{"id":110528,"date":"2017-04-27T05:09:29","date_gmt":"2017-04-27T05:09:29","guid":{"rendered":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/wlc-article\/migrating-geslaan-in-die-gees-waarheid-of-kettery\/"},"modified":"2025-08-21T23:07:47","modified_gmt":"2025-08-21T23:07:47","slug":"geslaan-in-die-gees-waarheid-of-kettery","status":"publish","type":"wlc-article","link":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/articles\/veranderinge-in-die-leer-van-die-kerk\/geslaan-in-die-gees-waarheid-of-kettery\/","title":{"rendered":"Geslaan in Die Gees: Waarheid of Kettery?"},"content":{"rendered":"<table style=\"width: 100%; border-collapse: collapse\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"3\" bordercolor=\"#000000\" border=\"1\" bgcolor=\"#ffffff\">\n<tbody>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"100%\">\n<p align=\"center\"><font size=\"2\"><strong><\/strong><\/font><\/p>\n<p align=\"center\"><strong><\/strong><\/p>\n<p class=\"indenttext\"><font size=\"2\"><\/font><\/p>\n<p align=\"center\"><font size=\"2\">Die gees wat deur geloofsgenesers gemanifesteer en diegene wie daarop aanspraak maak om in \u201cdie gees te sneuwel\u201d <br \/>\nis nie d\u00edt van die Heilige Gees van Yahuwah nie.<\/font><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Dit het saggies begin. Net `n sagte,<br \/>\nfyn geluid wat die kloosterstilte versteur het. Maar toe gebeur dit weer. Het<br \/>\n`n kat sy weg in die klooster gevind? <\/p>\n<p>`n Tweede kat het by die eerste<br \/>\naangesluit. Waarvandaan het die diere gekom? Die abdis moeder het geruisloos<br \/>\nmet die gang afgewandel. Diere het geen plek binne hierdie gewyde mure nie! Sy<br \/>\nhet die geluid na `n klein kamer gevolg waar `n suster bedaard gevee het. Waarom<br \/>\nhet sy net daar gestaan en vee? Waarom het sy nie probeer om die kat te vang en<br \/>\ndaarvan ontslae geraak nie? <\/p>\n<p>Die non het omgedraai. Haar lippe<br \/>\nbeweeg. \u201cMiaau?\u201d<\/p>\n<p>Onmiddelik, verder af in die gang, kom<br \/>\ndie antwoord: \u201cMiaau!\u201d<\/p>\n<p>Moeder Owerste haas haar na die<br \/>\nvolgende vertrek. Twee nonne kyk verbaas op en vra vriendelik, \u201cMiaau?\u201d<\/p>\n<p>Dit was die susters wat die ophef<br \/>\nveroorsaak het! Maar toe het  `n ander<br \/>\nstem  aangesluit. Dit het versprei! Dit<br \/>\nwas nie lank nie toe die katagtige infeksie na die ander nonne in die Franse<br \/>\nklooster versprei het. Toe gebeur iets vreemds. Die miaauende susters het begin<br \/>\nom hul kattemaaiery te sinchroniseer! Teen sekere tye van die dag, het hulle<br \/>\nalmal vir verskeie ure tesame gemiaau. Niks wat die abdy gedoen het, kon hulle<br \/>\nlaat stop nie.  <\/p>\n<p>Die geraas het mense in die omliggende<br \/>\ndorp gepla. Die dorpenaars was bevrees dat die susters besete was en het die<br \/>\ninsident aan die regering gerapporteer. Soldate was gestuur om die oorsaak van<br \/>\ndie vreemde fenomeen te ondersoek. Nadat hulle die klooster deursoek het, het<br \/>\nhulle aangekondig dat elke non wie voortgaan om te miaau gegesel sal word.<sup>1<\/sup><\/p>\n<p>Pobleem opgelos. Geen gemiaau meer nie!<br \/>\nEeue later, het dit `n fassinerende gevalle studie gebly van wat niks meer as<br \/>\nmassa histerie was wat amok gemaak het onder vervelige kamermaats nie.<\/p>\n<p align=\"center\"><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/nuns-meow-1-3.jpg\" title=\"nonne miaau\" alt=\"nonne miaau\"><\/p>\n<p align=\"center\"><font color=\"#6699cc\"><strong>Die nonne van Frankryk was nie die enigste Christene wie ooit deur die mag van ingewing be\u00efnvloed was nie. <br \/>\n<\/strong><\/font><\/p>\n<p>Maar so skokkend as wat dit is om voor<br \/>\nte stel, was dit nie die laaste keer dat massa histerie en die mag van<br \/>\nvoorstelling Christene be\u00efnvloed het nie. <\/p>\n<p><font size=\"1\">[Onder<br \/>\ngeen omstandighede is WLC `n voorstaander van die gewoontes en tradisies van <a title=\"\" href=\"\/end-time-prophecy\/wie-is-die-dier-van-openbaring.html\">die Rooms Katolieke Kerk<\/a> nie. Bogenoemde verhaal<br \/>\nwas gedeel net ter illustrasie.] <\/font><\/p>\n<h3><strong>Geslaan in die Gees<\/strong><\/h3>\n<p>In die eerste sendbrief aan Timothe\u00fcs,<br \/>\nwaarsku Paulus: \u201cMaar die Gees s\u00ea uitdruklik dat in die laaste tye sommige van<br \/>\ndie geloof afvallig sal word en verleidinge en leringe van duiwels sal<br \/>\naanhang.\u201d (1 Timothe\u00fcs 4:1, OV) Die charismatiese leerstelling van \u201cgesneuwel<br \/>\nin die gees\u201d is een van die leringe van duiwels. <\/p>\n<p>Soms word daarna verwys as \u201cgeval in<br \/>\ndie Gees\u201d of die \u201caanraking van mag.\u201d Dit gebeur dikwels wanneer iemand<br \/>\ngenesing soek.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">Die term \u201cgesneuwel in die Gees\u201d word<br \/>\nin die Charismatiese kringe van die Christen Kerke gebruik om `n veronderstelde<br \/>\nbeweging van die Heilige Gees oor `n persoon aan te dui. Die aanspraak is dat<br \/>\ndie Heilige Gees met s\u00f3 `n mag oor die persoon vaardig word, dat die persoon<br \/>\n\u201csneuwel.