{"id":108170,"date":"2009-01-06T05:14:13","date_gmt":"2009-01-06T05:14:13","guid":{"rendered":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/wlc-article\/migrating-sabbat-in-die-bybel\/"},"modified":"2025-08-20T13:33:45","modified_gmt":"2025-08-20T13:33:45","slug":"sabbat-in-die-bybel","status":"publish","type":"wlc-article","link":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/articles\/bybelse-geloof\/sabbat-in-die-bybel\/","title":{"rendered":"Sabbat in die Bybel"},"content":{"rendered":"<p>(Gen 2:1)<br \/>\nSo is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse le\u00ebrmag. (Gen 2:2) En Elohim het op die sewende dag Sy werk<br \/>\nvoltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al Sy werk wat Hy<br \/>\ngemaak het. (Gen 2:3) En Elohim het die<br \/>\nsewende dag gese\u00ebn en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al Sy werk<br \/>\nwat Elohim geskape het deur dit te maak. <\/p>\n<p>Hoewel die woord Sabbat nie in die Engelse<br \/>\nteks verskyn nie, verskyn dit twee keer in die oorspronklike Hebreeus, waar dit<br \/>\nas \u201comdat Hy daarop gerus het\u201d. Die idee van rus in die Hebreeuse woord Shabbat<br \/>\nis `n nuwe skepping, en steun op die konsep van die Sabbat dag eerder as andersom.<br \/>\nDie oorspronklike, vroe\u00eb betekenis van die woord is om op te hou, soos in<br \/>\nGenesis 8: 22. Die tekstuele gebruik van die woord dui daarop dat dit ook<br \/>\nbeteken om \u201cte sabbateer\u201dof \u201com die Sabbat te herdenk\u201d. <\/p>\n<p>`n Noukerige ondersoek van die Hebreeuse<br \/>\nBybel stel dit baie duidelik dat die Sabbat uit die skepping kom, of dit nou<br \/>\nduidelik is in die bevooroordeelde vertalings of nie in ons besit. Maar die<br \/>\neerste bekendmaking van die Sabbat in die O.V. is steeds voor die wet op die<br \/>\nSina\u00ef gebergte gegee. Daarom val die aanspraak dat die Sabbat eers aan die Jode<br \/>\ngegee was tydens die Sina\u00ef verbond, plat op sy gesig in hierdie geval.<\/p>\n<h2>Die<br \/>\nSabbat en die Manna<\/h2>\n<p>(Ex. 16:23)<br \/>\nToe s\u00ea hy vir hulle: Dit is wat Yahuwah gespreek het: M\u00f4re is dit rusdag, `n<br \/>\nheilige Sabbat van Yahuwah. Wat julle wil bak, bak dit; en wat julle wil kook,<br \/>\nkook dit; en b\u00eare vir julle alles wat oor is, om dit te bewaar tot die m\u00f4re<br \/>\ntoe. (Ex. 16:24) En hulle het dit geb\u00eare tot<br \/>\ndie m\u00f4re toe, soos Moses beveel het; en dit het nie bederwe nie, en daar het<br \/>\ngeen wurms ingekom nie. (Ex. 16:25) Toe s\u00ea<br \/>\nMoses: Eet dit vandag, want dit is vandag die Sabbat van Yahuwah. Vandag sal<br \/>\njulle dit nie in die veld kry nie. (Ex 16:26)<br \/>\n Ses dae lank moet julle dit insamel,<br \/>\nmaar op die sewende dag is dit Sabbat; dan sal dit daar nie wees nie. (Ex 16:27) En op die sewende dag het van die mense<br \/>\nuitgegaan om in te samel, maar hulle het niks gekry nie. (Ex 16:28) Toe s\u00ea Yahuwah vir Moses: Hoe lank weier<br \/>\njulle om my gebooie en my wette te onderhou? (Ex<br \/>\n16:29) Kyk, omdat Yahuwah julle die Sabbat gegee het, daarom gee Hy vir<br \/>\njulle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen bly waar hy is; laat<br \/>\nniemand op die sewende dag van sy woonplek af weggaan nie. <\/p>\n<p><img decoding=\"async\" style=\"margin-right: 10px\" alt=\"sabbath preparation - children of israel gathering manna\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/manna.jpg\" align=\"left\">Uit hierdie teks kan ons seker wees van die<br \/>\nvolgende aansprake: 1) Yahuwah het die Sabbat onderhouding aanbeveel; 2)<br \/>\nYahuwah het die dag van die Sabbat afgebaken deur die drievoudige wonderwerk<br \/>\nvan die manna: dit was twee maal soveel op die sesde dag, die dubbele porsie<br \/>\nhet nie bederf nie, geen manna het op die sewende dag geval nie, en manna wat<br \/>\noorgehou was op die eerste tot die vyfde dae het bederf; 3) sommige mense het<br \/>\ndie Sabbat ge\u00efgnoreer en was daarvoor blameer; 4) die volk moes nie uitgegaan het<br \/>\nom manna op die Sabbat te versamel nie.<\/p>\n<p>Hieruit kan ons die volgende<br \/>\ngevolgtrekkings maak. 1) Die feit dat die manna in `n dubbele porsie op die<br \/>\nsesde dag geval het, dat geen manna op die sewende dag geval het nie, dat die<br \/>\nmanna bederf het wanneer oorgelos was op die ander dae, en dat die manna nie<br \/>\nbederf het op die sewende dag nie, demonstreer dat die Sabbat `n besonderse dag<br \/>\nvan die week is en nie een in sewe is soos gekies deur `n indiwidu of `n \u201ckerk\u201d<br \/>\nnie. 2) Yahuwah het aangedring op gehoorsaamheid aangaande die Sabbat<br \/>\nonderhouding. Dit was nie opsioneel nie.  <\/p>\n<p>Daar is vier prominente argumente teen die<br \/>\nonderhouding van die Sabbat soos gebaseer op die Hebreeuse Geskrifte. Dit is<br \/>\ndat 1) dit verwys na een dag in sewe, 2) dat dit opsioneel is, 3) dat dit `n<br \/>\ntydelike seremoni\u00eble wetgewing is, en 4) dat dit slegs vir die Jode was. Hierdie<br \/>\nteks vernietig duidelik die eerste twee daarvan.<\/p>\n<h2>Die<br \/>\nSabbat en die Dekaloog (Die Tien Gebooie) <\/h2>\n<p>(Ex 20:8)<br \/>\nGedenk die Sabbat dag, dat jy dit heilig. (Ex 20:9)<br \/>\nSes dae moet jy arbei en al jou werk doen; (Ex<br \/>\n20:10) maar die sewende dag is die Sabbat van Yahuwah jou Eloah; dan mag<br \/>\njy g\u00e9\u00e9n werk doen nie \u2013 jy of jou seun of jou dogter <em>of<\/em> jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling<br \/>\nwat in jou poorte is nie. (Ex 20:11) Want in<br \/>\nses dae het Yahuwah die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin<br \/>\nis, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het Yahuwah die Sabbat dag<br \/>\ngese\u00ebn en dit geheilig. <\/p>\n<p>Hierdie woorde maak deel uit van die<br \/>\nDekaloog wat beskryf was as direk en in die publiek deur Yahuwah Self<br \/>\nuitgespreek, aan die ganse bevolkings groep, wat miljoene getel het, wie die<br \/>\nuittog uit Egipte meegemaak het. Ons kan seker wees van die volgende aansprake<br \/>\nin hierdie teks: 1) Die gebooie verwys na die weeklikse siklus, nie net na een<br \/>\ndag daarvan nie; 2) die gebooie spesifiseer ses dae vir werk en die Sabbat soos<br \/>\naangedui deur die verskyning van die manna om sonder werk te wees; 3)  die gebod verbied dat owerstes enige<br \/>\nverpligtinge op die onderdane op die Sabbat plaas; 4) onderdane word beskryf as<br \/>\nkinders, werknemers, vreemdelinge, en mak diere, waarvan almal<br \/>\nnie-onderhandelbare regte het om vry van verpligtinge op die Sabbat te wees; 5)<br \/>\ndie Sabbat moet onthou word deur die ses voorafgaande dae, sodat werk<br \/>\ngeorganiseer en beplan word regdeur die week om die versoeking te voorkom dat<br \/>\nonvoorsiene gebeurlikhede nie op die Sabbat gedoen word nie; 6) die grond eienaar<br \/>\nis verantwoordelik om toe te sien dat die Sabbat deur al diegene wie Sy eiendom<br \/>\nbetree, onderhou word; 7) die geestelike reg om die Sabbat op te l\u00ea is gebaseer<br \/>\nop die aanmatiging van geestelike soewereiniteit ingesluit by skeppingsmag, wat<br \/>\ndie dag uitgesit, gese\u00ebn, en sedert die skepping geheilig het.<\/p>\n<p>Uit hierdie teks kon ons die gevolgtrekking<br \/>\nmaak dat 1) die verpligtinge en se\u00ebninge van die Sabbat strek verby die gewone<br \/>\nomstandighede van die gawe van die manna; 2) dat die sosiale familie kontrakte,<br \/>\nwerkers, en verhoudinge met vreemdelinge, en die gebruik van mak diere vir<br \/>\narbeid van waarde is; 3) dat die Sabbat nie net vir Israel alleen was nie maar<br \/>\nook van toepassing is op vreemdelinge en diere; 4) dat die Sabbat verwant is<br \/>\naan die proses om `n basiese lewensonderhoud te verdien; 5) dat die Sabbat die<br \/>\ngesag van die heersers oor die ondergeskiktes beperk.<\/p>\n<p>Hierdie teks vernietig die laaste twee<br \/>\nargumente teen die Sabbat gebaseer op die Hebreeuse Geskrifte. Dit is duidelik<br \/>\n`n morele instelling eerder as `n seremoni\u00eble een, omdat dit die regte van die<br \/>\nonderdane bevestig en die magte van die gesaghebbendes inperk. Dit strek v\u00e9r<br \/>\nverby die Joodse regte na die regte van mense in die algemeen. Dit waarborg nie<br \/>\nnet menseregte nie, maar ook diere regte. Met inagneming om `n bestaan te maak<br \/>\nnie net beperk is tot een mense ras nie, maar dat dit `n universele menslike<br \/>\nnoodsaaklikheid is, om die onverhandelbare regte ingesluit in die Sabbat vir<br \/>\nnie-Jode te ontken is ongelooflike vooroordeel.<\/p>\n<p>Hoewel die karakter van die Sabbat duidelik<br \/>\nuniverseel is, kan dieselfde ges\u00ea word van sy strekking in tyd. Dit is logies<br \/>\ndat die Sabbat nie afgeskaf kan word solank as wat die mensdom gedring word om<br \/>\nvoedsel te bekom nie. Baie beskou dat die Sabbat tot `n einde gekom het met die<br \/>\nkruisiging van Christus. Maar omdat die kruisiging van Christus nie die mensdom<br \/>\nbevry het van die verpligting om voedsel te bekom nie, kan dit nie van nature<br \/>\ndie mensdom bevry van die noodsaaklikheid van rus van sulke arbeid nie.<\/p>\n<h2>Sabbat:<br \/>\n`n Ewigdurende Verbond<\/h2>\n<p>(Ex 31:13)<br \/>\nSpreek j\u00fd met die kinders van Israel en s\u00ea: Julle moet sekerlik My Sabbatte<br \/>\nonderhou, want dit is `n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die<br \/>\nmense kan weet dat dit Ek Yahuwah is wat julle heilig. (Ex 31:14) Onderhou dan die Sabbat, want dit moet vir julle<br \/>\nheilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat<br \/>\ndaarop werk verrig, die siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit. (Ex 31:15) Ses dae lank moet werk verrig word, maar<br \/>\nop die sewende dag moet dit wees `n dag van volkome rus. (Ex 31:16) En die kinders van Israel moet die<br \/>\nSabbat onderhou deur die Sabbat te vier in hulle geslagte as `n ewige verbond. <\/p>\n<p>Die Sabbat was alreeds ingestel deur vroe\u00eb<br \/>\ntekste wat uit die skepping dateer, as `n volmaakte dag van die week, met<br \/>\nnoodsaaklike verpligting, `n sosiale eerder as `n seremoni\u00eble insetting vir die<br \/>\nhele mensdom deur die eeue heen. Hierdie stelling verleen aan die Sabbat `n<br \/>\nalgehele nuwe dimensie. Die nuwe aansprake wat in die stelling te vinde is, is<br \/>\n1) dat die Sabbat `n teken tussen Yahuwah en Israel is; 2) die Sabbat<br \/>\nfunksioneer om Israel te laat besef dat Yahuwah hulle heilig of afsonder; 3)<br \/>\ndie doodstraf gegee word vir Sabbats-oortreding; 4) die Sabbat is `n<br \/>\newigdurende verbond met Israel; 5) die nuwe besonderhede in verband met die<br \/>\nSabbat wat hier gegee word verwys spesifiek na Israel. Vreemdelinge en diere is<br \/>\nnie ingesluit, soos in die Dekaloog genoem nie. <\/p>\n<p>Op grond van hierdie inligting, kan ons die<br \/>\ngevolgtrekking maak dat daar universele aspekte van die Sabbat is, soos genoem<br \/>\nin die Dekaloog, en aspekte van die Sabbat wat spesifieks net op Israel van<br \/>\ntoepassing is. Die besonderhede is as ewigdurend genoteer, wat daarop dui dat<br \/>\ndie algemene ook ewigdurend moet wees. Die feit dat daar universele en<br \/>\npermanente aspekte van die Sabbat en spesifieke en moontlike tydelike aspekte<br \/>\nvan die Sabbat is, het bygedra tot verwarring. Christene was dikwels sonder om<br \/>\nte dink gelei om weg te doen met die universele en die permanente op grond van<br \/>\ndie spesifieke en die tydelike. <\/p>\n<p><img decoding=\"async\" style=\"margin-left: 10px\" alt=\"ten commandments - sabbath\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/4th-commandment.jpg\" align=\"right\">Die Dekaloog word geparafraseer in Moses se<br \/>\npreekrede in Deuteron\u00f3mium 5, maar in hierdie geval is dit spesifiek op die<br \/>\nondervinding van Israel van toepassing. Daardie aspek van die Sabbat is duideliker<br \/>\nverwoord in die volgende vers. <\/p>\n<p>(Ex 35:2)<br \/>\nSes dae lank kan daar werk verrig word, maar op die sewende dag moet daar vir<br \/>\njulle `n heiligheid, `n dag van volkome Rus wees tot eer van Yahuwah. Elkeen<br \/>\nwat daarop werk verrig, moet gedood word. (Ex 35:2)<br \/>\nJulle mag op die Sabbat geen vuur aansteek in enige van julle woonplekke nie. <\/p>\n<p>Die nuwe inligting in hierdie gedeelte is<br \/>\ndie verbod van die aansteek van `n vuur in die wonings op die Sabbat dag. Dit<br \/>\nis nie duidelik of dit `n algemene of spesifieke aspek van die Sabbat is nie.