{"id":111322,"date":"2021-07-28T04:06:31","date_gmt":"2021-07-28T04:06:31","guid":{"rendered":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/wlc-article\/migrating-buite-rede\/"},"modified":"2025-08-22T10:25:33","modified_gmt":"2025-08-22T10:25:33","slug":"buite-rede","status":"publish","type":"wlc-article","link":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/articles\/veranderinge-in-die-leer-van-die-kerk\/buite-rede\/","title":{"rendered":"Buite Rede"},"content":{"rendered":"<table align=\"center\" bgcolor=\"#ffffff\" border=\"1\" bordercolor=\"#000000\" height=\"44\" style=\"border-collapse:collapse;border:undefined;\" width=\"100%\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"100%\">\n<p class=\"indenttext\" style=\"text-align:justify\">Hierdie is `n nie \u2013 WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks gese\u00ebn deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels\/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word.<\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Buite Rede\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/beyond-reason-afrikaans.png\" style=\"width: 720px; height: 457px;\"><\/p>\n<p>Dit is buite Yahuwah-gegewe rede en Bybelse openbaring, voorsien aan ons in logiese taal, om mens se intelligensie en steun te gee aan `n voorstelling wat nie beskryf kan word met gewone taalkunde en wat logika omverwerp nie. Om tot logiese onsin in te gee is die kenmerk van misleiding soos deur Eva ervaar. Ek verwys na die voorstelling dat Yahuwah een en drie op dieselfde tyd is. As die Vader Yahuwah is en Yahushua is ook Yahuwah maak dit twee Yahuwahs. Maar die Bybel beweer dat daar net een Yahuwah is.<\/p>\n<p>Sodra ons`n voorstelling aanvaar wat van die wette van spreektaal afwyk, skort ons outomaties ons kritiese verstandelike funksies op, wat in werklikheid ons Yahuwah-gegewe hoedanigheid om logies te dink, versag. Op sy beurt weer laat ons toe om te lees en te bespreek of te verbeel dat ons teenstrydige idees kan oplos terwyl ons eintlik algehele onsin glo. En soos Peter Berger wys opmerk: \u201cDie kapasiteit van mense om duidelike onsin te aanvaar neem toe, eerder as om te verminder, met opvoeding.\u201d Hierdie vreemde neiging, glo ek, kom tot stand deur te doen waarteen Yahushua gewaarsku het \u2013 om aan iemand `n houding van onbevoegde intellektuele bewondering te gee. Om \u201cin vervoering\u201d te wees mag eenvoudig net ons eie verstandelike luiheid demonstreer of die vrees om anders te wees. Dikwels belemmer vrees vir vergelding of verwerping ons intellektuele integriteit. Voltaire (1751) het ges\u00ea, \u201cDit is gevaarik om reg te wees in sake waarin die gevestigde outoriteite verkeerd is.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"gefrustreerde vrou\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/confused-woman.jpg\" style=\"width: 720px; height: 480px;\"><\/p>\n<p>Soms is dit die gevoel van verborgenheid wat ons oorweldig en oorreed. Oor die leerstelling van die Drie-eenheid, het Tertullian, `n vroe\u00eb Christen teoloog en moralis (150-c. 225), ges\u00ea: \u201cEk glo omdat dit absurd is.\u201d Veel later het die briljante brein van Isaac Newton aan ons die kommentaar van die Drie-eenheid gegee: \u201cDie menslike brein is geneig tot verborgenhede, en hou niks so heilig en perfek soos dit wat nie verstaan kan word nie.\u201d Hy het bygevoeg en ges\u00ea dat hy verkies Bybelse interpretasies wat \u201csonder inspanning dinge tot die grootste eenvoud sal verduidelik\u2026Waarheid is altyd te vinde in eenvoud, en nie in die veelvuldigheid en verwarring van dinge nie.\u201d<\/p>\n<p>Die wyse Britse kommentator Henry Alford, wie spreek oor die verslag van Lukas dat Maria nie haar huwelik vervolmaak het tot <i>n\u00e1<\/i> die geboorte van haar eersteling nie, het opgelet hoe vooroordeel en indrukke `n leser se begrip van die voor die handliggende kan blokkeer. \u201c prima facie indruk op die leser (Matt. 1:25) is verseker dat \u2018Josef haar nie beken het totdat \u2026\u2019 was beperk tot die periode van tyd hier genoem\u2026Daar is niks in die skrifte wat neig om die indruk te verwyder nie\u2026 As geheel wil dit vir my voorkom asof niemand ooit sou gedink het om die vers op enige ander manier vertolk het as in sy prima facie betekenis nie, behalwe om dit te forseer volgens `n voorafopgestelde idee van die ewigdurendheid van die maagdelikheid van Maria. `n Biljoen Rooms Katolieke was oorreed om hierdie voor die handliggende feit te verdraai en te glo in die ewigdurende maagdelikheid en selfs sondeloosheid van Maria.