{"id":111632,"date":"2022-08-31T03:56:02","date_gmt":"2022-08-31T03:56:02","guid":{"rendered":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/wlc-article\/migrating-vrouens-se-rol-in-die-ekklesia\/"},"modified":"2025-08-22T14:41:58","modified_gmt":"2025-08-22T14:41:58","slug":"vrouens-se-rol-in-die-ekklesia","status":"publish","type":"wlc-article","link":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/articles\/geloof-wat-geleef-word\/vrouens-se-rol-in-die-ekklesia\/","title":{"rendered":"Vrouens se rol in die ekklesia"},"content":{"rendered":"<table align=\"center\" bgcolor=\"#ffffff\" border=\"1\" bordercolor=\"#000000\" height=\"44\" style=\"border-collapse:collapse;border:undefined;\" width=\"100%\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"100%\">\n<p class=\"indenttext\" style=\"text-align:justify\">Hierdie \u00ecs `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die artikels wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuigings. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks gese\u00ebn deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywer te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC artikels\/episodes, hou Spreuke 4:18 in gedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word.<\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Vrouens se rol in die ekklesia\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/Womens-role-in-the-Ekklesia-afrikaans.png\" style=\"width: 700px; height: 444px;\"><\/p>\n<p>Dit ondersoek die verwante en onafskeidbare rolle van beide die man en vrou in die huis en Ekklesia. Yahuwah het ons geskape om Sy doel te vervul met uitstaande se\u00ebninge, maar ons kulturele gedagtegang het ons insig in die skrifte verdraai. In baie gevalle is die rol van die geslagte omgekeer. Ons kan nie vrede h\u00ea as ons nie Yahuwah se beplande doelwitte vervul nie.<\/p>\n<p>Hier, sal ons die vroue se posisie in die familie en Ekklesia volgens die skrifte ondersoek. Die man se rol sal dan baie duidelik word, en die onafwendbare uitjouery van spotters, insluitende hedendaagse \u2018vroue bevrydings\u2019 beweging ens., sal wegkwyn in die aangesig van vryheid aangebied in Yahushua.   <\/p>\n<h2>In die Begin<\/h2>\n<p><b>Adam\/mans se rol van die begin af. <\/b><\/p>\n<p><b>Genesis 1:26.<\/b><\/p>\n<p>Elohim het Adam geskape na Sy beeld om te heers oor die ganske skepping, maar daar was nie `n \u2018hulp\u2019 vir hom nie.<\/p>\n<p><b>Genesis 2:18.<\/b><\/p>\n<p>Adam het die geskape wesens name gegee, bewys van sy gesag oor hulle.<\/p>\n<p>Soortgelyke voorbeelde: &#8211; Jakob was Israel genoem, Abram het Abraham geword, Yahuwah het Sy Seun \u201cYahushua\u201d genoem, ouers het hul kinders name gegee, Yahushua het Simon, Cefas\/Petrus genoem. Yahuwah het Homself `n naam gegee omdat daar niemand groter as Hy is nie. Die mens soek na verheffing deur Hom (Adonai, die Here, God, ens.,) te herbenoem.  <\/p>\n<p>Die oplossing tot Adam se te kort aan `n \u201cpas maat\u201d aan hom was &#8211; Eva<\/p>\n<p><b>Genesis 2:21-24<\/b> Die vrou was en is steeds Yahuwah se mees uitstaande geskenk aan die man en moet vandag liefgeh\u00ea en gekoester word as `n handeling van danksegging aan Yahuwah.<\/p>\n<p>Adam het haar \u201cmanin\u201d genoem (Hebreeus: Isha), Eva (\u201cChawah\u201d, in Gen. 3:20). Sy moet die man se \u201cpas maat\u201d wees, en nooit oor hom heerskappy h\u00ea nie. Ons kan seker wees dat sy nie enige probleem gehad het met die insig van haar doel nie. As sy haar doel vervul, verkry sy `n gelykstaande beloning (Num\u00e9ri 31:26-27, 1 Samuel 30:24)<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"liefdevolle-paartjie\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/loving-couple.png\" style=\"width: 700px; height: 467px;\"><\/p>\n<h2>Hulle was ongehoorsaam en het afvallig geraak<\/h2>\n<p>Ongehoorsaamheid aan Yahuwah het die ongelooflikste rampspoed teweeggebring wat ooit opgeteken is. Dit het die dood van Yahuwah se eers gebore Seun veroorsaak, vir ons sondes.  <\/p>\n<p><b>Genesis 3:1-15.<\/b><\/p>\n<p>Eva het goed begin deur Yahuwah se woorde aan te haal, nes Yahushua gedoen het in Matthe\u00fcs 4:1-10. Maar sy het toegegee aan die versoeking sodat sy ho\u00ebr kon uitstyg bo haar geskape vlak en wees nes Yahuwah Self, \u201cgelykstel met die Allerhoogste\u201d (Jesaja 14:14) Die w\u00eareld se verdoemenis was die uiteinde daarvan. Sy <i>\u201cgee ook vir haar man <\/i><b>by haar<\/b><i>, en hy het ge\u00ebet.\u201d<\/i> Adam het dit alles gesien. Hy het in hierdie situasie gefaal om die leiding te neem, te heers en haar optrede van nul en gener waarde te maak. 1. Timoth\u00e9\u00fcs 2:14.<\/p>\n<p>Die man het `n rol in die verkryging van kinders, maar die belofte van oorwinning oor Satan was aan die vrou gegee. Yahuwah het Yahushua as Sy Vader gehad, weens Sy maagdelike geboorte uit `n vrou. Adam het misluk om sy heerskappy oor die slang uit te oefen, maar Yahushua het nie toegegee, maar hoewel verbrysel, het Hy alle versoekinge weerstaan.<b> (Matt. 28:18). <\/b>Satan mag die heerser van hierdie w\u00eareld wees, maar in die Messias het ons weer outoriteit oor hom<b> Lukas 10:19, Kolossense 2:12, 2 Tim\u00f3the\u00fcs 2:11. Bejammerenswaardig dat sommige verkies om Satan se kinders te wees \u2013 1 Johannes 3:8-10 <\/b><\/p>\n<p>Om kinders voort te bring van Elohim is Yahuwah se wil vir die huwelik waarin mans en vroue moet saamwerk en nie struikelblokke sal wees nie. Mal\u00e9agi 2:13-16.<\/p>\n<p>Hedendaagse egskeidings syfer is `n uitstaande bewys van ons misverstand van Yahuwah se wil \u2013 vir `n man om soos Yahushua te wees (<b>Ef\u00e9si\u00ebrs 5:25<\/b>) en `n vrou \/die Ekklesia, Sy bruid. (<b>Ef\u00e9si\u00ebrs 5:22<\/b>)<\/p>\n<p>Genesis 3:16<b> <\/b>maak dit duidelik dat die vrou onder die gesag van haar man sal woon. Adam se verkeerde besluit was bestraf omdat hy <i>\u201cgeluister het na die stem van jou vrou\u201d<\/i>. (Gen.3:16-19). Maar die man se gesag om die besluite van sy dogter of vrou reg te stel\/of te beheer bly staan nog vas. <b>(Num\u00e9ri 30:3-13) <\/b><\/p>\n<p>In die skrifte word die man beskou as die \u201cBah\u2019al\u201d (<a href=\"about:blank\" target=\"_blank\">Hebrew word #1166<\/a><u> <\/u>of Eienaar\/Meester van die vrou.<\/p>\n<p>`n Deugsame &lt;2428&gt; vrou &lt;802&gt; [is] `n kroon &lt;5850&gt; vir haar man &lt;1167&gt;, maar een wat skande maak &lt;954&gt; &lt;8688&gt; [is] soos `n verrotting &lt;7538&gt; in sy gebeente &lt;6016&gt;.  <\/p>\n<p>Hierdie woord wat vertaal is as \u201cman\u201d is die Hebreeuse woord #1167 \u201cBah\u2019al\u201d in die Strong`s Lexikon beteken dit \u201cMeester, dus `n man of (fig.) `n eienaar.\u201d Dit is 14 keer as \u201ceienaar\u201d vertaal, in die OV.<\/p>\n<p> `n Man is die \u201cMeester\/Eienaar\u201d van sy vrou, en die `n regverdige man sal haar met respek \/waarde\/eerbiedig behandel. Yahushua die \u201cbruidegom\u201d, die ekklesia, mans, vrou kinders, die \u201cbruid\u201d wat Hy met Sy lewe gekoop het: <b>1 Korinthi\u00ebrs 6:19-20.<\/b> `n Man se outoriteit oor `n vrou is weens hierdie vasgestelde feit.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"glimlaggende-bruid\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/smiling-bride.png\" style=\"width: 700px; height: 467px;\"><\/p>\n<h2>Die \u201cNuwe Testament?\u201d<\/h2>\n<p>Sommige voer aan in die Nuwe Testament dat `n vrou \u201cliberaal\u201d is, dat sy die leierskap rol in die ekklesia kan vertolk en gelyk mag wees met die man se outoriteit in die huwelik. Maar daar is geen \u201cnuwe testament\u201d teks teenstrydig met die \u201cOu Testament\u201d nie. Daarenteen, is daar ondersteuning:<\/p>\n<p><b>1 Petrus 3:5-6<\/b> \/ Genesis 18:12 Noem Sara vir Abraham \u201cAdonai,\u201d wat beteken \u201cMy Meester.\u201d Ook, \u201cSara <i>het<\/i> Abraham <i>gehoorsaam<\/i>.