{"id":112339,"date":"2024-07-04T04:02:23","date_gmt":"2024-07-04T04:02:23","guid":{"rendered":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/wlc-article\/migrating-die-uniekheid-van-yahuwah\/"},"modified":"2025-08-23T00:52:48","modified_gmt":"2025-08-23T00:52:48","slug":"die-uniekheid-van-yahuwah","status":"publish","type":"wlc-article","link":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/articles\/bybelse-geloof\/die-uniekheid-van-yahuwah\/","title":{"rendered":"Die Uniekheid van Yahuwah"},"content":{"rendered":"<table align=\"center\" bgcolor=\"#ffffff\" border=\"1\" bordercolor=\"#000000\" height=\"44\" style=\"border-collapse:collapse;border:undefined;\" width=\"100%\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"100%\">\n<p class=\"indenttext\" style=\"text-align:justify\">Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks gese\u00ebn met die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasies uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As u geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels\/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester die waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word.<\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Die Uniekheid van Yahuwah\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/the-uniqueness-of-yahuwah-afrikaans.png\" style=\"width: 720px; height: 458px;\"><\/p>\n<p>Baie Christene is bekend met die \u201890s aanbiddings lied \u201cThere is None Like You.\u201d Die liedjie het `n herlewing in gewildheid in 2004 gehad toe dit opgeneem was deur die groep <i>Shane and Shane<\/i>. Wat dalk die meeste onthou sal word is die liedjie se koortjie, wat die uniekheid van Yahuwah besing:<\/p>\n<p class=\"indenttext\"><i>There is none like You<\/i><br \/>\n<i>No one else can touch my heart like you do<\/i><br \/>\n<i>I could search for all eternity long and find,<\/i><br \/>\n<i>There is none like You<\/i><\/p>\n<p>Terwyl Yahuwah se mag om te koppel met die innerlike mens ongetwyfeld `n aspek van Sy uniekheid is, soek sommige vir `n intrinsieker hoedanigheid waarop hulle hul teologie van Yahuwah se identiteit kan baseer.<\/p>\n<p>In `n artikel getiteld \u201cThe Uniqueness of the Trinity,\u201d skryf die outeur van <i>Living for Jesus Alone Ministries<\/i>:<\/p>\n<p class=\"indenttext\">Daar is baie dinge omtrent God wat uit staan en Hom anders maak van ander gode regdeur die geskiedenis\u2026 daar is een sleutel element wat Hom werklik uniek maak en Christenskap van alle ander gelowe skei. Hierdie sleutel element van God word duidelik uitgespel in die Skrifte\u2026Dit is die leerstelling van die Drie-eenheid.<sup>1<\/sup><\/p>\n<p>Maar is dit die drieledige aspek van God wat Hom werklik uniek maak? Is dit, soos die skrywer met selfvertroue s\u00ea, \u201cduidelik verklaar in die Skrifte?\u201d Is die een God in die Bybel eintlik `n drie-in-een God? Laat ons ondersoek wat die Skrifte s\u00ea omtrent Yahuwah se uniekheid.<\/p>\n<h3><b>Yahuwah is uniek omdat Hy een is, en daar is geen ander nie<\/b><\/h3>\n<p>Die woord <i>uniek<\/i> word beskryf as, \u201cdie enigste voorbeeld, enkel, enig in sy soort en karaktertrekke.\u201d Asook, \u201cmet geen lyn of gelyke nie; nie-parrallel; onvergelykbaar.\u201d<sup>2 <\/sup>Die kwaliteit daarvan om uniek te wees is hoe die Skrifte Yahuwah beskryf. In die volgende gedeeltes, is Yahuwah alleen (dikwels aangedui as \u201cHERE\u201d) godheid. Daar is geen ander gode behalwe Hy nie.<\/p>\n<table align=\"right\" border=\"0\" cellpadding=\"10\" cellspacing=\"5\" height=\"173\" style=\"margin-left: 10px;\" width=\"302\">\n<tbody>\n<tr>\n<td style=\"text-align: justify; padding: 7px\">\n<h2 style=\"text-align: left;\"><font color=\"#666666\" face=\"Times New Roman\"><span> [Yahushua wat praat] \u201cHoe kan julle glo wat van mekaar eer aanneem, en die eer wat van <strong>die enige God<\/strong> kom, soek julle nie?