<br \/>\nDie assosiasie met die doodsvonnis en die insluiting in dieselfde konteks soos<br \/>\nvoorheen genoem, stel voor dat dit spesifieks op Israel van toepassing is. <\/p>\n<p>(Lev 19:3)<br \/>\nElkeen moet sy moeder en sy vader vrees, en my Sabbatte hou. Ek is Yahuwah jou<br \/>\nEloah.<\/p>\n<p>Dit is `n herhaling van die positiewe<br \/>\nbevele van die Dekaloog. Al die ander is as negatiewes uitgespreek. Die<br \/>\nuniversele en permanente aspekte van die Sabbat word hier hervestig.<\/p>\n<p>(Lev 19:30)<br \/>\nJulle moet my Sabbatte hou en my heiligdom ontsien. Ek is Yahuwah.<\/p>\n<p>Hierdie teks is onduidelik. Dit is nie<br \/>\nduidelik of hier na die jaarlikse feestelikhede, die weeklikse Sabbat, of een<br \/>\nof albei verwys word nie. Maar in die geval kan dit beskou word as bevestiging<br \/>\nvan die weeklikse Sabbat. <\/p>\n<p>(Lev 23:3)<br \/>\nSes dae kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit `n dag van volkome<br \/>\nrus, `n heilige vierdag; g\u00e9\u00e9n werk mag julle doen nie \u2013 dit is `n Sabbat van<br \/>\nYahuwah in al julle woonplekke.<\/p>\n<p>Die nuwe aspek van die Sabbat in die geval<br \/>\nis dat dit `n heilige byeenkoms is. Enigiets anders genoem plaas hierdie teks<br \/>\nin dieselfde kategorie van die permanente en universele aspek van die Dekaloog.<br \/>\nAan die ander kant blyk dit dat die byeenkoms `n seremoni\u00eble gebruik is. Of dit<br \/>\nop die Mosa\u00efese verbond alleen van toepassing is of op alle mense deur alle tye<br \/>\nis nie duidelik nie. Maar om op die Sabbat dag byeen te kom is vir seker nie<br \/>\nnet behoorlik tot die gees van die dag nie, maar dit word gefasiliteer deur die<br \/>\nfeit dat ons duidelik meegedeel word om nie te werk om `n bestaan te maak op<br \/>\ndaardie dag nie. Ons word daarvan vrygestel vir aanbidding.<\/p>\n<p>Seremoni\u00eble verpligting in verwysing na die<br \/>\nSabbat en die ander jaarlikse feeste van die<br \/>\nMosa\u00efese verbond word in Lev\u00edtikus 23 en N\u00fameri<br \/>\n28:9, 10 genoem. D\u00edt sluit die spys en drank en offerandes in. Dit is<br \/>\nbelangrik om te onthou dat hierdie seremoni\u00eble verpligtinge vir die Sabbat in<br \/>\nhierdie teks onderskryf word, omdat hulle `n kwessie geword het in die vroe\u00eb ekklesia. Hier word na die jaarlikse feeste ook as<br \/>\nSabbatte verwys, nes die Versoendag in Lev\u00edtikus 16, maar d\u00edt is anders as die<br \/>\nweeklikse Sabbat. Nog `n seremoni\u00eble aspek van die Sabbat was die plasing van<br \/>\ndie toon brode op die tafel binne in die heiligdom. (Lev<br \/>\n24:8) Elke Sabbat moet hy dit gedurig voor die aangesig van Yahuwah regsit,<br \/>\nvan die kant van die kinders van Israel as `n ewige insetting. <\/p>\n<p>Die indeling van die Beloofde Land het die<br \/>\nSabbat rus vir die land in sewe jaar soos beskryf in Lev\u00edtikus<br \/>\n25 ingesluit. D\u00edt het geen invloed in verband met die weeklikse Sabbat<br \/>\nnie. Dieselfde onderwerp word steeds in die volgende hoofstuk behandel, maar<br \/>\ndie weeklikse Sabbat word in vers twee herbevestig. (Lev<br \/>\n26:2) My Sabbatte moet julle hou en my heiligdom ontsien. Ek is Yahuwah.<\/p>\n<p>Die laaste teks in die boek van Moses is `n<br \/>\ntragiese verhaal. (Num 15:32) En toe die<br \/>\nkinders van Israel in die woestyn was, het hulle `n man gekry wat op die Sabbat<br \/>\nhout bymekaarmaak. <\/p>\n<p>Die doodstraf vir Sabbatsontheiliging was<br \/>\ndeur goddelike openbaring bevestig en in hierdie geval uitgevoer. Die ernstige<br \/>\nverpligting wat rus op die Sabbat was dan op die plegtigste manier in hierdie<br \/>\nsaak uitgewys. Yahuwah was ernstig omtrent die Sabbat volgens wat die boeke van<br \/>\nMoses openbaar. <\/p>\n<p>Ter opsomming kan ons s\u00ea dat die boeke van<br \/>\nMoses wys dat die Sabbat uit die skepping dateer, as `n spesifieke,<br \/>\nonbeweeglike dag van die Bybelse week, die sewende dag, as verpligtend, as `n<br \/>\nbeveiliger van mense \u2013 en diere regte, om universeel en permanent te wees, wat<br \/>\naanbeveel dat daaglikse take op sy gesit moet word en as `n gereelde tyd<br \/>\nwanneer mense vry is van daaglikse sorge om byeen te kom vir aanbidding. Ten<br \/>\nspyte van sy universele en permanente aspekte, het dit ook `n spesifieke en<br \/>\ntydelike toepassing aan Israel, `n teken van die verbond wat spesifieks met<br \/>\nIsrael gemaak is, waar deur die doodstraf vir Sabbats \u2013 oortreding wettig<br \/>\ngemaak is as bykomend tot die seremoni\u00eble aspek van bykommende diere<br \/>\nslagoffers, spys en drank offers, en die verandering van die toonbrode in die<br \/>\ntabernakel.<\/p>\n<h2>Sabbat:<br \/>\nGeskiedenis van die Konings     <\/h2>\n<p><img decoding=\"async\" style=\"margin-left: 10px\" alt=\"scroll\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/josiah.jpg\" align=\"right\">In die historiese boeke word die Sabbat in<br \/>\ndie algemeen net so terloops genoem. So `n geval is in die verhaal van die<br \/>\nSunamitiese vrou gevind. (2 Konings 4:23) En<br \/>\nhy s\u00ea: Waarom gaan jy vandag na hom? Dit is geen nuwemaan of Sabbat nie. En sy<br \/>\nantwoord: Wees maar gerus!<\/p>\n<p>In 2 Konings 11<br \/>\nis die verhaal van die verheerliking van Josia. Adam Clarke in sy kommentare<br \/>\noor die Bybel teken die volgende in verband met die Sabbat in hierdie hoofstuk<br \/>\naan. \u201cDit wil voorkom of J\u00f3jada die Sabbat uitverkies het om die jong seun as koning<br \/>\naan te kondig, omdat daardie dag `n dag van openbare samekoms was, die<br \/>\nvergadering van die volk met mekaar want sou dit in die geheim was, nie<br \/>\nopgemerk wees nie. Hierdie verhaal word in 2<br \/>\nKronieke 23 herhaal. <\/p>\n<p>Die finale verslag van die Sabbat in die<br \/>\nboek van Konings is (2 Konings 16:18) En die<br \/>\noordekte gang vir die Sabbat wat by die tempel gebou is, en die buitenste<br \/>\ningang van die koning, het hy uit die huis van Yahuwah verwyder terwille van<br \/>\ndie koning van Assiri\u00eb.<\/p>\n<p>Die Kroniek boeke lewer meer kommentaar oor<br \/>\ndie wetlike aspekte in die boeke van Moses. Die eerste verwysing is verwant aan<br \/>\ndie toonbrode op die Sabbat. (1 Kronieke 9:32)<br \/>\nEn een van die kinders van die Kehatiete, van hulle broers, moes sorg vir die<br \/>\ntoonbrode om dit elke Sabbat klaar te maak. <\/p>\n<p>Daar word ook gepraat van spesiale Sabbat<br \/>\noffergawes: (1Kronieke 23:31) En vir al die<br \/>\nofferwerk van die brandoffers van Yahuwah op die Sabbatte, op die nuwe mane, en<br \/>\nop die feestye, in getal volgens die verordeninge daarvoor, gedurigdeur voor<br \/>\ndie aangesig van Yahuwah. (2Kr 2:4) Kyk, ek<br \/>\ngaan `n huis bou vir die Naam van Yahuwah my Eloah, om dit aan Hom te heilig \u2013<br \/>\nom voor sy aangesig reukwerk van speserye aan die brand te steek en die<br \/>\ntoonbrode gedurig <em>reg te sit <\/em>en die<br \/>\nbrandoffers sm\u00f4rens en saans <em>te bring<\/em><br \/>\nop die Sabbatte en op die nuwemane en die feestye van Yahuwah onse Eloah &#8211; `n<br \/>\newige verpligting op Israel. (2Kr 8:13) Daarop<br \/>\nmoes hulle na die eis van elke dag offer volgens die gebod van Moses, op die<br \/>\nSabbatte en op die nuwemane en op die feestye, drie maal in die jaar \u2013 op die<br \/>\nfees van die ongesuurde brode en op die fees van die weke en op die huttefees.<br \/>\n(2Kr 31:3) En die bydrae van die koning uit<br \/>\nsy goed vir die brandoffers was: die m\u00f4re &#8211; en die aandbrandoffers vir die<br \/>\nSabbatte en die nuwemane en die feestye, soos voorgeskrywe was in die wet van<br \/>\nYahuwah. <\/p>\n<p>Kronieke het net nog een wenk van die<br \/>\nmorele boodskap wat aangeheg is aan die Sabbat soos in die profete later te<br \/>\nsien sal wees. (2Kr 36:21) Sodat die woord<br \/>\nvan Yahuwah deur die mond van Jeremia vervul sou word: totdat die land vir sy<br \/>\nSabbatte vergoeding gekry het; al die dae van die verwoesting het dit gerus om<br \/>\nsewentig jaar vol te maak.<\/p>\n<p>Die idee van die vernalatiging van die<br \/>\nSabbat saam met die Sabbatiese lands instelling was die rede vir die Babiloniese<br \/>\nballingskap en gee kleur aan elke verklaring van die Sabbat in die boek van<br \/>\nNehemia, veral in hoofstuk 13. Daar was die groot besorgdheid om nie dieselfde<br \/>\nof `n groter ramp te veroorsaak deur die vernalatiging van die Sabbat nie.<br \/>\nNehemia het besef dat die Sabbat `n direkte goddelike openbaring was, eerder as<br \/>\n`n Mosa\u00efese verpligting. (Neh 9:14) En U<br \/>\nheilige Sabbatte het U aan hulle bekendgemaak, en gebooie en insettinge en `n<br \/>\nwet deur die diens van u kneg Moses hulle beveel. Maar Nehemia ignoreer nie die<br \/>\nseremoni\u00eble aspekte van die Sabbat nie. (Neh 10:33)<br \/>\nVir die toonbrode en die voortdurende spysoffer en die voortdurende brandoffer,<br \/>\ndie offers van die Sabbatte, van die nuwemane, vir die feestye en vir wygawes<br \/>\nen vir sondoffers om vir Israel versoening te doen, en vir enige dienswerk in<br \/>\ndie huis van onse Yahuwah.<\/p>\n<p>Die Sabbat in die Mosa\u00efese boeke word<br \/>\ngrootliks gekoppel aan die aktiwiteite van voedsel,  voorsiening. Die universele aspek van die<br \/>\nSabbat, soos teengestaan deur die seremoni\u00eble aspekte, word deur Nehemia erken.