\n<p><i>Blykbaar sou geen mate van wysheid en insig `n eerste-eeuse Christen gehoor bemagtig om die getal te bereken van `n een-en-twintigste eeuse dier nie. Dit sou wreed en gevaarlik misleidend van Johannes gewees het om aan eerste-eeuse Christene voor te stel dat hulle die dier kan identifiseer indien dit `n een-en-twintigste-eeuse indiwidu of instelling is.\u201d<sup>1 <\/sup>Maar, wat bedoel Johannes selfs met \u201cbereken die getal van die dier\u201d? Hoe lyk bereken die getal van die dier in elk geval? <\/i><\/p>\n<table align=\"right\" border=\"0\" cellpadding=\"10\" cellspacing=\"5\" height=\"397\" style=\"margin-left: 10px;\" width=\"202\">\n<tbody>\n<tr>\n<td style=\"text-align: justify; padding: 7px\">\n<h2><font color=\"#666666\" face=\"Times New Roman\"><span>\u201cLaat hom die getal van die dier bereken, want dit is die naam van `n mens. En sy getal is <\/span><\/font><span style=\"color:#ff0000;\"><font face=\"Times New Roman\">seshonderd-ses-en-sestig<\/font><\/span><font color=\"#666666\" face=\"Times New Roman\"><span>\u201d (Openbaring 13:18).<\/span><\/font><\/h2>\n<p align=\"left\"><span><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" height=\"65\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/vEJ69Asr-quotation-marks-right-1.png\" title=\"\" width=\"80\"> <\/span><font size=\"3\"><span style=\"font-family: Georgia\"><span style=\"font-weight: bold\"><\/span><\/span><\/font><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>In Hanegraaff se <i>The Apocalypse Code, s\u00ea hy, \u201cBoonop, anders as vandag, deur name in getalle te transformeer (gematria) was algemeen in antieke tye. Soos byvoorbeeld, in die Lives of the Twelve Caesars, het die Romeinse historikus Suetonius Nero ge\u00efdentifiseer met `n numeriese waarde gelyk aan `n onmenslike daad. Hierdie numeriese ekwivalent (isomorfisme) is ingesluit in die frase: \u201cBereken die numeriese waarde van die letters van Nero se naam, en in \u201csy moeder vermoor,\u2019 en jy sal vind dat hulle som dieselfde is.\u201d In Grieks is die numeriese waarde van die letters van Nero se naam (Grieks: Nevrw, Engels transliterasie: Neron) in totaal 1,005, nes die getalle in die frase sy moeder vermoor. Hierdie antieke numeriese kryptogram weerkaats die wydverspreide kennis dat Nero sy moeder vermoor het.<\/i>\u201d<sup>2 <\/sup><\/p>\n<p>Dit is v\u00e9r meer waarskynlik dat die apostel sy lesers gewaarsku het om Gematria toe te pas op die Dier se getal om uit te kom by sy naam. Omdat Gematria deesdae min beoefen word, kan dit onwaarskynlik wees dat Johannes `n 21ste of 22 ste-eeuse gehoor gehad het. Natuurlik, weerl\u00ea die aanhaling hierbo dat Nero die Dier is, soos Hanegraaffs s\u00ea, dat sy naam uitkom by 1,005. Ek sal later hierna terugkeer.<\/p>\n<h3><b>Interpretatiewe Sleutel #3: \u201cMoenie Die Woorde van die Profesie van Hierdie Boek Verse\u00ebl nie\u201d<\/b><\/h3>\n<p>In Dani\u00ebl 12, na die ontvangs van die profesi\u00eb, het `n engel hom vertel, \u201c<i>En jy, Dani\u00ebl, hou die woorde geheim en verse\u00ebl die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.\u201d <\/i>(vers 4). Maar in teenstelling met Openbaring 22:10, vertel die engel vir Johannes, <i>\u201cEn hy s\u00ea vir my:<\/i> <i>\u2018Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verse\u00ebl nie, want die tyd is naby.<\/i>\u2019\u201d<\/p>\n<p>Dus het ons `n teenstrydigheid hier. In die vorige, s\u00ea die engel om die woorde van die boekrol te verse\u00ebl. In die laaste, s\u00ea die engel om <b>nie<\/b> die woorde van die boekrol te verse\u00ebl <b>nie. <\/b>Waarom? In sy boek <i>End Times Bible Prophesy: It`s Not What They Told You, s\u00ea Brian Godawa \u201c \u2026 wanneer `n profesie nie vir `n duisend jaar moes plaasvind nie, het die engel ges\u00ea om die \u2018boek te verse\u00ebl\u2019 (Dani\u00ebl 12:4); maar wanneer `n profesie moes plaasvind na aan die lewenstyd van die profeet, het hy ges\u00ea, \u2018Moenie die boek verse\u00ebl nie\u2019 Openbaring 22:10. Indien Johannes se Openbaring profesie duisende jare later moes plaasvind in ons moderne tydvak, sou die engel ges\u00ea het om die boek te verse\u00ebl, maar hy het nie.