\u201d Johannes 5:44<\/span><\/font><\/h2>\n<p align=\"left\"><span><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" alt=\"Die Uniekheid van Yahuwah image\" height=\"65\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/vEJ69Asr-quotation-marks-right-1.png\" title=\"\" width=\"80\"> <\/span><font size=\"3\"><span style=\"font-family: Georgia\"><span style=\"font-weight: bold\"><\/span><\/span><\/font><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p class=\"indenttext\">Exodus 8:10 En hy antwoord: Teen m\u00f4re. Toe s\u00ea hy: Dit sal wees volgens u woord, dat hulle kan weet<b> daar is niemand soos <\/b>Yahuwah onse God nie.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">Johannes 5:44<b> <\/b>[Yahushua wat praat] \u201cHoe kan julle glo wat van mekaar eer aanneem, en die eer wat van<b> die enige God<\/b> kom, soek julle nie?\u201d<b> <\/b><\/p>\n<p class=\"indenttext\">Galasi\u00ebrs 3:20 En die middelaar is nie net vir een nie;<b> <\/b>maar<b> Yahuwah is een.<\/b><\/p>\n<p>Duidelik en herhaaldelik is Yahuwah se uniekheid as die \u201ceen\u201d en \u201cenigste\u201d God beklemtoon in die Skrifte, maar nooit meer kragtiger as wanneer dit gestaaf word deur Yahuwah Homself nie.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">Jesaja 40:25 \u201c<b>By wie sal julle My vergelyk dat Ek net so kan wees<\/b>, s\u00ea die Heilige (<b>Een<\/b>).<\/p>\n<p class=\"indenttext\">Jesaja 43:10 \u201cJ\u00falle is My getuies.\u201d Spreek Yahuwah, \u201cEn My kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is<b> &#8212; voor My is geen God geformeer nie en n\u00e1 My sal daar niemand wees nie.\u201d<\/b><\/p>\n<p>Jesaja 45:5-6 \u201cEk is Yahuwah, en daar is geen ander nie,<b> buiten My is daar geen God nie. <\/b>Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat<b> daar buiten My geeneen is nie. Ek is Yahuwah, en daar is geen ander nie.\u201d <\/b><\/p>\n<p class=\"indenttext\">Jesaja 45:18 Want so s\u00ea Yahuwah, wat die hemele geskape het \u2013 Hy is God wat die aarde geformeer en dit gemaak het &#8211; Hy het dit bevestig; Hy het dit nie geskape om woes te wees nie, <i>maar<\/i> dit geformeer om bewoon te word \u2013 <b>\u201cEk is Yahuwah en daar is geen ander nie.\u201d<\/b><\/p>\n<p>Volgens bogenoemde definisie van <i>uniek<\/i>, is Yahuwah die \u201cenigste voorbeeld\u201d van godheid. Hy is enkel en enig in soort. Hy het geen gelyke nie. Hy het geen parallel en onvergelykbaar. Maar is hierdie unieke, enig-in-sy-soort God eintlik drie-in-een soos so baie Christene geleer is? Wat s\u00ea die Skrifte? Skrifte identifiseer Yahuwah as eenvoudig net een.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">Deuteron\u00f3mium 6:4 \u201cHoor, Israel, die HERE onse God is <b>`n enige H<\/b><b>ERE<\/b>. (Markus 12:29)<\/p>\n<p>Toe Yahuwah die Israeliete uit Egiptiese ballingskap gelei het, `n kultuur gemerk deur polite\u00efsme, het Hy ges\u00ea dat Hy verskil van ander gode; Hy was die enigste ware God. Hierdie gedeelte bekend as <i>Die Shema<\/i> (Hebreeus vir die woord <i>hoor of luister<\/i>), vorm die grondslag vir Yahuwah se identiteit.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Die Uniekheid van Yahuwah image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/river-landscape.jpg\" style=\"width: 720px; height: 480px;\"><\/p>\n<h3><b>Hoeveel is een? <\/b><\/h3>\n<table align=\"right\" border=\"0\" cellpadding=\"10\" cellspacing=\"5\" height=\"173\" style=\"margin-left: 10px;\" width=\"302\">\n<tbody>\n<tr>\n<td style=\"text-align: justify; padding: 7px\">\n<h2 style=\"text-align: left;\"><font color=\"#666666\" face=\"Times New Roman\"><span>Die konsep van <strong>een<\/strong> of `n enkele iets is eenvoudig genoeg vir `n kind om te verstaan. Inderwaarheid het Yahuwah die Israeliete instruksies gegee om hul kinders die fundamentele waarhede van Yahuwah se eenheid te vinde in <em>Die Shema<\/em> te leer.