<br \/>\nHy neem daarvan notisie dat nie net oes, insamel en voorbereiding van voedsel<br \/>\nop die Sabbat verbied is nie, maar ook die aankope daarvan. (Neh 10:31) En as die volke van die land koopware<br \/>\nen allerhande soorte koring bring om op die Sabbatdag te verkoop, dat ons niks<br \/>\nvan hulle sou neem op die Sabbat of op `n heilige dag nie; en dat ons in die<br \/>\nsewende jaar <em>die land <\/em>braak sou laat<br \/>\nl\u00ea en van elke skuldvordering afsien. <\/p>\n<h2>Die<br \/>\nSabbat: Vertoue in Yahuwah<\/h2>\n<p>Daar is `n diepe sielkundige geskilpunt betrokke<br \/>\nin die ophou van voedsel\u2013voorsiening op die Sabbat. Dit is bewys van beide die<br \/>\nSkeppings verhaal en die verhaal van die manna, maar dit verskyn uit sy eie in<br \/>\ndie tyd van Nehemia. Die prim\u00eare doel van die Sabbat was om die natuurlike<br \/>\nneigings van die volk in ag te neem sodat hulle selfversorgend kan wees in hul<br \/>\neie werk. Die ophou vir her-evaluasie op die Sabbat was ontwerp vir die besef<br \/>\ndat die volk afhanklik van die Skepper vir selfbehoud was.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" style=\"margin-right: 10px\" alt=\"wheat\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/wheat.jpg\" align=\"left\">Die aspek van voedsel-insameling in verband<br \/>\nmet die Sabbat word baie sterk uitgebring in hoofstuk 13. (Neh 13:15) In die dae het ek in Juda mense gesien<br \/>\nwat op die Sabbat die parskuipe trap en vragte koring, op esels gelaai,<br \/>\ninbring, en ook wyn druiwe en vye en allerhande vragte <em>met goed<\/em> , en dit op die Sabbatdag in Jerusalem inbring; en ek het<br \/>\nhulle gewaarsku op die dag toe hulle lewensmiddele verkoop het. (Neh 13:16) Ook die Tiri\u00ebrs wat daar gewoon het,<br \/>\nhet vis en allerhande koopware ingebring en op die Sabbat aan die kinders van<br \/>\nJuda selfs in Jerusalem verkoop. (Neh 13:17)<br \/>\nEn ek het met die edeles van Juda getwis en vir hulle ges\u00ea: Watter verkeerde<br \/>\nding is dit wat julle doen, dat julle die Sabbatdag ontheilig? (Neh 13:18) Het julle vaders nie so gehandel, sodat<br \/>\nonse Eloah oor ons en oor hierdie stad al hierdie onheil gebring het nie? Ja,<br \/>\njulle vermeerder die toorngloed oor Israel deur die Sabbat te ontheilig! (Neh 13:19) En sodra dit in die poorte van<br \/>\nJerusalem voor die Sabbat donker was, het ek ges\u00ea dat die deure gesluit moes<br \/>\nword; en ek het ges\u00ea dat hulle dit nie mag oopmaak tot n\u00e1 die Sabbat nie, en<br \/>\nvan my mense het ek by die poorte aangestel: geen vrag moes op die Sabbatdag<br \/>\ninkom nie. (Neh 13:20) Toe het die Koopmans<br \/>\nen handelaars in allerhande koopware `n paar keer buite Jerusalem vernag. (Neh 13:21) Maar ek het hulle gewaarsku en vir<br \/>\nhulle ges\u00ea: Waarom vernag julle voor die muur? As julle dit weer doen, sal ek<br \/>\ndie hand aan julle slaan. Van d\u00ede tyd af het hulle nie meer op die Sabbat gekom<br \/>\nnie. (Neh 13:22) Verder het ek aan die<br \/>\nLeviete ges\u00ea dat hulle hulle moes reinig en kom as poortwagters om die Sabbat<br \/>\nte heilig. Dink ook hierom aan my, my Eloah, en ontferm U oor my na die<br \/>\ngrootheid van U goedertierenheid.<\/p>\n<p>Die praktiese aspekte van die vermyding van<br \/>\nwerk om lewensbehoud op die Sabbat is nie goed ontwikkel in die boeke van Moses<br \/>\nnie. Daar is die verhaal van die manna, en die besonderhede om nie vuurmaakhout<br \/>\nvir kokery te versamel nie, maar tenspyte daarvan is die besonderhede maar min.<br \/>\nDie gedeelte van Nehem\u00eda fokus op vervoer en die aankoop en die verkoop daarvan<br \/>\nas verbode.<\/p>\n<p>Ter opsomming voeg die historiese boeke min<br \/>\nby tot die kennis van die seremoni\u00eble aspekte van die Sabbat. Maar hulle<br \/>\nverbreed ons insig waarom ons ons daelikse werksaamhede op daardie dag moet<br \/>\nopsysit. Eerstens is die besonderhede van koop en verkoop en vervoer van<br \/>\nvoedsel verbied, wat `n  verduideliking<br \/>\naangaande die boeke van Moses is. Die verbintenis van die proses van<br \/>\nvoedsel-insameling word meer spesifiek gemaak, sodat ons meer insig kan h\u00ea op<br \/>\ndie belangrikheid van die Sabbat in `n praktiese hoedanigheid dat ons afhanklik<br \/>\nis, nie in ons eie werke om ons te onderhou nie, maar op die goddelike se\u00ebninge<br \/>\nen die voorsienigheid wat daardie werk effektief maak. <\/p>\n<p>Dit is die presiese verhouding van die<br \/>\nmenslike pogings om voedsel te verdien op die ses werksdae en die rusperiode om<br \/>\naangaande die realiteite van voortdurende afhanklikheid van Yahuwah vir lewe en<br \/>\nvoeding te reflekteer dat die Sabbat op `n praktiese wyse openbaar word. Die<br \/>\nmislukking aan die kant van die Christene om te besef dat die Sabbat `n<br \/>\npraktiese openbaring is vir algehele afhanklikheid aan Yahuwah vir lewensbehoud<br \/>\nis die wortel van die Christene se feilbaarheid om die proses van genade in die<br \/>\nvoorsiening van redding en sowel as ewige lewe te verstaan. <\/p>\n<h2>Die<br \/>\nSabbat en die Psalms<\/h2>\n<p>Hoewel die Psalms die gebede boek van die<br \/>\ntweede tempel is, met sy vertoning van aanbidding op die Sabbat en ander<br \/>\nheilige dae van Joodse oorsprong, is daar meestal stilte oor die Sabbat. In die<br \/>\nPsalms word dit slegs eenmaal in die titel daarvan aangedui. (Ps 92:1) `n Psalm. `n Lied vir die Sabbatdag. Dit<br \/>\nis goed om Yahuwah te loof en tot eer van U Naam te psalmsing, o Allerhoogste. <\/p>\n<p>Daar is groot waarskynlikheid dat die ganse<br \/>\nvierde boek van die Psalms, die gedeelte wat Psalm 92 bevat, vir die doel van<br \/>\nherdenking van die Sabbat saamgestel is. <\/p>\n<h2>Die<br \/>\nSabbat en die Profete<\/h2>\n<p>Heeltemal voorspelbaar, fokus die profete<br \/>\nop morele kwessies in verband met die Sabbat, nes hulle maak in verband met die<br \/>\nvele aspekte van die Wet. Ons sien d\u00edt in die onmiddelike begin van Jesaja.<\/p>\n<h3>Jesaja<\/h3>\n<p>(Jes 1:13)<br \/>\nBring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My.<br \/>\nNuwemane en Sabbatte, die uitroep van samekomste \u2013 Ek verdra geen<br \/>\nongeregtigheid en feestyd nie!<\/p>\n<p>Hier spreek Yahuwah sy ontevredenheid deur Jesaja<br \/>\nuit omtrent die huigelary van die onderhouding van vormgodsdiens as `n<br \/>\ndekmantel vir ongeregtigheid. Dit is die sentrale tema van die meerderheid van<br \/>\ndie profete, selfs wanneer ander bekommernisse bestaan. Hierdie teks in Jesaja<br \/>\nverwys spesifieks na die seremoni\u00eble aspekte van Sabbats onderhouding.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" style=\"margin-left: 10px\" alt=\"Isaiah recording a vision\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/isaiah.jpg\" align=\"right\">Maar Jesaja erken die morele aspekte van<br \/>\ndie Sabbat ook. Hier erken Jesaja die rol van Sabbats viering in die werking<br \/>\nvan geregtigheid, en sy effektiwiteit om volke te verhoed om die verkeerde<br \/>\ndinge te doen. (Jes 56:2) Welgeluksalig is<br \/>\ndie mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die Sabbat hou,<br \/>\nsodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou dat dit geen kwaad doen<br \/>\nnie. <\/p>\n<p>Jesaja herken dat die Heidense bekeerling<br \/>\ntot die aanbidding van die ware Eloah, Yahuwah, ook verantwoording het om die<br \/>\nSabbat te ondersteun. Hy moet nie `n onderskeid tussen homself en Israel maak<br \/>\nnie. (Jes 56:3) En laat die uitlander wat<br \/>\nhom by Yahuwah aangesluit het, nie spreek en s\u00ea: . . . Yahuwah sal my gewis afskei<br \/>\nvan Sy volk nie; en laat die ontmande nie s\u00ea: Kyk, ek is `n dro\u00eb boom nie. <\/p>\n<p>Die Joodse en die hele Midde Oosterse<br \/>\nkulture beskou die nageslag as een van die allerbelangrikste dele van die lewe.<br \/>\nJesaja neem die belangrikheid verbonde aan kinders in die Midde Ooste en<br \/>\ngebruik dit om die belangrikheid van die Sabbat te beklemtoon. Hy wys dat<br \/>\nSabbat onderhouding `n skat in die hemel wegb\u00eare wat selfs van groter waarde is<br \/>\nas om kinders te h\u00ea. (Jes 56:4) Want so s\u00ea<br \/>\nYahuwah aan die ontmandes wat My Sabbatte hou en verkies wat My behaag en<br \/>\nvashou aan My verbond: (Jes 56:5) Ek sal aan<br \/>\nhulle in My huis en binnekant My mure `n gedenkteken en `n naam gee wat beter<br \/>\nis as seuns en dogters; `n ewige naam gee Ek aan hulle, wat nie uitgeroei sal<br \/>\nword nie. (Jes 56:6) En die uitlanders wat<br \/>\nhulle by Yahuwah aangesluit het, om Hom te dien en om die Naam van Yahuwah lief<br \/>\nte h\u00ea deur sy knegte te wees \u2013 elkeen wat die Sabbat hou, sodat hy dit nie<br \/>\nverontheilig nie, en hulle wat vashou aan My verbond.<\/p>\n<p>Hulle wie beweer dat die Sabbat afgeskaf is<br \/>\nfokus oor die algemeen op die Sabbat as `n wetlike seremoni\u00eble verpligting.<br \/>\nHulle fokus nooit op sy ware rol van die bevestiging van afhanklikheid op<br \/>\nYahuwah se hand om die nie-onderhandelbare regte van die ondergeskiktes te<br \/>\nbeveilig nie. Deur dieselfde teken, bespreek hulle nooit die feit dat die<br \/>\nSabbat nie maar net nog`n verpligting is nie, nie eers `n beveiliging van mense<br \/>\nen diere regte nie, maar ook `n verlustiging. Elke ware Sabbat houer het sulke<br \/>\nverlustiging ondervind. Jesaja bemerk ook hierdie aspek van Sabbat<br \/>\nonderhouding. (Jes 58:13) As jy jou voet<br \/>\nterughou van die Sabbat \u2013 om nie jou sake op My heilige dag te doen nie, en as<br \/>\njy die Sabbat `n verlustiging noem <em>en <\/em>die<br \/>\nheilige <em>dag<\/em> van Yahuwah hooghou; en<br \/>\njy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake<br \/>\nsoek of ydele taal spreek nie; . . .<\/p>\n<p>Ten slotte wys Jesaja na die toekomstige<br \/>\nviering van die Sabbat. Afhangende van mens se siening van die profesie, is die<br \/>\nSabbat die sentrale deel van die verlustiging van die terugkeer uit ballingskap<br \/>\naan die kant van die Jode of in die herstelling van die nuwe aarde wat sal<br \/>\nwees. (Jes 66:23) En elke aand op die<br \/>\nnuwemaan en elke week op die Sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor My<br \/>\naangesig, s\u00ea Yahuwah. <\/p>\n<h3>Jeremia<\/h3>\n<p>Jeremia noem die Sabbat in `n beperkter<br \/>\nkonteks as wat Jesaja doen. Hy herbevestig slegs die beginsels van Sabbatsonderhouding<br \/>\nsoos deur Nehemia voorgestel. Jeremia het eintlik voor Nehemia geskryf en het<br \/>\nsonder twyfel `n strek invloed op die geskrifte van Nehemia gehad. (Jer 17:21) So spreek Yahuwah: Neem julle in ag om<br \/>\njulle siele ontwil, dat julle geen las dra op die Sabbatdag en dit inbring deur<br \/>\ndie poorte van Jerusalem nie. (Jer 17:22)<br \/>\nOok mag julle geen las uit julle huise op die Sabbatdag uitdra of enige werk<br \/>\ndoen nie; maar julle moet die Sabbatdag heilig soos Ek julle vaders beveel het .<br \/>\n. .  (Jer<br \/>\n17:24) As julle dan aandagtig na My luister, spreek Yahuwah, om geen<br \/>\nlaste in hierdie stad deur die poorte op die Sabbatdag te bring nie en om die<br \/>\nSabbat te heilig deur g\u00e9\u00e9n werk daarop te doen nie, . . . (Jer 17:27) Maar as julle na My nie luister om die<br \/>\nSabbatdag te heilig nie en om geen las te dra of deur die poorte van Jerusalem<br \/>\nop die Sabbatdag in te gaan nie, sal Ek `n vuur in sy poorte aansteek, wat die<br \/>\npaleise van Jerusalem sal verteer en nie uitgeblus sal word nie. <\/p>\n<p>Dit is ook uit die geskrifte van Jeremia<br \/>\ndat Nehemia die rol besef wat die vernalatiging van die Sabbat gespeel het in<br \/>\ndie Babiloniese ballingskap. (Klaagliedere 1:7)<br \/>\nJerusalem dink, in die dae van haar ellende en haar omswerwinge, aan al haar<br \/>\nkosbaarhede wat gewees het van die dae van die voortyd af. Toe haar volk deur<br \/>\ndie hand van die te\u00ebstander geval het en daar vir haar geen helper was nie, het<br \/>\ndie te\u00ebstanders haar aanskou, hulle het gelag oor haar ongelukkige uiteinde. (Klaag 2:6) En Hy het sy eie omheining soos `n tuin<br \/>\nverniel, sy eie feesplek verwoes; Yahuwah het in Sion feestyd en Sabbat laat<br \/>\nvergeet, en in Sy grimmige toorn, koning en priester verwerp.<\/p>\n<h3>Esegi\u00ebl<\/h3>\n<p><img decoding=\"async\" style=\"margin-right: 10px\" alt=\"Ezekiel in vision\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/ezekiel.jpg\" align=\"left\">Esegi\u00ebl bring weer `n heeltemal ander tipe<br \/>\naspek na vore. Hy baseer sy uitgangspunt in verband met die Sabbat op Exodus 31: 13-16  . Sodoende beklemtoon hy die Sabbat as `n<br \/>\nteken tussen Yahuwah en Israel. (Eseg 20:12)<br \/>\nDaarby het Ek ook my Sabbatte aan hulle gegee om `n teken te wees tussen My en<br \/>\nhulle dat hulle kan weet dat dit Ek, Yahuwah is wat hulle heilig. (Eseg 20:13) Maar die huis van Israel was<br \/>\nwederstrewig teen My in die woestyn; hulle het nie in My insettinge gewandel<br \/>\nnie en My verordeninge verwerp, wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan<br \/>\nlewe; en my Sabbatte het hulle ontheilig. Toe het Ek ges\u00ea dat Ek my grimmigheid<br \/>\noor hulle sal uitgiet in die woestyn om hulle te vernietig&#8230;. (Eseg 20:16) Omdat hulle my verordeninge verwerp<br \/>\nhet en in my insettinge nie gewandel het nie en my Sabbatte ontheilig het; want<br \/>\nhulle hart het agter hulle drekgode aan geloop&#8230;. (Eseg<br \/>\n20:20) En heilig my Sabbatte; en hulle sal `n teken wees tussen My en<br \/>\njulle, dat julle kan weet dat Ek Yahuwah julle Eloah is. <\/p>\n<p>Alhoewel Esegi\u00ebl die Sabbat beklemtoon as<br \/>\n`n teken van die spesiale verbond tussen Yahuwah en Israel, erken hy ook ander<br \/>\nkwessies in verband met die Sabbat. Hy fokus spesifiek op afgodery, en die feit<br \/>\ndat die Sabbat kennis van Yahuwah teweegbring. Ons het alreeds gesien hoedat<br \/>\ndie Sabbat kennis van Yahuwah in `n praktiese wyse teweegbring, deur te wys dat<br \/>\ndie mensdom voortdurend afhanklik is van Yahuwah vir lewe en voeding, en deur<br \/>\nte wys dat gesaghebbendes beperkte magte oor hulle onderdane het. Esegi\u00ebl<br \/>\nnoteer dat sulke kennis noodsaaklik is vir die vermyding van afgodery. Die<br \/>\nafgodery van Israel was geassosie\u00ebr met die vernalatiging van Sabbatsonderhouding.<br \/>\nDaar is `n direkte verwantskap tussen die toenemende verontagsaming van die<br \/>\nSabbat in die vroe\u00eb eeue van die Christendom en die opkoms van `n valse teorie<br \/>\nvan Yahuwah en die Drie-enigheid. D\u00ede gaan hand aan hand, en vind plaas in<br \/>\ndieselfde tydsduur.<\/p>\n<p>Esegi\u00ebl misluk nie in die beskrywing van<br \/>\ndie gevolge van afgodiese Sabbats-oortreding in Israel nie, met die konsekwente<br \/>\nimplikasies vir dieselfde fenomeen onder die latere Christene. (Eseg 20:21) Maar die kinders was wederstrewig teen<br \/>\nMy: hulle het nie gewandel in my insettinge en my verordeninge nie onderhou om<br \/>\ndit te doen nie \u2013 wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe; hulle het my<br \/>\nSabbatte ontheilig. Toe het Ek ges\u00ea dat Ek my grimmigheid sal uitgiet, om my<br \/>\ntoorn te laat uitwoed teen hulle in die woestyn.<\/p>\n<p>Sabbats-oortredende afgodery in die boek<br \/>\nvan Esegi\u00ebl word ook geassosieer met die vernalatiging van geregtigheid in die<br \/>\nuitvoering van goddelike geregtigheid in sake van twis. (Eseg 20:24) Omdat hulle my verordeninge nie gehou<br \/>\nhet nie, maar my insettinge verwerp het en my Sabbatte ontheilig het en hulle<br \/>\no\u00eb agter die drekgode van hulle vaders aan was.<\/p>\n<p>Twee hoofstukke later toon Esegi\u00ebl hoe<br \/>\nmenslike insig deur Sabbats-oortreding geaffekteer word, sodat `n persoon<br \/>\nonbevoeg is om te kan onderskei tussen wat heilig is en wat onheilig is, rein<br \/>\nen onrein. Die Sabbats-oortreding gaan hand aan hand met die idee dat<br \/>\nonreinheid en Christelikheid  <br \/>\nverenigbaar is. Afgodery, Sabbats-oortreding, en die etes van verfoeisels<br \/>\nsonder gewetensbeswaar  word oral rondom<br \/>\nons waargeneem, wat net `n herhaling is van wat Esegi\u00ebl in sy eie tyd gesien<br \/>\nhet. (Eseg 22:8) My heilige dinge het jy<br \/>\ngeminag en my Sabbatte ontheilig&#8230;. (Eseg 22:26)<br \/>\nSy priester verkrag my wet en ontheilig my heilige dinge; tussen heilig en<br \/>\nonheilig maak hulle geen onderskeid nie; en die verskil tussen rein en onrein<br \/>\ngee hulle nie te kenne nie, daarby maak hulle hulle o\u00eb toe vir my Sabbatte; ja,<br \/>\nEk word onder hulle ontreinig. (Eseg 23:38)<br \/>\nVerder het hulle My d\u00edt aangedoen: hulle het my heiligdom op dieselfde dag<br \/>\nverontreinig en my Sabbatte ontheilig \u2013 <\/p>\n<p>Esegi\u00ebl keer na die kwessie van sosiale<br \/>\ngeregtigheid en die Sabbat terug, wat maar net vlugtig in hoofstuk 20 genoem<br \/>\nis. In sy laaste voorspellings van die komende opkoms van geregtigheid, maak hy<br \/>\nmelding van die herinstelling van die Sabbat onderhouding saammet regverdigheid<br \/>\nvoor die wet. (Eseg 44:24) En oor `n regsaak<br \/>\nmoet hulle optree om reg te spreek, volgens my verordeninge moet hulle dit<br \/>\nuitoefen; en hulle moet my wette en my insettinge hou op al my feeste en my<br \/>\nSabbatte heilig. <\/p>\n<p>Esegi\u00ebl se voorspelling van die tweede<br \/>\ntempel was nooit in besonderhede vervul nie. Maar die herstel van die<br \/>\nseremoni\u00eble aspekte van die Sabbat tot op `n sekere mate was reflekteer in die<br \/>\ndienste daarvan. (Eseg 45:17) Op die vors l\u00ea<br \/>\ndie verpligting van die brandoffers en die spysoffers en die drankoffer op die<br \/>\nfeeste en op die nuwemane en op die Sabbatte, op al die feestye van die huis<br \/>\nvan Israel; hy moet die sondoffer en die spysoffer en die brandoffer en die<br \/>\ndrankoffers berei, om versoening te doen vir die huis van Israel. (Eseg 46:1) So s\u00ea Yahuwah die Soewereine: Die poort<br \/>\nvan die binneste voorhof wat na die ooste kyk, moet gedurende die ses werksdae<br \/>\ngesluit wees maar op die Sabbatdag moet dit oopgemaak word; ook moet dit op die<br \/>\ndag van die nuwemaan oopgemaak word. (Eseg 46:4)<br \/>\nEn die brandoffers wat die vors aan Yahuwah moet bring op die Sabbatdag, is ses<br \/>\nlammers sonder gebrek en `n ram sonder gebrek. (Eseg<br \/>\n46:12) En as die vors `n vrywillige offer gereedmaak, `n brandoffer of<br \/>\ndankoffers as vrywillige offers aan Yahuwah, dan moet hulle vir hom die poort<br \/>\noopmaak wat na die ooste kyk; en hy moet sy brandoffer en sy dankoffers berei<br \/>\nsoos hy op die Sabbatdag doen; en as hy uitgaan, moet hulle die poort sluit<br \/>\nnadat hy uitgegaan het. <\/p>\n<p>Sodoende onderskei Esegi\u00ebl met<br \/>\nversigtigheid tussen die sosiale en die morele aspekte van die Sabbat aan die<br \/>\neen kant, en die seremoni\u00eble en waardige aspekte aan die ander kant. Hy het van<br \/>\nalbei gepraat, maar in verskillende dele. <\/p>\n<h3>Hos\u00e9a<\/h3>\n<p>Twee kleiner profete verenig hulle stemme<br \/>\naangaande die Sabbat boodskap. Hos\u00e9a praat oor die staking van die seremoni\u00eble<br \/>\nsinnebeelde. (Hos 2:10) En Ek maak `n einde<br \/>\naan al haar vreugde, haar feeste, haar nuwemane en haar Sabbatte, ja, aan al<br \/>\nhaar feestye. <\/p>\n<p>Die boodskap van Hos\u00e9a komplimenteer d\u00ede<br \/>\nvan Jesaja 1:13 . Omdat die seremonies van<br \/>\ndie geloof gebruik was as `n dekmantel vir morele en sosiale ongeregtighede,<br \/>\nmoes hulle weggeneem word as bestraffing, sodat Israel naak gelaat word,<br \/>\nkwesbaar en sigbaar in haar ontrouheid. Die Sabbat is `n sentrale kwessie in<br \/>\nhierdie saak, eenvoudig maar net omdat sy beide die morele en die sosiale<br \/>\nelemente en die seremoni\u00ebles bevat. Hier vind ons selfs vandag `n treffende<br \/>\nparallel. Nes Israel van ouds misluk het om die sosiale geregtigheid wat die<br \/>\nSabbat impliseer, uit die oog verloor het, terwyl hulle al die tyd die<br \/>\nslagoffers en die seremonies behou het, net so is Sabbat-houer in d\u00ede tyd sterk<br \/>\ndaarop uit om `n spesifieke dag te verdedig en die Sabbat as `n teken van<br \/>\ngehoorsaamheid, maar misluk oor die algemeen om die Sabbat te herken as `n<br \/>\ngetuienis van voortdurende menslike afhanklikheid  aan Yahushua vir lewe en voeding en as `n<br \/>\npraktiese verskansing van mense en diere regte wat die magte van die<br \/>\ngesaghebbendes inperk.<\/p>\n<h3>Amos<\/h3>\n<p>Die sosiale en morele aspekte van die<br \/>\nSabbat, so verontagsaam deur Sabbat-houers van ouds, word ook deur Amos<br \/>\nopgemerk. (Amos 8:5) Deur te s\u00ea: Wanneer is<br \/>\ndie nuwemaan verby, sodat ons koring kan verkoop, en die Sabbat, sodat ons die<br \/>\ngraan<em>skuur <\/em>kan oopsluit \u2013 om die efa<br \/>\nte verklein en die sikkel te vergroot en bedrieglik te handel met die valse<br \/>\nweegskaal. <\/p>\n<p>Die profete verbreed ons insig baie in die<br \/>\nkarakter van die Sabbat. Die eerste kwessie wat die profete ophaal is die<br \/>\nseremoni\u00eble onderhouding van die Sabbat as `n vorm van hipokrasie onder diegene<br \/>\nwie dit gebruik as `n dekmantel vir sosiale ongeregtighede. Jesaja, Hos\u00e9a en<br \/>\nAmos l\u00ea klem op hierdie punt. Jeremia fokus op die Sabbat as `n teken van<br \/>\nYahuwah se verbond met Israel. Jeremia bring meer besonderhede in die<br \/>\nbehoorlike Sabbats-onderhouding uit en toon hoe die verontagsaming daarvan<br \/>\naanleiding tot die Babiloniese Ballingskap gegee het. Esegi\u00ebl beklemtoon die<br \/>\nrol van die Sabbat as `n teken van die spesiale verbond tussen Yahuwah en<br \/>\nIsrael. In dieselfde tyd wys hy hoe die verontagsaming van die Sabbat<br \/>\nafgodsaanbidding veroorsaak, onbevoegdheid om te onderskei tussen heilig en onheilig,<br \/>\nrein en onrein, en die sosiale ongeregtigheid voor die wet. Hy voorspel die<br \/>\nherinstelling van die seremoni\u00eble aspek van die Sabbatsonderhouding in die<br \/>\ntweede tempel. Jesaja gaan voort om te wys dat die se\u00ebninge van die Sabbat aan<br \/>\ndie Heidense bekeerlinge sowel as aan Israel behoort, en hoedat Sabbat-viering<br \/>\n`n groter skat is as selfs die grootste skat in Midde Oosterse denke,<br \/>\nnakomelinge. Jesaja wys uit dat die Sabbat nie `n las is nie, maar `n<br \/>\nverlustiging. En hy voorspel die herstel daarvan na die Ballingskap en in die<br \/>\naanskoue van die menigte in die nuutgeskepte aarde.