<\/i>\u201d<sup>9<i><\/i><\/sup><\/p>\n<p><b>Die Bewyse Wys Spesifiek Na Nero<\/b><\/p>\n<p>Noudat ons bepaal het dat Die Dier Van Openbaring iets of iemand van die eerste eeu was, sal ek u wys dat die historiese bewyse wys na Nero Caesar spesifiek as die eerste-eeuse dier.<\/p>\n<p><b><u>*Die Sewe Koppe van die Dier<\/u><\/b><\/p>\n<p>Ongeag van hul eskatologiese posisie, stem die meeste teolo\u00eb wat ek gelees het aangaande Die Dier ooreen, met dat dit meer as een ding verteenwoordig. Soms beteken dit `n ou; ander kere, verteenwoordig dit `n koninkryk.<\/p>\n<p>In sommige plekke, het die een Dier sewe koppe, wat gesamentlik beskou word as sewe konings. In Openbaring 13:1 let Johannes uitdruklik op \u201c<i>En ek het `n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings.<\/i>\u201d (Openbaring 17:10 s\u00ea uitdruklik dat die sewe koppe verteenwoordig \u201c<i>sewe konings<\/i>.\u201d Dus is die Dier generies voorgestel as `n koninkryk.<\/p>\n<p>Maar in dieselfde konteks, word van die Dier gepraat as `n indiwidu, as een van die koppe, as `n spesifieke deel van die monster. Johannes moedig sy lesers aan \u201c<i>laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die naam van `n mens<\/i>\u201d (Openbaring 13:18). In Openbaring 17:11, vertel die engel vir Johannes, \u201c<i>en die dier wat was en nie is nie, is self ook die agste, en hy behoort by die sewe.\u201d <\/i>Hierdie kenmerk word herken deur meeste kommentators van verskeie skole van interpretasies, insluitende selfs dispensasionaliste.<\/p>\n<p>Openbaring 17 gee die visioen van die sewe-koppige Dier. Verse 9 en 10 vertel ons dit omtrent hierdie dier: \u201c<i>Hier kom die verstand wat wysheid het te pas. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit. En daar is sewe konings: vyf het geval en een is; die ander een het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom moet hy `n kort tydjie bly.\u201d (KJV) <\/i><\/p>\n<p>Wat belangrik is om op te let omtrent hierdie 2 verse is die verwysing na die 7 berge. Meeste Nuwe Testament geleerdes stem ooreen dat die verwysing na die sewe berge verwys na Rome. Hoekom? Wel, want in antieke tye, was Rome bekend as \u201cdie stad op sewe heuwels\u201d.<sup>10 <\/sup>Soortgelyk oor hoe ons deesdae verwys na New York as \u201cdie stad wat nooit slaap nie.\u201d Dr. Kenneth L Gentry het geskryf, \u201c<i>Die oorspronklike ontvangers van Openbaring het geleef onder die heerskappy van Rome, wat algemeen uitgeken was aan sy sewe heuwels. Hoe kon die ontvangers, wie geleef het in die sewe historiese kerke van Klein Asi\u00eb en onder Romeinse keiserskap, Johannes se visioen verstaan het as enigiets anders as hierdie geografiese kenmerk?\u201d<\/i><sup>3 <\/sup><\/p>\n<p><b><u>* Die Sesde Koning<\/u><\/b><\/p>\n<p>\u201c<i>Hier kom die verstand van die wysheid te pas. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit. En hulle is sewe konings; vyf het geval en een is; die ander een het nog nie gekom nie; en wanneer hy sal kom, moet hy `n kort tydjie bly.\u201d<\/i> &#8211; Openbaring 17:9-10<\/p>\n<table align=\"right\" border=\"0\" cellpadding=\"10\" cellspacing=\"5\" height=\"297\" style=\"margin-left: 10px;\" width=\"302\">\n<tbody>\n<tr>\n<td style=\"text-align: justify; padding: 7px\">\n<h2><font color=\"#666666\" face=\"Times New Roman\"><span>Pilatus het gevra, <strong>\u201cMoet ek julle koning kruisig?\u201d<\/strong> Wat het die skare in respons ges\u00ea, <strong>\u201cOns het geen koning behalwe die keiser nie.\u201d<\/strong> (Johannes 19:15) Hulle het die Keiser wat in daardie tyd regeer het as hul koning beskou.