{"id":108227,"date":"2009-02-09T04:19:14","date_gmt":"2009-02-09T04:19:14","guid":{"rendered":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/wlc-article\/migrating-afvallige-kerke-identifisering-van-die-gevalle-vyande-van-die-ware-ekklesia\/"},"modified":"2025-08-20T14:31:31","modified_gmt":"2025-08-20T14:31:31","slug":"afvallige-kerke-identifisering-van-die-gevalle-vyande-van-die-ware-ekklesia","status":"publish","type":"wlc-article","link":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/articles\/profesie-wat-gerig-is-op-die-endtyd\/afvallige-kerke-identifisering-van-die-gevalle-vyande-van-die-ware-ekklesia\/","title":{"rendered":"Afvallige Kerke! Identifisering van die Gevalle Vyande van die Ware Ekklesia"},"content":{"rendered":"<h2><strong>Ondersoek<br \/>\nna die ware Ekklesia. . .<\/strong><\/h2>\n<p><img decoding=\"async\" style=\"margin-top: 5px; margin-bottom: 10px; margin-left: 15px\" title=\"\" alt=\"apostate churches vs true church\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/church-01.jpg\" align=\"right\" border=\"0\">Daar is deesdae duisende kerke in die<br \/>\nw\u00eareld, en almal maak daarop aanspraak dat hulle die ware geloof in Yahushua<br \/>\nvoorstel. Sommige van hulle maak daarop aanspraak dat hulle, en geen ander een<br \/>\ndie <em>ware ekklesia<\/em> is, en almal wie<br \/>\nnie tot hulle toegee nie, sal verlore wees. Dit blyk `n ontmoedigende en<br \/>\nonmoontlike taak te wees om te identifiseer watter een, as daar enige is, die <em>ware ekklesia<br \/>\nvan Yahuwah <\/em>is.<\/p>\n<p>Maandelange ondersoek is nodig om `n<br \/>\ndoeltreffende evaluasie van selfs net een van hierdie denominasies te maak.<br \/>\nSelfs as dit gedoen was, staan die kwessie steeds onopgelos of die evaluasie op<br \/>\n`n ferme fondament rus. `n Ervare navorser weet alte goed dat op een tyd sal sy<br \/>\npersoonlike maatstaf hom in guns bring met een denominasie en op `n ander tyd<br \/>\nin die guns van `n ander. Dus kan navorsing alleen nie `n defnitiewe antwoord<br \/>\nverskaf nie. <\/p>\n<p>Dit lyk asof die Bybel `n objektiewe en<br \/>\nregverdige maatstaf is waarmee geoordeel moet word hoe goed die kerke doen.<br \/>\nMaar in die praktyk, is dit `n wedloop teen `n werklike probleem. Eerstens is<br \/>\ndie Bybel s\u00f3 omvangryk, dat dit meer werk vereis as wat moontlik is om die<br \/>\nverskeie kerke te evalueer. Tweedens, die maatstawe wat enige persoon of<br \/>\nkomitee mag instel op grond van die Bybel is duidelik maar net subjektief. Die<br \/>\nBybel is vatbaar aan baie vertolkinge, en elkeen sal sy eie idee h\u00ea wat van<br \/>\nbelang is en wat daarmee bedoel is. Ons kan ons maar net indink aan die<br \/>\nduisende \u201cBybelse\u201d maatstawe van evaluasie wat `n uitvloeisel daarvan sal wees.<\/p>\n<p>Die oplossing is eenvoudig maar net om<br \/>\ndaardie dele van die Bybel wat die hoogste aansprake gee om die openbaarde wil<br \/>\nvan Yahuwah te wees, te neem as `n omvattende uitdrukking wat van die mensdom verwag<br \/>\nword om te glo en te doen. Op d\u00ede wyse, sal `n bondige maar veelomvattende<br \/>\nmaatstaf ingestel word sonder om vakgebonde aspekte bekend te stel. Die<br \/>\nDekaloog is die enigste teks wat daarop kan aanspraak maak dat dit deur Yahuwah<br \/>\ndirek uitgespreek is, sonder `n profeet, engel, droom of visioen, en in die<br \/>\npubliek met `n ontsagtlike skare mense van alle nasies. Van hulle word getuig<br \/>\ndat hulle uit die grootste metropool van die menslike beskawing van daardie tyd<br \/>\ngekom het. Op die minste het hulle oor die twee miljoen persone getel wat die<br \/>\nmenslike ras van daardie tyd verteenwoordig het. Geen ander teks van die<br \/>\nklasieke godsdienstige boeke in die ganse w\u00eareld maak dieselfde aansprake vir<br \/>\nobjektiewe openbaring nie. Of ons nou die verhaal as opreg beskou of nie, is<br \/>\ndie teks uniek in sy aansprake, en daarom die beste maatstaf wat ons het om die<br \/>\nkerke te evalueer.<\/p>\n<p>Nog `n kwessie wat die gebruik van die<br \/>\nDekaloog as `n gereedskapstuk vir vinnige en sekerlike evaluasie kan maak is<br \/>\ndie feit dat die meerderheid Christelikes die gesag van die Dekaloog erken. Dit<br \/>\nis waar dat `n paar stemme dit teenstaan. Maar die oorgrote meerderheid van<br \/>\ndiegene wie aanvoer dat hulle Christene is behoort aan denominasies wat nie net<br \/>\ndie gesag van die Dekaloog erken nie, maar die Dekaloog wel `n prominente plek<br \/>\nin hulle kategismes gee, hulle boeke wat gepubliseer is om hulle geloof te<br \/>\nleer. Sulke Dekaloog-gebaseerde kategismes bestaan vandag in die Rooms-<br \/>\nKatolieke, Ortodokse, Lutheraanse, Hervormde, Anglikaanse, Metodiste, en<br \/>\nPresbiteriaanse gemeenskappe om maar net `n paar te noem, en die denominasies<br \/>\nwat die ontsaglike meerderheid uit maak van die Christen populasie in hulle<br \/>\nkiesafdeling. <\/p>\n<p>Dit is gelykertyd regverdig en objektief om<br \/>\ndie kerke en denominasies te evalueer op die grondslag van die Dekaloog. Die<br \/>\nDekaloog sal voldoende wees om te wys of `n denominasie afvallig is of nie.