{"id":108555,"date":"2011-12-02T05:33:26","date_gmt":"2011-12-02T05:33:26","guid":{"rendered":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/wlc-article\/migrating-dit-is-meer-geseend-om-te-gee\/"},"modified":"2025-08-20T20:21:52","modified_gmt":"2025-08-20T20:21:52","slug":"dit-is-meer-geseend-om-te-gee","status":"publish","type":"wlc-article","link":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/articles\/geloof-wat-geleef-word\/dit-is-meer-geseend-om-te-gee\/","title":{"rendered":"Dit is meer gese\u00ebnd om te gee\u2026"},"content":{"rendered":"<p align=\"center\"><img decoding=\"async\" alt=\"Dit is meer gese\u00ebnd om te gee\u2026 image\" height=\"NaN\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/what-can-you-give-bar-afrikaans.png\" title=\"\" width=\"500\"><\/p>\n<p>Claudia was verontrus. Die jaar se grootste feestelikheid was op hande en sy het geen geskenk om vir haar gasheer-familie te gee nie. Vir \u2018n uitruil student van Europa wat steeds sukkel om na die Tweede W\u00eareld Oorlog sy voete te vind, het   haar ryk gasheer familie voorgekom as mense wat alles in die w\u00eareld besit wat  enigiemand kan begeer.<\/p>\n<p>Wat gee jy iemand wat al klaar alles het?<\/p>\n<p>Haar gasheer was so gaaf en goedhartig teenoor haar. Sy het geweet dat met die opkomende feestyd, hulle haar sou toegooi met geskenke asof sy hul eie kind is. Wat het sy om aan mense te gee wat niks nodig het nie en kan koop net wat hulle begeer?<\/p>\n<p>Die dag het al nader gekom, uiteindelik twee dae voor die groot dag het Claudia geweet wat sy gaan doen. Sy het die bus gevat en dorp toe gegaan na een van die groot winkels <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" align=\"left\" alt=\"baby dresses\" height=\"260\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/it-is-more-blessed-to-give-baby-dresses-5.png\" style=\"margin-top: 10px; margin-bottom: 5px; margin-right: 15px\" width=\"390\">om van die mooiste baba rompies wat sy kon kry, te koop en laat dit in geskenk papier toedraai. Toe sy die winkel verlaat, nader sy die deurwag met die vraag: Verskoon my, maar weet jy dalk waar \u2018n baie arm gesin woon?\u201d<\/p>\n<p>Hy het haar uit die skuinste bekyk en weggedraai.  <\/p>\n<p>Sy gaan vra toe \u2018n polisieman.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Arm familie? Jy wil nie daarheen gaan nie, dame. Die gedeelte van die stad is nie veilig nie. Gaan maar nou huis-toe en geniet jou vakansie\u201d                             <\/p>\n<p>New York stad was besig deur die jaar en twee dae voor die `n groot feesdag is geen  uitsondering nie. Claudia het alleen gevoel soos besige inkopie gangers haastig verby haar snel. Sy begin loop, onseker hoe sy haar plan gaan uitvoer sonder dat dit sal misluk.    <\/p>\n<p>Na \u2018n tyd lank, kom sy in strate wat nie so weelderig is soos die waaraan sy gewoond is sedert sy in Amerika aangekom het nie. Hier is die geboue meer vervalle; die mense is nie so mooi aangetrek nie. Sy hoor die geklingel van \u2018n klok, en na haar verligting sien sy \u2018n man met \u2018n rooi uniform aan wat die klok lui langs die Heilsleer se kollekte emmer. Sy ken die Heilsleer. Hulle was ook in Europa.<\/p>\n<p>Weifelend, skaam en bang van weer afgejak te word, gaan Claudia na die man. \u201c Verskoon my,  maar weet jy waar ek kan vind `n arm gesin?\u201d<\/p>\n<p>Die man, \u2018n vriendelike oupa soort, kom agter dat dit meer as net \u2018n vraag is. Hy moedig haar aan, haar woorde, gebroke engelse woorde val op `n simpatieke oor.<\/p>\n<p>Die Heilsleer man het verstaan. \u201cJa, ek ken \u2018n arm gesin. Daar is te veel, in werklikheid. My skof is amper klaar. Wag net so \u2018n paar minute dan neem ek jou na \u2018n gesin toe.\u201d<\/p>\n<p>\u2018n Oomblik later fluit hy \u2018n taxi, die man gee aanwysimgs na die ho\u00eb woonstelblokke toe. Dit was beslis arm. Claudia het nie geweet daar bestaan sulke armoede in Amerika nie. Die offisier het uitgeklim en die deur vir haar oop gehou. Sy het haar kop geskud.