\u201d Dit beteken nie dat die persoon sterf nie, maar dat hy\/sy s\u00f3<br \/>\noorweldig is deur die teenwoordigheid van die Gees dat hy\/sy op die grond<br \/>\nneerval, ten volle oorrompel.<sup>2<\/sup><\/p>\n<p>Natuurlik, is alle dinge met Yahuwah<br \/>\nmoontlik. Omdat die Skepper al-magtig is, is dit heeltemal moontlik dat Hy<br \/>\ninderdaad, met so `n mag op `n persoon kan kom, dat hy\/sy oorweldig word. Die<br \/>\nkwessie is nie of Yahuwah dit kan doen of nie, maar eerder of so `n uitgangspunt<br \/>\n\u2013 en deur uitbreiding, so `n gewoonte \u2013 Bybels is.   <\/p>\n<p>Voorstaanders van hierdie gewoonte haal<br \/>\nverskeie gedeeltes uit die Skrifte aan as bewys dat dit in die Bybelse tye<br \/>\ngebeur het. Maar, `n noukerige ondersoek van hierdie gedeeltes verklaar dat<br \/>\nhulle nie deur die \u201cgevallery\/gesneuwel in die Gees\u201d vervul kan word, sonder om<br \/>\ndie Skrifte te verdraai nie. <\/p>\n<p>Een dikwels aangehaalde vers beskryf<br \/>\ndie inwyding van Salomo se tempel.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">En toe die trompetblasers en die<br \/>\nsangers almal saam eenstemmig begin om Yahuwah te prys en te loof, en net toe<br \/>\nhulle die stem verhef met die trompette en met die simbale en die<br \/>\nmusiekinstrumente, en met: Loof Yahuwah, want Hy is goed, want Sy goedertierenheid<br \/>\nis tot in ewigheid! \u2013 is die huis, <em>die<br \/>\nhuis van Yahuwah, vervul met `n wolk. <\/em><\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\"><em>En die priester kon vanwe\u00eb die wolk nie staan om diens te doen nie<\/em>, want die heerlikheid van Yahuwah het<br \/>\ndie huis van Elohim vervul. (2 Kronieke 5:13-14) <\/p>\n<p>Neem notisie dat daar nie `n enkele<br \/>\ngeval in bogenoemde verse is wat beskryf dat iemand omgekap het onder die mag<br \/>\nvan Yah, of selfs deur genesing wat plaasgevind het nie. Heeltemal die<br \/>\nteenoorgestelde. Vers 11 s\u00ea deels, \u201cAlle priesters wat teenwoordig was, was<br \/>\ngeheilig.\u201d Dit was teen die Levitiese kode vir enige man wie nie in goeie gesondheid<br \/>\nwas om voor Yahuwah diens te doen nie, daarom sou nie een van die priesters<br \/>\nteenwoordig,  gesoek het na genesing nie,<br \/>\nwant hulle sou nie daar wees nie. (Sien Levit\u00edkus<br \/>\n21:16-23.) <\/p>\n<p>Verdedigers verwys ook na die Heiland se<br \/>\ngevangeneming in die Tuin van Geths\u00e9mane. Toe Yahushua vra na wie hulle soek, \u201cHulle antwoord Hom: Yahushua, die Nasar\u00e9ner. Yahushua s\u00ea<br \/>\nvir hulle: Dit is Ek. En ook Judas, Sy verraaier, het by hulle gestaan. Toe Hy<br \/>\ndan vir hulle s\u00ea: Dit is Ek, <em>het hulle<br \/>\nagteruitgegaan en op die grond geval<\/em>.\u201d (Johannes 18:5-6) <\/p>\n<p>Nog `n gewilde teks wat gebruik word om aan te dui<br \/>\ndat dit Bybels is, is te vinde in die verhaal oor die bekering van Paulus van<br \/>\nTarsus. \u201cEn toe hy op sy reis naby Damaskus kom,<br \/>\nomstraal hom skielik `n lig van die hemel af; <em>en hy val op die grond <\/em>en hoor `n stem vir hom s\u00ea: Saul, Saul,<br \/>\nwaarom vervolg jy My?\u201d (Handelinge 9:3-4)  <\/p>\n<p>N\u00f3g die bose ineenstorting tydens<br \/>\nYahushua se arrestasie, n\u00f3g die val van Saul kan gebruik word om die moderne<br \/>\ngeloofsoortuiging van die val in die Gees te ondersteun, want diegene wie kom<br \/>\nna die verskeie geloofsgenesers is gewoonlik baie opreg van hart, tot die beste<br \/>\nvan hulle vermo\u00eb, is hulle regverdig voor Yahuwah soos hulle soek na Sy<br \/>\nse\u00ebninge. <\/p>\n<p align=\"center\"><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/3ZtZHEgj-praying-3.jpg\" title=\"lees Bybel\" alt=\"lees Bybel\"> <\/p>\n<p>Daar is `n paar gevalle in die Skrifte waar `n man<br \/>\nvan Yahuwah oorweldig was deur die hemelse glans, heerlikheid, en goddelike<br \/>\nmag. Maar, die rigting waarin hulle val gegee is, sonder ommekeer altyd<br \/>\nvooroor, op hulle aangesig in `n wyse van aanbidding. Soos byvoorbeeld: \u201cEn ek het die geluid van sy woorde gehoor, en toe ek die<br \/>\ngeluid van sy woorde hoor, <em>het ek<br \/>\nbewusteloos op my aangesig, met my aangesig op die aarde, geval.<\/em> En kyk, `n<br \/>\nhand het my aangeraak en my op my knie\u00eb en op die handpalms waggelend laat<br \/>\nopstaan.\u201d (Dani\u00ebl 10:9-10, OV)<\/p>\n<p>Dit is heeltemal anders as enigiets wat plaasvind<br \/>\nwanneer mense in die hedendagse Gees geslaan is. Toe Dani\u00ebl ineenstort, het die<br \/>\nengel onmiddelik uitgereik en hom versterk. Johannes van Openbaring, ook, was<br \/>\nonmiddelik versterk toe hy deur die mag van Yah oorweldig was: \u201cEn toe ek Hom<br \/>\nsien, val ek soos `n dooie aan Sy voete; en Hy het sy regterhand op my gel\u00ea en<br \/>\nvir my ges\u00ea: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste.\u201d (Openbaring<br \/>\n1:17, OV) <\/p>\n<p>Evangeliste en geloofsgenesers wie in<br \/>\ndie gees slaan reik nooit uit om die sogenaamde geoorweldigdes deur die mag van<br \/>\nYahuwah, te versterk nie. Dit lyk eerder of hulle hul verlustig in die demonstrasie van \u201chul\u201d mag. Baie van hulle het inderdaad<br \/>\n\u201cvangers\u201d wie seker maak dat diegene wie agteroor tuimel, nie beseer word nie. <\/p>\n<h3><strong>Nabootsing van die Ootmoedige en<br \/>\nOnderdanige Een?