\u201d Die woord Gehoorsaam in <b>1 Petrus 3:6<\/b> hierbo is Strong`s se woord #5219. Die term \u201cOnderdanig\u201d is gelykstaande met \u201chet Gehoorsaam.\u201d Die man is steeds in beheer. <b>Sien ook \u2013 Kolossense 3:18, Titus 2:3, Efesi\u00ebrs 5:22.<\/b><\/p>\n<p><b>Efesi\u00ebrs 5:23, 24, 1 Korinthi\u00ebrs 11:3<\/b><\/p>\n<p>`n Vrou se rol is uiters belangrik\/lewensbelangrik. Die funksies van die man &amp; vrou in die huwelik en die ekklesia is onafskeidbaar. Enige ommekeer lewer uiteindelik resultate in dieselfde ramp gesien in Eden. Die ganske aarde kreun weens dit<\/p>\n<h2>Stilte in die byeenkomste<\/h2>\n<p><b>1 Korinthi\u00ebrs 14:34<\/b> is een van die mees kontroversi\u00eble verse omdat dit ons kultuur van \u201cbevryde\u201d vroue en swakkeling manne kontrasteer. Die rede dat vroue moet stil bly is dat hulle moet \u201conderdanig wees\u201d aan die man. Sy neem dit op haarself om die byeenkoms te lei met haar vrae eerder as wat die byeenkoms deur die man geredigeer word. Mans moet die byeenkoms\/familie\/die w\u00eareld lei om Yahuwah se wil te volg.   <\/p>\n<p><b>Vroue kan Sing, Skrifte lees, en Profeteer<\/b><\/p>\n<p>`n Vrou kan sing, die skrifte luid lees, spreek as `n profetes \u201cSo s\u00ea Yahuwah\u201d \u2013 maar nie die byeenkoms ontwrig nie. (<b>1 Korinthi\u00ebrs 14:31-32<\/b>)<\/p>\n<p><b>1 Korinthi\u00ebrs 14:20<\/b> Mans moet veral seker wees om in alle dinge in ware harmonie met Yahuwah se wil wees.<\/p>\n<p><b>1Timoth\u00e9\u00fcs 2:8-14<\/b> gee die beginsels wat gehoorsaam moet word. `n Vrou se nederige hart manifesteer in haar klere drag \u2013 met `n nederige gees wat Yahuwah se gebooie vervul.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"gesin-tydens-ontbyt\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/family-at-breakfast.png\" style=\"width: 700px; height: 442px;\"><\/p>\n<p><b>1 Timoth\u00e9\u00fcs 2:15 <\/b>Yahuwah het die vroue gese\u00ebn met swangerskap en versorging van kinders.<\/p>\n<h2>Diensmeisies deur Yahuwah Gese\u00ebn<\/h2>\n<p><b>Lukas 1:38, 46 \u2013<\/b> Miriam\/Maria was Yahuwah se diensmeisie. In Grieks beteken dit \u201c`n vroue slaaf\u201d. Volg haar voorbeeld en Yahuwah sal Sy Gees oor jou uitgiet \u2013 <b>Handeline 2:17-18<\/b>.<b> <\/b>Hoogmoedige vroue wie aanvoer dat hulle \u201cgees vervuld\u201d is verkies om die mans in die byeenkoms te lei. Maria het nooit `n leermeestersrol aangeneem nie. Haar nederigheid en onderdanigheid het se\u00ebninge gebring.<\/p>\n<h2>Die profetes Debora<\/h2>\n<p>\u201cVroue bevryding\u201d bewegings is daarop uit om hul leierskap in die byeenkomste te regverdig deur die storie van Debora aan te haal, maar sy was `n profetes wat haar bemagtig het om te s\u00ea \u201cSo spreek Yahuwah\u201d. <b>Rigters 4:4-9<\/b> beskryf Barak as \u201cdie swakke\u201d en Debora as \u201cdie positiewe\u201d rigter. Rigters 5:2-9 Debora het die mans se leierskaps rol erken. Sy het maar net die woorde van Yahuwah as `n profetes uitgespreek. Yahuwah het verklaar hoe onbevoeg dit vir `n vrou is om in die leierskapsrol te wees.  <\/p>\n<p><b>In Jesaja 3:12<\/b>&#8211; kinders en vroue word beskryf as onderdrukkers en heersers. Hy het nooit ingedagte gehad dat vroue heersers moet wees of kinders onderdrukkers nie.<\/p>\n<h3>Aquila, Priscilla<\/h3>\n<p><b>Handelinge 18:24-26<\/b> Aquila en Priscilla was `n man en vrou span. Niks dui daarop dat Priscilla haar rol as pas-maat en ondersteuning aan haar man verlaat het nie.<\/p>\n<h2>Was daar vroue apostels?<\/h2>\n<p><b>Romeine 16:7<\/b> regverdig <b>nie<\/b> die vroue vryheidsbeweging in die byeenkomste <b>nie<\/b>. Sommige s\u00ea hierdie vers bewys dat Andronikus en Junia \u201capostels\u201d en \u201cJunia\u201d is `n dame. Dit s\u00ea nie dat hulle apostels was nie. Dit s\u00ea hulle was \u2018in aansien <i>onder<\/i> die apostels. Soos in, hulle was hoogs aangeskryf <i>in die o\u00eb<\/i> van die apostels. Die Griekse taalkunde ondersteun hierdie siening. Boonop is dit onduidelik of \u201cJunia\u201d (Gr.Junias) `n manlike of vroulike naam is<\/p>\n<h2>In Yahushua, is almal een.