<\/p>\n<p>\u201cNee. Asseblief, neem <em>jy<\/em> die geskenk. Dis nie myne om te gee. Verduidelik asseblief: dit is geskenk van iemand wat alles het.\u201d<\/p>\n<p>Die taxi drywer het haar veilig huis-toe geneem sonder dat sy hoef te betaal. Hy het na hulle gesprek geluister en is verstandig.<\/p>\n<p>Die groot dag het aangebreek. Die massa geskenke het nie teleurgestel nie. Claudia, net soos sy verwag het, het sy mildelike geskenke ontvang. Toe almal opgemaak was, het sy in haar gebroke Engels probeer verduidelik waarom daar nie \u2018n geskenk van haar af verskyn nie.<\/p>\n<p>\u201cAsseblief verstaan. Ek wil julle gee \u2018n baie <em>spesiale<\/em> geskenk. Maar julle het klaar so baie. Julle het niks nodig wat ek kan gee. <em>Niks <\/em>wat <em>ek<\/em> koop sal my dank uit my hart bewys vir alles wat julle vir my doen. Toe, koop ek die mooiste baba rokkie wat ek kon vind en gee dit vir `n baba van baie arm gesin. Hulle het baie nodig. Ek het dit in <em>julle<\/em> naam gegee. Is geskenk van <em>julle<\/em>.\u201d<\/p>\n<p> Die dankbaarheid van die arme familie was vir <em>hulle<\/em>, het Claudia verduidelik, nie vir haar nie. Dit was haar geskenk aan hulle, wat alles het.<\/p>\n<p>Die vertrek was in stilte gehul. Trane het opgewel in die o\u00eb van die gasheer-familie. Die mooiheid van haar liefdesgeskenk was lank onthou nadat Claudia terug huis-toe is en met haar lewe aangegaan het, en dit het hulle ge\u00efnspireer om te \u201cgaan en dieselfde te doen\u201d, in die jare wat daarop gevolg het.<\/p>\n<p>\u2018n Hart van liefde, wil gee. Dankbaarheid vir liefde ontvang, vind \u2018n manier om dit uit te druk om ook te gee.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" align=\"right\" alt=\"gold present\" height=\"400\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/it-is-more-blessed-to-give-gold-present-5.png\" style=\"margin-top: 5px; margin-bottom: 5px; margin-left: 15px\" title=\"\" width=\"400\">Maar wat gee jy aan iemand wat alles het?<\/p>\n<p>Yahuwah het alles. In der waarheid is Hy is die <em>bron <\/em>van alles! Wat kan \u2018n mens sy Skepper gee wanneer alles Syne is om mee te begin?<\/p>\n<p>Yahuwah Homself het vir ons ges\u00ea wat die tipe geskenk is wat Hy die meeste waardeer:<\/p>\n<p class=\"indenttext\">Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die w\u00eareld. (Jakobus 1:27 NV)<\/p>\n<p>Yahuwah het nie \u2018n nuwe hemp nodig nie. Hy het nie \u2018n boek, \u2018n horlosie of die nuutste rekenaar stelsel nodig nie. Die geskenk deur Yahuwah gekoester is die geskenk wat Hy sou gee as Hy hier op aarde was: liefdevolle, vriendelike dade; woorde van blydskap en aanmoediging; kos en klere vir die wat dit nodig het; hemelse waarheid vir \u2018n honger siel. \u201cDit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van My geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.\u201d (Matt 25:40)<\/p>\n<p>Enige iets wat gedoen is vir die verlossing van smart of onkunde vir \u2018n ander, is aanvaarbaar by Yahuwah as \u2018n persoonlike geskenk asof aan Hom gegee. Yahushua het verseker: \u201cWant elkeen wat vir julle \u2018n beker water in my Naam gee om te drink, omdat julle aan . . . [Yahushua] behoort, voorwaar Ek s\u00ea vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.\u201d (Markus 9:41) Selfs verligting van iemand se dors, word aanvaar asof dit vir Yahuwah gedoen is!<\/p>\n<p>Die rede is eenvoudig: Yahuwah en Yahushua <em>voel<\/em> alles wat hul aardse kinders voel. \u201cWant ons het nie `n Ho\u00eb Priester wat nie met ons swakhede medelye kan h\u00ea nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.\u201d<\/p>\n<p>(Hebre\u00ebrs 4:15, OV). Daarvoor, as iemand honger kry, voel Yahuwah ook die hongerpyn. \u2018n Kospakkie verlig die pyn van \u2018n honger persoon wat op sy beurt  die pyn wat Yahuwah voel, verlig wanneer een van sy kinders honger is.