{"id":108217,"date":"2009-01-30T00:45:14","date_gmt":"2009-01-30T00:45:14","guid":{"rendered":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/wlc-article\/migrating-verlossing-die-belangrikheid-van-gehoorsaamheid\/"},"modified":"2025-08-20T14:21:11","modified_gmt":"2025-08-20T14:21:11","slug":"verlossing-die-belangrikheid-van-gehoorsaamheid","status":"publish","type":"wlc-article","link":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/articles\/bybelse-geloof\/verlossing-die-belangrikheid-van-gehoorsaamheid\/","title":{"rendered":"Verlossing | Die Belangrikheid van Gehoorsaamheid"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" style=\"margin-left: 15px\" title=\"\" alt=\"bible\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/book-of-romans.jpg\" align=\"right\" height=\"174\" border=\"null\" width=\"299\"><\/p>\n<p>Wanneer<br \/>\nons van <em>verlossing<\/em> praat, dink baie<br \/>\nvan ons eers aan die sendbriewe van Paulus aan die Romeine, omdat dit die<br \/>\nvolledigste verduideliking van die geregtigheid van Christus is. As daar enige<br \/>\nplek in die Bybel is waar ons mag uitvind omtrent die verwantskap tussen<br \/>\ngehoorsaamheid en verlossing, is dit hier waar ons moet kyk. Maar inderwaarheid<br \/>\nis dit nie wat ek gedoen het nie. Ek het `n ondersoek na die woord<br \/>\ngehoorsaamheid in die Ou Vertaling gedoen, en het gevind dat die woord<br \/>\ngehoorsaamheid meer dikwels voorkom in die boek van Romeine as in enige ander<br \/>\nBybelboek: vyf keer in totaal. Paulus het hierdie wonderlike tema so eenvoudig<br \/>\nontwerp, sodat dit maklik onthou kan word, op net vyf vingers van die hand.<\/p>\n<p>Die<br \/>\ntema van gehoorsaamheid word deur die apostel aan die Romeine in `n liefdevolle<br \/>\nhanddruk toegevou van die heel eerste woorde tot by die laaste een. \u201cPaulus, `n<br \/>\ndienaar van Yahushua,<br \/>\n`n <em>geroepe<\/em><br \/>\napostel, afgesonder tot die evangelie van Yahuwah, &#8212; Wat Hy tevore beloof het<br \/>\ndeur sy profete in die heilige Skrifte, aangaande sy Seun wat gebore is na die<br \/>\nvlees uit die geslag van Dawid en na die Gees van heiligheid met krag verklaar <em>is as<\/em><br \/>\ndie Seun van Yahuwah deur die opstanding uit die dode, Yahushua Messias, onse<br \/>\nMeester deur wie ons genade en die apostelskap ontvang het om<br \/>\ngeloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene terwille van sy Naam,<br \/>\nonder wie julle ook is, geroepenes van Yahushua.-\u201d Romeine 1:1-6.<\/p>\n<p>Paulus<br \/>\nbegin met gehoorsaamheid in die geloof. Dit is die heel eerste stap, en dit is<br \/>\nwaar baie fouteer, reg van die begin af. Hulle skei gehoorsaamheid van geloof,<br \/>\nasof hulle skeibaar is, of selfs wedersyds uitsluitend is. Volgens Paulus se<br \/>\nevangelie sal dit nie so wees nie. Hy leer nie gehoorsaamheid aan die een kant<br \/>\nen geloof aan die ander kant nie. Hy leer gehoorsaamheid aan geloof. Die w\u00eareld<br \/>\nhet `n kerk en `n geloof, en veel te s\u00ea oor geloof in Yahushua. Maar dit is `n<br \/>\nnietige geloof, want dit is geloof alleen. Die geloof wat Paulus ken is die<br \/>\ngehoorsaamheid van geloof. <\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" style=\"margin-top: 5px; margin-bottom: 10px; margin-right: 15px\" title=\"\" alt=\"saviour's hand\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/invitation.jpg\" align=\"left\" height=\"146\" width=\"177\">Wat<br \/>\nis die gehoorsaamheid van geloof waarvan Paulus praat? Hy beskryf dit nie direk<br \/>\nnie, maar gee aan ons `n goeie leidraad. Die gehoorsaamheid van geloof onder al<br \/>\ndie nasies vir die Naam van Christus was sy handeling en gewilligheid om as `n<br \/>\napostel vorentoe te tree om die boodskap van Christus te verkondig. Die duim,<br \/>\ndie eerste punt van verlossing, is nie iets wat ons moet doen of glo nie. Dit<br \/>\nis iets wat vir ons gedoen is. Dit is die oproep wat ons van Christus ontvang.<br \/>\nGehoorsaamheid aan geloof verteenwoordig in die eerste plek die oproep van<br \/>\nChristus. <\/p>\n<p>Heel<br \/>\nvan die begin van Christus se bediening soos beskryf in die Evangelies, vInd<br \/>\nons dat Christus dit die eerste stap van verlossing maak. Hy het die dissipels<br \/>\neen vir een geroep. Die gehoorsaamheid aan geloof is nie dat ons die gebooie<br \/>\nonderhou of soek na of probeer om verlossing te vind nie. Dit is om die<br \/>\nroepstem van Christus te hoor.     <\/p>\n<h2 align=\"center\"><strong><span> Geregtigheid deur Gehoorsaamheid<\/span><\/strong><\/h2>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" style=\"margin-left: 15px\" title=\"\" alt=\"salvation - ten commandments in the most holy place\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/angels-judgment.jpg\" align=\"right\" height=\"208\" width=\"181\">\u201cWant<br \/>\nsoos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so<br \/>\nsal ook die gehoorsaamheid van die \u00c9\u00e9n baie tot regverdiges gestel word.\u201d Romeine<br \/>\n5:19<\/p>\n<p>Predikers<br \/>\nsowel as die gelowiges neig om te fokus op wat die mens moet doen. Omdat hulle<br \/>\nbesef dat die onderhouding van die wet hulle nie kan red nie, faal hulle<br \/>\ndikwels met die besef dat geregtigheid deur gehoorsaamheid kom. Almal wie in<br \/>\nregskapenheid met Yahuwah leef is geregverdig deur gehoorsaamheid en niks<br \/>\nanders nie. Hulle word geregverdig deur gehoorsaamheid van Christus, wat<br \/>\nvolmaak en perfek is. Dit is die tweede stap in die verlossingsplan, van Paulus<br \/>\nse vyf punt voorstelling van gehoorsaamheid.<\/p>\n<p>Ellen<br \/>\nWhite verduidelik dit so. \u201cDie oomblik as die sondaar in Christus glo, staan hy<br \/>\nin die teenwoordigheid van . . . [Yahuwah] onveroordeeld; want die geregtigheid<br \/>\nvan Christus is syne: Christus se volmaakte gehoorsaamheid is aan hom toegeskryf.\u201d<br \/>\nFundamentals of Christian Education, bl. 429.<\/p>\n<p>Alhoewel<br \/>\ndaar alle rede is om die konsep van algehele verderf of oorspronklike sonde, te<br \/>\nverwerp, bring Paulus `n logiese ewewig hier na vore. Sonde en die dood het die<br \/>\nw\u00eareld ingekom deur die optrede van een persoon. Ongeag hoe goed ons deesdae<br \/>\ndie wet onderhou, word ons steeds deur die dood in die gesig gestaar, deur geen<br \/>\nfout van ons kant nie. Daarom is dit maar net reg dat die oplossing in<br \/>\ndieselfde manier voorkom as die probleem: deur die handeling van een mens om<br \/>\ndie onthalwe van ander. Daar is `n logiese grondslag vir die gehoorsaamheid wat<br \/>\nnodig is in ons verlossing van sonde en die dood nie uit ons eie is nie, maar<br \/>\nuit dit van `n ander. <\/p>\n<h2 align=\"center\"><strong>Gehoorsaamheid<br \/>\ntot Geregtigheid<\/strong> <\/h2>\n<p>\u201cWant sonde sal oor julle nie heers nie; want<br \/>\njulle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. Wat dan? Sal ons sonde<br \/>\ndoen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee stellig<br \/>\nnie! Weet julle nie aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om<br \/>\nhom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam<br \/>\nis nie \u2013 \u00f3f van die sonde tot die dood, \u00f3f van die gehoorsaamheid tot die<br \/>\ngeregtigheid? Maar ons dank Yahuwah dat julle wel diensknegte van die sonde<br \/>\nwas, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat<br \/>\naan julle oorgelewer is, en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar<br \/>\ngeword aan die geregtigheid.\u201d Romeine 6: 14-18.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" style=\"margin-top: 5px; margin-bottom: 10px; margin-right: 15px\" title=\"\" alt=\"clasped hands\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/prayer.jpg\" align=\"left\" height=\"207\" width=\"269\">Die<br \/>\nvisioen van die dood, opstanding, hemelvaart, bemiddeling en die versoenende<br \/>\nChristus verander die karakter<br \/>\nvan die mens. Liefde ontwaak die verlange om `n getroue gehoorsame dienskneg te<br \/>\nwees, waar eens net diensbaarheid aan sonde was. <\/p>\n<p>Ellen<br \/>\nWhite gee `n duidelike verklaring van hierdie ondervinding. \u201cDie evangelie van<br \/>\ndie Nuwe Testament is nie die Ou Testamentiese standaard wat verlaag is om die<br \/>\nsondaar tegemoet te kom en hom in sy sondes te red nie. [Yahuwah] . . . vereis<br \/>\nvan al Sy onderdane gehoorsaamheid, algehele gehoorsaamheid aan al Sy gebooie.