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" alt=\"wat `n k\u00earel\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/what-guy.jpg\" style=\"margin-left: 10px; margin-right: 10px; float: left; width: 350px; height: 524px;\">Ons mag oplet dat niemand kon Johannes 17:3 verkeerd verstaan nie, \u201cVader, \u2026dat hulle U ken, die enige waaragtige Yahuwah\u201d totdat die Drie-eenheid konsep ingetree het om die eenvoudige, logieka en taal te vernietig. Ons mag oplet dat niemand kon Johannes 17:3 verkeerd verstaan nie, \u201cVader, \u2026dat hulle U ken, die enige waaragtige Yahuwah\u201d totdat die Drie-eenheid konsep ingetree het om die eenvoudige, logika en taal te vernietig.<\/p>\n<p>Die ywer wat sommige vertoon oor `n leerstelling wat hulle erken hulle nie kan verduidelik nie is bewonderenswaardig. Drie-eenheids apologeet Millard Erickson haal aan: \u201cProbeer om dit te verstaan [die Drie-eenheid] en jy sal jou verstand verloor.\u201d In teenstelling verseker die Apostel Paulus vir Tim\u00f3the\u00fcs dat \u201cYahuwah ons nie `n gees van vreesagtigheid gegee het nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. (2 Tim.1:7). En, Petrus het ges\u00ea, Yahuwah het aan ons \u201calles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug\u201d (2 Pet. 1:3). Moses verseker ons dat \u201c verborge dinge behoort aan Yahuwah onse God, maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid\u201d (Deut. 29:29). Ons moet besluit of ons leerstelling inderdaad \u201cgeopenbaar\u201d is of is dit `n ingewikkelde konstruksie gebaseer op `n post-bybelse tradisie.<\/p>\n<p>Miskien nes Paulus op Mars Heuwel gedoen het, moet ons sommige w\u00eareldse filosofie gebruik om ons punt duidelik te maak. Arthur Schopenhauer het ges\u00ea, \u201cDaar is geen opinie, hoe absurd ookal, wat mens nie geredelik sal omhels so gou as hulle tot die oortuiging gebring word dat dit algemeen aanvaar word nie.\u201d Winston Churchill het weer opgelet dat \u201cMeeste mense, struikel een of ander tyd, soms in hul lewe, oor die waarheid. Die meerderheid spring op, vee hulle self af, en spoed voort op hul besigheid asof niks gebeur het nie.\u201d George Orwell het ges\u00ea, \u201cOns het nou gesink tot op `n diepte waarteen die herstelling van die ooglopende die eerste plig van intelligente mense is.\u201d Orwell het ges\u00ea \u201cooglopend\u201d nie \u201cstompsinnig\u201d nie.<\/p>\n<p>Dit is die doel van hierdie kort geskrif om ons te herinner dat ons behoefte het om wat ons as waarheid beskou te evalueer, en nes Isaac Newton van Skriftuurlike lesery ges\u00ea het, \u201csonder inspanning dinge tot die grootste eenvoud sal verduidelik\u2026 Waarheid is altyd te vinde in eenvoud, en nie in die veelvoudigheid en verwarring van dinge nie.\u201d As die profete, Yahushua en die Apostels nooit die Drie-eenheid genoem het nie, hoe is dit moontlik dat dit so belangrik moet wees? Kon die Bybel skrywers, wie die woorde van Yahushua 11,000 keer gelees het, geglo het in die Drie-enige Yahuwah as daar nie in een van daardie 11,000 verskynings van \u201cYahuwah\u201d ooit die drie-enige Yahuwah bedoel is nie?<\/p>\n<p>Deesdae kleef die meeste verbete vas aan die leerstellings van twyfelagtige herkoms omdat hulle konstant en somstyds dreigende voorgestel deur die preekstoel, verloof aan die akademiese elite, of geheilig deur geskiedenis en gewilde name. Min doen soos die edele Bereane gedoen het. Hulle het hul tyd geneem en gedink en \u201celke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.\u201d (Hand. 17:12). Hy het hul edele benadering tot die waarheid geprys en aanbeveel.