<\/p>\n<p>Hoopvolle woorde, aanmoediging in geloof gespreek aan `n droewige siel, verlig die emosionele pyn wat deur Yahuwah gevoel word wanneer een van sy kinders hartseer en ontmoedig is. Waarskynlik is die grootste geskenk van alles wat gegee kan word die kennis van die waarheid. Menigtes lewe in hartseer en blindheid van dwaalleer en bygeloof. Om die geskenk van waarheid vir hulle te gee sodat hulle kan juig in Yahuwah se verlossing en om gered te wees in sy ewige koninkryk is \u2018n geskenk van die Hemelse Vader.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" align=\"left\" alt=\"person placing mail in envelope\" height=\"423\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/it-is-more-blessed-to-give-my-offering-5.png\" style=\"margin-top: 10px; margin-bottom: 10px; margin-right: 15px\" width=\"284\">Dit is belangrik vir mense wie huis ekklesia bedryf en geen georganiseerde struktuur het waaraan hulle hul geld kan gee nie, om die <em>beginsels<\/em> omtrent die teruggee van tiendes en offergawes te verstaan. WLK aanvaar geen tiendes en offergawes nie, en as \u2018n persoon geen kerkverband het nie, kan dit moeilik wees om te besluit wat om met sulke fondse te doen. Daar is verskillende maniere hoe \u2018n persoon kan teruggee aan Yahuwah wat Syne is &#8211; al behoort die persoon aan \u2018n huis ekklesia.<\/p>\n<p>Daar is \u2018n verskil tussen <em>tiendes <\/em>and o<em>ffergawes. <\/em><strong>Tiendes<\/strong> is gegee aan Yahuwah vir die uitsluitlike doel van die verspreiding van Sy werk hier op aarde, beide om sy dienskneg te versterk of om die envangelie te versprei. <strong>Offerande<\/strong> aan die anderkant, is geskenke gegee aan Yahuwah, uit dankbaarheid en liefde. Die liefdesgeskenke mag `n verskeidenheid van vorme aanneem, baie meer as net geld.<\/p>\n<h3><strong>Offergawes<\/strong><\/h3>\n<p>Yahushua was nie net ons Verlosser nie, Hy was ook ons voorbeeld van hoe om te lewe. Hy was die w\u00eareld se beste onderwyser, maar voor hy begin het om mense te leer van die waarheid van verlossing, het Hy eers fisies na die mense se behoeftes  omgesien. Hy het hulle genees van siektes, Hy het die blindes laat sien, gehoor gegee aan die dowes, verlossing gegee aan die mens wat besete was, moed gegee vir die wankelmoediges. Wanneer dit nodig was, het Hy die mense voorsien van \u2018n maaltyd! Die oomblik dat hulle harte warm met dankbaarheid was, was die mense meer oop om die heilige waarheid te hoor wat Hy met hulle wou deel.<\/p>\n<p>Om Sy voorbeeld te volg, is dit aanvanklik aanvaarbaar vir gelowiges om hulle offergawes te gebruik om te help met swaar kry rondom hulle. Skrifte is vol aanmoedigings om barmhartigheid en goedertierenheid te bewys aan die wie dit nodig het.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">So het Yahuwah van die leerskare ges\u00ea: \u201cLaat reg geskied aan almal, bewys liefde en barmhartigheid aan mekaar; moenie die weduwee en die weeskind, die vreemdeling en die arme verdruk nie moenie bose planne teen mekaar bedink nie. (Sien Sagaria 7: 9 \u2013 10.)<\/p>\n<p>As jy weet van \u2018n ou man wat nie genoeg het om te eet nie, sal `n geskenk van voedsel hom help in sy benoudheid, \u2018n offergawe van liefde wees waarin Yahuwah Hom verbly.<\/p>\n<p>Dit was gewoonte van die toegewyde Israeliete om kos te vat na die bedelaars op die sesde dag van die week sodat in hul behoeftes voorsien sal wees en sodat hulle nie op die Heilige ure van die Sabbat hoef te bedel nie.<\/p>\n<p>As daar \u2018n enkel moeder is wat sukkel om haar kinders te onderhou, is \u2018n geskenk van winter klere en skoene wat vir \u2018n spesifieke doel is,   `n aanvaarbare offergawe aan Yahuwah, die oomblik dat die behoefte van sy aardse kinders vervul is, is Sy eie behoeftes in hulle vervul.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" align=\"right\" alt=\"mother and daughter embracing in the snow\" height=\"424\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/it-is-more-blessed-to-give-mother-and-daughter-5.png\" style=\"margin-top: 10px; margin-bottom: 10px; margin-left: 15px\" width=\"283\">Yahuwah se hart is altyd aangedaan waar daar armmoede is. Sy aandag is op die behoeftiges gefokus, wanneer iemand werk om te help met die verligting van die behoeftiges, bedryf met Yahuwah en die geskenk wat gegee is, is \u2018n ware offergawe gegee vir Hom.