<\/h2>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"vrouens-wat-glimlag\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/women-smiling.png\" style=\"width: 700px; height: 467px;\"><\/p>\n<p><b>Galasi\u00ebrs 3:27<\/b> Sommige gaan van die slotsom uit oor die vers, dat vrouens \u201cgelyk\u201d aan mans is in die byeenkomste.<\/p>\n<p><b>In Johannes 17:20<\/b>-21, Yahushua het gebid dat ons almal \u201ceen\u201d moet wees. Ons eenheid met Yahushua en Yahuwah maak nie van ons Hul gelyke nie.<\/p>\n<p><b>In 1 Korinthi\u00ebrs 11:3<\/b>, is vroue NIE ondergeskik aan mans nie. Almal is geestelik gelyk in die o\u00eb van Yahuwah. Hulle het eenvoudig maar net verskeie rolle\/pligte.<\/p>\n<p><b>In Lukas 10:2<\/b>, arbeiders is van albei geslagte en gewillig om hul rolle te aanvaar. Sy diensmeisies is nederig, stil, kuis, tuisteskeppers, onderdanig aan hul manne \u2013 en sal groot beloning kry in die opstanding.<\/p>\n<h2>Dienende vroue<\/h2>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"vrouens-wat-bid\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/women-praying.png\" style=\"width: 700px; height: 467px;\"><\/p>\n<p><b>In Matth\u00e9\u00fcs 27:55<\/b>, die woord \u201cgedien\u201d in hierdie vers is dieselfde Griekse woord vertaal as \u201cDiaken\u201d in ander verse. Om `n \u201cdiakones\u201d in die ekklesia te wees beteken nie dat sy die manne leiding of leringe gee nie.<\/p>\n<p><b>In Romeine 16:1,<\/b> Suster Phebe was `n groot \u2018hulp\u2019 aan Paulus en andere. Sy was nie Paulus se leier\/onderwyser nie. Phebe het in verskeie wyses diens gelewer ter ondersteuning en help aan die broeders. \u201cdiakoneo\/deaken\u201d word ook hieronder gebruik &#8211;<\/p>\n<p><b>Lukas 8:1<\/b>, hierdie vroue het hul besittings gebruik om Yahushua te bedien as `n \u2018hulp\u2019 aan Hom<\/p>\n<p><b>Lukas 4:38-39 Simon se skoonmoeder<\/b> \u201chet hulle bedien\/sorg aan hulle verleen\u201d. Sy het gekook\/maaltye voorberei vir haar gaste.<\/p>\n<p><b>Handelinge 9:36-<\/b>39 Een bewys van Dorkas se goeie werke was die kledingstukke wat sy gemaak het- `n se\u00ebn vir die byeenkoms.<\/p>\n<h2>Goeie werke in die Messias<\/h2>\n<p><b>1 Timoth\u00e9\u00fcs 5:9 toon<\/b> sommige goeie werke deur vroue gedoen:<\/p>\n<p><b> <\/b>[a] <b>Kinder opvoeding.<\/b><\/p>\n<p>Moederskap is `n bediening vir die Ekklesia! Wanneer `n byeenkoms gevul is met geordende huise, is dit `n objektiewe\/beeldskone voorbeeld aan die w\u00eareld.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"ma-met-kinders\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/mom-with-kids.png\" style=\"width: 700px; height: 467px;\"><\/p>\n<p><b>Spreuke 14:1.<\/b> `n vrou kan haar huis afbreek of opbou, dus `n byeenkoms. Kinders kan leer om `n rebel te wees nes Satan of kan `n kind van Yahuwah wees deur haar voorbeeld. [b] \u201cas sy die voete van die heiliges gewas het\u201d Deur die dra van sandale op stofpaaie gebruik deur reisigers, het voetewassing verpligtend gemaak. Dit word nie deesdae waardeer nie weens ons metode van vervoer en toe skoene ens. Maar, deur iemand se voete te was wys steeds nederigheid.Yahushua se dienslewering was beklemtoon in die wassing van Sy dissipels se voete.  <\/p>\n<p> [c] \u201cas sy herberg gegee het aan vreemdelinge.\u201d Diens aan andere en voorsiening in al hul behoeftes in `n skoon huis kan onselfsugtige diens wees.<\/p>\n<p><b>Hebre\u00ebrs 13:1-2, Handelinge 16:14-15, 1 Petrus 4:9<\/b><\/p>\n<p>In <b>1 Korinthi\u00ebrs16:15-16<\/b>, Stefanas se huishouding het dienste gelewer aan die heiliges.[d] \u201cas sy die siekes versorg het\u201d en \u201cas sy ywerig elke goeie werk na gejaag het\u201d.<\/p>\n<p><b>In Matth\u00e9\u00fcs 25:31-46<\/b>, behoeftes in die ekklesia is baie persoonlik vir Yahushua. Gehoorsaam hierdie waarskuwing in hierdie teks.<\/p>\n<p><b>Niemand vrygestel van diens.