<\/span><\/font><\/h2>\n<p align=\"left\"><span><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" alt=\"Die Uniekheid van Yahuwah image\" height=\"65\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/vEJ69Asr-quotation-marks-right-1.png\" title=\"\" width=\"80\"> <\/span><font size=\"3\"><span style=\"font-family: Georgia\"><span style=\"font-weight: bold\"><\/span><\/span><\/font><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Die woord \u201ceen\u201d in Hebreeus is <i>echad<\/i>. Strong`s Corcordance lys echad as `n byvoeglike betekenis, \u201ceen.\u201d<sup>4<\/sup> Brown-Driver-Briggs Hebrew Lexicon beskryf <i>echad, <\/i>as \u201ceen, elk, `n sekere, enig, eenkeer.\u201d<sup>5 <\/sup>Eenvoudig gestel, \u201ceen\u201d beteken een, wat is hoe kinder skrywer Tasha Tudor haar aangename kinderboek getitel het op aftelling: <i>1 is Een<\/i>.<sup>6 <\/sup> Die konsep van een of `n enkele iets is eenvoudig genoeg vir `n kind om te verstaan. Inderwaarheid het Yahuwah die Israeliete instruksies gegee om hul kinders die fundamentele waarhede van Yahuwah se eenheid te vinde in Die Shema te leer.<sup>7<\/sup> Maar `n poging om `n drie-ledige God in die Skrifte te vind, het Drie-eniges beklemtoon dat echad `n woord is wat `n kompakte eenheid beskryf. Mary Kassian, gewilde skrywer, spreker, en voormalige professor, het in haar boek Knowing God by Name dat een in Deuteron\u00f3mium 6:4 dui op `n saamgepersde eenheid nes een tros bestaan uit verskeie druiwe.<sup>8<\/sup> Maar wat Kassian en ander drie-eniges dikwels faal om te erken, is dat die woord <i> een<\/i> `n byvoeglike naamwoord is wat die woord <i>tros<\/i> verander, nie die woord druiwe nie. Daar is geen meervoudigheid te vinde in die <i>een tros<\/i> stelling nie. Een beteken steeds een, beskrywend van `n enkele tros of `n enkele druif. Sommige drie-eniges wil h\u00ea ons moet glo dat die gebruik van echad (een) Yahuwah in die Skrifte beskryf as `n versluierde poging om aan ons te vertel dat \u201cHy\u201d in werklikheid `n \u201chulle\u201d is. Maar Christen historikus Kegan Chandler skryf in sy boek, <i>The God of Jesus in Light of Christian Dogma:<\/i><\/p>\n<p class=\"indenttext\">\u201cIn die 960 keer dat \u2018echad\u2019 in die Hebreeuse Bybel verskyn, dui dit onder geen omstandighede `n meervoudigheid binne die een ding aan nie; maar dit identifiseer eerder iets as \u2018een ding in getal,\u2019 nie twee of drie dinge nie.\u201d<sup>9<\/sup><\/p>\n<p>Boonop verduidelik die Skrifte nooit dat wanneer Yahuwah s\u00ea Hy \u201ceen\u201d is, Hy eintlik bedoel dat Hy \u201cdrie\u201d persone was of selfs `n kompakte eenheid as sulks nie. Die onweerlegbare waarheid kan herhaal word. Ons word nooit vertel in enige van die 31,102 verse in die Bybel dat die een God werklik drie in een is nie. Nooit. Alhoewel dit duidelik voorkom, is dit die moeite werd om te s\u00ea dat `n leerstelling wat nie in die Bybel geleer word nie, deur definisie, nie Bybelse leerstelling is nie.<\/p>\n<p>Drie-enigheids skrywer en voormalige Fuller Teologie Seminaar professor C. Peter Wagner stem saam dat die leerstelling van die Drie-eenheid nie te vinde is in die Bybel nie. Hy skryf:<\/p>\n<p class=\"indenttext\">Nietemin is daar geen verskyning van die woord Drie-eenheid in die Bybel nie, nog is daar enige enkele gedeelte wat God as drie Persone in een essens beskryf. Dit is waarom dit honderde jare van debatte geneem het om uit te kom by ons drie-enige [sic] doktrinale gevolgtrekking. Dit moet die resultate wees van buite-bybelse openbaring.