<\/span><\/font><\/h2>\n<p align=\"left\"><span><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" height=\"65\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/vEJ69Asr-quotation-marks-right-1.png\" title=\"\" width=\"80\"> <\/span><font size=\"3\"><span style=\"font-family: Georgia\"><span style=\"font-weight: bold\"><\/span><\/span><\/font><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Hier, s\u00ea Johannes dat die sewe koppe verteenwoordig nie net die sewe berge waarop die vrou sit nie (bv., Rome), maar die sewe koppe van die Dier verteenwoordig ook sewe konings. Johannes s\u00ea dat vyf geval het (bv., gesterf het), een is steeds met hulle, en daar is steeds een wat nog moet kom. En Johannes s\u00ea dat hierdie koning, wie nog nie gekom het nie, gaan nie vir `n lang tyd regeer nie. Wie is dan nou hierdie konings?<\/p>\n<p>Onmiddelik sal sommige futuriste kapsie aanteken dat dit Romeinse Keisers is omdat `n keiser en `n koning nie dieselfde ding is nie, net soos `n eerste minister en `n president nie dieselfde is nie. Die probleem met hierdie teenkanting is dat dit misluk om die antieke gedagtegang van die Jode te verstaan. Ja, in die mees tegniese sin, is `n keiser nie `n koning nie. Maar, dit is wat die Joodse volk hul keisers genoem het. Onthou in Johannes se evangelie waar Pilatus Yahushua voor die skare gehad het en hulle laat besluit wie hulle sou verkies vrygelaat moes word, Yahushua of Barrabas (Johannes 19)? Pilatus het gevra, \u201c<i>Moet ek julle koning kruisig<\/i>?\u201d Wat het die skare in respons ges\u00ea, \u201c<i>Ons het geen koning behalwe die keiser nie<\/i>.\u201d (Johannes 19:15) Hulle het die keiser wat in daardie tyd regeer het as hul koning beskou. Inderwaarheid was \u201ckoning\u201d maar net `n generiese term wat hulle vir enigeen gebruik het wie oor hulle geheers het. Daarom is dit nie vergesog om te veronderstel dat Johannes hierdie term vir Romeinse Keisers sou gebruik nie.<\/p>\n<p>Suetonius het geskryf dat Nero die sesde koning van Rome was. Julius, Augustus, Tiberius, Gaius, en Claudius was die vorige vyf. En in nog `n presiese vervulling van Johannes se woorde in sy dae, was die keiser n\u00e1 Nero, Galba, wie vir net sewe maande geheers het. Met ander woorde, \u201c<i>net `n kort tydjie<\/i>\u201d nes Johannes ges\u00ea het hy sou.<sup>12<\/sup><\/p>\n<p>Kenneth Gentry het geskryf, \u201c<i>Dit is sekerlik geen toevalligheid dat Nero die sesde keiser van Rome was nie. Flavius Josephus, die Joodse tydgenoot van Johannes, het duidelik uitgewys dat Julius Caesar die eerste keiser van Rome was en dat hy opgevolg was in volgorde deur Augustus, Tiberius, [Caligula], Claudius, en sesde, Nero (Antiquities, boek 18 en 19). Die saak is net `n bietjie later bevestig in die geskrifte van Romeinse geskiedkundiges: Suetonius, Lives of the Twelve Caesars en Dio Cassius, Roman History.\u201d<\/i><sup>4<\/sup><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"DIE \u201cKONINGS\u201d VAN OPENBARING 17\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/staging.worldslastchance.com\/2026\/01\/820Kings20Chart-new20understanding-afrikaans.png\" style=\"width: 720px; height: 508px;\"><\/p>\n<p><b><u>*666: Die Getal Van Sy Naam<\/u><\/b><\/p>\n<p>Onthou, vroe\u00ebr in hierdie blad, het ek ges\u00ea dat gematria in algemene gebruik was in antiekheid. Mense het `n numeriese waarde geheg aan letters van die alfabet. Een van die teenkantings oor Nero wat die keiser is dat as jy gematria tot sy naam toevoeg, kom dit tot 1,005, nie 666 nie. So, as Nero se naam bereken word tot by 1,005, hoe kan hy die dier wees waarvan Openbaring praat?<\/p>\n<p>Die antwoord is dat onderwyl Johannes in Grieks geskryf het, het hy in Hebreeus gedink. Ja, Nero se naam kom uit by 1005 <b>in Grieks<\/b>! Maar nie indien jy die transliterasie van sy naam, Nrwn Qsr, in Hebreeus maak nie. Pas jy gematria op die Hebreeuse transliterasie van sy naam toe, kom dit uit by presies 666! Toeval? S\u00ea jy vir my.