<br \/>\nHy verwag nou soos altyd volmaakte geregtigheid as die enigste titel tot die hemel. Christus is ons hoop<br \/>\nen ons vesting. Sy geregtigheid is slegs aan die gehoorsames toebedeel. Laat<br \/>\nons dit deur geloof aanvaar, dat die Vader geen sonde in ons vind nie. Maar<br \/>\nhulle wie die heilige wet vertrap het geen reg om aanspraak op daardie<br \/>\ngeregtigheid te maak nie. O, dat ons die enormiteit van die verlossingsplan mag<br \/>\ninsien as gehoorsame kinders aan .  <br \/>\n.   . [Yahuwah se] vereistes, glo<br \/>\ndat ons vrede het met . . . [Yahuwah] deur . . .[Yahushua], ons soenoffer!\u201d<br \/>\nReview &amp; Herald, Sept. 21, 1886.<\/p>\n<p>Niemand<br \/>\nhoef ontmoedig te wees deur die ho\u00eb vlak van die maatstaf  nie. Die mate van die offer is die waarborg<br \/>\nvan die mag van Yahuwah om tot die uiterste toe te red. Die boetvaardige<br \/>\nontvang die se\u00ebninge van Christus se geregtigheid wat die vrugte in<br \/>\ngehoorsaamheid aan Sy gebooie voortbring. Dit is Satan wat s\u00ea dat die gebooie<br \/>\nte moeilik is om gehou te word. Ellen White skryf dat \u201calmal wie die gebooie<br \/>\nvan .  . <br \/>\n. [Yahuwah] oortree ondersteun Satan se aanspraak dat die wet<br \/>\nonregverdig is, en nie gehoorsaam kan word nie. Daarom sekondeer hulle die<br \/>\nmisleiding van die groot vyand, en bring oneer op .  .  .<br \/>\n[Yahuwah].\u201d Hoeveel predikers verkondig d\u00ede einste aanmatiging week na week! <\/p>\n<p>Dit<br \/>\nwas algemeen in die verlede gehoor uit die preekstoel dat die \u201cliefde van<br \/>\nChristus ons dring. Ons gehoorsaam die gebooie vir die liefde van Yahuwah en Sy<br \/>\nChristus, wie so `n groot verlossing aan ons verskaf het.\u201d Nou blyk die<br \/>\nboodskap so dikwels te wees dat omdat Yahuwah ons liefhet en in elk geval sal<br \/>\nred, kan ons Hom ongehoorsaam wees soveel as ons wil. <\/p>\n<p>Maar<br \/>\nPaulus se konsep van regverdigmaking is nie dieselfde nie. Die ware<br \/>\nheiligmaking dra vrugte in gehoorsaamheid aan die tien gebooie.<\/p>\n<h2 align=\"center\"><strong>Eenheid deur Gehoorsaamheid    <\/strong><\/h2>\n<p>\u201cEn<br \/>\nek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot<br \/>\nveroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle. Want sulke mense<br \/>\ndien nie onse Meester Yahushua nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur<br \/>\nhulle vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges. Want julle<br \/>\ngehoorsaamheid het algemeen bekend geword. Daarom verbly ek my oor julle, en ek<br \/>\nwens dat julle wys mag wees teenoor wat goed is, maar onskuldig teenoor wat<br \/>\nsleg is. En die Yahuwah van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete<br \/>\nverbrysel. Die genade van onse Meester Yahushua sy met julle! Amen.\u201d Romeine<br \/>\n16: 17-20. <\/p>\n<p>Die<br \/>\nvierde stap in Paulus se studie van gehoorsaamheid is eenheid in leerstelling.<br \/>\nDit mag as `n verrassing kom, maar dit is inderwaarheid baie logies. Dit is nie<br \/>\nwerklik verskille in uiterlikes, logiese gedagtes, of temperament wat verdeling<br \/>\nbewerkstellig nie, selfs doktrinale verdelings nie. Dit word inderwaarheid<br \/>\ngeskep deur eenvoudige ongehoorsaamheid, die verlange om teen Yahuwah se<br \/>\nduidelike woord te rebeleer. Die gees van gehoorsaamheid bring eintlik eenheid<br \/>\nin leerstellings vorendag. <\/p>\n<p>Ten<br \/>\nspyte van al die argumente wat die mense gee om nie die Sabbat van die gebod te<br \/>\nonderhou nie, kom dit net daarop te neer of daar `n gees van gehoorsaamheid is<br \/>\nof nie. Al die verwysinge na skadubeelde, die gebooie aan die kruis vasgenael, aanspraak van vryheid in<br \/>\nChristus, dat Yahushua onse Sabbat is, het sy motivering in die eenvoudige<br \/>\nverlange om nie die Sabbat te onderhou nie. Indien diegene wie die aanmatiging<br \/>\ngemaak het die kwessie benader met die verlange om te gehoorsaam, sou hulle die<br \/>\nteks met `n anderste intensie gelees het. Hulle sou dit gelees het met die hoop<br \/>\nom regverdiging vir Sabbat onderhouding te vind eerder as `n verskoning om dit nie<br \/>\nte gehoorsaam nie. En so is dit met elke vraagstuk van doktrinale tweespalt.<br \/>\nSommige van hulle is onbelangrike sake wat opgehaal word om die verstand af te<br \/>\nlei van ons plig teenoor Yahuwah en ons medemens.