<\/p>\n<h2>Die<br \/>\nSabbat en die Evangelies<\/h2>\n<p>Die Sabbat word meer dikwels in die<br \/>\nEvangelies genoem as in die boeke van Moses. As dit die voorneme van Yahushua was om die Sabbat af te skaf, sou Hy dit ges\u00ea<br \/>\nhet, instede om in so baie besprekinge omtrent behoorlike Sabbats onderhouding<br \/>\ngewikkeld te raak. Maar die doel van die Evangelies in verband met die Sabbat,<br \/>\nis nie om dit af te skaf nie, maar om ons te leer hoe om dit beter te onderhou.<\/p>\n<p>Die uitdrukking die Wet en die Getuienis is<br \/>\n`n ou uitdrukking en was dikwels herhaal. Maar meer dikwels as nie, was dit<br \/>\ngenoem met die voorneme om die twee te skei en met mekaar te laat kontrasteer,<br \/>\nas om dit eerder as een bymekaar te hou. As soos baie Christene blykbaar<br \/>\nbeweer, die Evangelie die plek inneem van die wet en daarmee wegdoen, moes die<br \/>\nsogenaamde Ou Testament nooit in die Bybel bewaar gewees het nie. Maar die<br \/>\nrealiteit is dat Yahuwah die Bybel onder die Christene met albei testamente<br \/>\nbehoue laat bly het. Hierdie feit moet ons op die hoede stel vir die valsheid<br \/>\nvan die skeiding van die wet van die Evangelies. Die een is die fondament van<br \/>\ndie ander, en die tweede is `n liggewer vir die vorige. Christus het werklik<br \/>\nges\u00ea: \u201cMoenie dink dat Ek gekom het om die wet en die profete te vernietig<br \/>\nnie,\u201d Matth\u00e9\u00fcs 5:17 .<\/p>\n<p>Die eerste keer dat die Sabbat in die<br \/>\nEvangelies genoem word is in Matth\u00e9\u00fcs 12. (Matt<br \/>\n12:1) En in daardie tyd het Yahushua op die Sabbat deur die gesaaides<br \/>\ngeloop, en sy dissipels het honger geword en are begin pluk en eet. (Matt 12:2) Maar toe die Farise\u00ebrs dit sien, s\u00ea<br \/>\nhulle vir Hom: Kyk, u dissipels doen wat nie geoorloof is om op die Sabbat te<br \/>\ndoen nie. (Matt 12:3) Maar Hy s\u00ea vir hulle:<br \/>\nHet julle nie gelees wat Dawid gedoen het nie \u2013 toe hy en die wat saam met hom<br \/>\nwas, honger gehad het. Hoe hy in die huis van Yahuwah gegaan en die toonbrode<br \/>\nge\u00ebet het wat vir hom en die wat saam met hom was, nie geoorloof was om te eet<br \/>\nnie, maar vir die priesters alleen? (Matt 12:5)<br \/>\nOf het julle nie in die wet gelees dat die priesters op die Sabbat in die<br \/>\ntempel die Sabbat ontheilig en onskuldig is nie? (Matt<br \/>\n12:6) En Ek s\u00ea vir julle: Een wat groter is as die tempel, is hier. (Matt12:7) Maar as jullle geweet het wat dit<br \/>\nbeteken: Ek wil barmhartigheid h\u00ea en nie offerande nie, sou julle die<br \/>\nonskuldiges nie veroordeel het nie; (Matt 12:8)<br \/>\nWant die Seun van die mens is Meester \u00f3\u00f3k van die Sabbat.<\/p>\n<p>Hierdie verhaal word in Markus 2:23-28 en Lukas<br \/>\n6:1-5 herhaal. `n Paar kwessies moet opgehaal word. In die eerste plek,<br \/>\ndeur een verduideliking van die wet, solank as wat die graan nie uit die veld<br \/>\nverwyder was nie, was daar nie `n oortreding van die Sabbat deur daarvan te oes<br \/>\nen te eet nie. Sodoende, deur die Rabbynse eie metodes sou die beskuldiging van<br \/>\nSabbats-oortreding platval. Ten tweede, die tekort aan gasvryheid aan die kant<br \/>\nvan die einste mense wat die kritiek uitgespreek het was `n bres in die wet.<br \/>\nDie dissipels was forseer om voedsel te versamel in die geval, om nie die<br \/>\nSabbat te oortree, deur te vas nie. Die kritiseerders self het hulle in die<br \/>\nsituasie geplaas as `n dubbele geleentheid vir ongasvrye doelwitte.<\/p>\n<p>Interresantheidshalwe maak Yahushua nie<br \/>\nbeskuldiging aan die kritiseerders nie, maar voer `n Skriftelike insident uit<br \/>\ndie verlede aan vir hulle optrede op die Sabbat, die voorbeeld van Dawid. Deur<br \/>\nhierdie Skrifte op die wyse te interpreteer, het Yahushua voordeel getrek uit<br \/>\ndie geleentheid om Sy messiaanse gesag as die seun van Dawid te bevestig, en Sy<br \/>\ngoddelik gegewe rol in die verduideliking en implimentasie van Skrifte.<br \/>\nDaardeur verwerp Hy die gesag van Rabbynse metodes, en vervang dit met<br \/>\nmessiaanse gesag. Sy verduideliking is spesifieks nie in akkoord met die re\u00ebls<br \/>\nvan die Rabbynse interpretasie nie. Instede daarvan is dit gesaghebbend.<\/p>\n<p>Hierdie bevestiging van messiaanse gesag<br \/>\naan die kant van Yahushua kom tot `n hoogtepunt in die laaste vers. Hierdie<br \/>\ngedeelte s\u00ea regtig min omtrent die Sabbat-onderhouding as sulks. Die onderwerp<br \/>\nvan hierdie episode is messiaanse gesag. Wel, die sin in Markus 2:28 verskaf `n rustyd. (Mark 2:27) En Hy s\u00ea vir hulle: Die Sabbat is<br \/>\ngemaak vir die mens, nie die mans vir die Sabbat nie.<\/p>\n<p>Alhoewel die sin prim\u00ear die implikasie<br \/>\nveroordeel agter die Farisese denkwyse, dat die Sabbat in homself waarde het om<br \/>\ndeur die menslike optrede gedien te word, kom `n ander idee in die begin van<br \/>\ndie sin na vore. Die Sabbat was gemaak vir die mens. Dit is, die Sabbat was nie<br \/>\nvir die Jode gemaak nie, maar vir die ganse mensdom. Verder was die Sabbat `n goddelike<br \/>\nskepping, `n genade geskenk, vir die mensdom. Die manier hoe mens verwant is<br \/>\naan die geskenk openbaar wat hy dink van die Gewer.<\/p>\n<p>Die tweede verhaal verskyn in Matt 12:9-14 . (Matt<br \/>\n12:9) En Hy het daarvandaan weggegaan en in hulle sinagoge gekom. (Matt 12:10) En daar was `n man met `n verdorde<br \/>\nhand, en hulle het Hom gevra en ges\u00ea: Is dit geoorloof om op die Sabbat gesond<br \/>\nte maak? \u2013 sodat hulle Hom kon aankla. (Matt 12:12)<br \/>\nHoeveel meer is `n mens dan nie werd as `n skaap nie! So is dit dan geoorloof om<br \/>\nop die Sabbat goed te doen. (Matt 12:13) Toe<br \/>\ns\u00ea Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en dit is<br \/>\nherstel, gesond soos die ander een. (Matt 12:14)<br \/>\nDaarop het die Farise\u00ebrs uitgegaan en saam raad gehou teen Hom, sodat hulle Hom<br \/>\nsou kan ombring. <\/p>\n<p>Hierdie verhaal word in Markus 3:1-6 en Lukas 6:6-11 herhaal. Dit is v\u00e9r<br \/>\nanders in hoedanigheid van die vorige. Hier bevestig Yahushua dat genesing<br \/>\nwettig is deur te verwys na die Rabbynse uitslag. Daar was Rabbynse tweedrag<br \/>\noor die kwessie van of `n dier wat in `n put geval het gered moes word sonder<br \/>\nom die Sabbat te oortree. Sommige Rabbi`s het bevestig dat dit wettig was.<br \/>\nYahushua se antwoord was totaal en al met die Rabbynse konteks. Wat impliseer<br \/>\nword in die verhaal is Yahushua se aanvaarding van die waardigheid van die<br \/>\nSabbatswet. Terwyl hulle wie die Sabbat oor die algemeen sal afskaf oortuig is<br \/>\ndat die afskaffing plaasgevind het voor die kruisiging en funksioneel met die<br \/>\ndood van Christus, verwys hulle steeds na die Evangelie tekste vir `n<br \/>\npre-kruisigings era ter ondersteuning van afskaffing. Dit is `n duidelike<br \/>\nskriftuurlike dwaling. As dit sonder weerga bewys kan word dat die Sabbat<br \/>\nafgeskaf is voor die kruisiging, dan moet die Christen se argument aangaande sy<br \/>\nafskaffing ook platval. <\/p>\n<p>Vir die Sabbathouer is hierdie verhaal<br \/>\nbelangrik in die bevestiging dat handelinge van genade gepas is vir die Sabbat.<\/p>\n<p>Die volgende teks om na vore te bring is (Matt 24:20) En bid dat julle vlug nie in die<br \/>\nwinter of op die Sabbat mag plaasvind nie.<\/p>\n<p>Sabbat-houers verwys na hierdie teks as<br \/>\nbewysstuk dat die bedoeling van Christus is om Sabbat-onderhouding na die<br \/>\nopstanding te bevestig, in `n tyd waar die meeste Christene aanspraak maak dat<br \/>\ndie Sabbat as `n voorafskaduwing is van dinge wat nog moet kom, wat tydens die<br \/>\nkruisiging in vervulling gegaan het. Die reaksie tot hierdie argument is dat<br \/>\ndie wet maar net die situasie in Joods gedomineerde Palestina erken net voor<br \/>\ndie verwoesting van Jerusalem in 70 A.D. Die Sabbats-onderhouding van die Jode<br \/>\nsou dit moeilik gemaak het vir die veronderstelde nie-Sabbat-houdende<br \/>\nvolgelinge van Christus om te vlug nie. Daar is verskeie probleme oor die<br \/>\nargument, die mees prominentste waarvan daar geen bewyse is van nie-Sabbat<br \/>\nonderhouding onder die volgelinge van Christus was in daardie tyd nie. Selfs<br \/>\nteen die opkoms van Sondag onderhouding naby die begin van die tweede eeu<br \/>\nvolgens Mozna en Bacchiocchi, was die Sabbat steeds deur alle Christene<br \/>\nonderhou. (Samuele Bacchiocchi, From Sabbath to Sunday: A Historical<br \/>\nInvestigation of the Rise of Sunday Observance in Early Christianity, Biblical<br \/>\nPerspectives, 1977). Dus moes die profesie verwys het na `n Sabbathoudende<br \/>\ngemeenskap. Sou Yahushua bedoel het dat Sy dood die Sabbat-onderhouding moes<br \/>\nafskaf, het Hy die geleentheid verspil om aan sy volgelinge te vertel om nie<br \/>\nmeer die Sabbat te hou nie, omdat dit hulle vlug uit Jerusalem sou fasiliteer.<br \/>\nInstede, het Hy hulle Sabbat-onderhouding bevestig.<\/p>\n<p>Of hierdie gebod toepaslik vir latere<br \/>\ngenerasies is, is die bevestiging van Sabbat-onderhouding deur Sy volgelinge so<br \/>\nlaat as 70 C. E. verswak dit die argument dat dit afgeskaf was met Sy dood deur<br \/>\nfoutiewe skrifverklaring, die mislukking om alle relevante tekstuele bewyse te<br \/>\nharmonie\u00ebr. Matt 24:20 is positiewe bewys<br \/>\ndat Yahushua nie die idee van Sabbat afskaffing aanvaar het by die kruis nie.<br \/>\nDit bevestig `n voorbeeld wat van ons verlang om `n harmoniese skrifverklaring<br \/>\nvan Kollosense 2:16,17<br \/>\nte vind, en daarin faal om die kanonieke van die sendbriewe aan die Kollossense<br \/>\nte ontken. Dit is v\u00e9r meer aanvaarbaar om Sabbat onderhouding te aanvaar en om<br \/>\nKolossense in harmonie met Matth\u00e9\u00fcs te interpreteer sou dit moontlik wees.<\/p>\n<p> Die<br \/>\nfinale verwysing na die Sabbat in die eerste Evangelie is (Matt 28:1) En laat n\u00e1 die Sabbat toe dit begin lig<br \/>\nword, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdal\u00e9na en die ander Maria<br \/>\nom na die graf te gaan kyk.<\/p>\n<p>Alhoewel sommige Bybel lesers baie stof<br \/>\nopskop oor die Grieks in hierdie en soortgelyke tekste, is die KJV vertaling in<br \/>\nwese die korrekte een. Die woord vir week beteken eintlik week in die konteks<br \/>\nen die woord vir dagbreek, hoe dit ookal ge\u00efnterpreteer word, affekteer nie die<br \/>\nfeit dat die Sabbat net so in die verbygaan genoem en bevestig word nie. Met<br \/>\ndie gedagte dat die dissipels nog nie geweet het van die opstanding nie, is die<br \/>\nSabbatariese argument dat dit die Sabbat na die kruisiging bevestig, maar swak.<\/p>\n<p>`n Soortgelyke deel is te vinde in Markus.