<br \/>\nDaar mag beslis aspekte van `n denominasie wees wat sy gevalle karakter uitwys<br \/>\nwat nie verskyn deur net die ondersoek van die kwessies opgenoem in die<br \/>\nDekaloog nie. Daar mag onregverdige laste wees wat die denominasie op hulle<br \/>\nlede afdwing in die vorme van geloofsoortuiginge en gewoontes wat nie in die<br \/>\nDekaloog genoem word nie. Met ander woorde, die Dekaloog mag nie die mate van<br \/>\nhoe ver `n denominasie afvallig is, verklaar nie, maar as dit hulle as afvallig<br \/>\nverklaar, is hulle definitief gevalle.<\/p>\n<p>Uit `n praktiese oogpunt, is net drie<br \/>\ngebooie afdoende bewys: <\/p>\n<ol>\n<li>Jy mag geen ander elohim voor<br \/>\nMy aangesig h\u00ea nie.<\/li>\n<li>Gedenk die Sabbat dag dat jy<br \/>\ndit heilig.<\/li>\n<li>Jy mag nie doodslaan nie.<\/li>\n<\/ol>\n<p>Daar is nie `n enkele kerk of denominasie<br \/>\nwat selfs al drie hiervan ondersteun nie, om nie eens te praat van die tien<br \/>\nnie. <\/p>\n<h2><strong>Het die Rooms Katolieke Kerk Geval?<\/strong><\/h2>\n<p>Om regverdig te wees, laat ons die Rooms<br \/>\nKatolieke Kerk onder die soeklig plaas deur hulle eie weergawe van die Tien Gebooie in Exodus 20 van hulle Douay-Rheims<br \/>\nVertaling van 1899.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">(Ex. 20:1) En<br \/>\nYahuwah het al hierdie woorde gespreek: <\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">(Ex. 20: 2) Ek is<br \/>\nYahuwah julle Eloah, wie julle uit Egipteland, uit die huis van slawerny<br \/>\nuitgelei het.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">(Ex. 20: 3) Julle<br \/>\nmag nie vreemde Elohim voor my h\u00ea nie.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">(Ex. 20: 4) Jy mag<br \/>\nvir jou geen gesnede beeld maak nie, ook nie iets wat in die hemel daarbo is<br \/>\nnie, of op die aarde hier onder nie, ook nie van daardie dinge wat onder die<br \/>\nwater onder die aarde is nie.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">(Ex. 20: 5) Jy mag<br \/>\nhulle nie vereer, en ook nie dien nie: Ek is Yahuwah jou Eloah, magtig,<br \/>\njaloers, wat die sondes van die vaders besoek op die kinders, tot in die derde<br \/>\nen vierde geslag van die wat my haat: <\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">(Ex. 20: 6) En ek<br \/>\nbewys barmhartigheid aan duisende van die wat my liefhet , en my gebooie<br \/>\nonderhou. <\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">(Ex. 20: 7) Jy mag<br \/>\nnie die naam van jou Eloah ydellik gebruik nie: want Yahuwah sal hom wat sy<br \/>\nnaam ydellik gebruik nie ongestraf laat bly nie.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">(Ex. 20: 8) Gedenk<br \/>\ndie sabbat dag dat jy dit heilig hou. <\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">(Ex. 20: 9) Ses<br \/>\ndae sal jy arbei en al jou werk doen. <\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">(Ex. 20: 10) Maar<br \/>\nop die sewende dag is die sabbat van Yahuwah jou Elohim: dan mag jy geen werk<br \/>\ndoen nie \u2013 jy of jou seun, of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd,<br \/>\nof jou os, of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. <\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">(Ex. 20: 11) Want<br \/>\nin ses dae het Yahuwah die hemel en die aarde gemaak en die see, en alles wat<br \/>\nin hulle is, en op die sewende dag gerus: daarom het Yahuwah die sewende dag<br \/>\ngese\u00ebn en dit geheilig. <\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">(Ex. 20: 12) Eer<br \/>\njou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word, wat Yahuwah jou Eloah<br \/>\naan jou gegee het. <\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">(Ex. 20: 13) Jy<br \/>\nmag nie doodslaan nie.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">(Ex. 20:14) Jy mag<br \/>\nnie egbreek pleeg nie. <\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">(Ex. 20: 15) Jy<br \/>\nmag nie steel nie.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">(Ex. 20:16) Jy mag<br \/>\nnie valse getuienis teen jou naaste spreek nie.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">(Ex. 20: 17) Jy<br \/>\nmag nie jou naaste se huis begeer nie, \u00f3f sy vrou, \u00f3f sy dienskneg, of sy diensmaagd,<br \/>\nof sy os, of sy esel, of enigiets wat aan jou naaste behoort nie. <\/p>\n<p>Verse 2 en 3 verwys na Yahuwah deur die<br \/>\nbyvoeglike naamwoorde \u201cEk\u201d en \u201cmy\u201d. Dit is `n akkurate spie\u00eblbeeld van die<br \/>\noorspronklike Hebreeus. Die woorde is in hulle enkelvoudsvorm. Wanneer meer as<br \/>\neen persoon ingesluit word, gebruik ons ook die byvoeglike naamwoorde \u201cons\u201d of<br \/>\nhulle ooreenstemmende woorde in ander tale. Dit sal verbasend, eienaardig en<br \/>\nhoogs ongewoon wees selfs vir `n kommitee van drie om die woorde \u201cek\u201d en \u201cmy\u201d<br \/>\nin plaas van \u201cons\u201d te gebruik. Die teks stel \u201cYahuwah jou Eloah\u201d as `n enkel<br \/>\npersoon voor. As die Rooms Katolieke Kerk, of enigiemand anders, of die bestaan<br \/>\nvan hierdie Een Eloah Almagtige verwerp wie hierdie woorde hier praat volgens<br \/>\ndie teks, of Hom uit maak as `n meervoudige persoon, dit is meer as een, wat `n<br \/>\nander een is as die enkele spreker hier, dan faal dit die eerste toets in<br \/>\nhierdie maatstaf. Dit in homself is genoeg om die kerk of die denominasie as<br \/>\nafvallig te klassifiseer. <\/p>\n<p>Slaag die Roomse Kerk die eerste toets? Kom<br \/>\nons kyk. Drie aanhalings uit menigte van dieselfde soort in die Rooms Katolieke<br \/>\nKategismes sal genoegsaam wees. <\/p>\n<p class=\"indenttext\">Artikel 249: \u201cVanaf<br \/>\ndie begin, was die verklaarde waarheid van die Heilige Drie-Eenheid aan die<br \/>\nwerklike oorsprong van die Kerk se lewende geloof,. . .\u201d<\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">Artikel 258: \u201cDie<br \/>\nganse goddelike instelling is die gewone werk van die drie geestelike<br \/>\npersone&#8230;.\u201d<\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">Artikel 266: Dit<br \/>\nis nou die Katolieke geloof: Ons aanbid een God in die Drie-Enigheid en die<br \/>\nDrie \u2013Enigheid in eenheid, sonder beide om die persoon te verwar of om die wese<br \/>\nte verdeel; want die persoon van die Vader is een, die Seun s`n `n ander, die<br \/>\nHeilige Gees `n ander; maar die Godheid van die Vader, Seun, en die Heilige<br \/>\nGees is een, die heerlikheid gelyk, hulle majesteit gemeenskaplik vir ewig.\u201d<br \/>\n(Athanasian Geloofsbelydenis: DS 75; ND 16).<\/p>\n<p>Deur hierdie leerstelling plaas die Rooms<br \/>\nKatolieke Kerk haarself bloot aan die konflik situasie met die maatstaf van die<br \/>\nDekaloog en bewys haarself as `n afvallige kerk. Daar is geen meer bewyse nodig<br \/>\nas dit nie. <\/p>\n<p>Maar laat ons verder gaan, Verse 4 en 5<br \/>\nverbied die maak, verafgoding en beelde aanbidding. Slaag die Rooms Katolieke<br \/>\nKerk die tweede toets? <\/p>\n<p class=\"indenttext\">Artikel 2132: Die<br \/>\nChristelike verering van beelde is nie in teenstelling met die eerste gebod wat<br \/>\nafgode veroordeel nie. As`t ware, \u2018die aanbidding wat verleen word aan beelde<br \/>\ngaan oor na die model daarvan\u2019 en \u2018wat ookal `n beeld verheerlik, verheerlik<br \/>\ndie persoon wat daarin uitgebeeld word.\u2019 Die eer wat aan heilige beelde gegee<br \/>\nword is `n \u2018eervolle verheerliking, \u2019 nie die verheerliking aan God alleen nie:<br \/>\nGodsdienstige aanbidding is nie opgedra aan beelde as sulks nie, beskou as net<br \/>\ndinge, maar onder hulle onderskeie aspekte as beelde wat ons lei na `n<br \/>\nvleesgeworde God. Die beweging na die beeld eindig nie in die afbeelding nie,<br \/>\nmaar neig daarna tot wie se afbeelding dit is.\u201d<\/p>\n<p>Nes die leerstelling van die Drie-enigheid<br \/>\ndaarop uit is om die eenheid van Yahushua te behou, terwyl dit `n paganistiese,<br \/>\nDrie-enige siening voorstel, is hierdie beginsel daarop uit om die gebruik  van beelde in godsdiensbeoefening te<br \/>\nregverdig deur die aanspraak dat hierdie aanbidding tot \u201cGod\u201d gerig is en nie<br \/>\naan die beeld self nie. Hoewel dit verseker die waarheid is, blyk dit, dat<br \/>\nhierdie gerusstellende aanmatiging nie die spesifieke vereistes van die gebod<br \/>\nin ag neem om nie \u201cte maak, vereer, dien\u201d nie. Selfs as die Katolieke argument<br \/>\naanvaar word, l\u00ea die praktyk iewers in die ongedefinieerde area in die woord<br \/>\n\u201cvereer\u201d. Ten minste is die helfte van die gebod oortree. <\/p>\n<p>Weeg die Rooms Katolieke Kerk op teen die idee<br \/>\nvan vers 7?<\/p>\n<p class=\"indenttext\">Artikel 2143:<br \/>\nOnder al die woorde van Openbaring , is daar een wat uniek is: die bekende naam<br \/>\nvan God. God maak Sy naam aan hulle bekend wie in Hom glo; Hy openbaar Homself<br \/>\naan hulle in Sy persoonlike verborgenheid. Die gawe van `n naam l\u00ea in die mag<br \/>\nvan vertroue en intimiteit. \u2018Die naam van die Here is heilig.\u2019 Om hierdie rede<br \/>\nmag die mens dit nie misbruik nie. Hy moet dit in sy gedagte hou, in stille,<br \/>\nliefdevolle verering. Hy sal dit nie in sy eie gesprekke voorstel behalwe om te<br \/>\nse\u00ebn, te loof, en dit te verheerlik nie. <\/p>\n<p>Hierdie uitdrukking blyk om aan die gebod<br \/>\ngeheg te wees. Hulle wie die gebod interpreter om `n eed in sy geheel te<br \/>\nverbied, sal fout vind met Artikel 2154. <\/p>\n<p class=\"indenttext\">Artikel 2154: Deur<br \/>\ndie heilige Sint Paul te volg, het die tradisie van die kerk Jesus se woorde<br \/>\nverstaan dat dit die eedswering uitsluit wat vir ernstige en regte redes gemaak<br \/>\nword (byvoorbeeld, in die hof). `n Eed, wat die aanroeping van die geestelike<br \/>\nnaam as `n getuienis tot die waarheid is, kan nie gemaak word tensy in<br \/>\nwaarheid, in oordeel en in regssake nie.