<\/p>\n<p>Maar wat van die merk? Ja, Nero het nie `n legioen Romeinse soldate gehad wat met Sharpies rondgegaan het en 666se op mense se voorkoppe en hande gesit het nie, reg? Geen antieke geskiedkundige doen verslag dat Nero dit gedoen het nie. O, maar jy neem die merk van die dier te letterlik op. Ek glo die merk van die dier is simbolies. Ek s\u00ea dit nie sonder voorrang nie. Die Anti-Chris het `n merk, maar wat dikwels misgekyk word is dat Yahushua Christus`n merk van sy eie het wat hy op sy volk sit. Openbaring 14:1 s\u00ea, \u201c<i>En ek het gesien, en kyk die Lam staan op die berg Sion, en saammet Hom honderd-vier-en-veertigduisend met <b>sy Naam en die Naam van die Vader op hul voorhoofde geskrywe<\/b><\/i>.\u201d (klem myne). Niemand wat ek ken dink dat wanneer ons almal na die Hemel gaan, sal ons Yahushua sien staan by die p\u00earelhekke, wat sy naam en Die Vader se naam in gematria in ons hande en voorhoofde skryf nie. Yahuwah sal nie `n tatoe\u00ebrmerk of `n rekenaarskyfie op elkeen sit wie sy koninkryk binnegaan nie. So, waarom dan dink dat die merk van die dier enigsins meer letterlik is as die merk van die Lam?<\/p>\n<p>Nes Brian Godawa in sy boek <i>End Times Bible Prophesy: It`s Not What They Told You<\/i>, opgelet het, is verse\u00ebling `n geestelike metafoor van eienaarskap. Byvoorbeeld, praat Paulus omtrent diegene wie deur die Heilige Gees in Efesi\u00ebrs 1:13 verse\u00ebl word. Openbaring vergelyk en kontrasteer diegene wie gee\u00efen is deur die Dier met diegene wie bewaar word deur Yahuwah.<sup>5 <\/sup><\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/experienced-and-muscular-gladiator.jpg\" style=\"margin-left: 10px; margin-right: 10px; float: left; width: 350px; height: 525px;\">Ek glo dat Johannes verwys na die keiserlike kult van Rome, waardeur die burgers van Rome verplig was om Caesar te aanbid en om offergawes aan hom te bring. Soos N.T Wright verduidelik, <i>\u201cDie getuienisse wat nou beskikbaar is, insluitende dit van die epigrafie van argeologie, blyk te wys dat die kulte van Caesar, so ver daarvan om een nuwe godsdiens onder baie van die Romeinse w\u00eareld is, het alreeds in die tyd van Paulus se sendingsaktiwiteite nie net die dominante kult in die grootste deel van die ryk geword nie, sekerlik in die dele waar Paulus aktief was maar was die middel van (soos teengestaan deur oorgrote grootskaalse milit\u00eare teenwoordigheid) waardeur die Romeine reggekry het om sulke groot areas te beheer en te regeer soos wat onder hul mag gekom het. Die keiser se v\u00e9r-af teenwoordigheid was alomteenwoordigend gemaak deur die standaard middelle van standbeelde en munte (die laaste wat die hoof massa medium is van die antieke w\u00eareld), wat sy beeld weerkaats regdeur sy domeine; hy was die groot begunstigde deur wie die groot se\u00ebninge van geregtigheid en vrede, en `n menigte van minderes daarby, en hom belastings betaal het wat uitwaarts gestort is oor die dankbare populasie \u2014 wie op hul beurt hom aanbid het, hom vereer het, en aan hom belasting betaal het<\/i>.\u201d<sup>15<\/sup><\/p>\n<p>Daar was `n bietjie genade vir die Joodse volk. Nero het nie verwag dat hulle <b>aan<\/b> hom moes offer nie, solank as hulle offerandes <b>om sy onthalwe doen<\/b>.<sup>7 <\/sup>`n Kompromie aangegaan wat deur die skrifte verbied word dat Jode moes deelneem in sulke aktiwiteite (Exodus 20:2-3). Maar, Christene, sou nie eens so `n toegewing aanvaar het nie. Gevolglik was hulle sosiaal en ekonomies dinge onts\u00ea. Met ander woorde kon hulle nie enigiets koop en verkoop nie.<sup>17 <\/sup><\/p>\n<p>Nero het `n keiserlike kulte gehad waarin hy mense vereis het om hom te aanbid. Hy het mense instruksies gegee om aan hom te offer of ten minste om sy onthalwe. Christene wou dit nie doen nie, daarom was hulle nie toegelaat om enigiets te koop en te verkoop nie, wat hulle sosiaal en ekonomies onts\u00ea het. Die merk van die dier is nie `n tatoe\u00ebermerk of rekenaarskyfie nie; dit maak trou aan die dier. Diegene wie die dier aanbid behoort aan die dier (bv., het sy merk, Openbaring 16:2). Diegene wie Die Een Ware Yahuwah aanbid, het die merk van die lam (Openbaring 14:1).