<\/strong><\/h3>\n<p>Ten spyte van hierdie voorsorgmaatre\u00ebl,<br \/>\nwas mense voorheen beseer. Die familie van Ella Peppard het `n multi-miljoen<br \/>\ndoller saak teen evangelis Benny Hinn aanhangig gemaak vir beserings wat sy<br \/>\ntydens `n herlewingsdiens opgedoen het \u2013 beserings wat hulle aanvoer haar dood<br \/>\nveroorsaak het.  <\/p>\n<p> \u201cPeppard,<br \/>\n85, het op 23 Sept. 1986, gesterf weens geblokeerde are nadat sy gehospitaliseer<br \/>\nwas vir `n gebreekte heup. Sy het die fraktuur 15 dae vroe\u00ebr opgedoen tydens `n<br \/>\nherlewing by die Faith Tabernacle.\u201d<sup>3<\/sup> <\/p>\n<p>Peppard het in die lyn gewag om die se\u00ebn<br \/>\nvan Hinn te ontvang toe hy die man wat voor haar staan s\u00f3 hard slaan, dat sy<br \/>\nteruggedeins het, neerslaan en haar heup breuk. <\/p>\n<p class=\"indenttext\">Instede daarvan om haar mediese bystand<br \/>\nte verleen, het Hinn beveel dat Peppard van die verhoog verwyder moes word en<br \/>\nin `n sitplek naby die voorkant van die kerk te sit, het die hofsaak ges\u00ea.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">Toe een begeleier aanbied om mediese<br \/>\nhulp aan Peppard te verleen, het getuies ges\u00ea dat Hinn die draer gestop het en<br \/>\ns\u00ea, \u201cLaat haar alleen. God sal haar genees.\u201d<sup>4<\/sup><\/p>\n<p>In nog `n insident waar Hinn betrokke<br \/>\nwas, was sy seun en twee lyfwagte gearresteer omdat hulle `n doof stom man<br \/>\ngeslaan en gemartel het wie die verhoog, soekende na se\u00ebninge,  met `n bietjie water bestyg het.  <\/p>\n<p class=\"indenttext\">Hestephen Araujo, 21, het herhaaldelike<br \/>\nhospitaal behandeling benodig na die insident &#8230; tydens `n godsdienstige<br \/>\nveldtog in Manaus, noordelike Brasili\u00eb.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">Die polisie het Joshua Hinn, 21,<br \/>\nsaammet twee van Benny Hinn se lyfwagte aangehou, op suspisie van marteling<br \/>\nnadat die drie mans Mnr. Araujo volgens bewering in `n sleepwa opgesluit en hom<br \/>\nfisies aangerand het. . . .  <\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">Die mans het Mnr. Aruajo na `n woonwa wat<br \/>\nna aan die verhoog staan, geneem en hom na bewering daarbinne gevange gehou, en<br \/>\nhom geslaan en rondgestamp namate hulle wou weet wie hy was. <\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">Omdat die man nie kon hoor of reageer<br \/>\naan hulle vereistes nie, het die fisiese aggressie voortgeduur, luidens die<br \/>\npolisie verklaring. <\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">Krygskundige offisiere het die woonwa<br \/>\ningebars nadat bekommerde lede van die publiek die polisie ingeroep het.<sup>5<\/sup><\/p>\n<p>Dit is heeltemal teenstrydig met die<br \/>\nhandelinge van Yahushua of enige van die apostels! Robert Liichow, wie eens<br \/>\nself in hierdie beweging betrokke was, is nou daarop uit om mense se verstande<br \/>\nte verlig oor die dwaalleer daarvan. Hy skryf: <\/p>\n<p class=\"indenttext\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/falling-down-3.png\" title=\"val agteroor\" style=\"margin-right: -20px\" alt=\"val agteroor\" align=\"left\" width=\"450\" height=\"431\">Die vanselfsprekende vraag is dit \u2013 <strong><em>as<br \/>\nGod mense neerslaan, waarom moet ons hulle vang?<\/em><\/strong> Hulle verduidelik<br \/>\nhierdie manifestasie as onmiddelik deur die mag en teenwoordigheid van die<br \/>\nHeilige Gees teweeggebring. Indien dit so is, [is] Hy &#8230; nie magtig genoeg om<br \/>\nte sien dat diegene wie Hy met soewereine mag neerslaan, ongedeerd bly deur Sy<br \/>\nse\u00ebninge nie? Hierdie kerke stel vangers aan omdat hulle (1) weet dat mense<br \/>\nbaie keer voorgee om te val, dit is `n geprogrammeerde  respons. (2) Hulle kom kort aan geloof in<br \/>\nhulle eie opgestelde geloofoortuiginge. God is vanselfsprekend nie opgewasse<br \/>\ngenoeg om Sy volk te beveilig nie.  <strong><em> <\/em><\/strong><\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">Saammet die vangers het ons<br \/>\nsusters  &#8230; wie langs of agter die<br \/>\nvangers gaan met groot linne materiaal. Hulle bediening was om hierdie linne<br \/>\nmateriaal oor die vrouens [sic] se bene en liggamme te plaas. Waarom? Want baie<br \/>\nkere wanneer vrouens in die gees geslaan word sal hulle in onbetaamlike<br \/>\nposisies neerval.  <\/p>\n<p>Ons het gevalle waar [toe] sommige ongelukkige vroue geval het word hulle rokke<br \/>\nso hoog teen hul liggamme opgelig, dat hulle bene op onbetaamlike wyses<br \/>\nontbloot word. Wanneer die Heer verkies om Sy dogters op hierdie wyses te<br \/>\nverontwaardig, moet ons daar vinnig op die toneel wees om hulle skaamte te<br \/>\nbedek. Klink dit werklik soos iets wat [Yahuwah Elohim] aan Sy dogters sou<br \/>\ndoen?<sup>6<\/sup>  <sup><br \/>\n<\/sup><\/p>\n<h3><strong>Breek Weg<\/strong><\/h3>\n<p>Yahushua het belowe, En julle sal die<br \/>\nwaarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.