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">Wie hom oor \u2018n arm mens ontferm gee \u2018n lening aan die Yahuwah, en Hy sal hom teen volle vergoed. (Sien Spreuke 19:17.)<\/p>\n<p>\u2018n Geskenk is anders as \u2018n lening. \u2018n Geskenk is gegee sonder om iets terug te verwag. \u2018n Lening aan die ander hand is geleen vir \u2018n tyd lank met die doel om later vir die eienaar terug te gee. Dit is onmoontlik om te veel te gee aan Yahuwah. Hy is die bron van vrygewigheid. Offerande wat vir die armes en behoeftiges gegee word, word deur Yahuwah as `n lening beskou. Hy sal seker maak dat die een wat gee nooit te kort kom nie, maar Hy sal meer as gewillig teruggee, dit wat gegee was om \u2018n ander te help. Yahuwah hou ook rekening van kos en gasvryheid wat gegee is vir sy heiliges, en dat die gawe ten volle beloon sal word. \u201cWie vriendelik is, word gese\u00ebn, omdat hy sy brood aan die arme gee.\u201d (Spreuke 22:9, OV)<\/p>\n<p class=\"indenttext\">\u201cMoet nie vergeet om vreemdeling in te nooi nie; daarby het julle soms al engele onbewustelik onthaal.\u201d<sup>2<\/sup> Hierdie woorde het niks van sy krag verloor nie. Ons Hemelse Vader plaas nog steeds geleenthede vir se\u00ebninge in die weg van sy kinders en die wat die geleentheid vind, kry groot vreugde. \u201cEn as jou siel uitgaan na die hongeriges, en die neergebo\u00eb siel versadig; dan sal jou lig opgaan in die duisternis en jou donkerheid wees soos die middag. En . . .[Yahuwah] sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in die dor plekke en jou gebeente sterk maak; en jy sal wees soos `n tuin wat goed besproei is en soos na fontein van waters waarvan die waters nooit teleurstel nie.\u201d<sup>3<\/sup><\/p>\n<p>In ons moderne w\u00eareld is dit maklik om \u2018n beperking te plaas op wat die beginsels van \u201ctiendes en offergawes\u201d is. Dis maklik om te dink dat as dit nie <em>geld <\/em>is nie dan kan dit nie getel word as tiendes of offergawes nie. Dit is nie in harmonie met die Skrifte nie.<\/p>\n<p>Die vroe\u00eb Israeliete was landbouer-gemeenskappe: die mense was die meeste van die tyd landbouers, beesboere en skaapherders. Tiendes kon in diere of bottels olie, bossies <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" align=\"left\" alt=\"grain\" height=\"265\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/it-is-more-blessed-to-give-grains-5.png\" style=\"margin-top: 10px; margin-bottom: 10px; margin-right: 15px\" width=\"400\">groente, sakke graan of trommels meel gegee word. Offergawes kon enige iets wees wat jy begeeer om vir Yahuwah te gee.<\/p>\n<p>\u2018n Vrou wat goed was met naaldwerk, kon borduur werk op \u2018n stuk lap doen of iets weef  op haar weefstoel. Wanneer haar familie na die tabernakel vir die Tabernakelfees gereis het, mag haar man sakke graan as \u2018n tiende van sy plaas opbrengs bring maar sy kan ook \u2018n persoonlike offergawe skenk: `n  liefdegawe aan Yahuwah vir sy se\u00ebning deur die jaar voorsien.<\/p>\n<p>Almal kan nie elke jaar Jerusalem toe gaan vir die fees nie, daar was vergunning vir hulle gemaak wat ook al die rede, hulle nie die reis kon meemaak nie. \u2018n Tweede tiende was gespaar vir die doel om arm mense te huisves in jou eie huis vir die jaarliks se fees. Yahuwah gee om vir die arme, die siekes en die bejaardes, Hy het voorsiening gemaak sodat almal kon deel uitmaak van die die se\u00ebning van die fees.<\/p>\n<p>Die wat te arm was om die uitgawe te bekostig om na Jerusalem te reis kon nog steeds die se\u00ebninge van \u2018n oorvloedige oes en die geestelike fees deur aanvaarding van die mense wat meer gehad het geniet. Dis waarom die totale Hebreeuse  ekonomie  gebaseer was op die sisteem van vrygewigheid en om die armes en die wat behoeftig was te help. Sulke geskenke alhoewel nie geld nie, was oorweeg as offergawe en dit was aanvaarbaar by Yahuwah as geskenke gegee aan Hom.