<\/b><\/p>\n<p><b>Matth\u00e9\u00fcs 20:27,28<\/b><\/p>\n<p>Yahushua het gefokus op die bediening van andere. Dieselfde geld in die liggaam. Verligting aan die vermoeides\/hongeres\/swakkes. Die agter die gordyn-dienste sal openlik deur Yahuwah beloon word. Die doel van vroue was nooit om manne te lei of te leer nie. Hulle moes die kinders en jonger vroue leer en begelei;<\/p>\n<p><b>Titus 2:1<\/b><\/p>\n<p>Wanneer vroue daarin misluk om hul mans en kinders lief te h\u00ea, selfbeheersing kortkom, buite die huis werk, ens., bring dit onguns oor die woord van Yahuwah en belaster dit. Dit is belangrik vir ouer vroue om hierdie beginsels aan die jongeres te leer, sodat Yahuwah se woord verheerlik word en nooit ooit belaster word nie!<\/p>\n<p><b>Matth\u00e9\u00fcs 23:11- <\/b>Maar die grootste onder julle moet julle dienaar wees. Die Hemelse Vader is die Dienaar, Hy is voortdurend besig om ons te bedien \u2013 deur ons die lewe te gee, die hele skepping, selfs Sy eniggebore Seun vir ons verlossing.<\/p>\n<p><b>Johannes 5:19<\/b> \u201cdie Seun kan niks uit Homself doen, tensy Hy die Vader dit sien doen nie.\u201d Die Yahushua gesentreerde lewe van diens kos <b>waagmoed<\/b>. Vreesagtiges sal nooit die koninkryk binnegaan nie!<\/p>\n<p><b>Openbaring 21:8<\/b>&#8211; \u201cMaar wat die vreesagtiges aangaan- hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel.\u201d<\/p>\n<p>Met elke lid in hul behoorlike rol, sal die Ekklessia voortkom met groot mag en lig, wat Yahuwah se beplande skepping openbaar.<\/p>\n<p><b>Matth\u00e9\u00fcs 5:14-16<\/b> Laat jou lig s\u00f3 skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die Hemele is, verheerlik. Sodat ons sal hoor:  <\/p>\n<p><b>Matth\u00e9\u00fcs 25:21-<\/b> \u2018Mooi so, goeie en getroue dienskneg!<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"drie-vrouens\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/3-women.jpg\" style=\"width: 700px; height: 1049px;\"><\/p>\n<hr>\n<p>Hierdie artikel is gebaseer op `n langer artikel geskryf deur Vader Yahuwah se dienaar, Broeder Tom Martincic.<\/p>\n<p>Ons het al die heidense name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die naam van die Vader en Seun in die Skrifte herstel, soos dit oorspronklik deur die ge\u00efnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is &#8211; WLC Span<\/p>\n","protected":false},"featured_media":106286,"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":[],"class_list":["post-111632","wlc-article","type-wlc-article","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","wlc-article-category-geloof-wat-geleef-word","wlc-content-directory-christian-living"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v26.7 - https:\/\/yoast.com\/wordpress\/plugins\/seo\/ -->\n<title>Vrouens se rol in die ekklesia - Worlds Last Chance<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/womens-role-in-the-ekklesia\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vrouens se rol in die ekklesia - Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hierdie \u00ecs `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die artikels wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuigings. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks gese\u00ebn deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/womens-role-in-the-ekklesia\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-08-22T14:41:58+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/Womens-role-in-the-Ekklesia-afrikaans.