\u201d (Johannes 8:32, OV) Meer en<br \/>\nmeer mense wie voorheen aktief was in hierdie beweging het vrygebreek van<br \/>\nhierdie misleiding. Hulle is tans besig om andere te waarsku oor hierdie<br \/>\nvreemde geloof. Mark Haville is een so `n persoon. Wanneer gevra word wat hom<br \/>\ndaaruit gekry het, antwoord Haville dat hy eenvoudig net die Skrifte lees.<sup>7<\/sup><\/p>\n<p>Mike Wright, `n ander broeder wie nie<br \/>\nmeer langer oortuig is dat die Bybel hierdie gewoonte ondersteun nie, wys `n<br \/>\nander probleem oor die geloof uit: brute krag. Hy skryf:  <\/p>\n<p class=\"indenttext\">Benny Hinn het tydens `n gebeds ontbyt<br \/>\n`n praatjie gelewer en ek het hom dopgehou bid vir my moeder aan die ander kant<br \/>\nvan ons tafel. Die groep van Volle Evangelie Besigheidsmanne wie hierdie<br \/>\nontluikende superster vergesel het, het soos `n eskader lyfwagte rondom die<br \/>\npresident opgetree, wie groot verwagtinge en opgewondenheid verwag, en het mag<br \/>\nen prestige uitgestraal net op die wyse waarop hulle die skare genader en<br \/>\ndaardeur beweeg het.  <\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">Mammie was nie in-die-gees-geslaan-nie,<br \/>\nmaar sy het my vertel dat \u2013 indien Benny bietjie langer getalm het om haar<br \/>\nvoorkop agteroor te forseer \u2013 sou sy geval het. <em>Dit was haar skynbare verontwaardigde respons teenoor die feit dat sy<br \/>\nnie getrou genoeg was, of genoeg toegegee het, of regverdig genoeg was\u2019 om<br \/>\ngese\u00ebnd te wees met hierdie (veronderstelde) wonderlike handeling van die<br \/>\nHeilige Gees nie. (<\/em>Dit was my eerstehandse siening van die skuld inbegrepe<br \/>\n\u2013 en dikwels uitdruklik \u2013 uitgeoefen op die soeker\/ontvanger).<sup>8<\/sup> <em> <\/em> <\/p>\n<p>Druk word op die een geplaas wie soek<br \/>\nna se\u00ebninge of genesing om die krag van die Gees op `n fisiese respons te<br \/>\ndemonstreer. As hulle nie een het nie, word dit (deur beide die wie kyk en die<br \/>\nindiwidu), veronderstel dat die fout l\u00ea met die persoon omdat hy te kort kom aan<br \/>\ngenoegsame geloof. Dit is pure druk wat uitgevoer was in die geestelike<br \/>\nterrein. Wright kom tot die gevolgtrekking deur hartverskeurend op te let:   <\/p>\n<p class=\"indenttext\">Ek kan oor die dertig jaar se verhale<br \/>\naan julle heruitsaai, en die slotsom van hulle almal is dat ons (onwetend) in<br \/>\n`n klugspel deelgeneem het \u2013 mislei deur mense wie van beter geweet het of wie<br \/>\nvan beter moes geweet het. Deur [Yah] se woord oor die geval nou volledig te<br \/>\nondersoek, <em>kan ons die leerstelling van<br \/>\ngesneuwel-in-die-gees duidelik verwerp. N\u00earens is die gewoonte in die Bybel te<br \/>\nvinde nie, en slegs op die vyande van [Yah] het die fors gekom om hulle<br \/>\nagteroor te laat val. <\/em>In elke ander geval wat gespesifiseer is, het mense<br \/>\nwie in die teenwoordigheid van Yah gekom het, gewilliglik vooroof gebuig, op hulle<br \/>\naangesigte, (in ootmoedige aanbidding) \u2013 of het hulle GESTERF.<sup>9<\/sup>   <\/p>\n<h3><strong>Verstand Beheer Verstand<\/strong><\/h3>\n<p>Die ondervinding van \u201cin die Gees<br \/>\ngeslaan\u201d word dikwels opgelet in groot byeenkomste of in evangelistiese<br \/>\npogings, waar die prediker `n spesiale tyd vir genesing sal h\u00ea. Hy of sy sal<br \/>\nrondgaan, hande opleggings doen op die siekes se voorhoofde, wie dan agteroor<br \/>\nsal val. Sommige \u201cgeloofgenesers\u201d soos Benny Hinn, sal selfs so ver gaan om `n<br \/>\ngrap te maak van die mag van die Heilige Gees, deur sy pak se baadjie oor die<br \/>\nskare te swaai of oor hulle te blaas, waarvolgens hulle, voorspelbaar, sal<br \/>\nagteroor tuimel. <\/p>\n<p>Mark Haville, vroe\u00ebr genoem, was in `n<br \/>\nonderhoud gevra presies hoe gesneuwel in die gees werk. Hy het die volgende lys<br \/>\nopgestel: <\/p>\n<ol>\n<li>Mense is voorspelbaar. `n Persoon kan<br \/>\ngelei word in `n voorgestelde gedagtegang, of in `n veranderde staat van<br \/>\nbewustheid, waar hulle meer geneig is om deur die spreker be\u00efnvloed te word en<br \/>\ndie reaksies van diegene rondom hulle.<\/li>\n<li>Program leiers kies opsetlik musiek wat<br \/>\nkorrespondeer met `n persoon se hartslag. Die maat van die meeste lof en<br \/>\naanbiddings musiek kom goed in lyn met die kardio vasikul\u00eare stelsel.<\/li>\n<li>Vermaak kunstenaars verstaan die mag<br \/>\nvan groeps dinamiek. Dit is waarom komediante en rock sterre openings optredes<br \/>\nhet om die \u201cskare op te warm.\u201d Groeps dinamika werk ook voordelig met<br \/>\ngeloofsgenesers. Wanneer die verwagting van enigeen wat toekyk verwag dat jy<br \/>\nmoet val wanneer aangeraak aan die voorhoof, sal die meeste mense val.<\/li>\n<li>Herhaalde spreek patrone, en selfs<br \/>\nsekere stem tone, kan help om gedagtegange te beheer.  Neuro-linguistic<br \/>\nProgramming and Eriksonian hypnosis het selfs daardie Christen denominasies ingesypel wie nie Pinkster is nie,<br \/>\nmet sommige pastore wie spog oor hulle vermo\u00eb om hulle gemeentes te<br \/>\nhipnotiseer. <\/li>\n<li>Persone in sulke toneelskikkinge is vatbaar<br \/>\nvir hipnotisme. Sodoende sal hul pyn vir `n tydperiode goed voorkom asof dit weg<br \/>\nis. Maar, opvolgstudies het getoon dat die oorgrootte meerderheid van diegene<br \/>\nwie in die eerste plek gedink het dat hulle genees was, inderwaarheid nie is<br \/>\nnie.    <\/li>\n<\/ol>\n<p>Charles S. Price het `n herlewing in<br \/>\nBrits Colombia gehou waar 350 mense self geglo het dat hulle genees was. Maar<br \/>\nses maande later, het `n opvolg studie baie ontstellende resultate gewys. Van<br \/>\ndie 350 mense wie hulself as genees beskou het, was 301 steeds siek, 39 wie<br \/>\neintlik gesterf het, en vyf van hulle het besete geraak. Slegs vyf het<br \/>\naangevoer dat hulle steeds genees was.<sup>10<\/sup> <\/p>\n<p>Harville erken dat hierdie selfde<br \/>\npraktyke, wie presies dieselfde metodes gebruik, in oosterse godsdienste en<br \/>\nverskeie mistieke tradisies van oor die w\u00eareld gebruik word. <\/p>\n<p>Paulus waarsku hoe Satan homself kan<br \/>\nverander in `n engel van die lig, met die stelling: \u201cEn geen wonder nie! Want<br \/>\ndie Satan self verander hom in `n engel van die lig. Dit is dan niks besonders<br \/>\nwanneer sy dienaars hulle voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle<br \/>\neinde sal wees volgens hulle werke.\u201d (2 Korinthi\u00ebrs 11: 14-15, OV) Dit is<br \/>\npresies wat gebeur met die <u>Pinkster<br \/>\nbeweging<\/u>: gewysigde toestande<br \/>\nvan bewustheid, geestelike beswyminge, hipnose, ens. Deur Christelike<br \/>\ntermonologie te gebruik, gebede na \u201cJesus\u201d, oproep vir \u201cherlewing\u201d, berisping<br \/>\nvan gelowiges om \u201cgeloof\u201d te h\u00ea, klee hierdie Christen gurus die okkultiese<br \/>\ngeloofsgebruike in `n gewaad van lig.  <\/p>\n<p>Alhoewel geloofsgenesers en ander<br \/>\nopenlike vertoon daartoe bygedra het,  was die Heilige Gees mag reeds vir `n lang tyd<br \/>\nteenwoordig, hierdie gewoonte het `n grootskaalse herlewing ontvang in die<br \/>\nToronto Lughawe Kerk, Toronto, Kanada, in 1994. Een van die stigters van<br \/>\nhierdie beweging, Paul Goldee<sup>11<\/sup>, het in die eerste plek geglo dat<br \/>\ndit eerlikwaar van Yahuwah is. Maar na hy sommige mense soos honde hoor tjank<br \/>\nhet, of opgetree het in `n dierlike manier veronderstellend onder die mag van<br \/>\ndie Heilige Gees, het hy begin bevraagteken of dit werklik van Yah is. Hy<br \/>\nwaarsku:     <\/p>\n<p class=\"indenttext\">Deesdae, sou ek s\u00ea dat dit baie<br \/>\ndonkerder is &#8230;Deesdae, glo ek dat daardie gees `n valse gees is, `n valse<br \/>\ngees en nie <a title=\"\" href=\"\/biblical-christian-beliefs\/die-heilige-gees-die-teenwoordigheid-van-yah.html%20\">die Heilige Gees<br \/>\nvan die Skrifte nie<\/a> &#8230; Ek sal s\u00ea dat dit nooit `n ware,<br \/>\nopregte manifestasie van die Heilige Gees is nie, want die vrugte van daardie<br \/>\nkerk is verrot. &#8230; Die Heilige Gees, deur sy einste naam, is Heilig. Hy sal<br \/>\nnooit mense bemoedig om iets onheiligs te doen nie.  <\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">Mense &#8230; is in die beeld van [Yah]<br \/>\ngeskep. Waarom sou [Yahuwah] menslikheid beroof deur hulle te laat handel soos<br \/>\ndiere? As daar enigiets wat manifesteer in hierdie byeenkomste teenstrydig met<br \/>\ndie Heilige Gees, dan is dit nie van [Yahuwah] nie, omdat [Yah] nie verander<br \/>\nnie. &#8230; Moet dit nie aanneem nie; moenie dink dat dit `n nietigheid is nie.<br \/>\n&#8230; Dit is nie van [Yah] nie. &#8230; dit is `n uitvindsel van die duiwel en &#8230;<br \/>\ndit sal tot die algehele uitwissing van die manne, en die vroue, en die kinders<br \/>\nlei wie dit sal aanneem.<sup>12<\/sup> <\/p>\n<p align=\"center\"><sup><span><\/span> <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/slain-3.jpg\" title=\"geslaan in die Gees\" alt=\"geslaan in die Gees\" width=\"350\" height=\"262\"><\/sup><\/p>\n<p><font color=\"#6699cc\"><strong>Skrifte bevat geen verwysing van vroe\u00eb gelowiges wie toegee aan enige van die gruwelike, onwaardige vertoon wat gesien word in diegene wie \u201cgeslaan is in die Gees\u201d nie. Bybelse aanbidding was heilig, nes Yahuwah heilig is. Die vreugde van Yah het nooit die indiwidu se persoonlike waardigheid vernietig nie. Een van die vrugte van die gees is selfbeheersing. Sou Yahuwah iets waarin Hy probeer om Sy karakter te plaas, aktief vernietig?  <br \/>\n<\/strong><\/font><\/p>\n<table style=\"width: 100%; border-collapse: collapse\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"3\" bordercolor=\"#000000\" border=\"1\" bgcolor=\"#ffffff\">\n<tbody>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"100%\">\n<p align=\"center\"><font size=\"2\"><strong><\/strong><\/font><\/p>\n<p align=\"center\"><strong><\/strong><\/p>\n<p><span><\/span><\/p>\n<p><span><\/span><\/p>\n<p class=\"indenttext\"><font size=\"2\"><\/font><\/p>\n<p class=\"indenttext\"><strong><span>Vergelyk die onsekere en onwaardige gedrag van diegene waarvan ges\u00ea word dat \u201cin die gees geslaan\u201d met diegene wie `n werklike ondervinding van die helende aanraking van die Meester Yahushua ervaar het:   <br \/>\n<\/span><\/strong><\/p>\n<p