\u2019\u201d<\/p>\n<p>En in dieselfde kenteken is daar `n fout in<br \/>\nArtikel 2155. <\/p>\n<p class=\"indenttext\">Artikel 2155: Die<br \/>\nheiligheid van die geestelike naam berus daarop dat ons dit nooit gebruik vir<br \/>\nnietige sake nie, n\u00f3g om `n eed te sweer wat op die grondslag van omstandighede<br \/>\ninterpreteer kan word as toestemming van `n gesag wat dit onwederregtelik<br \/>\nvereis. Wanneer `n eed vereis word deur ongeregmatige burgerlike<br \/>\ngesaghebbendes, mag dit geweier word. Dit moet geweier word as dit doelwitte<br \/>\nvereis in teenstelling met die menswaardigheid van persone of aan `n<br \/>\nekklesiastiese gemeenskap.\u201d<\/p>\n<p>Dit is onse seining dat die Rooms Katolieke<br \/>\nKerk korrek is in hulle interpretasie van die wet dat eedswering mag plaasvind.<br \/>\nMaar daar bestaan die bekommernis dat die waardigheid van die kerk bo die wet<br \/>\ngeplaas kan word. Hierdie artikel sal byvoorbeeld  keer dat `n persoon onder eed getuienis<br \/>\nverskaf teen `n priester wat pedofiel-misdrywe pleeg. Dalk maak die kerk<br \/>\nuitsondering in die geval, dit maak so oor outoriteit wat b\u00f3 moraliteit geplaas<br \/>\nword, en d\u00edt is onaanvaarbaar. <\/p>\n<p>Indien vers sewe dubbelsinnig is, sodat ons<br \/>\ndie voordeel van die twyfel aan die Kerk van Rome moet gee, is verse 8-11 nie.<br \/>\nDie Roomse Kerk stel haar duidelik op in slagorde teen die letterlike betekenis<br \/>\nvan die praktyk van die Sabbats gebod deur die instelling van Sondag. <\/p>\n<p class=\"indenttext\">Artikel 2175: \u201cSondag<br \/>\nis uitdruklik onderskei van die sabbat wat dit elke week kronologies opvolg;<br \/>\nvir die Christene vervang die seremoni\u00eble onderhouding daarvan die sabbat. In<br \/>\ndie Pasga van Christus, vervul Sondag die geestelike waarheid van die Joodse<br \/>\nsabbat en kondig die mens se ewige rus in God aan. Want aanbidding onder die<br \/>\nWet, voorberei vir die verborgenheid van Christus, en wat daar gedoen was, is<br \/>\n`n voorafskaduwing van sommige aspekte van Christus: Diegene wie geleef het<br \/>\nvolgens die ou orde van dinge het tot `n nuwe hoop gekom, om nie langer die<br \/>\nsabbat te hou nie, maar die Dag van die Here,<br \/>\nwaarin ons lewens gese\u00ebn is deur hom en sy dood.\u201d<\/p>\n<p>Selfs as ons die eintlike irrasionele<br \/>\ngekibbel aangaande die kwessie van die Drie-enigheid aanvaar, die rasionele<br \/>\ngekibbel oor die kwessie van beelde, en die enigsindse verdagte interpretasie<br \/>\nvan die gee van ede, is die houding aangaande die Sabbat s\u00f3 vyandelik aan die duidelike<br \/>\nindruk van die teks dat d\u00edt bewys lewer dat die Rooms Katolieke Kerk inderdaad<br \/>\nafvallig is. <\/p>\n<p>Terwyl dit teen hierdie punt nie nodig is<br \/>\nom verder te gaan in die ondersoek nie, moet dit uit gewys word dat vir die<br \/>\nmeeste gedeelte die Rooms Katolieke Kerk die res van die gebooie onderhou. Daar<br \/>\nis `n poging om sy outoriteit te versterk deur die betekenis van die verering<br \/>\nvan ouers. Daar is die ontwikkeling van die konsep van regverdige<br \/>\noorlogvoering, maar dit is s\u00f3 omskryf in teorie, dat die bedryf daarvan verhoed<br \/>\nmoet word. As die aangetekende posisie van die Kerk aanvaarbaar is in alle<br \/>\npunte, bly dit steeds afvallig volgens die maatstawe van die eenheid van<br \/>\nYahuwah en die Sabbat, deur dit te vervang met die Drie-Enigheid en Sondag. <\/p>\n<p>Daar is verseker beide versagtende<br \/>\nomstandighede en veroordelendes wat ons nie ondersoek het nie. Maar die<br \/>\nmaatstaf deur ons gevolg wys onomwonde dat die Kerk van Rome afvallig is. <\/p>\n<h2><strong>Wat Van die<br \/>\nOrtodokse Kerk?<\/strong><\/h2>\n<p>Op die oomblik blyk dit te wees dat daar<br \/>\ngeen enkele, goedgekeurde Engelse vertaling van die Bybel in die Ortodokse Kerk<br \/>\nbestaan nie. Die Ortodokse Kerk baseer sy Bybel op die LXX in Grieks. Terwyl<br \/>\ndie LXX dikwels verskil van die Hebreeuse Bybel en gevolglik van die Engelse<br \/>\nKing James Vertaling, blyk dit dat die tien gebooie baie stabiel is. Die<br \/>\nenigste verskil van moontlike onderskeidenheid blyk die feit te wees dat die<br \/>\nwoord Sabbat in vers 8 meervoudig in die LXX is. Hoewel dit die teks aan<br \/>\ninterpretasies geredeliker insluitende die jaarlikse feeste ooplaat, is dit nie<br \/>\nnoodwendig `n swakheid nie. <\/p>\n<p>Die eerste sin in die Ortodokse Kategisme (<a href=\"http:\/\/orthodoxcathechism.org\/\">http:\/\/orthodoxcathechism.org\/<\/a>), onder die<br \/>\nartikel Die Heilige Drie-Eenheid lui soos volg: <\/p>\n<p class=\"indenttext\">\u201cOns glo in een<br \/>\nGod. Hierdie God is `n drie-enigheid. Wat beteken dat God drie persone insluit;<br \/>\ndie Vader, die Seun, en die Heilige Gees.\u201d<\/p>\n<p>Dit moet genoeg<br \/>\nwees om te bewys dat die Ortodokse Kerk afvallig is.