<sup>10<\/sup><\/p>\n<table align=\"left\" border=\"0\" cellpadding=\"10\" cellspacing=\"5\" height=\"173\" style=\"margin-right: 10px;\" width=\"302\">\n<tbody>\n<tr>\n<td style=\"text-align: justify; padding: 7px\">\n<h2 style=\"text-align: left;\"><font color=\"#666666\" face=\"Times New Roman\"><span>Die doktriene van die Drie-enige God was inderdaad oor tyd heen ontwikkel deur Griekse en Latynse filosowe wie, tot Christenheid bekeer het, wie gepoog het om hul Platoniese w\u00eareld siening te verenig met met die van die Joodse Skrifte.<\/span><\/font><\/h2>\n<p align=\"left\"><span><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" alt=\"Die Uniekheid van Yahuwah image\" height=\"65\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/vEJ69Asr-quotation-marks-right-1.png\" title=\"\" width=\"80\"> <\/span><font size=\"3\"><span style=\"font-family: Georgia\"><span style=\"font-weight: bold\"><\/span><\/span><\/font><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Die leerstelling van die Drie-enige God was inderdaad oor tyd heen ontwikkel deur Griekse en Latynse filosowe wie, tot Christenheid bekeer het, wie gepoog het om hul Platoniese w\u00eareld siening te verenig met die van die Joodse Skrifte. Interressant genoeg, stem ander Drie-eniges ooreen dat die leerstelling `n post-bybelse ontwikkeling was. Millard Erickson, voormalige professor van teologie te Southwestern Baptist Theological Seminary en `n Drie-enige, skryf:<\/p>\n<p class=\"indenttext\">Die leerstelling van die Drie-enigheid soos ons dit deesdae ken het nie sommer eensklaps in die toneel van Christen idees in die begin van die kerk lewe gespring nie. Dit het deur `n lang proses gegaan waarin die kerk verskeie interpretasies van Bybelse data opgeweeg en dit beoordeel wat meer bevoeg was, geselekteer het\u2026Ons sal die leerstelling van die Drie-eenheid sien ontwikkel, laag op laag.<sup>11<\/sup><\/p>\n<p>Verder stem <i>Drie-enige en prim\u00eare Katolieke Bybel geleerde, John L. Mackenzie, saam met<\/i> Wagner.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">Die Drie-eenheid van God word beskryf deur die Kerk as die oortuiging dat daar drie persone wie bestaan in een natuur. Die oortuiging as sulks beskryf was eers bereik in die 4de en 5de eeue AD en daarom nie `n eksplisiete en formele bybelse oortuiging nie.<sup> 12<\/sup><\/p>\n<p>En Shirley Guthrie, Jr., skrywer en seminaar prof., en Drie-enige skryf:<\/p>\n<p class=\"indenttext\">Die Bybel leer nie die leerstelling van die Drie-eenheid nie. N\u00f3g die woord \u00b4drie-eenheid\u00b4 self \u00f3f sulke taal soos \u00b4een-in-drie,\u2019 \u00b4drie in een\u2019 een \u00b4essens\u00b4 (of \u2018substansie\u2019), en drie \u2018persone\u2019 is bybels taal nie. Die taal van die leerstelling is die taal van die antieke kerk geneem uit die klassieke Griekse filosofie.<sup>13<\/sup><\/p>\n<p>Sommige Drie-eniges, besef dat dit onmoontlik is om `n drie-enige God in die Ou Testament te vind, stry dat Yahuwah verteenwoordig was deur `n enkele persoon in die Hebreeuse Geskrifte omdat Yahushua nog openbaar moes word. Wat, leer die Nuwe Testament ons dan? Openbaar dit dat Yahuwah bestaan uit drie persone? Nie volgens verskeie Drie-enige geleerdes nie. Soos byvoorbeeld, Emil Brunner, `n invloedryke 20ste eeuse teoloog en Drie-enige geleerde, skryf:<\/p>\n<p class=\"indenttext\">Wanneer ons gaan na die probleem van die leerstelling van die Drie-eenheid, word ons gekonfronteer met `n buitengewone kontrasterende situasie. Aan die eenkant, die geskiedenis van die Christen teologie en dogma leer ons om ag te gee op die dogma van die Drie-eenheid as die uitsonderlike element van die Christen idee van God \u2026. Aan