class=\"indenttext\"><span>En hulle het aan die oorkant van die see gekom in die land van die Gadar\u00e9ners. En toe hulle uit die skuit gaan, kom daar dadelik uit die grafte Hom tegemoet `n man met `n onreine gees, wat sy verblyf in die grafte gehad het. En niemand kon selfs met kettings hom bind nie; want hy was dikwels met voetboeie en kettings gebind, en die kettings is deur hom uitmekaar geruk en die voetboeie stukkend gebreek; en niemand was in staat om hom te tem nie. En altyd, nag en dag, het hy aangehou om te skreeu op die berge en in die grafte en homself met klippe stukkend te slaan. En toe hy Yahushua van ver af sien, hardloop hy en val voor Hom neer en skreeu met `n groot stem en s\u00ea: Wat het ek met U te doen, Yahushua, Seun van die Aller Hoogste Yah? Ek besweer U by Elohim om my nie te pynig nie. Want Hy het vir hom ges\u00ea: Onrein gees gaan uit hom uit! En Hy vra hom: Wat is jou naam? En hy antwoord en s\u00ea: Legio is my naam, want ons is baie. Toe smeek hy Hom dringend om hulle nie uit die land weg te stuur nie. En d\u00e1\u00e1r teen die berge het `n groot trop varke gewei, en al die duiwels het Hom gesmeek en ges\u00ea: Stuur ons in die varke, sodat ons in hulle kan vaar. En Yahushua het dit dadelik toegelaat; en die onreine geeste het uitgegaan en in die varke gevaar, en die trop \u2013daar was omtrent tweeduisend \u2013 het van die krans af in die see gestorm en in die see verdrink. En die wagters van die varke het gevlug en dit in die stad en in die buitewyke vertel; en hulle het uitgekom om te sien wat daar gebeur het. <strong>Toe kom hulle by Yahushua en sien die besetene sit, <u>gekleed en by sy verstand<\/u> \u2013 die een wat die legioen gehad het en hulle was bevrees<\/strong>. (Markus 5:1-15)  <br \/>\n<\/span><\/p>\n<p class=\"indenttext\"><span><strong>Nota: <\/strong>Die verandering wat Yahushua teweegbring is die teenoorgestelde van diegene wie \u201cin die gees geslaan is.\u201d Die Gees van Yah, in bovermelde gedeelte, het die onsekere gedrag van die duiwelbesete man gekalmeer en het aan hom `n gesonde verstand besorg. Diegene wie die onbybelse gebruik van in die gees geslaan verdedig, vertoon die teenoorgestelde hiervan; hulle word verander van `n skynbare gesonde verstand na `n roekelose en wilde onsekere toestand van emosie\/gedrag. <strong><br \/>\n<\/strong><\/span><\/p>\n<p align=\"left\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" alt=\"duiwel-besete man van Gadara genees\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/possessed-man-healed-3.jpg\" title=\"duiwel-besete man van Gadara genees\" style=\"margin-left: 30px\" align=\"left\" width=\"315\" height=\"196\"><\/p>\n<p align=\"right\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" alt=\"Benny Hinn \u2013 Geslaan in die Gees Kettery\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/slain-heresy-4-3.gif\" title=\"Benny Hinn \u2013 Geslaan in die Gees Kettery\" style=\"margin-right: 30px\" width=\"260\" height=\"204\"><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<h3><strong><br \/>\nWare Bybelse Geestelikheid<\/strong><\/h3>\n<p>Skrifte berispe gelowiges: \u201cMaar toets<br \/>\ndit alles, behou wat goed is, en bly weg van alles wat sleg is.\u201d (1 Thessalonicense<br \/>\n5:21-22, NV). Yahuwah doen `n beroep op hedendaagse Christene om terug te keer<br \/>\nna ware, Bybelse geestelikheid. `n Opregte verbintenis met die Almagtige kom<br \/>\nnie deur `n luidrugtige groep nie. `n Betroubare geestelike ondervinding kom<br \/>\nindiwidueel deur, indien die afgesonderde siel in stilte, daardie klein fyn<br \/>\nstemmetjie kan hoor. <\/p>\n<p>Op die berg Horeb, was Elia geleer dat<br \/>\nYahuwah nie in die groot sterk wind wat die berge verskeur het was nie. Hy was<br \/>\nnie in die aardbewing wat die aarde laat beef het nie. Hy was nie in die<br \/>\nverterende chaotiese vuurvlamme nie. Instede daarvan, verkies die Skepper van<br \/>\nAlles om van-aangesig-tot-aangesig, in die gesuis van die aand koelte met Sy<br \/>\ndienskneg te gesels. (Sien 1 Konings<br \/>\n19:11-12.)<\/p>\n<p>Hierdie les is deesdae vir ons. Die<br \/>\nVader ken die verlangens van jou hart vir `n hegte, intieme verhouding met Hom.<br \/>\nHy sal dit nie onvervuld laat nie. Daardie verlange is deur Hom in jou hart<br \/>\ningeplant!<\/p>\n<p>Laat die Verlosser ons voorbeeld wees.<br \/>\n\u201cDie m\u00f4re vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na<br \/>\n`n eensame plek en daar gebid.\u201d  (Markus<br \/>\n1:35, NV) Jy mag in `n oorvol woonstel bly. Jy mag omring wees deur ongelowige<br \/>\nfamilie lede. Maar ook jy kan na jou eie afgesonderde plek gaan.  <\/p>\n<p>Dalk is jou afgesonderde plek jou eie<br \/>\nslaapkamer. Dalk is dit jou binnekamer. Dalk is dit `n bankie in die stilte van<br \/>\n`n parkie. Miskien is dit jou kar geparkeer in die verste hoek van die inkopies<br \/>\nwinkel parkeer area. Dalk is die enigste stilte wat jy kan kry om jou in die<br \/>\nbadkamer toe te sluit. Waar ookal jy `n stil plekkie kan uitkerf om te fokus en<br \/>\nte luister na die stil, fyn stemmetjie, sal jou Vader jou nader, en persoonlik<br \/>\nmet jou praat. <\/p>\n<p>Die gebruik van \u201cgesneuwel in die gees\u201d<br \/>\nsteun swaar op emosionele opgewondenheid. <\/p>\n<p class=\"indenttext\">Deur `n se\u00ebning na te jaag het hulle<br \/>\nwaarheid opgegee vir `n bonatuurlike ondervinding. Dit [is] nie `n Bybelse<br \/>\nondervinding nie, maar kan `n bonatuurlike een wees. Deur so te doen het hulle<br \/>\nonopsigtelik blootgestel geraak om hierdie misleiding sonder enige vuurproef te<br \/>\naanvaar &#8230; Mense het geswig onder die oudste raaisel, in hulle soeke na `n<br \/>\nse\u00ebn het hulle die Bybelse waarhede versaak in die plek van bonatuurlike<br \/>\nondervinding sonder om ooit die oorsprong daarvan met Bybelse bewyse te<br \/>\nbeproef. <sup>13<\/sup> <\/p>\n<p>Goddelike waarheid steun nie op emosie<br \/>\nnie, maar doen `n beroep op die denke. Yahuwah s\u00ea: \u201cKom nou en laat ons die<br \/>\nsaak <em>uitmaak<\/em>.\u201d (Jesaja 1:18, OV)<br \/>\nVergelyk teologie en die <em>Skrifte<\/em> met<br \/>\nrasionele denke. Moenie teologie met <em>emosie<\/em><br \/>\nvergelyk nie, omdat die ho\u00eb emosies deur toeskouers ervaar tydens `n rock<br \/>\nkonsert is dieselfde sin van eenheid en euphoria wat jy kan beleef wanneer jy<br \/>\nlofliedere sing met 2,000 ander gelowiges by kampvergaderings.  <\/p>\n<p>Emosie moet nooit aanvaar word as `n<br \/>\nbewys van enigiets nie, laat staan nog iets so belangrik soos verlossing. Verlossing vereis bekering en geloof in Yahushua, nie een of ander ekstatiese beswyming of<br \/>\nemosionele vlug van die verbeelding nie. <\/p>\n<p>Indien u betrokke geraak het met sulke<br \/>\nirrasionele, emosionele vertoon, moet asseblief nie ons woord daarvoor neem dat<br \/>\ndit onbybels is nie. Lees die Skrifte vir jouself! Beproef alle dinge deur die<br \/>\nwoord van Yahuwah. Laat staan dit wat nie ooreenstem met die woord van Yahuwah<br \/>\nnie en behou die goeie. Yahuwah sal altyd die sielsverlange bevredig van almal<br \/>\nwie koester om naby Hom te wees. <\/p>\n<hr align=\"left\" width=\"33%\" size=\"1\">\n<div id=\"edn1\">\n<p><sup>1<\/sup> J. F. C. Hecker, <em>Epidemics of the Middle Ages, <\/em>p. 127.<\/p>\n<p><sup>2<\/sup> Matt Slick, \u201cWhat Does It Mean To Be Slain In The<br \/>\nSpirit?\u201d Christian Apologetics and Research Ministry.<\/p>\n<p><sup>3<\/sup> <a href=\"http:\/\/newsok.com\/article\/2225326\" target=\"_blank\"><u>http:\/\/newsok.com\/article\/2225326<\/u><\/a> <\/p>\n<p><sup>4<\/sup> <em>Ibidem.<\/em><\/p>\n<p><sup>5<\/sup> <a href=\"http:\/\/www.dailymail.co.uk\/news\/article-2280403\/Evangelist-Benny-Hinns-son-arrested-Brazil-beating-deaf-dumb-man-fathers-events.html\" target=\"_blank\"><u>http:\/\/www.dailymail.co.uk\/news\/article-2280403\/Evangelist-Benny-Hinns-son-arrested-Brazil-beating-deaf-dumb-man-fathers-events.html<\/u><\/a><\/p>\n<p><sup>6<\/sup> <a href=\"http:\/\/www.ovrlnd.com\/FalseDoctrine\/slaininthespirit.html\" target=\"_blank\"><u>http:\/\/www.ovrlnd.com\/FalseDoctrine\/slaininthespirit.html<\/u><\/a>, klem in die oorspronklike.<\/p>\n<p><sup>7<\/sup> <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=YCJ9v_-aJho\" target=\"_blank\"><u>https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=YCJ9v_-aJho<\/u><\/a><\/p>\n<p><sup>8<\/sup> <a href=\"http:\/\/www.bereanresearchinstitute.com\/03_Doctrines\/D.0003_Slain_in_the_Spirit.html\" target=\"_blank\"><u>http:\/\/www.bereanresearchinstitute.com\/03_Doctrines\/D.0003_Slain_in_the_Spirit.html<\/u><\/a>, klem voorsien. <\/p>\n<p><sup>9<\/sup> <em>Ibidem., <\/em>klem voorsien.<\/p>\n<p><sup>10<\/sup> Sien Nader Mikhaiel, <em>The Toronto Blessing and Slaying in the Spirit, <\/em>referenced in <a href=\"http:\/\/www.ukapologetics.net\/slain.htm\" target=\"_blank\"><u>http:\/\/www.ukapologetics.net\/slain.htm<\/u><\/a>.<\/p>\n<p><sup>11<\/sup> Sien <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=FfmAIxz1yBs&amp;spfreload=5\" target=\"_blank\"><u>https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=FfmAIxz1yBs&amp;spfreload=5<\/u><\/a>. Paul se van mag verkeerd gespel wees,<br \/>\nomdat die audio effens onduidelik is en moeilik is om uit te maak. <\/p>\n<p><sup>12<\/sup> <em>Ibidem.<\/em><\/p>\n<p><sup>13<\/sup> <a href=\"http:\/\/www.letusreason.org\/Pent14%20.htm\" target=\"_blank\"><u>http:\/\/www.letusreason.org\/Pent14%20.htm<\/u><\/a><\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"featured_media":227019,"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":[],"class_list":["post-110528","wlc-article","type-wlc-article","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","wlc-article-category-veranderinge-in-die-leer-van-die-kerk","wlc-content-directory-related-content"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v26.7 - https:\/\/yoast.com\/wordpress\/plugins\/seo\/ -->\n<title>Geslaan in Die Gees: Waarheid of Kettery? - Worlds Last Chance<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/slain-in-the-spirit-truth-or-heresy\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Geslaan in Die Gees: Waarheid of Kettery? - Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die gees wat deur geloofsgenesers gemanifesteer en diegene wie daarop aanspraak maak om in \u201cdie gees te sneuwel\u201d is nie d\u00edt van die Heilige Gees van Yahuwah nie. Dit het saggies begin. Net `n sagte, fyn geluid wat die kloosterstilte versteur het. Maar toe gebeur dit weer. Het `n kat sy weg in die klooster [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/slain-in-the-spirit-truth-or-heresy\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-08-21T23:07:47+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/slain-in-the-spirit-poster-afrikaans.