<\/p>\n<p>Die LXX gebruik die Griekse woord in vers 5<br \/>\nwat spesifieker is as die Douay-Rheims weergawe, en met dieselfde kenteken val die Ortodokse tradisie terug op die mate van<br \/>\nafgodery soos gevind in die Roomse Kerk. <\/p>\n<p class=\"indenttext\">\u201c Die waarheid wat hierbo uitgedruk word,<br \/>\nwat in die Christendom verklaar word, vorm die grondlegging van die Christelike<br \/>\nbeeldende kunste. Die afbeelding (of ikoon) kontrasteer nie net die wese van<br \/>\nChristendom nie, maar verbind sonder mislukking daarmee; en dit is die<br \/>\ngrondbeginsel van die tradisie wat van die einste begin die Goeie Nuus was wat<br \/>\naan die w\u00eareld gebring was deur die Kerk beide in die woord en afbeelding.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">\u201cSint Johannes van Damaskus, `n agtste<br \/>\neeuse Vader van die Kerk, wie in die bloei tydperk van die ikonoklastiese  (anti-ikoon) stryd in die Kerk, verduidelik,<br \/>\nwant omdat die woord van God vlees geword het <em>(Johannes 1: 14)<\/em>, is ons nie langer in ons kinderjare nie; ons het<br \/>\ngroot geword, van God is ons die mag van diskriminasie gegee en ons weet wat<br \/>\nkan beskrywe en wat onbeskryfbaar is. Sedert die Tweede Persoon van die Heilige<br \/>\nDrie-Eenheid in die vlees aan ons verskyn het, kan ons hom afskilder en<br \/>\nherproduseer vir nadenking, Hy Wie minsaam geword het om sigbaar te wees. Ons<br \/>\nkan met vrymoedigheid God die Onsigbare voorstel \u2013 nie as `n indiwiduele wese<br \/>\nnie, maar as een Wie Homself  sigbaar<br \/>\ngemaak het vir ons onthalwe en, deur deelagtig te word in ons vlees en bloed.<\/p>\n<p class=\"indenttext\">\n<p class=\"indenttext\">Heilige ikone het<br \/>\nsy aan sy ontwikkel met die Geestelike Dienste, en nes die Dienste, het dit die<br \/>\nleerstelling van die Kerk in samewerking met die woord van die Heilige Skrifte<br \/>\nuitgebeeld. Deur die leerstelling van die 7de Ekumeniese Raadsitting te volg,<br \/>\nword die ikoon nie net as nog `n kunsvorm gesien nie, maar dat daar `n algehele<br \/>\nkorrespondens van die ikoon aan die Heilige Skrifte te vinde is, \u2018want as die <em>Ikoon <\/em>deur die <em>Heilige Skrifte <\/em>uitgebeeld word<em>,<\/em>word die<em> Heilige Skrifte <\/em>onweerlegbaar<br \/>\nverduidelik deur die<em> Ikoon\u2019\u201d   (Acts of <br \/>\nthe 7<sup>th<\/sup> <br \/>\nEcumenical  Council,  6).<\/em> <a href=\"http:\/\/www.ocf.org\/OrthodoxPage\/reading\/catechism.html\">http:\/\/www.ocf.org<em>\/<\/em>OrthodoxPage<em>\/<\/em>reading\/catechism.html<\/a><\/p>\n<p>Die Ortodokse stelling verskil van die<br \/>\nRooms Katolieke s`n in die verbod van gemaakte of drie-dimensionele afbeeldinge<br \/>\nvolgens die gebod. Die teologiese konsep van die twee-dimensionele afbeeldinge<br \/>\nverskil ook maar effens. `n Algehele parallel word getrek tussen die ikoon of<br \/>\nbeeltenis en die Woord van openbaring, waar beide gesien word as `n gelykmatige<br \/>\nleersame outoriteit. In hierdie en in so baie aangeleenthede, neem Rome `n<br \/>\naddisionele stap vorentoe in afvalligheid, v\u00e9r verby die van ander kerke. Ons<br \/>\nis beginsel getrou in die aanspraak dat Rome afgodies is in haar gebruik van<br \/>\nafbeeldinge, terwyl die Ortodokses nie is nie. Maar deur `n strenger beskouing<br \/>\nvan verse 4 en 5, kan beide as afgodery beskou word. <\/p>\n<p>In die geval van vers 7, kom dit voor dat<br \/>\nOrtodoksie opweeg teen die vereistes van die gebod. Maar in verband met die<br \/>\nSabbat, skiet Ortodoksie te kort. Alhoewel dit nie die Sabbat met Sondag<br \/>\nvervang nie, vernalatig dit grotendeels die Sabbat, behalwe een keer per jaar. <\/p>\n<p class=\"indenttext\">\u201cOp Groot en Heilige<br \/>\nSaterdag herdenk die Kerk die verborgenheid van die Heer se afdaling in Hades,<br \/>\ndie plek van die dode.\u201d (<a href=\"http:\/\/lent.goarch.org\/holy%20saturday\/learn\/\">http:\/\/lent.goarch.org\/holy<br \/>\nsaturday\/learn\/<\/a>)<\/p>\n<p>In die Roomse tradisie word Heilige<br \/>\nSaterdag ook gevier, maar sonder die erkenning dat dit die Sabbat is.  <\/p>\n<p>Vir die meerderheid van die tyd, ondersteun<br \/>\nOrtodoksie die gebooie. Dit skiet ook te kort as `n getuie teen die neem van `n<br \/>\nlewe tydens oorlog. As mens op die praktyk konsentreer, is beide die Roomse<br \/>\nkerk en die Ortodokse kerk gebrekkig in die uitgangspunt van die neem van `n<br \/>\nlewe. Die Katolieke plundertogte in die Tweede W\u00eareldoorlog, wat deur die<br \/>\nKroatiese Katolieke gepleeg is met die instemmende se\u00ebninge van die Kerk was<br \/>\ndie agtergrond vir die onlangse Ortodokse weerwraak in Bosni\u00eb, weerwraak wat<br \/>\ndie w\u00eareld skerp veroordeel het. `n Ernstige oorweging van die gebod aan albei<br \/>\nkante sou lewens gespaar het. Maar nie een kerk het die morele mag nog die teologiese<br \/>\ninsig van die gebod om uit te styg bo die uitdaging om sy konstitusie te<br \/>\nbe\u00efnvloed, gebruik nie. Die Ortodokses, misluk soveel as die Roomse in die<br \/>\ngebod, Jy mag nie doodslaan nie. <\/p>\n<p>Hoewel Ortodoksie nie op dieselfde vlak van<br \/>\nrebellie is teen Yahuwah as die Roomse Kerk nie, wys sy aanhang aan die<br \/>\nDrie-enigheid en haar verontagsaming van die Sabbat dat sy `n gevalle kerk is. <\/p>\n<p>Die Koptiese Kerk verskil van die<br \/>\nOrtodoksie hoofsaaklik in die Monofysiete kwessie. Die Ortodoksie glo dat die<br \/>\nSeun van Yahuwah twee nature het, een geestelik en die ander menslik. Die<br \/>\nMonofysiete posisie is dat daar slegs een natuur is, om beide geestelik en<br \/>\nmenslik te wees. In die praktyk het dit tot die klem gelei van Yahushua as Eloah liewers as menslik.