<br \/>\n(Markus 16:1) En toe die Sabbat verby was,<br \/>\nhet Maria Magdal\u00e9na en Maria, die moeder van Jakobus, en Sal\u00f3me speserye gekoop<br \/>\nom Hom te gaan salf. <\/p>\n<p>Markus bevat boonop gedeeltes wat handel<br \/>\noor die Sabbat wat nie in Matth\u00e9\u00fcs weerspie\u00ebl word nie. Die eerste is (Markus 1:21) En hulle het in Kap\u00e9rna\u00fcm gekom, en<br \/>\ndadelik op die Sabbat het Hy in die sinagoge ingegaan en begin leer. (Markus 1:22) En hulle was verslae oor Sy leer,<br \/>\nwant Hy het hulle geleer soos een wat gesag het en nie soos die skrifgeleerdes<br \/>\nnie. (Markus 1:23) En daar was in hulle<br \/>\nsinagoge `n man met `n onreine gees, en hy het uitgeskreeu. (Markus 1:24) en ges\u00ea: Hou op! Wat het ons met U te<br \/>\ndoen, Yahushua, Nasar\u00e9ner? Ek ken U, wie U is, die Heilige van Yahuwah! (Markus 1:25) En Yahuwah het hom bestraf en ges\u00ea:<br \/>\nBly stil en gaan uit hom uit! (Markus 1:26)<br \/>\nEn die onreine gees het hom stuiptrekkings laat kry en met `n groot stem<br \/>\ngeskreeu en uit hom uitgegaan. (Markus 1:27 )<br \/>\nEn almal was verbaas, sodat hulle onder mekaar vra en s\u00ea: Wat is dit? Watter<br \/>\nnuwe leer is dit dat Hy met gesag ook aan die onreine geeste bevel gee en hulle<br \/>\nHom gehoorsaam is? <\/p>\n<p>Die Sabbat word net in die verbygaan in<br \/>\nhierdie gedeelte genoem. Die fokus in hierdie gedeelte is die Messiaanse gesag<br \/>\nvan Yahushua, baie soos in die geval van die eerste Sabbat gedeelte van<br \/>\nMatth\u00e9\u00fcs. Die Sabbat hervorming wat Yahushua na vore bring word raakgesien deur<br \/>\nbeide Matth\u00e9\u00fcs en Markus as vertrouelik met mekaar verbind in Sy rol en status<br \/>\nas Messias. Die implikasie is dat as die Sabbat verwerp word, is om die Messias<br \/>\nself te verwerp. Inderwaarheid sien ons in die praktyk dat die nie-Sabbatariese<br \/>\nChristendom dikwels Yahushua verwerp, deur Hom ten minste die tweede persoon te<br \/>\nmaak in die Drie-Enigheid, eerder as die Eniggebore Seun van Yahuwah of<br \/>\nChristus. Dieselfde verhaal word uitgebeeld in Lukas<br \/>\n4: 31- 37. <\/p>\n<p>Markus 6:1-5  vertel van Yahushua se<br \/>\nbesoek aan Sy tuisdorp op die Sabbat. Meer as selfs Matth\u00e9\u00fcs fokus Markus op<br \/>\nYahushua se messiaanse gesag in verband met die Sabbat. In hierdie gedeelte wys<br \/>\nYahushua Sy mag in Sy gesaghebbende leer. (Markus<br \/>\n6:2). En toe dit Sabbat geword het, begin Hy in die sinagoge te leer, en<br \/>\nbaie wat Hom gehoor het, was verslae en s\u00ea: Waar kry Hy hierdie dinge vandaan,<br \/>\nen watter wysheid is aan Hom gegee, dat ook sulke kragte deur Sy hande<br \/>\nplaasvind? <\/p>\n<p>Maar Hy word tegemoet gegaan met die<br \/>\nongeloof wat uit famili\u00ebriteit gebore word. Daarom het Hy nie baie wonderwerke<br \/>\ndaar gedoen nie, en het terselfdertyd konflik vermy deur op die Sabbat te<br \/>\ngenees. Dalk verwys hierdie verhaal na dieselfde gebeurtenis soos opgeteken in (Lukas 4:16) Toe kom Hy in N\u00e1saret waar Hy opgevoed<br \/>\nwas; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die Sabbat na die sinagoge en staan op<br \/>\nom te lees. <\/p>\n<p>Yahushua se interpretasie van die haftarah<br \/>\nvoorlesing as `n profesie van Sy eie bediening was bereken om die reaksie voort<br \/>\nte bring wat dit verwek het.<\/p>\n<p>Die Sabbat word net nog eenkeer in Markus<br \/>\ngenoem, toe Josef van Arimath\u00e9a Pilatus versoek vir die liggaam van Yahushua. (Markus15:42) En toe dit aand geword het, omdat dit<br \/>\ndie voorbereiding was, dit is die VoorSabbat. <\/p>\n<p>Dieselfde aand word in Lukas vermeld. (Lukas23:54) En dit was die dag van voorbereiding<br \/>\nen die Sabbat wou aanbreek. (Lukas23:56)<br \/>\nDaarop het hulle teruggegaan en speserye en salf berei en op die Sabbat gerus<br \/>\nvolgens die gebod. <\/p>\n<p>Hoewel dit geen verrassing is dat die<br \/>\nSabbat onderhou moet word nie, is dit dalk betekenisvol dat dit in die<br \/>\nEvangelie as `n geskenk genoem word, nie as iets vreemds nie. Die uitdrukking<br \/>\nvan Johannes in sommige plekke wys effens meer distansi\u00ebring.<\/p>\n<p>Hoewel die fokus van Matth\u00e9\u00fcs op die<br \/>\nbespreking van Joodse interpretasie is van hoe die Sabbat gehou moet word, en<br \/>\ndie fokus van Markus op die Sabbat as `n indikasie van Yahuwah se messiaanse<br \/>\ngesag, is die fokus van Lukas nog steeds verskillend van hulle s`n. Net in<br \/>\nLukas vind ons dat al die  wonderwerke<br \/>\nvan genesing soos aangeteken dat Yahushua uit Sy eie uit bewerkstellig het,<br \/>\nsonder om daarvoor gevra te word, op die Sabbat uitgevoer was. Die Sabbat is<br \/>\nsodoende geassosie\u00ebr met Yahushua se genade optredes. Hierdie verskille in die<br \/>\nsinoptiese Evangelies weerspie\u00ebl die verkille oor die algemeen tussen die drie.<br \/>\nMatth\u00e9\u00fcs het `n meer Joodse karakter as die ander Evangelies, Markus fokus op<br \/>\nmag en gesag, en Lukas fokus op genade en sosiale kwessies. Dit sal te wagte<br \/>\nwees dat hierdie verskille van persepsie ook in die Sabbat weerspie\u00ebl sou word.<\/p>\n<p>Sommige genesings wat die inisiatief van<br \/>\nYahushua op die Sabbat was, word slegs deur Lukas genoem. Die eerste hiervan is<br \/>\n(Lukas 13:10) En Hy was besig om op die<br \/>\nSabbat in die sinagoge te leer. (Lukas 13:11)<br \/>\nEn daar was `n vrou wat `n gees van krankheid agttien jaar lank gehad het, en<br \/>\nsy was inmekaargtrek en glad nie instaat om regop te kom nie. (Lukas 13:12) En toe Yahushua haar sien, roep Hy<br \/>\nhaar en s\u00ea: Vrou, jy is van jou krankheid verlos. (Lukas<br \/>\n13:13) En Hy het haar die hande opgel\u00ea, en onmiddelik het sy regop<br \/>\ngestaan en Yahuwah verheerlik. (Lukas 13:14)<br \/>\nMaar die owerstes van die sinagoge, wat verontwaardig was dat Yahushua op die<br \/>\nSabbat genees het. Antwoord en s\u00ea vir die skare: Daar is ses dae waarop `n mens<br \/>\nbehoort te werk; kom dan op d\u00ede dae en laat julle genees, en nie op die<br \/>\nSabbatdag nie. (Lukas 13:15) Toe antwoord<br \/>\ndie Meester hom en s\u00ea: Jou geveinste, maak elkeen van julle nie op die Sabbat<br \/>\nsy os of sy esel van die krip los en lei hom weg om te laat drink nie? (Lukas 13:16) Maar hierdie vrou wat `n dogter van<br \/>\nAbraham is, wat die Satan \u2013 dink daaraan! \u2013 agtien jaar lank gebind het, moes<br \/>\nsy nie van hierdie band op die Sabbatdag verlos word nie? (Lukas 13:17) En toe Hy dit s\u00ea, het al Sy<br \/>\nte\u00ebstaanders beskaamd geword, en die hele skare was bly oor al die heerlike<br \/>\ndinge wat deur Hom gebeur het. <\/p>\n<p>Hier wend Yahushua Hom tot die kalf in die<br \/>\nput, wat weerspie\u00ebl word in die Talmoediese woord die Mishna, boek 4, Qama Bava<br \/>\n3:10. Dit blyk die enigste belangrikste Rabbynse argument te wees wat Yahushua<br \/>\ngebruik om sy optrede te regverdig van genesing op die Sabbat. Wat van waarde<br \/>\nis om te let op is dat Hy in sulke besprekinge deelneem, en sodoende die<br \/>\nverpligting van die Sabbat bevestig deur te bespreek hoe dit onderhou moet word.<br \/>\nDit is ook waardig om op te let dat Hy Sy kritiseerders op hulle eie grond met<br \/>\nhulle eie metodes oor die kole haal.<\/p>\n<p>Dieselfde argument word beklemtoon is die<br \/>\nvolgende hoofstuk, in verband met nog `n genesing inisie\u00ebr deur Yahushua en wat<br \/>\nsodoende wys dat die Sabbat `n ikoon van goedertierenheid is. (Lukas 14:1)<br \/>\nEn toe Hy in die huis van een van die Farise\u00ebrs gegaan het om brood te eet op<br \/>\ndie Sabbat, het hulle Hom in die oog gehou. (Lukas<br \/>\n14:2) En daar was voor Hom `n man wat die water gehad het. (Lukas 14:3) En Yahushua het gespreek en aan die<br \/>\nwetsgeleerdes en Farise\u00ebrs ges\u00ea: Is dit geoorloof om op die Sabbat te genees? (Lujkas 14:4) Maar hulle het stilgebly. Toe neem Hy<br \/>\nhom en maak hom gesond en laat hom gaan. (Lukas<br \/>\n14:5) En Hy antwoord en s\u00ea vir hulle. Wie van julle se esel of os sal in<br \/>\ndie put val, wat dit nie dadelik op die Sabbatdag sal uittrek nie? (Lukas 14:6) En hulle kon Hom daarop nie antwoord<br \/>\nnie.<\/p>\n<p>Die Sabbatskwessie in Johannes verskil van<br \/>\ndit in die sinoptiese in dieselfde wyse met die verskille in die gebruik van<br \/>\ndie term seun van Yauwah. In die sinopsis is die term seun van Yahuwah net maar<br \/>\n`n ekwivalent vir die term Christus of Messias. In Johannes is hierdie konsep<br \/>\nverbreed om op Yahushua te fokus as lewe-gewer. Die beskuldiging van die<br \/>\naanspraak van goddelikheid soos gevind in Johannes word geassosie\u00ebr met die<br \/>\naanklag van Sabbatsoortreding. As reaksie daarop, is die konsep van Yahushua as<br \/>\nskenker van die lewe, geassosie\u00ebr met genesings op die Sabbat.<\/p>\n<p>Die assosiasie van idees is alreeds sigbaar<br \/>\nin die eerste gebeurtenis van Johannes. (Joh 5:9)<br \/>\nEn dadelik het die man gesond geword en sy bed opgeneem en geloop.  En daardie dag was die Sabbat.  (Joh 5:10)<br \/>\nDie Jode s\u00ea toe vir hom wat genees was: Dit is Sabbat; dit is jou nie geoorloof<br \/>\nom jou bed te dra nie. . . (Joh 5:18) Hieroor<br \/>\nhet die Jode nog meer probeer om Hom dood te maak, omdat Hy nie alleen die<br \/>\nSabbat gebreek het nie, maar ook Yahuwah Sy eie Vader genoem het en Hom met<br \/>\nYahuwah gelykgestel het. <\/p>\n<p>Hierdie teks vermeld die twee<br \/>\nbeskuldigings, van die aanspraak van goddelikheid en duidelike  Sabbatsoortreding. Ongewoon, eerder as om te<br \/>\nfokus op die bediening en boodskap van Yahushua, wat sy rol as Christus<br \/>\nuitbeeld om lewe en oorwinning oor die dood op die Sabbat te bring, aanvaar die<br \/>\nmeeste Christene die aanklag teen Yahushua as waar, en stel Hom voor as `n<br \/>\nSabbatsoortreder en wie aanspraak daarop maak dat Hy Yahuwah die Almagtige is.<br \/>\nMens kan dit maar net nie sien as iets anders as godslastering sowel as<br \/>\nmislukking om die boodskap van Yahushua te verstaan soos uitgebeeld deur<br \/>\nJohannes nie. Waarom die aansprake van onvriendelike getuienisse as<br \/>\nskrifverklaring aanvaar moet word maar nie in ander kontekste nie, is `n<br \/>\nraaisel. <\/p>\n<p>Volgens Johannes, het Yahushua `n ander<br \/>\nargument gebruik om die optrede van genesings goedertierenheid te regverdig op<br \/>\ndie Sabbat. (Joh 7:22)  Daarom het Moses julle die besnydenis gegee \u2013<br \/>\nnie dat dit van Moses is nie, maar van die vaders \u2013 en op die Sabbat besny<br \/>\njulle `n mens. (Joh 7:23) As `n mens op die<br \/>\nSabbat die besnydenis ontvang, sodat die wet van Moses nie verbreek mag word<br \/>\nnie, is julle kwaad vir My, omdat Ek `n mens op die Sabbat heeltemal gesond<br \/>\ngemaak het? <\/p>\n<p>Instede van die kalf-in-die-put argument<br \/>\ngebaseer op Rabbynse bespreking, maak hy direk aanspraak op die harmonie van<br \/>\nTorah wet. Dit vorm eintlik `n argument wat aan die Sadduse\u00ebrs gerig is, wie<br \/>\ndie mondelingse wet ontken het. Sodoende beeld die Evangelies Yahushua uit in<br \/>\nverdediging van Sy Sabbat optredes deur beide die Farisese Rabbynse argumente<br \/>\nen Saddusese Torah argumente te gebruik. <\/p>\n<p>En op `n oulike manier bring Johannes nog<br \/>\n`n ander tipe Sabbats optrede aan die kant van Yahushua  na vore. (Joh<br \/>\n9:14) En dit was Sabbat toe Yahushua die klei gemaak en sy o\u00eb geopen<br \/>\nhet&#8230;. (Joh 9:16) En sommige van die<br \/>\nFarise\u00ebrs s\u00ea: Hierdie man kom nie van Yahuwah nie, omdat Hy die Sabbat nie hou<br \/>\nnie, ander s\u00ea: Hoe kan `n sondige mens sulke tekens doen? En daar was<br \/>\nverdeeldheid onder hulle. <\/p>\n<p>Baie Evangelie verhale wys dat Yahushua se<br \/>\nkritiseerders probeer het om Hom te vang met drogredenasies. Yahushua het altyd<br \/>\ndie saak met `n oulike antwoord laat swaai. Johannes 9 stel Yahushua voor deur<br \/>\ndie Sabbat te gebruik om verdeling onder Sy kritiseerders te veroorsaak.