<\/p>\n<h2 align=\"center\"><strong>Volle<br \/>\nSirkel: Gehoorsaamheid van Geloof<\/strong><\/h2>\n<p>\u201cAan<br \/>\nHom wat magtig is om julle te versterk volgens my evangelie en die prediking<br \/>\nvan Yahushua, ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank<br \/>\nverswyg is, maar nou geopenbaar is en deur die profetiese Skrifte bekend gemaak<br \/>\nis onder die heidene, volgens die bevel van die ewige Eloah, tot gehoorsaamheid<br \/>\nvan die geloof \u2013 aan die alleenwyse Eloah, aan Hom die heerlikheid deur<br \/>\nYahushua tot in ewigheid! Amen.\u201d Romeine 16:25-27. <\/p>\n<p>Paulus<br \/>\nsluit die boek van Romeine af, nes hy dit begin het, met byna dieselfde woorde.<br \/>\nHy keer terug na die tema van gehoorsaamheid van geloof. Maar hierdie keer, is<br \/>\ngehoorsaamheid van geloof nie die roepstem van Christus nie. Instede van die<br \/>\nbegin, die roepstem, vind ons die einde, die doel. Gehoorsaamheid aan geloof is<br \/>\nnou, aan die vyfde stap, die \u201cmag om julle te bevestig.\u201d Aan die einde nes aan<br \/>\ndie begin is dit nie `n menslike  vermoe\u00eb<br \/>\nwat ons bevestig nie. Van die begin tot die einde, is die gehoorsaamheid van<br \/>\ngeloof die handeling van Yahuwah in die menslike lewens. <\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" style=\"margin-top: 5px; margin-bottom: 10px; margin-right: 15px\" title=\"\" alt=\"people praying\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/faith.jpg\" align=\"left\" height=\"133\" width=\"269\">Die<br \/>\ngehoorsaamheid wat verskyn in die indiwiduele lewe van die gelowige, in<br \/>\nhandelinge gedoen volgens die gebooie, is omsingel, verskans en beskerm deur<br \/>\ndie begin en eind stappe, optredes van goddelike genade. Die tweeling arms van<br \/>\ngoddelike liefde omsingel die menslike handeling van gehoorsaamheid. Christus<br \/>\nstaan ongesiens agter die kind by sy letters, plaas albei sy arms om hom, en<br \/>\ngaan met Sy eie hand die bewerige hand voor wat die pen vashou. Die gevolg is<br \/>\ndie respons aan die Dekaloog, daardie heilsame liefdesbrief gevul met die beloftes<br \/>\nvan Yahuwah. Die gevolg is `n lewe wat `n minne brief aan Yahuwah is. <\/p>\n<p>Die<br \/>\nroepstem van Christus lei na Christus se gehoorsaamheid wat aan die gelowige<br \/>\ndeur genade gegee is. Die besef van hierdie liefdesgawe dring die gelowige na gehoorsaamheid aan die wet van<br \/>\nYahuwah deur die mag van genade. Sulke gehoorsaamheid is die uitvloeisel<br \/>\nvan doktrinale eenheid en die te kort aan skeiding onder gelowiges. Die einde<br \/>\nvan dit alles is dat die mag van Yahuwah ons in die Evangelie bevestig. En dit<br \/>\nis die belangrikheid van  gehoorsaamheid<br \/>\nvan die begin tot die einde.  <\/p>\n","protected":false},"featured_media":214647,"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":[],"class_list":["post-108217","wlc-article","type-wlc-article","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","wlc-article-category-bybelse-geloof","wlc-content-directory-salvation"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v26.7 - https:\/\/yoast.com\/wordpress\/plugins\/seo\/ -->\n<title>Verlossing | Die Belangrikheid van Gehoorsaamheid - Worlds Last Chance<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/salvation-the-importance-of-obedience\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Verlossing | Die Belangrikheid van Gehoorsaamheid - Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Wanneer ons van verlossing praat, dink baie van ons eers aan die sendbriewe van Paulus aan die Romeine, omdat dit die volledigste verduideliking van die geregtigheid van Christus is. As daar enige plek in die Bybel is waar ons mag uitvind omtrent die verwantskap tussen gehoorsaamheid en verlossing, is dit hier waar ons moet kyk. [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/salvation-the-importance-of-obedience\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-08-20T14:21:11+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/salvation-importance-of-obedience-poster-afrikaans.