die ander kant, moet ons eerlik erken dat die leerstelling van die Drie-eenheid nie deel vorm van die vroe\u00eb Christen \u2013 Nuwe Testament- boodskap nie \u2026\u201d<sup>14<\/sup><\/p>\n<p>Daarby s\u00ea, Drie-eenheids professor, teoloog, en produktiewe skrywer Anthony T. Hanson:<\/p>\n<table align=\"right\" border=\"0\" cellpadding=\"10\" cellspacing=\"5\" height=\"222\" style=\"margin-left: 10px;\" width=\"274\">\n<tbody>\n<tr>\n<td style=\"text-align: justify; padding: 7px\">\n<h2 style=\"text-align: left;\"><font color=\"#666666\" face=\"Times New Roman\"><span> Geen verantwoordelike Nuwe Testament geleerde sal aanspraak daarop maak dat die leerstelling van die Drie-eenheid deur Yahushua geleer was nie, deur vroe\u00eb Christene verkondig was, of doelbewus deur enige skrywer van die Nuwe Testament onderhou was nie.<\/span><\/font><\/h2>\n<p align=\"left\"><span><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" alt=\"Die Uniekheid van Yahuwah image\" height=\"65\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/vEJ69Asr-quotation-marks-right-1.png\" title=\"\" width=\"80\"> <\/span><font size=\"3\"><span style=\"font-family: Georgia\"><span style=\"font-weight: bold\"><\/span><\/span><\/font><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p class=\"indenttext\">Geen verantwoordelike Nuwe Testament geleerde sal aanspraak daarop maak dat die leerstelling van die Drie-eenheid deur Yahushua geleer was nie, deur vroe\u00eb Christene verkondig was, of doelbewus deur enige skrywer van die Nuwe Testament onderhou was nie. Dit was inderwaarheid stadig uitgewerk in die verloop van die eerste paar eeue in `n poging om `n verstaanbare leerstelling van God te gee.<sup>15<\/sup><\/p>\n<p>Boonop skryf Christopher B. Kaiser, professor en teoloog en `n Drie-enige:<\/p>\n<p class=\"indenttext\">Die Kerk se leerstelling van die Drie-eenheid blyk te wees om die verste ding te wees van [die skrywers van die Nuwe Testament se] gedagtes, en vandag se leser mag wel wonder of dit ooit hulpsaam is om te verwys na so `n dogma om `n teologie te begryp van die Nuwe Testament. Wanneer die kerk praat van die leerstelling van die Drie-eenheid, verwys dit na die spesifieke oortuiging dat God verewig bestaan in drie afsonderlike \u2018persone\u2019 wie gelyk is in goddelikheid en een is in substansie. In hierdie vorm, is die leerstelling n\u00earens te vinde in die Nuwe Testament nie; dit was nie so duidelik genoem tot in die laat vierde eeu A.D. nie.<sup>16<\/sup><\/p>\n<p>Wat het die Nuwe Testament dan te s\u00ea? Leer dit ons omtrent `n drie-persoon God? Stellig nie, nes Moses die Israeliete geleer het wie onder polite\u00efsmiese nasies gewoon het dat Yahuwah een is (Deteron\u00f3mium 6:4), het Paulus ook die Christene instruksies gegee wie gewoon het in paganistiese Korinte dat daar maar net een God is.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">1 Korinthi\u00ebrs 8:4-6 Wat dan die eet van offervleis aan die afgode betref, weet ons dat `n afgod niks in die w\u00eareld is nie, en dat daar <b>geen ander God is nie, behalwe Een<\/b>. <sup>5 <\/sup>Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is \u2013 soos daar baie gode en here is \u2013 <sup>6<\/sup> <b>tog is daar vir ons maar een God<\/b>, die Vader uit wie alles is en ons tot Hom, en een Here Yahushua Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.<\/p>\n<p>Paulus bevestig die leerstelling van Yahuwah se uniekheid in vers 4 met die woorde, \u201cen daar geen ander God is, behalwe Een.\u201d Hierdie een God bestaan nie uit twee addisionele persone nie: die Seun en die Gees nie. Maar in vers 6, identifiseer Paulus die een God as die Vader. Yahushua word ge\u00efdentifiseer deur Paulus as die Here (meester) en Christus (gesalfde een of Messias). Dit is Paulus se vasbeslote siening van Yahuwah en Yahushua regdeur sy briewe. Soos byvoorbeeld,<\/p>\n<p class=\"indenttext\">Galasi\u00ebrs 1:3 Genade vir julle en vrede vir julle van <b>Yahuwah die Vader en onse Here Yahushua Christus.