<br \/>\nWeereens sal die denkelose leser versoek word om die onvriendelike<br \/>\nbeskuldigings teen Yahushua te kies as `n oppervlakkige leser. Sodoende mis hy<br \/>\ndie hoedanigheid van die konflik tussen Yahushua en sy kritiseerders, en met<br \/>\ndie wysheid waarmee Yahushua bevoeg is om met diesulke af te reken. <\/p>\n<p>Die laaste vermelding van die Sabbat in die<br \/>\nEvangelies is Johannes se aanmerking aangaande die kruisiging. (Joh 19:31) En dat die liggame nie op die Sabbat<br \/>\naan die kruis sou bly nie, aangesien dit die voorbereiding was \u2013 want die dag<br \/>\nvan daardie Sabbat was groot \u2013 het die Jode Pilatus gevra dat hulle bene<br \/>\ngebreek en hulle weggeneem moes word. <\/p>\n<p>Ter opsomming wys die Evangelies Yahushua<br \/>\nse interaksie op die kwessie van die Sabbat. Hy stel nooit die Sabbat af nie.<br \/>\nHy gaan in indiepte besprekings met sy kritiseerders oor hoe die Sabbat<br \/>\nonderhou moet word. Hy regverdig sy optredes van goedertierenheid deur die<br \/>\ngebruik van beide die Rabbynse en Sadduseuse metodes, en draai sodoende die<br \/>\ntafels op sy aanklaers. Hy bevestig Sy Messiaanse gesag deur Sy Sabbatsoptredes<br \/>\nin beide onderrig en genesing, en bevestig ten einde Sy messiaanse rol as<br \/>\nlewe-gewer deur Sy Sabbatshervorming.<\/p>\n<h2>Die<br \/>\nSabbat: Handelinge en die Sendbriewe<\/h2>\n<p>Inteenstelling met die Evangelies, vermeld<br \/>\ndie boek van Handelinge die Sabbat net so terloops, sonder om in te gaan in die<br \/>\nkwessie van Sabbat teologie en be-oefening daarvan. Die Sabbat is maar net `n<br \/>\nveronderstelling in Handelinge. Weens die eintlike komplekse struktuur van die<br \/>\nSabbat soos voorgestel in die Hebreeuse Geskrifte en die Evangelies, sou komplekse<br \/>\nbesprekinge eerder vereis word om dit te ontmantel. Dit is so verweef met die<br \/>\nsentrale kwessies van die Evangelie self, dat om dit op te gee sou dit die<br \/>\nuitvindsel van `n totale nuwe Evangelie sisteem vereis. Dit is inderwaarheid<br \/>\nwat nie-Sabbatariese Christene doen.<\/p>\n<p>Die eerste vermelding daarvan is in (Handelinge 1:12) Daarop draai hulle om na<br \/>\nJerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, `n<br \/>\nSabbatsreis ver. <\/p>\n<p>Die tweede vermelding is (Hand 13:14) Maar hulle het van Perge af verder gegaan<br \/>\nen in Antiochi\u00eb in Pis\u00eddi\u00eb aangekom, en hulle het op die Sabbat in die sinagoge<br \/>\ngegaan en gaan sit. <\/p>\n<p>Hierdie teks is dubbelsinnig, en moet nie<br \/>\ngebruik word om Sabbatsonderhouding te verdedig of te ontken aan die kant van<br \/>\ndie apostels in daardie tyd nie. Vers vyf sou voorstel deur die uitdrukking<br \/>\n\u201csinagoge van die Jode\u201d dat die gewone vermelding van die woord sinagoge nie `n<br \/>\nJoodse instelling bedoel in kontras vir `n plek van vergadering vir die<br \/>\nvolgelinge van Christus nie. Maar die volgende verse identifiseer dit as `n<br \/>\nJoodse byeenkoms plek en wys dat Paulus en sy metgesel daar vertoef het, of<br \/>\nhulle nou deelgeneem het in die voorlesing van die wet of nie, ten minste om `n<br \/>\nChristelike boodskap aan die Jode van daardie plek te bring. Hierdie situasie<br \/>\nbevestig of verwerp nie Sabbats onderhouding nie.  <\/p>\n<p><img decoding=\"async\" style=\"margin-left: 10px\" alt=\"the sabbath - paul preaching to multitude\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/paul-preaches.jpg\" align=\"right\">Paulus sluit `n verwysing na die Sabbat in<br \/>\nin sy preek op hierdie geleentheid, en terwyl die algemene toon van die<br \/>\nvermelding daarvan positief is, is dit binne die konteks van spesifieke Joodse<br \/>\ngewoonte en kan dit nie as `n getuienis vir of teen Sabbats onderhouding deur<br \/>\ndie apostoliese gemeenskap geneem word nie. (Hand<br \/>\n13:27) Want die inwoners van Jerusalem en hulle owerstes het hom nie<br \/>\ngeken nie, en deur hom te veroordeel het hulle die woorde van die profete<br \/>\nvervul wat elke Sabbat gelees word. <\/p>\n<p>Die toon in verband met die Sabbat as `n<br \/>\nHeidense gewoonte, word ietwat opgehaal, maar, eers later in die hoofstuk.<br \/>\nHierdie teks wys duidelik dat geen Sondag byeenkoms was in daardie tyd vir die<br \/>\nHeidense gelowiges gemaak nie. Hulle het ook op die Sabbat byeengekom. (Hand 13:42) En toe die Jode uit die sinagoge gaan,<br \/>\nhet die Heidene versoek dat daardie woorde op die volgende Sabbat tot hulle<br \/>\ngespreek sou word&#8230;. (Hand 13:44) En die<br \/>\nvolgende Sabbat het byna die hele stad saamgekom om die woord van Yahuwah te<br \/>\nhoor.<\/p>\n<p>Die veronderstelling dat die Heidense<br \/>\ngelowiges teenwoordig sou wees op die Sabbat om die voorlesing van die wet te<br \/>\nhoor verskyn in Handelinge 15 as `n argument<br \/>\nvir die oplegging van meer as net die vermyding van dinge wat aan afgode<br \/>\ngeoffer is, owerspel, dinge wat verwurg is, en bloed. Die duidelike bedoeling<br \/>\nvir die woord \u201cwant\u201d (gar) aan die begin van vers 21 is dat sou hulle nie na<br \/>\ndie voorlesing van die wet geluister het nie, sou meer dan op hulle gel\u00ea word.<br \/>\nVerder verwys die woord hier duidelik na die Joodse instelling in verband met<br \/>\n\u201cou tyd\u201d, maar is dubbelsinnig in verband met die tyd waartydens dit gespreek<br \/>\nwas. Dit mag bes moontlik die plek van byeenkoms vir die volgelinge van<br \/>\nChristus ingesluit het, waar ons in hierdie geleentheid mag veronderstel dat<br \/>\ndie kerkgebruik in daardie tyd die voorlesing van die Torah ingesluit het, dalk<br \/>\nin Grieks of miskien in die Palestynse manier, in Hebreeus met `n vertaling of<br \/>\n\u201ctargum\u201d van elke vers. (Hand 15:21) Want in<br \/>\ndie ou tyd het Moses in elke stad diegene wat hom verkondig, terwyl hy elke<br \/>\nSabbat in die sinagoge gelees word. <\/p>\n<p>Sabbatari\u00ebrs verwys soms na die volgende<br \/>\nverse as bewys dat die Sabbat buite die Joodse instellings  onderhou was. Dit is eenvoudig maar net nie<br \/>\ndie geval nie. Ten tweede is dit gebaseer op die valse veronderstelling dat<br \/>\nJode wie nie vir Christus geken het nie altyd `n gebou gehad het om op die<br \/>\nSabbat byeenkomste te hou. Ook d\u00edt is duidelik nie die geval nie. Hierdie vers<br \/>\nkan goed verwys na enige gewone plek van byeenkoms vir gewone Jode. Dit<br \/>\nondersteun of ontken nie Sabbat onderhouding onder die Heidene nie. (Hand 16:13) En op die Sabbatdag het ons uitgegaan<br \/>\nbuitekant die stad langs `n rivier waar die gebruiklike bidplek was, en ons het<br \/>\ngaan sit en met die vroue gespreek wat daar bymekaargekom het. <\/p>\n<p>Die volgende vers kan ook maar net as<br \/>\ngewone bewys beskou word van Paulus se gewoonte om by die Jode aan te sluit op<br \/>\ndie Sabbat om Christus aan hulle te verkondig. (Hand<br \/>\n17:2) En volgens sy  gewoonte het<br \/>\nPaulus na hulle gegaan en drie Sabbatte lank met hulle gespreek uit die<br \/>\nSkrifte. Maar die volgende vers sluit die Heidene in die byeenkomsplek in op<br \/>\ndie Sabbat. (Hand 18:4) En hy het elke<br \/>\nSabbat in die sinagoge gespreek en Jode sowel as Grieke oortuig. Meeste van die<br \/>\nboeke in Handelinge veronderstel maar net die Sabbat binne in `n Joodse<br \/>\nkonteks. Slegs `n paar gedeeltes stel Sabbat onderhouding aan die kant van die<br \/>\nHeidene voor. <\/p>\n<p>Die sendbriewe vermeld die woord Sabbat in<br \/>\nslegs een teks. (Kol 2:16) Laat niemand<br \/>\njulle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot `n fees of nuwemaan<br \/>\nof Sabbat nie, (Kol 2:17) wat `n skaduwee is<br \/>\nvan toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus. <\/p>\n<p>Veel is gedoen met die teks as `n<br \/>\nafskaffing van die weeklikse Sabbat, wat veronderstel was, deur die  voorafgaande gedeelte, \u201cdeur dit aan die kruis vas te nael.\u201d Hierdie verduideliking<br \/>\nvernalatig die skrifverklarings beginsel in verband met die Nuwe Testamentiese geskrifte<br \/>\nom die Hebreeuse gedeeltes te ondersoek waarna die onderwerp verwysings maak.<br \/>\nDie Nuwe Testament is in `n groot mate `n kommentaarboek op die Hebreeuse Geskrifte.<br \/>\nVele swakke skrifverklaringe is die gevolg van mislukking om hierdie<br \/>\nlewensbelangrike feit te oorweeg. Die vyf onderwerpe wat in vers 16 genoem word<br \/>\nis almal in net een plek versamel: Lev\u00edtikus 23.<br \/>\nDaar word die dierslagofferandes en die spys en drankoffers voldoende vir die<br \/>\nweeklikse Sabbat, die eerste van die maand, en die jaarlikse feeste, uitgel\u00ea. <\/p>\n<p>Baie sorg is nodig in die uitleg van Paulus<br \/>\nse sendbriewe. Petrus wat in daardie tyd geleef het en die omstandighede geken<br \/>\nhet, vind dit nog steeds moeilik om dit te verstaan. Selfs die bekwaamste en<br \/>\nhoogsopgeleides in hierdie dag onder ons moet besef dat ons maklik tot valse<br \/>\ngevolgtrekkinge kan spring wanneer dit by Paulus kom. Ons moet dus versigtig<br \/>\nwees om nie dogmaties te wees in ons insig van Paulus nie. <\/p>\n<p><img decoding=\"async\" style=\"margin-right: 10px\" alt=\"paul writing epistles\" src=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/paul.jpg\" align=\"left\">Paulus se sendbriewe word in die algemeen<br \/>\ngerig aan spesifieke ekklessia aangaande spesifieke probleme wat nie in<br \/>\nbesonderhede uitgel\u00ea word nie, maar slegs genoem word. Ons almal skiet te kort<br \/>\naan die nodige agtergronds kennis. Deur die Hebreeuse Skriftuurlike verwysings<br \/>\nas `n leidraad te neem van watter probleem hier aangespreek word, mag ons die<br \/>\ntentatiewe veronderstelling maak. Daar was `n konflik in die ekklesia in<br \/>\nverband met die spys en drankoffers wat geoffer moes word op hierdie drie kategorie<br \/>\ndae wat genoem was. Paulus reageer daarop deur die kwessie oor te laat aan die<br \/>\nindiwiduele se gewete, of oor hoe om sulke offers te voorsien, synde dat hulle<br \/>\nin elk geval maar net spie\u00eblbeelde is van toekomende dinge, wat alreeds vervul<br \/>\nis. Dit is die omvang van die lering, en om verder as dit te gaan, is om mens<br \/>\nse eie vooroordeel binne in die teks te sien. <\/p>\n<p>Die teks stel voor dat die slagofferandes<br \/>\nwat nie genoem word nie, nie `n oorsaak van die twis is nie. Hulle kon slegs in<br \/>\ndie tempel in Jerusalem geoffer word. Ongetwyfeld was daar sommige wat<br \/>\ndieselfde van die spys en drankoffers ges\u00ea het, en andere wat nie saamgestem<br \/>\nhet nie. Die teks impliseer ook dat die mense van hierdie ekklesia betrokke was<br \/>\nin die onderhouding van al die genoemde <br \/>\nfeeste, met die Sabbat ingesluit, maar nie eksklusief nie. Paulus se<br \/>\nopmerkings gee geen aanduiding of sulke onderhoudinge reg is nie, in plaas van,<br \/>\nverkeerd of noodsaaklik. Hy verwys geensins na daardie saak nie. Hy verwys slegs<br \/>\nna die kwessies van spys-en-drankoffers op daardie dae. Hy dink dat dit nie `n<br \/>\nsaak van konflik hoef te wees nie. <\/p>\n<p>Die woord Sabbat verskyn nie elders in die<br \/>\nsendbriewe nie, alhoewel sommige verwysinge na dae toepaslik mag wees. Die sewende<br \/>\ndag, in verwysing na die Sabbat, val in die smaak van Hebre\u00ebrs<br \/>\n4 as `n teenbeeld vir die rus wat bly vir die Israel van Christus.