<\/p>\n<p>Die Ethiopiese Kerk verskil van Ortodoksie<br \/>\nin die onderhouding van die sewende-dag Sabbat. Al die historiese vorme van die<br \/>\nOosterse Christenheid het `n vorm van die Drie-enigheid. Dit is ook waar van<br \/>\ndie Ethiopiese Kerk, wie ook Monofysiet is. Gevolglik, soos beskou deur die<br \/>\nmaatstaf van die tien gebooie, is al die antieke, historiese kerke afvallig<br \/>\nweens hul afgodery. Almal neem die paganistiese Drie-enigheid aan. Sommige meer<br \/>\nas anders verbind hulle in hoogs verdagte beelde aanbidding. Almal behalwe die<br \/>\nEthiopiese Kerk vernalatig, die Sabbat en die Rooms Katolieke Kerk verplaas die<br \/>\nSabbat met Sondag. Hoe duidelik is dit dat almal gevalle is! Numeries maak<br \/>\nhierdie kerke die oorgrootte meerderheid van die hedendaagse Christendom uit.<\/p>\n<h2><strong>Ander<br \/>\nNasionale Kerke<\/strong><\/h2>\n<p>Geoordeel op die grondslag van die tien<br \/>\ngebooie, is die Anglikaanse, Lutheraanse, en die Hervormde kerke almal gevalle<br \/>\nkerke. Hulle almal is aanhangers van die Drie-enigheid, hulle almal ontken die<br \/>\nverpligting om die Sabbat te onderhou, en almal van hulle dien as Staats Kerke<br \/>\nen ondersteun milit\u00eare optredes wanneer hulle dit as regverdig sien, en dus<br \/>\nsodoende die gebod, Jy mag nie doodslaan nie, oortree. Om `n lid van s\u00f3 `n kerk<br \/>\nte wees is om deelagtig te wees aan daardie sondes. Om by voorbeeld deel te bly<br \/>\nvan die Lutheraanse kerk, is om deelagtig te wees aan die skuld van Lutheraanse<br \/>\nhulp aan Hitler se oorlogsmisdade teen die mensdom en om bloed op mens se hande<br \/>\nte h\u00ea. \u201cEn ek het `n ander stem uit die hemel hoor s\u00ea, kom<br \/>\nuit haar uit, My volk sodat jy nie gemeenskap met haar sondes mag h\u00ea en<br \/>\nvan haar plae ontvang nie.\u201d (Openbaring 18:4)<\/p>\n<p>In artikel 85 van Die Groot Kategisme,<br \/>\nspreek die Lutherane hulle sterker uit teen die Sabbat as wat die Roomse dit<br \/>\ndoen, omdat hulle die onderhouding van die Sabbat van die skepping die \u201c<br \/>\nonordelikheid deur onnodige afwyking\u201d noem. <\/p>\n<p class=\"indenttext\">\u201cMaar sedert die<br \/>\nou Sondag [die Dag van die Here] wat vir hierdie doel aangestel was, moet ons<br \/>\nook op dieselfde wyse voortgaan, sodat elke ding in harmonieuse orde geskied,<br \/>\nen dat niemand wanorde skep deur onnodige afwyking nie.\u201d  <\/p>\n<p>Hoe enigiemand die Sabbat as `n afwyking en<br \/>\nSondag as waardig beskou, net n\u00e1 die verslag dat die Sabbat van krag was in die<br \/>\nOu Testament en dat Sondag veronderstel was om voorgestel te wees n\u00e1 die Nuwe<br \/>\nTestament, oorskry die perke van aanvaarbaarheid vir die regdenkende menslike<br \/>\nverstand. <\/p>\n<p>Terwyl die kategisme terselfdertyd die<br \/>\nduidelike woorde van die gebod verontagsaam, voeg dit nog sy eie laste by. Die<br \/>\nbetekenis van die Sabbat is nie om van arbeid te rus nie, maar om na die<br \/>\npriester te luister en hom te gehoorsaam! Die algehele leerstelling in die<br \/>\nKlein Kategisme is hiernatoe verlaag:<\/p>\n<p class=\"indenttext\">\u201cOns sal god vrees<br \/>\nen liefh\u00ea sodat ons nie preke en Sy Woord verag nie, maar dit as heilig hou, en<br \/>\ndit gewilliglik aanhoor en dit leer.\u201d<\/p>\n<p>Dus is Sabbat-onderhouding, se misplasing<br \/>\nna Sondag, om na die Lutherse kerk te gaan, en met blydskap dit aan te hoor en<br \/>\nte leer.\u201d<\/p>\n<p>In kwessie 103 van die Hervormde<br \/>\nHeidelbergse Kategisme, liefs as om die duidelike belanghebbendheid van die<br \/>\nSabbat as `n rusdag te erken, verkies hulle dit as `n middel om hulle opinie<br \/>\naangaande die onderhewigheid van `n vrou uit te druk, deur onder die Sabbat die<br \/>\nvolgende teksverse aan te haal.\u201d<\/p>\n<p class=\"indenttext\">\u201c1 Tim. 2:3 Want<br \/>\ndit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser; 1Tim. 2:8 Ek wil dan h\u00ea dat<br \/>\ndie manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis. 1 Tim.<br \/>\n2:9 So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met<br \/>\nbeskeidenheid en ingeto\u00ebnheid, nie met vlegsels, of goud of p\u00earels of kosbare<br \/>\nklere nie, 1 Tim. 2:10 maar soos dit vroue betaam met goeie werke. 