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"250\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"159\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"22 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/slain-in-the-spirit-truth-or-heresy\/\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/slain-in-the-spirit-truth-or-heresy\/\",\"name\":\"Geslaan in Die Gees: Waarheid of Kettery? - Worlds Last Chance\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/slain-in-the-spirit-truth-or-heresy\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/slain-in-the-spirit-truth-or-heresy\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/slain-in-the-spirit-poster-afrikaans.jpg\",\"datePublished\":\"2017-04-27T05:09:29+00:00\",\"dateModified\":\"2025-08-21T23:07:47+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/slain-in-the-spirit-truth-or-heresy\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/slain-in-the-spirit-truth-or-heresy\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/slain-in-the-spirit-truth-or-heresy\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/slain-in-the-spirit-poster-afrikaans.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/slain-in-the-spirit-poster-afrikaans.jpg\",\"width\":250,\"height\":159},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/slain-in-the-spirit-truth-or-heresy\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Articles\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Geslaan in Die Gees: Waarheid of Kettery?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/\",\"name\":\"Worlds Last Chance\",\"description\":\"\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Geslaan in Die Gees: Waarheid of Kettery? - Worlds Last Chance","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/slain-in-the-spirit-truth-or-heresy\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Geslaan in Die Gees: Waarheid of Kettery? - Worlds Last Chance","og_description":"Die gees wat deur geloofsgenesers gemanifesteer en diegene wie daarop aanspraak maak om in \u201cdie gees te sneuwel\u201d is nie d\u00edt van die Heilige Gees van Yahuwah nie. Dit het saggies begin. Net `n sagte, fyn geluid wat die kloosterstilte versteur het. Maar toe gebeur dit weer. Het `n kat sy weg in die klooster [&hellip;]","og_url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/slain-in-the-spirit-truth-or-heresy\/","og_site_name":"Worlds Last Chance","article_modified_time":"2025-08-21T23:07:47+00:00","og_image":[{"width":250,"height":159,"url":"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/slain-in-the-spirit-poster-afrikaans.jpg","type":"image\/jpeg"}],"twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Est. reading time":"22 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/slain-in-the-spirit-truth-or-heresy\/","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/slain-in-the-spirit-truth-or-heresy\/","name":"Geslaan in Die Gees: Waarheid of Kettery? - Worlds Last Chance","isPartOf":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/slain-in-the-spirit-truth-or-heresy\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/slain-in-the-spirit-truth-or-heresy\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/slain-in-the-spirit-poster-afrikaans.jpg","datePublished":"2017-04-27T05:09:29+00:00","dateModified":"2025-08-21T23:07:47+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/slain-in-the-spirit-truth-or-heresy\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/slain-in-the-spirit-truth-or-heresy\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/slain-in-the-spirit-truth-or-heresy\/#primaryimage","url":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/slain-in-the-spirit-poster-afrikaans.jpg","contentUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/slain-in-the-spirit-poster-afrikaans.jpg","width":250,"height":159},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/winds-of-doctrine\/slain-in-the-spirit-truth-or-heresy\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Articles","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Geslaan in Die Gees: Waarheid of Kettery?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/","name":"Worlds Last Chance","description":"","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article\/110528","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article"}],"about":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/wlc-article"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=110528"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/227019"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=110528"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}