<\/p>\n<p><b><u>* Oorlog Met Die Heiliges<\/u><\/b><\/p>\n<p>Die Bybel s\u00ea dat Die Dier Van Openbaring was die mag gegee om oorlog te voer teen Yahuwah se heilige volk en om hulle te oorwin (Openbaring 13:7).<\/p>\n<p>Dit is geen geheim dat in die jaar 64, het Nero `n verskriklike vervolging teen Die Kerk losgelaat. Tacitus het geskryf, \u201cDus, om die gerug te stop [dat hy Rome aan die brand gesteek het], het hy [ Nero Caesar] <i>die persone algemeen bekend as Christene, valslik beskuldig met die skuld en straf van die verskriklikste martelings, wie oor die algemeen gehaat was vir hulle enormiteite. Christus, die uitvinder van die naam, was ter dood veroordeel as `n misdadiger, deur Pontius Pilatus, prukurator van Judea, tydens die heerskappy van Tiberius. <\/i><i>Tog het die skadelike bygeloof \u2013 wat vir &#8216;n tyd onderdruk is, weer uitgebreek, nie net deur Judea \u2013 waar die onheil ontstaan <\/i><i>\u200b\u200b<\/i><i>het nie, maar ook deur die stad Rome, waar alle verskriklike en skandelike dinge van alle oorde af vloei, soos na &#8216;n gemeenskaplike houer, en waar hulle aangemoedig word. Gevolglik, eerstens was diegene gearresteer wie bely het dat hulle Christene was, tweedens, op hulle inligting, was `n groot menigte aangekla, nie soseer op die klag van verbranding van die stad nie, as op \u201chaat van die menslike ras.<\/i>\u201d(Annals boek 15).<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/Karl_von_Piloty_Nero_Rma.jpg\" style=\"width: 720px; height: 457px;\"><\/p>\n<p>Tacitus het verder gegaan en ges\u00ea, \u201c<i>In hul einste dood was hulle die sports onderwerpe gemaak: omdat hulle geklee was in die velle van wilde diere, en deur honde verskeur, of aan kruise vasgespyker, of aan die brand gesteek, en wanneer die dag wegtaan, het hulle gebrand om as aandligte te dien. Nero het sy tuin spelers vir die spektakel aangebied en `n Cirsensiese speletjie uitgebeeld, <\/i><i>onoordeelkundig met die gewone mense vermeng in die drag van &#8216;n strydwa of andersins in sy strydwa staan. Om hierdie rede het &#8216;n gevoel van deernis ontstaan <\/i><i>\u200b\u200b<\/i><i>teenoor die lydendes, alhoewel hulle skuldig was en voorbeeldige doodstraf verdien het, omdat hulle nie vir die openbare welstand uitgeroei was nie, maar slagoffers was van die wreedheid van een man.\u201d <\/i><\/p>\n<p>Kerk historikus J.L. von Mosheim het so oor Nero se vervolging geskryf: <i>\u201cAan die voorpunt van die range van daardie keisers, op wie die kerk met afsku teruggekyk het, as haar vervolgers, was Nero, `n prins wie se optrede teenoor die Christene geen verligting toegelaat het nie, maar tot op die laaste graad boos en onmenslik was. Die verskriklike vervolging wat plaasgevind het op aandrang van hierdie tiran het in Rome begin omtrent in die middel van November, in die jaar van onse Here 64\u2026. Hierdie verskriklike vervolging het ten einde geloop met die dood van Nero. Die keiser, dit is alombekend, was nie verlos van die tirannie van hierdie monster tot in die jaar 68, toe hy `n einde aan sy eie lewe gemaak het, nie.<\/i>\u201d<sup>8<\/sup><\/p>\n<p><b><u>Nie-Christen Historici Het Die Uiterste Verdorwenheid Van Nero Opgemerk<\/u><\/b><\/p>\n<p>Die Romeinse historikus Tacitus (A.D. 56-117) het van Nero se<i> \u201cwrede natuur\u201d <\/i>gepraat wat<i> \u201cbaie onskuldige mense dood gemaak het.\u201d <\/i>Pliny die Ouderling (A.D. 23-79)<i> het Nero as die \u201cvernietiger van die menslike ras\u201d <\/i>en<i> \u201cdie gif van die w\u00eareld\u201d <\/i>beskryf<i>. <\/i>Die Romeinse satirikus Juvenal (A.D. 60-140) praat van \u201c<i>Nero se wrede en bloeddorstige tirannie.\u201d <\/i>Elders, noem hy Nero `n \u201c<i>wrede tiran.