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1034\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"656\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"12 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/womens-role-in-the-ekklesia\/\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/womens-role-in-the-ekklesia\/\",\"name\":\"Vrouens se rol in die ekklesia - Worlds Last Chance\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/womens-role-in-the-ekklesia\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/womens-role-in-the-ekklesia\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/Womens-role-in-the-Ekklesia-afrikaans.png\",\"datePublished\":\"2022-08-31T03:56:02+00:00\",\"dateModified\":\"2025-08-22T14:41:58+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/womens-role-in-the-ekklesia\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/womens-role-in-the-ekklesia\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/womens-role-in-the-ekklesia\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/Womens-role-in-the-Ekklesia-afrikaans.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/Womens-role-in-the-Ekklesia-afrikaans.png\",\"width\":1034,\"height\":656},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/womens-role-in-the-ekklesia\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Articles\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Vrouens se rol in die ekklesia\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/\",\"name\":\"Worlds Last Chance\",\"description\":\"\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vrouens se rol in die ekklesia - Worlds Last Chance","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/womens-role-in-the-ekklesia\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vrouens se rol in die ekklesia - Worlds Last Chance","og_description":"Hierdie \u00ecs `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die artikels wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuigings. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks gese\u00ebn deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar [&hellip;]","og_url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/womens-role-in-the-ekklesia\/","og_site_name":"Worlds Last Chance","article_modified_time":"2025-08-22T14:41:58+00:00","og_image":[{"width":1034,"height":656,"url":"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/Womens-role-in-the-Ekklesia-afrikaans.png","type":"image\/png"}],"twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Est. reading time":"12 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/womens-role-in-the-ekklesia\/","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/womens-role-in-the-ekklesia\/","name":"Vrouens se rol in die ekklesia - Worlds Last Chance","isPartOf":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/womens-role-in-the-ekklesia\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/womens-role-in-the-ekklesia\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/Womens-role-in-the-Ekklesia-afrikaans.png","datePublished":"2022-08-31T03:56:02+00:00","dateModified":"2025-08-22T14:41:58+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/womens-role-in-the-ekklesia\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/womens-role-in-the-ekklesia\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/womens-role-in-the-ekklesia\/#primaryimage","url":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/Womens-role-in-the-Ekklesia-afrikaans.png","contentUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/Womens-role-in-the-Ekklesia-afrikaans.png","width":1034,"height":656},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/womens-role-in-the-ekklesia\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Articles","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Vrouens se rol in die ekklesia"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/","name":"Worlds Last Chance","description":"","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article\/111632","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article"}],"about":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/wlc-article"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=111632"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/106286"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=111632"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}