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"250\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"159\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/salvation-the-importance-of-obedience\/\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/salvation-the-importance-of-obedience\/\",\"name\":\"Verlossing | Die Belangrikheid van Gehoorsaamheid - Worlds Last Chance\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/salvation-the-importance-of-obedience\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/salvation-the-importance-of-obedience\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/salvation-importance-of-obedience-poster-afrikaans.jpg\",\"datePublished\":\"2009-01-30T00:45:14+00:00\",\"dateModified\":\"2025-08-20T14:21:11+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/salvation-the-importance-of-obedience\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/salvation-the-importance-of-obedience\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/salvation-the-importance-of-obedience\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/salvation-importance-of-obedience-poster-afrikaans.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/salvation-importance-of-obedience-poster-afrikaans.jpg\",\"width\":250,\"height\":159},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/salvation-the-importance-of-obedience\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Articles\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Verlossing | Die Belangrikheid van Gehoorsaamheid\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/\",\"name\":\"Worlds Last Chance\",\"description\":\"\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Verlossing | Die Belangrikheid van Gehoorsaamheid - Worlds Last Chance","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/salvation-the-importance-of-obedience\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Verlossing | Die Belangrikheid van Gehoorsaamheid - Worlds Last Chance","og_description":"Wanneer ons van verlossing praat, dink baie van ons eers aan die sendbriewe van Paulus aan die Romeine, omdat dit die volledigste verduideliking van die geregtigheid van Christus is. As daar enige plek in die Bybel is waar ons mag uitvind omtrent die verwantskap tussen gehoorsaamheid en verlossing, is dit hier waar ons moet kyk. [&hellip;]","og_url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/salvation-the-importance-of-obedience\/","og_site_name":"Worlds Last Chance","article_modified_time":"2025-08-20T14:21:11+00:00","og_image":[{"width":250,"height":159,"url":"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/salvation-importance-of-obedience-poster-afrikaans.jpg","type":"image\/jpeg"}],"twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/salvation-the-importance-of-obedience\/","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/salvation-the-importance-of-obedience\/","name":"Verlossing | Die Belangrikheid van Gehoorsaamheid - Worlds Last Chance","isPartOf":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/salvation-the-importance-of-obedience\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/salvation-the-importance-of-obedience\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/salvation-importance-of-obedience-poster-afrikaans.jpg","datePublished":"2009-01-30T00:45:14+00:00","dateModified":"2025-08-20T14:21:11+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/salvation-the-importance-of-obedience\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/salvation-the-importance-of-obedience\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/salvation-the-importance-of-obedience\/#primaryimage","url":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/salvation-importance-of-obedience-poster-afrikaans.jpg","contentUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/salvation-importance-of-obedience-poster-afrikaans.jpg","width":250,"height":159},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/salvation-the-importance-of-obedience\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Articles","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Verlossing | Die Belangrikheid van Gehoorsaamheid"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/","name":"Worlds Last Chance","description":"","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article\/108217","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article"}],"about":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/wlc-article"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=108217"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/214647"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=108217"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}