1 Tim. 2:11<br \/>\nDie vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid.\u201d<\/p>\n<p>Hoe die Sabbatsgebod, wat die<br \/>\nonderdanigheid van die manlik en die vroulik lys, maar nooit die vrou nie, die<br \/>\nonderdanigheid van die vrou afdwing, is moeilik om redelike insig daarin te<br \/>\nsien. Tog kan die Hervormde Kerke so maak, terwyl hulle die einste woord van<br \/>\ndie gebod ontken.<\/p>\n<p>Die nasionale kerke het selfs verder as<br \/>\nRome geval, daarin dat hulle verbonde aan nasionale le\u00ebrmagte as patriote is.<br \/>\nDie Hervormde of Presbiteriaanse kerke het vir verskeie eeue Sondag opgehef in<br \/>\n`n ho\u00ebr mate as wat die Pousdom het, en in hierdie aspek het hulle `n dieper<br \/>\nafvalligheid verteenwoordig. Hulle almal was betrokke in vervolging. V\u00f3\u00f3r die<br \/>\nHervorming was daar baie lae-profiel Sabbathoudende Christen groepe in Europa.<br \/>\nIn die areas waar Lutheranisme veld gewen het, was die eerste aksie om hierdie<br \/>\ngroepe uit te wis. Die Sabbatari\u00ebrs in Sicili\u00eb, Swede, Finland, en Noorwe\u00eb was<br \/>\ntot die laaste persoon dood gemaak.<\/p>\n<p>Drie gebooie is genoegsaam om te wys dat al<br \/>\ndie amptelike Christen instellings geval het. Daar is menigte duisende<br \/>\ngeloofsgebaseerde denominasies, en dit is onmoontlik om selfs almal van hulle<br \/>\nop te noem. Van hulle vorm die Baptiste en die Metodiste die meerderheid, en<br \/>\nhulle faal in al drie gebooie met `n paar uitsonderings van geringe<br \/>\nnie-geweldadige of Sabbatariese groepe. Tussen hulle, is nie een getrou aan al<br \/>\ndrie proef gebooie nie, om nie eens te praat van al tien nie. <\/p>\n<p>Die verwarrende massa geringe denominasies<br \/>\nwat wedywer vir aandag kan gedegradeer word aan die eenvoudige vuurproef van<br \/>\ndie drie toets gebooie. Nie een van hulle hou aan aldrie vas nie. Sewende-dag<br \/>\nAdventiste aanvaar die Drie-enigheid en oortree dus die eerste gebod. Hulle<br \/>\nkompromiteer ook die gebod om nie dood te slaan nie, wie soms groter deelname<br \/>\nin die milit\u00eare veld waag as wat selfs hulle regering op hulle sou afdwing. Een<br \/>\nvan die sigbaarste voorbeelde is dit van die Adventiste kerk in Duitsland in<br \/>\ndie Eerste en Tweede W\u00eareldoorlo\u00eb. (SDA`s het ook die toenemende lig aangaande<br \/>\ndie Sabbat verwerp, (Herbegraafde Skatte: SDA`s en<br \/>\ndie Sewende Dag Sabbat) Die Jehowah se getuies faal op die Sabbat gebod,<br \/>\nten spyte van hulle loflike getuigskrifte teenoor die ander. Mormone misluk op<br \/>\nal drie, met hulle meervoudige gode sisteem wat een van die verbassende dinge<br \/>\nis wat die Christendom ooit geskep het. <\/p>\n<p>Die getal denominasies wat die-gebooie<br \/>\ntoets slaag is in die minderheid, as enige ooit bestaan, dat hulle deur enigeen<br \/>\nge\u00ebvalueer kan word in `n mate van diepte en deur die Bybel verklaar word dat<br \/>\nhulle afvallige kerke is. Babilon het<br \/>\ninderdaad geval. Met trane van liefde, roep<br \/>\nYahushua Sy eie uit die verwarring van die denominasies tot gehoorsaamheid aan<br \/>\nHom.<\/p>\n","protected":false},"featured_media":214705,"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":[],"class_list":["post-108227","wlc-article","type-wlc-article","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","wlc-article-category-profesie-wat-gerig-is-op-die-endtyd","wlc-content-directory-worship"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v26.7 - https:\/\/yoast.com\/wordpress\/plugins\/seo\/ -->\n<title>Afvallige Kerke! Identifisering van die Gevalle Vyande van die Ware Ekklesia - Worlds Last Chance<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/apostate-churches-identifying-the-fallen-foes-of-the-true-ekklesia\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Afvallige Kerke! Identifisering van die Gevalle Vyande van die Ware Ekklesia - Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ondersoek na die ware Ekklesia. . . Daar is deesdae duisende kerke in die w\u00eareld, en almal maak daarop aanspraak dat hulle die ware geloof in Yahushua voorstel. Sommige van hulle maak daarop aanspraak dat hulle, en geen ander een die ware ekklesia is, en almal wie nie tot hulle toegee nie, sal verlore wees. [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/apostate-churches-identifying-the-fallen-foes-of-the-true-ekklesia\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-08-20T14:31:31+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/apostate-churches-poster-afrikaans.