\u201d <\/i><\/p>\n<p>Apollonius van Tyana het geskryf, \u201c<i>In my reise, wat verder was as wat enige mens ooit bereik het, het ek baie, baie wilde diere van Arabi\u00eb en Indi\u00eb gesien; maar hierdie dier, wat algemeen `n Tiran genoem word, ek weet nie hoeveel koppe dit het nie, of dit kloue vir pote het en gewapen is met vreeslike slagtande\u2026.En van wilde diere, waarvan jy nie kan s\u00ea of hulle hul eie moeders ge\u00ebet het nie, maar Nero het homself aan hierdie di\u00ebet verslind. <\/i><\/p>\n<p><b><u>* Die Dier Wat Uit Die Dood Opstaan<\/u><\/b><\/p>\n<table align=\"right\" border=\"0\" cellpadding=\"10\" cellspacing=\"5\" height=\"397\" style=\"margin-left: 10px;\" width=\"202\">\n<tbody>\n<tr>\n<td style=\"text-align: justify; padding: 7px\">\n<h2><font color=\"#666666\" face=\"Times New Roman\"><span>Wie of wat is hierdie vrou? Ek stel aan jou voor dat die hoer wat op die Dier gery het, afvallige Israel is. Dink hieroor. Hierdie vrou is &#8220;dronk van die bloed van Yahuwah se heilige volk, die bloed van diegene wat die getuienis van Yahushua het.\u201d <\/span><\/font><\/h2>\n<p align=\"left\"><span><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" height=\"65\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/vEJ69Asr-quotation-marks-right-1.png\" title=\"\" width=\"80\"> <\/span><font size=\"3\"><span style=\"font-family: Georgia\"><span style=\"font-weight: bold\"><\/span><\/span><\/font><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>So ver is Nero `n baie goeie kandidaad om as die Dier in die Boek van Openbaring ge\u00efdentifiseer te word. Toe ek egter met die studie van eskatologie begin het, het een ding my altyd gepla omtrent die idee van Nero as Die Dier van Openbaring. S\u00ea die Bybel nie dat Die Dier `n dodelike wond kry en dan uit die dood opstaan nie (Openbaring 13:3)? Daar is nie enige verslag van Nero se dood en dat hy weer lewend word nie. Wat maak ons met hierdie beskrywing van Die Dier wat`n dodelike wond toegedien word en weer daarvan herstel?<\/p>\n<p>Nero was die hoof van die Dier (Romeinse Ryk) wie `n dodelike wond toegedien is. Mense van daardie tyd het gedink dat die Romeinse Ryk verdoem was omdat Nero omgekom het. Die Dier (Die Romeinse Ryk) het herlewe na die burger oorlo\u00eb na Nero se dood. Die Romeinse Ryk het voortbestaan na Nero se dood.<sup>9<\/sup><\/p>\n<p><b>Bonus: Wie Is Die Vrou Wie Sit Op Die Dier Van Openbaring 17? <\/b><\/p>\n<p>Wie of wat is hierdie vrou? Ek stel aan jou voor dat die hoer wat op die Dier gery het, afvallige Israel is. Dink hieroor. Hierdie vrou is <i>&#8220;dronk van die bloed van Yahuwah se heilige volk, die bloed van diegene wat die getuienis van Yahushua het.&#8221;<\/i> Die boek van Handelinge teken die vervolging van die vroe\u00eb Christene aan deur Jode wat nie in Yahushua geglo het nie (bv. Handelinge 6-8). Boonop verwys die verwysing na die vrou wat &#8220;<i>gekleed was in pers en skarlakenrooi, en geglinster het van goud, edelgesteentes en p\u00earels&#8221;<\/i> na die borsharnas wat diegene in die priesterskap gedra het. Daarbenewens was die nasie Israel histories bekend daarvoor dat hulle haarself aan heidense gode &#8220;geprostitueer&#8221; het (sien bv. Jeremia 2:20\u201324; 3:2\u20133; Esegi\u00ebl 23:9\u201320). Die boek Hosea handel alles oor hoe Israel geestelike egbreuk teen Yahuwah gepleeg het. Boonop let Hank Hanegraaf in <i>The Apocalypse Code<\/i> baie gedeelde beeldspraak in Esegi\u00ebl 16 en Openbaring 17 op. In beide hierdie Bybelse boeke <i>\u201cpleeg die prostituut egbreuk met die konings van die aarde; is in prag geklee; skitter met goud en kosbare juwele; en is dronk met die bloed van die heiliges.\u201d<\/i><\/p>\n<h3><b>Slotsom<\/b><\/h3>\n<p>Die Dier Van Openbaring was Nero Caesar.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Paglunas Ng Langit | Mga Likas Na Remedyo image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/staging.worldslastchance.com\/2026\/01\/9f7fa20d137591ae96fb.png\" style=\"width: 720px; height: 458px;\"><\/p>\n<hr>\n<p><b>NOTAS:<\/b><\/p>\n<p>1: See Hank Hanegraaff, <i>\u201cThe Apocalypse Code\u201d <\/i>(Nashville, W Publishing Group, 2007), page<\/p>\n<p>2: ibid.