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">Wie vir \u2018n arme gee, sal nie gebrek ly; maar hy wat sy o\u00eb toemaak word swaar vervloek. (Spreuke 28: 27)<\/p>\n<h3><strong>Tiendes<\/strong><\/h3>\n<p>Anders as offergawes, is tiendes nie \u2018n geskenk aan Yahuwah nie. Tiendes behoort alreeds<em> <\/em>aan Hom! In teendeel <em>alles <\/em>behoort aan die Skepper. Alles behoort aan Hom omdat Hy alles gemaak het!<\/p>\n<p>Keer terug na My, dan sal Ek terugkom na julle toe, s\u00ea . . .[Yahuwah] van  die leerskare.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">Maar julle vra: \u201cWaarin moet ons dan terugkeer?\u201d Mag `n mens . . . Yahuwah beroof? Want julle beroof My, en julle s\u00ea: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe. (Maleagi 3: 7-8)<\/p>\n<p>Yahuwah laat ons genadiglik toe om 9\/10 van alles te gebruik wat Hy vir ons gee. Sy enigste versoek is dat ons 1\/10 aan Hom moet teruggee. Terwyl offerandes enige geskenk mag wees in liefde aan Yahuwah, is tiende eksklusief vir die uitbreiding van Sy Woord in die w\u00eareld.<\/p>\n<p>Dit kan direk gedoen word om Sy dienaars met kos, geld of enige iets wat hulle gaan help om Sy woord te versprei. Tiendes kan op verskillende maniere gegee word. Enige uitgawe wat help om die woord te versprei word beskou as \u2018n tiende. Dit sluit in die koop van Bybels en enige ander Geestelike materiaal wat gedeel word met ander.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" align=\"right\" alt=\"girl working on the computer\" height=\"418\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/it-is-more-blessed-to-give-girl-at-computer-5.png\" style=\"margin-top: 10px; margin-bottom: 10px; margin-left: 15px\" width=\"287\">Die wat nie hulle eie drukkers het nie, kan hulle Tiendes terug gee deur Bybelse artikels af te haal by die internet kafees en dan kopi\u00eb daarvan maak. Dit kan dan uitgedeel word aan ander mense. Die World Last Chance (WLC) stoor het ook \u2018n seleksie van Truth Sharing Tools wat kan gebruik word om die waarheid te verspei. Die boodskap van verlossing kan grootliks versprei word as almal hulle tiendes  direk aan die werk sit om die boodskap van verlossing uit te brei.<\/p>\n<p>Yahuwah het belowe om almal te seen wie sy Tiendes aan Hom terug gee.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">Bring die hele tiende na die skathuis sodat daar spys in My huis kan wees; en beproef My tog hierin, s\u00ea . . . [Yahuwah] van die le\u00ebrskare of Ek vier julle nie die vensters van die hemel oopmaak en op julle `n oorvloedige se\u00ebn sal uitstort nie.<\/p>\n<p class=\"indenttext\"> <\/p>\n<p class=\"indenttext\">Maar Ek sal die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrengs van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, s\u00ea . . . [Yahuwah] van die le\u00ebrskare.<\/p>\n<p class=\"indenttext\"> <\/p>\n<p class=\"indenttext\">En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae sal wees, s\u00ea. . .[Yahuwah van die le\u00ebrskare. (Male\u00e1gi 3: 10-12, OV)<\/p>\n<p>Yahuwah het \u2018n <em>bonatuurlike<\/em> se\u00ebning belowe aan almal wie onselfsugtig sy tiendes en offergawe terug te gee aan Hom. Niemand moet voel dat hulle tiendes nie sal tel nie of dat hulle offergawe te klein is om \u2018n verskil te maak nie. Dit is Yah wie die groei verskaf. (1 Korinti\u00ebrs 3: 6 \u2013 7) Ongeag die werk wat \u2018n mens doen, of die bedrag van die tiende en offergawe wat hy terug gee, Yahuwah kyk na die hart, en die begeerte van die skenker, Hy voorsien die vermeerdering daarvan.<\/p>\n<p>\u2018n Klein geskenk, wat met \u2018n rein hart van liefde gegee is en in nederigheid sal \u2018n groter beloning ontvang anders as duisend dollar wat gegee word met `n motief, selfsugtigheid en trots.