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><img decoding=\"async\" alt=\"manlike argitek\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/male-architect.jpg\" style=\"width: 720px; height: 480px;\"><\/p>\n<p>Deesdae bevraagteken baie die gesag van diegene wie aanspraak maak op \u201cspesiale kennis.\u201d Vooraanstaande en konserwatiewe teolo\u00eb wys die doktrinale foute uit wat vir 1600 jaar hoofstroom ortodoksie was. Mense wie hul \u201cGod ken\u201d het behoefte om gehoor te gee en tyd te h\u00ea om met ywerige gebed te ondersoek wat hulle glo. In die proses as daar `n skipbreuk van vroe\u00eb \u201cgeloof\u201d is, soos dit sekerlik baie moontlik is, sal daar `n groot behoefte wees vir egte Bybelse skoling om opregte geloof op te bou en die indoktrinasie waaraan ons almal gely het, te vervang.<\/p>\n<p>Wanneer ons uitvind dat ons vroe\u00eb oortuiging nie bybels of eg is nie, mag dit kom as `n verwoestende skok. Diegene wie deur die genade van Yahuwah beter weet, moet hul harte voorberei om diensknegte te wees aan die gebrokenes van hart. Diegene wie lief was vir teologie, beurse en die tradisie van die Kerk meer as die waarheid van Yahuwah se openbaring in die Skrifte en wie nie die moontlikheid kan besef dat hulle verkeerd kon wees nie, is in vir `n drastiese herrangskikking van hul geloof. Dit is wel ges\u00ea dat wanneer `n mens wie opreg fouteer het die waarheid aanhoor, hy ophou om of verder verkeerd te wees of stop om eerlik te wees. Dit mag wel die keuse wees vir diegene wie opeg van hart is om die geloofsbelydenis van Yahushua en die Drie-eenheid ondersoek. \u201cGese\u00ebnd is Yahuwah en Vader van ons Here Yahushua Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot `n lewende hoop deur die opstanding van Yahushua Christus uit die dode, sodat ons `n onverganklike en onbesmette erfenis kan verkry\u2026in die hemele bewaar vir ons.\u201d (1 Petrus 1:3-4). Een God die Vader. Een Messias en een Evangelie van die Koninkryk.<\/p>\n<p>Daardie kosbare erfenis van die Koninkryk sal ons s`n wees wanneer Yahushua terugkeer om aan ons onsterflikheid te gee in hierdie w\u00earedwye Koninkryk op `n hernude aarde. In Yahushua se einste Joodse gedagtegang, is al die toekomende dinge vooraf beplan in die hemel deur Yahuwah. Hulle sal geopenbaar word in die toekomstige aarde, met die wederkoms van die Messias om aan die herstelde troon van Israel te sit. Hierdie groot belofteis klokhelder duidelik in Matt. 19:28. Die apostels opgelei deur Yahushua en deeglik begripvol omtrent die Koninkryk (Matt. 13:51; cp. Hand. 1:3; Matt. 5:5; Rom. 4:13; Open. 5:10) het die toepaslike \u201claaste vraag\u201d in Hand. 1:6 gevra: \u201cHere, gaan U in hierdie tyd die Koninkryk van Israel weer oprig?\u201d Hulle het ywerig gewag op hul Christen lot in die Koninkryk wat sou kom.<\/p>\n<p>D\u00edt alles kom as `n skok vir hulle wie opgegroei het in `n die\u00ebt van \u201chemel\u201d as `n vae plek vir ontliggaamde siele tydens die dood. Waarom nie al daardie \u201chemel\u201d taal vervang vir die Koninkryk van Yahuwah wat sal kom nie? En waarom nie die geloofsbelydenis van Yahushua aanvaar dat die Here Yahuwah een Here is nie (Markus 12:29), en sekerlik nie twee of drie nie.<\/p>\n<hr>\n<p>Dit is `n nie-WLC artikel geskryf deur Keith Relf.<\/p>\n<p>Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die naam van die Vader en Seun in die Skrif herstel, soos dit oorspronklik deur die ge\u00efnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is. \u2013 WLC Span<\/p>\n","protected":false},"featured_media":105649,"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":[],"class_list":["post-111322","wlc-article","type-wlc-article","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","wlc-article-category-veranderinge-in-die-leer-van-die-kerk","wlc-content-directory-the-binitarian-trinitarian-error"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v26.7 - https:\/\/yoast.com\/wordpress\/plugins\/seo\/ -->\n<title>Buite Rede - Worlds Last Chance<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/beyond-reason\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Buite Rede - Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hierdie is `n nie \u2013 WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks gese\u00ebn deur die bediening van baie dienaars van [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/beyond-reason\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-08-22T10:25:33+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/beyond-reason-afrikaans.