<\/p>\n<p>3: Kenneth L Gentry, from the online article \u201cThe Beast Of Revelation Identified\u201d, published September 2008, <a href=\"https:\/\/www.truthaccordingtoscripture.com\/documents\/eschatology\/beast.php#.W6JN2s5KiUk\" target=\"_blank\">https:\/\/www.truthaccordingtoscripture.com\/documents\/eschatology\/beast.php#.W6JN2s5KiUk<\/a><\/p>\n<p>4: Kenneth L Gentry, from the online article \u201cThe Beast Of Revelation Identified\u201d, published September 2008, <a href=\"https:\/\/www.truthaccordingtoscripture.com\/documents\/eschatology\/beast.php#.W6JN2s5KiUk\" target=\"_blank\">https:\/\/www.truthaccordingtoscripture.com\/documents\/eschatology\/beast.php#.W6JN2s5KiUk<\/a><\/p>\n<p>5: Godawa, Brian. End Times Bible Prophecy: It\u2019s Not What They Told You (p. 116). Embedded Pictures Publishing. Kindle Edition.<\/p>\n<p>6: N.T. Wright, \u201cPaul\u2019s Gospel and Caesar\u2019s Empire,\u201d in Ed. Richard A. Horsley, Paul and Politics: Ekklesia, Israel, Imperium (Penn., Trinity Press, 2000), 161.<\/p>\n<p>7: Flavius Josephus, The Wars of the Jews, 2.409-410 (2.17.2).<\/p>\n<p>8: (L. von Mosheim, Historical Commentaries, I:138,139).<\/p>\n<p>9: <a href=\"https:\/\/preterismmatters.webs.com\/thebookofrevelation.htm\" target=\"_blank\">https:\/\/preterismmatters.webs.com\/thebookofrevelation.htm<\/a><\/p>\n<hr>\n<p>Hierdie `n `n nie-WLC artikel deur Evan Minton.<\/p>\n<p>Ons het al die paganistiese name van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun vervang soos dit oorspronklik deur die ge\u00efnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is \u2013 WLC Span<\/p>\n","protected":false},"featured_media":255587,"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":[],"class_list":["post-255588","wlc-article","type-wlc-article","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","wlc-article-category-profesie-wat-gerig-is-op-die-endtyd","wlc-content-directory-the-book-of-revelation"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v26.7 - https:\/\/yoast.com\/wordpress\/plugins\/seo\/ -->\n<title>Die Geval vir Nero Caesar as die Dier van Openbaring - Worlds Last Chance<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"What if The Beast isn\u2019t a future yet-to-come figure at all? What if he was a first-century beast who already came and went?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-case-for-nero-caesar-being-the-beast-of-revelation\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die Geval vir Nero Caesar as die Dier van Openbaring - Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"What if The Beast isn\u2019t a future yet-to-come figure at all? What if he was a first-century beast who already came and went?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-case-for-nero-caesar-being-the-beast-of-revelation\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-01-28T13:53:40+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/staging.worldslastchance.com\/2026\/01\/9f7fa20d137591ae96fb.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"814\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"22 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-case-for-nero-caesar-being-the-beast-of-revelation\/\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-case-for-nero-caesar-being-the-beast-of-revelation\/\",\"name\":\"Die Geval vir Nero Caesar as die Dier van Openbaring - Worlds Last Chance\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-case-for-nero-caesar-being-the-beast-of-revelation\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-case-for-nero-caesar-being-the-beast-of-revelation\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/9f7fa20d137591ae96fb.png\",\"datePublished\":\"2023-11-02T04:21:35+00:00\",\"dateModified\":\"2026-01-28T13:53:40+00:00\",\"description\":\"What if The Beast isn\u2019t a future yet-to-come figure at all? What if he was a first-century beast who already came and went?