<\/p>\n<p>Yahushua wou h\u00ea dat almal d\u00edt moet verstaan. Eendag was Hy in die Tempel met sy dissipels, Hy het rondgekyk hoe die rykes hulle geld in die offergawe kis sien gooi. Hy sien toe ook \u2018n arm weduwee wie twee klein muntstukkies daar ingooi, en<\/p>\n<p class=\"indenttext\">Hy s\u00ea: \u201cDit verseker Ek julle: hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander. Hulle het almal iets uit hulle oorvloed in die offergawekis gegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het om van te lewe.\u201d (Lukas 21: 1-4)<\/p>\n<p>Die ryk mense het baie geld gegee, hulle het nog baie geld oor gehad. Die arme weduwee het net twee muntstukke gehad om te gee. Nietemin het sy meer as almal gegee omdat \u201csy haar lewensonderhoud gegee het.\u201d Die klein bedrag geld wat sy gehad het om haar aan die lewe te hou vir die dag het sy gegee.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" align=\"left\" alt=\"elderly woman smiling\" height=\"264\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/it-is-more-blessed-to-give-old-woman-5.png\" style=\"margin-top: 10px; margin-bottom: 10px; margin-right: 15px\" width=\"400\">Gevolglik sal haar beloning baie groter wees as die ryk mense wat baie geld in die offergawekis gesit het. Eendag in die hemel sal die Verlosser vir haar wys wat die uitslae sal wees van haar onselfsigtigheid: sendelinge en dokters was gestuur na alle dele van die w\u00eareld, hospitale was gebou, skole en weeshuise was onderhou. Dit wat begin het as \u2018n stroompie met twee muntstukke het gegroei tot dit \u2018n magtige oseaan van welwillenheid en vrygewigheid, alles ge\u00efnspireer en moontlik gemaak deur \u2018n voorbeeld van onselfsugtigheid. Hoe <em>groot<\/em> sal haar beloning wees!<\/p>\n<p>Wat is in <em>jou<\/em> hand? Wat is in jou vermo\u00eb om terug te gee aan . . .[ Yahuwah?] Die <em>bedrag<\/em> van die tiendes maak nie \u2018n verskil nie. Al wat tel is dat liefde die geskenk aanmoedig. Al wat tel is die begeerte om saam met Yahuwah die waarheid van sy woord te versprei.<\/p>\n<div>\n<p>Nie eens die kleinste geskenk sal misluk om \u2018n oorvloedige beloning te besorg nie.  Diegene wat alles gee wat hulle het aan die Here Almagtige sal `n groot hemelse beloning ontvang.<br \/>\n <\/p>\n<hr align=\"left\" style=\"width: 33%\">\n<p><sup>1<\/sup> Naam was verander om privaatheid te beskerm.<\/p>\n<\/div>\n<p><sup>2<\/sup> Hebre\u00ebrs 13: 2.<\/p>\n<p><sup>3<\/sup> Sien Jesaja 58<\/p>\n","protected":false},"featured_media":216919,"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":[],"class_list":["post-108555","wlc-article","type-wlc-article","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","wlc-article-category-geloof-wat-geleef-word","wlc-content-directory-tithing-almsgiving"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v26.7 - https:\/\/yoast.com\/wordpress\/plugins\/seo\/ -->\n<title>Dit is meer gese\u00ebnd om te gee\u2026 - Worlds Last Chance<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/it-is-more-blessed-to-give\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Dit is meer gese\u00ebnd om te gee\u2026 - Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Claudia was verontrus. Die jaar se grootste feestelikheid was op hande en sy het geen geskenk om vir haar gasheer-familie te gee nie. Vir \u2018n uitruil student van Europa wat steeds sukkel om na die Tweede W\u00eareld Oorlog sy voete te vind, het haar ryk gasheer familie voorgekom as mense wat alles in die w\u00eareld [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/it-is-more-blessed-to-give\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-08-20T20:21:52+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/it-is-more-blessed-to-give-poster-afrikaans.