<\/b><\/p>\n<p class=\"indenttext\">Efesi\u00ebrs 4:6 <b>een God en Vader<\/b> van almal wat oor almal en deur almal en in julle almal is.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">Tim\u00f3the\u00fcs 2:5 Want daar is <b>een God<\/b> en een Middelaar tussen Yahuwah en die mense, die <b>mens Christus Yahushua<\/b>.<\/p>\n<h3><b>Wat van Yahushua? Wie s\u00ea Hy is Yahuwah?<\/b><\/h3>\n<p>Yahushua beskryf die uniekheid van Yahuwah in wat bekend geraak het as sy \u201cho\u00eb priesterlike gebed.\u201d<\/p>\n<table align=\"right\" border=\"0\" cellpadding=\"10\" cellspacing=\"5\" height=\"173\" style=\"margin-left: 10px;\" width=\"302\">\n<tbody>\n<tr>\n<td style=\"text-align: justify; padding: 7px\">\n<h2 style=\"text-align: left;\"><font color=\"#666666\" face=\"Times New Roman\"><span> En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Yahushua Christus wat U gestuur het. (Johannes 17:3)<\/span><\/font><\/h2>\n<p align=\"left\"><span><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" alt=\"Die Uniekheid van Yahuwah image\" height=\"65\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/vEJ69Asr-quotation-marks-right-1.png\" title=\"\" width=\"80\"> <\/span><font size=\"3\"><span style=\"font-family: Georgia\"><span style=\"font-weight: bold\"><\/span><\/span><\/font><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p class=\"indenttext\">Johannes 17:1-3 Dit het Yahushua gespreek, en Hy het sy o\u00eb na die hemel opgehef en ges\u00ea: <b>Vader<\/b>\u2026, <sup>3<\/sup> En dit is die ewige lewe, dat hulle <b>U<\/b> ken, <b>die enige waaragtige God<\/b>, en Yahushua Christus wat U gestuur het.<\/p>\n<p>In volle harmonie met die res van die Skrifte, identifiseer Yahushua die Vader as die enigste ware God en homself as die Christus of Messias, wie Yahuwah gestuur het. In Yahushua se gedagtes, is die Vader alleen God. As ons getrou tot die geloof wil bly, moet ons oortuiging nie afdwaal van Yahushua s`n nie.<\/p>\n<h3><b>Hoe het dit dan gebeur dat hierdie een God [Yahuwah] beskou word as `n drie-enige God? <\/b><\/h3>\n<p>Ons het alreeds geleerdes aangehaal wie ooreenstem dat die leerstelling oor tyd ontwikkel het. Ongelukkig, is `n gedetaileerde verslag van hierdie historiese siening aangaande die ontwikkeling daarvan, buite die visier van hierdie artikel; maar, vir bondigheid opsommings onthalwe, is dit genoegsaam om te s\u00ea dat dit nie tot in die jaar 325 A.D. tydens die Raadsbesluit van Nicaea was dat Yahushua amptelik beskou was as God addissioneel tot die Vader. En dit was nie tot en met 381 A.D. by die Raadsbesluit van Konstantinopel dat die Heilige Gees die geledere van goddelikheid betree het nie.<\/p>\n<p>As Christene, moet ons dit baie kommerwekkend vind dat, volgens Drie-enigheid tradisie, is dat die unieke ding omtrent Yahuwah-Sy drie in eenheid-nooit genoem is, nog minder geleer in die Bybel. Dit moet ons aandryf om ons vooroordeel en voorafopgestelde idees te versaak om die God van die Skrifte te ontdek wie duidelik en herhaaldelik s\u00ea dat Hy een is en daar geen ander is nie. Dit is wat Yahuwah uniek maak, en dit moet die rede wees waarom ons ons stemme voeg by die van die Skrifte, wanneer ons sing, \u201cThere is none like You.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Die Uniekheid van Yahuwah image\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/woman-with-backpack.jpg\" style=\"width: 720px; height: 480px;\"><\/p>\n<hr>\n<p>Voetnotas:<\/p>\n<p><sup>1<\/sup> \u201cThe Uniqueness of the Trinity.