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-case-for-nero-caesar-being-the-beast-of-revelation\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-case-for-nero-caesar-being-the-beast-of-revelation\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-case-for-nero-caesar-being-the-beast-of-revelation\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/9f7fa20d137591ae96fb.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/9f7fa20d137591ae96fb.png\",\"width\":1280,\"height\":814},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-case-for-nero-caesar-being-the-beast-of-revelation\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Articles\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Die Geval vir Nero Caesar as die Dier van Openbaring\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/\",\"name\":\"Worlds Last Chance\",\"description\":\"\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die Geval vir Nero Caesar as die Dier van Openbaring - Worlds Last Chance","description":"What if The Beast isn\u2019t a future yet-to-come figure at all? What if he was a first-century beast who already came and went?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-case-for-nero-caesar-being-the-beast-of-revelation\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die Geval vir Nero Caesar as die Dier van Openbaring - Worlds Last Chance","og_description":"What if The Beast isn\u2019t a future yet-to-come figure at all? What if he was a first-century beast who already came and went?","og_url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-case-for-nero-caesar-being-the-beast-of-revelation\/","og_site_name":"Worlds Last Chance","article_modified_time":"2026-01-28T13:53:40+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":814,"url":"https:\/\/s3.amazonaws.com\/staging.worldslastchance.com\/2026\/01\/9f7fa20d137591ae96fb.png","type":"image\/png"}],"twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Est. reading time":"22 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-case-for-nero-caesar-being-the-beast-of-revelation\/","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-case-for-nero-caesar-being-the-beast-of-revelation\/","name":"Die Geval vir Nero Caesar as die Dier van Openbaring - Worlds Last Chance","isPartOf":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-case-for-nero-caesar-being-the-beast-of-revelation\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-case-for-nero-caesar-being-the-beast-of-revelation\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/9f7fa20d137591ae96fb.png","datePublished":"2023-11-02T04:21:35+00:00","dateModified":"2026-01-28T13:53:40+00:00","description":"What if The Beast isn\u2019t a future yet-to-come figure at all? What if he was a first-century beast who already came and went?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-case-for-nero-caesar-being-the-beast-of-revelation\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-case-for-nero-caesar-being-the-beast-of-revelation\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-case-for-nero-caesar-being-the-beast-of-revelation\/#primaryimage","url":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/9f7fa20d137591ae96fb.png","contentUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2026\/01\/9f7fa20d137591ae96fb.png","width":1280,"height":814},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/the-case-for-nero-caesar-being-the-beast-of-revelation\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Articles","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Die Geval vir Nero Caesar as die Dier van Openbaring"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/","name":"Worlds Last Chance","description":"","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article\/255588","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article"}],"about":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/wlc-article"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=255588"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/255587"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=255588"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}