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"250\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"159\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"16 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/it-is-more-blessed-to-give\/\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/it-is-more-blessed-to-give\/\",\"name\":\"Dit is meer gese\u00ebnd om te gee\u2026 - Worlds Last Chance\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/it-is-more-blessed-to-give\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/it-is-more-blessed-to-give\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/it-is-more-blessed-to-give-poster-afrikaans.jpg\",\"datePublished\":\"2011-12-02T05:33:26+00:00\",\"dateModified\":\"2025-08-20T20:21:52+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/it-is-more-blessed-to-give\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/it-is-more-blessed-to-give\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/it-is-more-blessed-to-give\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/it-is-more-blessed-to-give-poster-afrikaans.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/it-is-more-blessed-to-give-poster-afrikaans.jpg\",\"width\":250,\"height\":159},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/it-is-more-blessed-to-give\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Articles\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Dit is meer gese\u00ebnd om te gee\u2026\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/\",\"name\":\"Worlds Last Chance\",\"description\":\"\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Dit is meer gese\u00ebnd om te gee\u2026 - Worlds Last Chance","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/it-is-more-blessed-to-give\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Dit is meer gese\u00ebnd om te gee\u2026 - Worlds Last Chance","og_description":"Claudia was verontrus. Die jaar se grootste feestelikheid was op hande en sy het geen geskenk om vir haar gasheer-familie te gee nie. Vir \u2018n uitruil student van Europa wat steeds sukkel om na die Tweede W\u00eareld Oorlog sy voete te vind, het haar ryk gasheer familie voorgekom as mense wat alles in die w\u00eareld [&hellip;]","og_url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/it-is-more-blessed-to-give\/","og_site_name":"Worlds Last Chance","article_modified_time":"2025-08-20T20:21:52+00:00","og_image":[{"width":250,"height":159,"url":"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/it-is-more-blessed-to-give-poster-afrikaans.jpg","type":"image\/jpeg"}],"twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Est. reading time":"16 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/it-is-more-blessed-to-give\/","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/it-is-more-blessed-to-give\/","name":"Dit is meer gese\u00ebnd om te gee\u2026 - Worlds Last Chance","isPartOf":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/it-is-more-blessed-to-give\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/it-is-more-blessed-to-give\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/it-is-more-blessed-to-give-poster-afrikaans.jpg","datePublished":"2011-12-02T05:33:26+00:00","dateModified":"2025-08-20T20:21:52+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/it-is-more-blessed-to-give\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/it-is-more-blessed-to-give\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/it-is-more-blessed-to-give\/#primaryimage","url":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/it-is-more-blessed-to-give-poster-afrikaans.jpg","contentUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/it-is-more-blessed-to-give-poster-afrikaans.jpg","width":250,"height":159},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/practical-piety\/it-is-more-blessed-to-give\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Articles","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Dit is meer gese\u00ebnd om te gee\u2026"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/","name":"Worlds Last Chance","description":"","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article\/108555","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article"}],"about":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/wlc-article"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=108555"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/216919"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=108555"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}