\u201d<i> Living for Jesus Alone<\/i>, June 7, 2014, accessed April 3, 2019, https:\/\/www.living-for-Jesus-alone.org\/the-uniqueness-of-the-trinity.html<\/p>\n<p><sup>2<\/sup>Dictionary.com, accessed April 3, 2019, https:\/\/www.dictionary.com\/browse\/unique<\/p>\n<p><sup>4 <\/sup>Strong\u2019s Concordance to the Bible, Biblehub.com, accessed April 3, 2019, https:\/\/biblehub.com\/hebrew\/259.htm<\/p>\n<p><sup>5 <\/sup>Brown-Driver-Briggs. Biblehub.com, accessed April 3, 2019, https:\/\/biblehub.com\/bdb\/259.htm<\/p>\n<p><sup>6<\/sup> Tosha Tudor, <i>1 is One<\/i>. (Little Simon, 1984).<\/p>\n<p><sup>7 <\/sup>Deuteron\u00f3mium 6:4-9<\/p>\n<p><sup>8<\/sup> Mary Kassian, <i>Knowing God by Name: A Personal Encounter <\/i>(Lifeway Christian Resources), p.7<\/p>\n<p><sup>9<\/sup> Kegan A. Chandler, <i>The God of Yahushua in Light of Christian Dogma<\/i>. (McDonough, Georgia: Restoration Fellowship, 2016), pg. 289.<\/p>\n<p><sup>10<\/sup> C. Peter Wagner, \u201cBut That\u2019s Not in the Word!\u201d <i>Charisma Magazine, <\/i>June 2014, http:\/\/www.charismamag.com\/spirit\/bible-study\/19995-but-that-s-not-in-the-word<\/p>\n<p><sup>11<\/sup> Millard J. Erickson, <i>God in Three Persons.<\/i> (Grand Rapids, Michigan: Baker Books, 1995), p. 33<\/p>\n<p><sup>12<\/sup> John L. McKenzie, S.J., <i>Dictionary of the Bible. (New York: Macmillan Publishing, 1995), p 899-900. This book <\/i>bears the Catholic Church\u2019s official seals of approval the Nihil Obstat and Imprimatur.<\/p>\n<p><sup>13<\/sup> Shirley Guthrie, Jr. <i>Christian Doctrine<\/i> (Louisville, KY: Westminster John Know Press, 1994), p. 76-77.<\/p>\n<p><sup>14<\/sup> Emil Brunner, Dogmatics, Vol. 1. (London: Lutterworth Press, 1949), p. 205.<\/p>\n<p><sup>15<\/sup> Anthony Tyrrell Hanson, <i>The Image of the Invisible God<\/i>. London: SCM Press, 1982. p.87.<\/p>\n<p><sup>16<\/sup> Christopher B. Kaiser, <i>The Doctrine of God: A Historical Survey<\/i>. (Eugene, OR: Wipf &amp; Stock, 2001), p. 27.<\/p>\n<hr>\n<p>Hierdie is `n nie-WLC artikel Bron: https:\/\/oneGodworship.com\/the-uniqueness-of-God\/<\/p>\n<p>Ons het alle paganistiese name van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorpronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun in die Skrifte herstel soos dit oorspronklik deur die ge\u00efnspireerde skrywers van die Bybel geskryf was. WLC-Span<\/p>\n","protected":false},"featured_media":107801,"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":[],"class_list":["post-112339","wlc-article","type-wlc-article","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","wlc-article-category-bybelse-geloof","wlc-content-directory-father-yahuwah-one-god"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v26.7 - https:\/\/yoast.com\/wordpress\/plugins\/seo\/ -->\n<title>Die Uniekheid van Yahuwah - Worlds Last Chance<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/the-uniqueness-of-yahuwah\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die Uniekheid van Yahuwah - Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks gese\u00ebn met die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/the-uniqueness-of-yahuwah\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-08-23T00:52:48+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/the-uniqueness-of-yahuwah-afrikaans-1024x651.