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"250\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"179\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"22 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/apostate-churches-identifying-the-fallen-foes-of-the-true-ekklesia\/\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/apostate-churches-identifying-the-fallen-foes-of-the-true-ekklesia\/\",\"name\":\"Afvallige Kerke! Identifisering van die Gevalle Vyande van die Ware Ekklesia - Worlds Last Chance\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/apostate-churches-identifying-the-fallen-foes-of-the-true-ekklesia\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/apostate-churches-identifying-the-fallen-foes-of-the-true-ekklesia\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/apostate-churches-poster-afrikaans.jpg\",\"datePublished\":\"2009-02-09T04:19:14+00:00\",\"dateModified\":\"2025-08-20T14:31:31+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/apostate-churches-identifying-the-fallen-foes-of-the-true-ekklesia\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/apostate-churches-identifying-the-fallen-foes-of-the-true-ekklesia\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/apostate-churches-identifying-the-fallen-foes-of-the-true-ekklesia\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/apostate-churches-poster-afrikaans.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/apostate-churches-poster-afrikaans.jpg\",\"width\":250,\"height\":179},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/apostate-churches-identifying-the-fallen-foes-of-the-true-ekklesia\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Articles\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Afvallige Kerke! Identifisering van die Gevalle Vyande van die Ware Ekklesia\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/\",\"name\":\"Worlds Last Chance\",\"description\":\"\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Afvallige Kerke! Identifisering van die Gevalle Vyande van die Ware Ekklesia - Worlds Last Chance","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/apostate-churches-identifying-the-fallen-foes-of-the-true-ekklesia\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Afvallige Kerke! Identifisering van die Gevalle Vyande van die Ware Ekklesia - Worlds Last Chance","og_description":"Ondersoek na die ware Ekklesia. . . Daar is deesdae duisende kerke in die w\u00eareld, en almal maak daarop aanspraak dat hulle die ware geloof in Yahushua voorstel. Sommige van hulle maak daarop aanspraak dat hulle, en geen ander een die ware ekklesia is, en almal wie nie tot hulle toegee nie, sal verlore wees. [&hellip;]","og_url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/apostate-churches-identifying-the-fallen-foes-of-the-true-ekklesia\/","og_site_name":"Worlds Last Chance","article_modified_time":"2025-08-20T14:31:31+00:00","og_image":[{"width":250,"height":179,"url":"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/apostate-churches-poster-afrikaans.jpg","type":"image\/jpeg"}],"twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Est. reading time":"22 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/apostate-churches-identifying-the-fallen-foes-of-the-true-ekklesia\/","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/apostate-churches-identifying-the-fallen-foes-of-the-true-ekklesia\/","name":"Afvallige Kerke! Identifisering van die Gevalle Vyande van die Ware Ekklesia - Worlds Last Chance","isPartOf":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/apostate-churches-identifying-the-fallen-foes-of-the-true-ekklesia\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/apostate-churches-identifying-the-fallen-foes-of-the-true-ekklesia\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/apostate-churches-poster-afrikaans.jpg","datePublished":"2009-02-09T04:19:14+00:00","dateModified":"2025-08-20T14:31:31+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/apostate-churches-identifying-the-fallen-foes-of-the-true-ekklesia\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/apostate-churches-identifying-the-fallen-foes-of-the-true-ekklesia\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/apostate-churches-identifying-the-fallen-foes-of-the-true-ekklesia\/#primaryimage","url":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/apostate-churches-poster-afrikaans.jpg","contentUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/apostate-churches-poster-afrikaans.jpg","width":250,"height":179},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/bible-prophecy\/apostate-churches-identifying-the-fallen-foes-of-the-true-ekklesia\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Articles","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Afvallige Kerke! Identifisering van die Gevalle Vyande van die Ware Ekklesia"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/","name":"Worlds Last Chance","description":"","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article\/108227","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article"}],"about":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/wlc-article"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=108227"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/214705"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=108227"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}