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1034\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"656\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/beyond-reason\/\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/beyond-reason\/\",\"name\":\"Buite Rede - Worlds Last Chance\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/beyond-reason\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/beyond-reason\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/beyond-reason-afrikaans.png\",\"datePublished\":\"2021-07-28T04:06:31+00:00\",\"dateModified\":\"2025-08-22T10:25:33+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/beyond-reason\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/beyond-reason\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/beyond-reason\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/beyond-reason-afrikaans.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/beyond-reason-afrikaans.png\",\"width\":1034,\"height\":656},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/beyond-reason\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Articles\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Buite Rede\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/\",\"name\":\"Worlds Last Chance\",\"description\":\"\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Buite Rede - Worlds Last Chance","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/beyond-reason\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Buite Rede - Worlds Last Chance","og_description":"Hierdie is `n nie \u2013 WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks gese\u00ebn deur die bediening van baie dienaars van [&hellip;]","og_url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/beyond-reason\/","og_site_name":"Worlds Last Chance","article_modified_time":"2025-08-22T10:25:33+00:00","og_image":[{"width":1034,"height":656,"url":"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/beyond-reason-afrikaans.png","type":"image\/png"}],"twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/beyond-reason\/","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/beyond-reason\/","name":"Buite Rede - Worlds Last Chance","isPartOf":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/beyond-reason\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/beyond-reason\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/beyond-reason-afrikaans.png","datePublished":"2021-07-28T04:06:31+00:00","dateModified":"2025-08-22T10:25:33+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/beyond-reason\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/beyond-reason\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/beyond-reason\/#primaryimage","url":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/beyond-reason-afrikaans.png","contentUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/beyond-reason-afrikaans.png","width":1034,"height":656},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/beyond-reason\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Articles","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Buite Rede"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/","name":"Worlds Last Chance","description":"","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article\/111322","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article"}],"about":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/wlc-article"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=111322"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/105649"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=111322"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}