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1024\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"651\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"15 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/the-uniqueness-of-yahuwah\/\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/the-uniqueness-of-yahuwah\/\",\"name\":\"Die Uniekheid van Yahuwah - Worlds Last Chance\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/the-uniqueness-of-yahuwah\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/the-uniqueness-of-yahuwah\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/the-uniqueness-of-yahuwah-afrikaans.png\",\"datePublished\":\"2024-07-04T04:02:23+00:00\",\"dateModified\":\"2025-08-23T00:52:48+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/the-uniqueness-of-yahuwah\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/the-uniqueness-of-yahuwah\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/the-uniqueness-of-yahuwah\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/the-uniqueness-of-yahuwah-afrikaans.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/the-uniqueness-of-yahuwah-afrikaans.png\",\"width\":1280,\"height\":814},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/the-uniqueness-of-yahuwah\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Articles\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Die Uniekheid van Yahuwah\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/\",\"name\":\"Worlds Last Chance\",\"description\":\"\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die Uniekheid van Yahuwah - Worlds Last Chance","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/the-uniqueness-of-yahuwah\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die Uniekheid van Yahuwah - Worlds Last Chance","og_description":"Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks gese\u00ebn met die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar [&hellip;]","og_url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/the-uniqueness-of-yahuwah\/","og_site_name":"Worlds Last Chance","article_modified_time":"2025-08-23T00:52:48+00:00","og_image":[{"width":1024,"height":651,"url":"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/the-uniqueness-of-yahuwah-afrikaans-1024x651.png","type":"image\/png"}],"twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Est. reading time":"15 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/the-uniqueness-of-yahuwah\/","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/the-uniqueness-of-yahuwah\/","name":"Die Uniekheid van Yahuwah - Worlds Last Chance","isPartOf":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/the-uniqueness-of-yahuwah\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/the-uniqueness-of-yahuwah\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/the-uniqueness-of-yahuwah-afrikaans.png","datePublished":"2024-07-04T04:02:23+00:00","dateModified":"2025-08-23T00:52:48+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/the-uniqueness-of-yahuwah\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/the-uniqueness-of-yahuwah\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/the-uniqueness-of-yahuwah\/#primaryimage","url":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/the-uniqueness-of-yahuwah-afrikaans.png","contentUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/the-uniqueness-of-yahuwah-afrikaans.png","width":1280,"height":814},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/the-uniqueness-of-yahuwah\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Articles","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Die Uniekheid van Yahuwah"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/","name":"Worlds Last Chance","description":"","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article\/112339","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article"}],"about":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/wlc-article"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=112339"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/107801"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=112339"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}