<br \/>\nDaardie gedeelte het niks te doen met die eintlike Sabbatsonderhouding, of<br \/>\npositiewe of negatiewe sin nie. <\/p>\n<p>Ter opsomming, verskaf Handelinge en die<br \/>\nsendbriewe min nuwe inligting omtrent die Sabbat. As sulks voorsien hulle geen<br \/>\nbespreking wat verandering waarborg nie. As hulle verder geleer het dat die<br \/>\nSabbat afgeskaf en mee weggedoen was, wat sou dit bewys het? Dit sou net bewys<br \/>\nhet dat die sendbriewe in teenstelling met die Wet en die Evangelies is. In<br \/>\ndaardie geval, moet ons verplig wees om hulle te verwerp as onbybels en oneg,<br \/>\nas geen goddelike openbaring nie. Maar soos hulle is, kan hulle goed in<br \/>\nharmonie geplaas word met die Evangelies, wat `n lewensbelangrike, geestelike<br \/>\ninsig van die Wet in verband met die Sabbat gee. <\/p>\n<h2>Die<br \/>\nSabbat: Dink oor dit . . .  <\/h2>\n<p>Deur `n buitengewone verdraaiing van wat<br \/>\nnie logies is nie, maak diegene wie die Sabbat teenstaan dikwels gebruik van<br \/>\nwettiese beskuldigings. Maar hulle self bevestig al die ander morele beginsels<br \/>\nvan die wet as op alles bindend en verwag dat andere owerspel, moord diefstal<br \/>\nensovoorts moet vermy. Waarom wetiesheid verbind is aan morele gewoonte en nie<br \/>\ntot `n ander nie, kan nie rasioneel verduidelik word nie. Dit is baseer op<br \/>\ndoodgewone vooroordeel, of op die misverstand dat elke ding verwant aan die<br \/>\nSabbat seremonie\u00ebl en `n skaduwee van dinge wat moet kom is, net omdat sommige<br \/>\ndinge is. Vir hulle moet die Sabbat slagoffers, spys en drank offers,<br \/>\ndoodstraf, en die hernuwing van die toonbrode insluit, of dan hoegenaamd niks<br \/>\nnie. Sulke mense begryp nie eens die morele en sosiale aspekte van die Sabbat<br \/>\nsoos in die Dekaloog voorgestel nie, of die Sabbat as `n middel van goddelike<br \/>\ngoedertierenheid soos deur die Evangelies verduidelik nie. Eintlik is dit h\u00falle<br \/>\nwie wetties is in verband met die Sabbat. <\/p>\n<p>Sabbatsonderhouding verswak nie die<br \/>\nbelangrikheid van Paulus se gesprekke op die wet van die Galasi\u00ebrs enigsins<br \/>\nmeer as wat die vermyding van owerspel en moord doen nie. Dieselfde siening oor<br \/>\ndie Wet en geloof kan behoue laat bly word deur die Sabbat-houer nes soos deur<br \/>\ndie monogamis en die nie-geweldadige. Die Sabbat soos gesien in die Bybel<br \/>\nbevorder die konsep en ondervinding van verlossing<br \/>\nin geloof deur genade. <\/p>\n<p>D\u00edt is vier hoofargumente teen Sabbat<br \/>\nonderhouding voorgestel deur Christene op die basis van die Sabbat. 1) Daar is<br \/>\ndirekte bevele vir al die ander gebooie van die Dekaloog in die Nuwe Testament,<br \/>\nmaar nie vir die Sabbat nie; 2) Yahushua het die Sabbat oortree en d\u00edt wys dat<br \/>\ndit afgeskaf is: 3) Die Sabbat bestaan uitsluitlik uit seremoni\u00eble verpligtinge<br \/>\nwat voorafskaduwings is van toekomstige dinge en \u201cdeur<br \/>\ndit aan die kruis vas te nael\u201d is. 4) Die teks van die Nuwe Testament<br \/>\nwys nie dat die vroe\u00eb ekklesia Sabbat gehou het nie. Hierdie sowel as die vier<br \/>\nhoof argument baseer op die Ou Testament was almal deeglik op gereageer tot<br \/>\nhiertoe in sommige besonderhede.<\/p>\n<p>Ter opsomming, is `n Bybelse harmonie van<br \/>\ndie gedeelte in verband met die Sabbat nie moeilik \u00f3f in konflik met die Evangelie<br \/>\nnie. Maar, dit dra by tot die better insig en implimentering van die Evangelie<br \/>\nself. Dit integreer die erkening van goddelike soewereiniteit op `n intieme<br \/>\nmanier, dit stel Yahuwah in die lig van Skepper en Voorsiener, dit beperk die<br \/>\nmagtiges en staan alleen onder die morele gebooie uit in die verandering van<br \/>\nmenslike gemeenskappe na een van geregtigheid en orde van een wat onder die wet<br \/>\nvan die natuur is. Die Sabbat word die middel vir die indringing van die<br \/>\nEvangelie van die lewe en genade in die w\u00eareld. Sy vernalatiging is een van die<br \/>\nhoof faktore vir die beperkte invloed van die Evangelie van Christus in die<br \/>\nhedendaagse w\u00eareld.<\/p>\n","protected":false},"featured_media":214356,"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":[],"class_list":["post-108170","wlc-article","type-wlc-article","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","wlc-article-category-bybelse-geloof","wlc-content-directory-sabbath"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v26.7 - https:\/\/yoast.com\/wordpress\/plugins\/seo\/ -->\n<title>Sabbat in die Bybel - Worlds Last Chance<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/sabbath-in-the-bible\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Sabbat in die Bybel - Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"(Gen 2:1) So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse le\u00ebrmag. (Gen 2:2) En Elohim het op die sewende dag Sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al Sy werk wat Hy gemaak het. (Gen 2:3) En Elohim het die sewende dag gese\u00ebn en [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/sabbath-in-the-bible\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Worlds Last Chance\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-08-20T13:33:45+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/sabbath-in-the-bible-poster-afrikaans.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"250\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"159\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"61 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/sabbath-in-the-bible\/\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/sabbath-in-the-bible\/\",\"name\":\"Sabbat in die Bybel - Worlds Last Chance\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/sabbath-in-the-bible\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/sabbath-in-the-bible\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/sabbath-in-the-bible-poster-afrikaans.jpg\",\"datePublished\":\"2009-01-06T05:14:13+00:00\",\"dateModified\":\"2025-08-20T13:33:45+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/sabbath-in-the-bible\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/sabbath-in-the-bible\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/sabbath-in-the-bible\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/sabbath-in-the-bible-poster-afrikaans.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/sabbath-in-the-bible-poster-afrikaans.jpg\",\"width\":250,\"height\":159},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/sabbath-in-the-bible\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Articles\",\"item\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Sabbat in die Bybel\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website\",\"url\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/\",\"name\":\"Worlds Last Chance\",\"description\":\"\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Sabbat in die Bybel - Worlds Last Chance","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/sabbath-in-the-bible\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Sabbat in die Bybel - Worlds Last Chance","og_description":"(Gen 2:1) So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse le\u00ebrmag. (Gen 2:2) En Elohim het op die sewende dag Sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al Sy werk wat Hy gemaak het. (Gen 2:3) En Elohim het die sewende dag gese\u00ebn en [&hellip;]","og_url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/sabbath-in-the-bible\/","og_site_name":"Worlds Last Chance","article_modified_time":"2025-08-20T13:33:45+00:00","og_image":[{"width":250,"height":159,"url":"https:\/\/s3.amazonaws.com\/static.worldslastchance.org\/2025\/08\/sabbath-in-the-bible-poster-afrikaans.jpg","type":"image\/jpeg"}],"twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Est. reading time":"61 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/sabbath-in-the-bible\/","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/sabbath-in-the-bible\/","name":"Sabbat in die Bybel - Worlds Last Chance","isPartOf":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/sabbath-in-the-bible\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/sabbath-in-the-bible\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/sabbath-in-the-bible-poster-afrikaans.jpg","datePublished":"2009-01-06T05:14:13+00:00","dateModified":"2025-08-20T13:33:45+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/sabbath-in-the-bible\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/sabbath-in-the-bible\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/sabbath-in-the-bible\/#primaryimage","url":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/sabbath-in-the-bible-poster-afrikaans.jpg","contentUrl":"https:\/\/stg-media.worldslastchance.com\/2025\/08\/sabbath-in-the-bible-poster-afrikaans.jpg","width":250,"height":159},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/biblical-beliefs\/sabbath-in-the-bible\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Articles","item":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/articles\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Sabbat in die Bybel"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/#website","url":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/","name":"Worlds Last Chance","description":"","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/nl\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article\/108170","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/wlc-article"}],"about":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/wlc-article"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=108170"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/214356"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/staging.worldslastchance.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=108170"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}